PDA

View Full Version : Kerk Stories!



knipmes
22nd October 2010, 19:40
My vriend Ampie is 'n beesboer.

Goeie mens, uit een stuk gesny.
Hy het 'n seuntjie, wat ten tye van di episode sowat drie jaar oud was.
'n Regte klein bulletjie! Volg sy pa soos 'n skaduwee oral op die plaas rond.

Sondag gaan hulle kerk toe. Eers vertrek Ma en Ouma met die motor.
Pa en seun is nog by die beeste besig, en hulle volg later met die bakkie.

Na die diens, by die tee drinkery, vertel Ma dat sy die Mercedes se uitlaat gehaak het,
en dit klink nie te goed nie. Ampie moet asb kyk of sy so kan huistoe ry.

Daar langs die kerksaal, trek hy sy swart baadjie uit, en seil onder die kar in. Seuntjie agterna.
Nuuskierige omstanders rondom.

Dominee: "Hoe lyk dit broer Ampie?"

Seuntjie loer onder uit: " Die fotten ding is fattap!"

Geskokte stilte.

Dominee: "Broer Ampie?"

Ampie (loer nie onder die kar uit nie): "Dominee, ek vrees die kind is reg!"

knipmes
22nd October 2010, 20:13
Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en s saggies: 'Goeiemore my Seun.'
'Mre, Dominee s hy, met sy o nog vasgenael op die plaat. Dominee, wat is dit hierdie?' vra hy.

Die dominee antwoord:'Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het.'

In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie:



'Watter diens Dominee?
Die agtuur- of die elfuurdiens?''

Silencio
22nd October 2010, 21:15
Jy weet oor jou laaste opmerking het ek as kind een mase pakslae gekry want ek het as kind kerk toe gegaan terwyl my ouers nog l en hitte opbou het, toe ek terugkom het my ma my gevra "hoe was die diens?" waarop ek ge-antwoord het "was die dominee daar?" dit was reguit badkamer toe met my en my pa agterna...

groetnis
Silencio