PDA

View Full Version : Die Vrouw in siener se visioene!



Die Vrou
27th October 2010, 09:35
Hello julle,

Ek wil julle wys hoe my Pa my van daardie Vrou en volk gewys het alvorens ek na Wendag gekom het. My Pa het my
op n paar plekke in die bybel gewys van haar en die volk. Ek het toe nog nie alles so mooi verstaan nie, eers toe ek
op Wendag van Siener se visioene en al die ander soos Anna Magda Lena, Die Lemoen en so aan gelees het.

Jesaja 1 verse 8 en 9

8) En die dogter van Sion het oorgebly soos n skermpie in n wingerd, soos n slaapplekkie in n komkommertuin,
soos n beleerde stad.
9) As die Here van die Leerskare vir ons nie n klein oorblyfsel oorgelaat het nie soos Sodom sou ons geword het, ons
Sou net soos Gamorra gewees het.

Dit wys duidelik van die koms van n spesiale Vrou, net soos Wendag van Haar getuig.

Die volgende het getoon van n volk wat in duisternis woon wat verlig gaan word!

Jesaja 9 vers 1

Die volk wat in duisternis wandel, het n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het n lig geskyn.

En leef ons net nie al van lankal af in n doodskaduwee weens die vervolging nie.

Nog een van die Vrou:

Jesaja 16 vers 1

Stuur die lammers van die regeerder van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.

Hier is weereens hoe die volk wat in die doodskaduwee leef gaan gelei word!

Jesaja 42 verse 12 tot 16

12)Laat hulle aan die Here die eer gee en Sy lof in die eilande verkondig!
13)Die Here sal uittrek soos n held; Hy sal die ywer opwek soos n krygsman; Hy sal
die strydkreet aanhef, ja, uitskreeu, teen Sy vyande Hom as held openbaar.
14) Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing , Ek sal uitskreeu soos een
wat baar, Ek sal hard asem haal en hyg tegelykertyd.
15) Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdroog; en Ek sal riviere
tot eilande maak en waterplasse laat verdroog.
16) Ek sal blindes lei op n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle
onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelrige plekke gelyktes. Dit
Is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

En ook n bietjie verder nog:

Jesaja 42 verse 19,20 en 21

19) Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak
n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
20) Die wilde diere van die veld sal my eer, die jakkalse en volstruise; want Ek gee waters in
die woestyn, riviere in die wildernis om my volk my uitverkorene, te laat drink.
21) Die volk wat ek vir my vormeer het, hulle sal my lof verkondig.

Meer oor die volk en Vrou tegelyk:

Jesaja 66 verse 7;8 en 9

7) Voordat sy we gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van n seuntjie verlos.
8) Wie het van so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word n land op een enkele dag gebore? Of
Word n nasie met eenslag gebaar? Want Sion het wee gekry, meteens haar kinders gebaar.
9) Sou ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? S die Here.

Jesaja 66 verse 10:12

10)Wees bly saam met Jerusalem (Hierdie Vrou) en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het.
11) sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.
12) Want so s die Here: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos n rivier en die rykdom van die nasies soos n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knie getroetel word.(Als meen geestelik)

En die Here het sy hand uitgestrek en haar mond aangeroer; en vir haar ges: Hiermee l Ek my woorde in haar mond.

Herontdekte Atlantis!!

Mattheus 13 vers 44

Verder is die Koninkryk van die hemele (Geestelike Woning) soos n skat wat verborge is in die saailand, wat n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

Die nuwe evangelie!

Mattheus 24 verse 14

En hierdie evangelie van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

En dan laastens ..

Openbaring 12 / Die vrou en die draak!

1) En n groot teken het in die hemel verskyn: n Vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof n kroon van twaalf sterre;
2) en sy was swanger en het uitgeroep in haar we en barensnood(geestelik bedoel) .
4) En die draak(satan) het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.(die satan gaan haar vervolg)
5) En sy het n manlike kind gebaar, wat al die nasies met n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God se troon.
6) En die Vrou het na die woestyn gevlug waar sy n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.

My Vader het aan my gewys dat hy daardie manlike kind met eenslag sy blindheid sal wegneem en hy sal dan die geloof in kerke en oral oor in die land kom herstel.

Soos Die Ou Man aan my verduidelik het van die derde Adam wat die geloof gaan kom herstel, hy en daardie vrou het n verbintenis. Soos hierbo in openbaring genoem. Ek het net die dele wat my Vader aan my getoon het uitgehaal die res is nie van toepassing nie.

Groete

Die Vrou..