PDA

View Full Version : HOOP - Die bousteen van die ANC?



Carel van Heerden
31st October 2010, 10:56
HOOP - Die bousteen van die ANC?

Ons praat daarvan. Ons skryf daaroor. Ons bevraagteken dit. Ja, erger, ons verstaan dit nie. Hoe is dit moontlik dat daar keer op keer lang toue mense staan. Op plattelandse dorpe selfs al van vroeg af! Geduldig staan, selfs naderhand sit sonder om oënskynlik haastig of om ongeduldig te raak. Wat “gom” hierdie mense aanmekaar?

Ek praat nie van kaartjies koop vir ‘n Bloubul wedstryd nie. Nog minder die toustaan vir ‘n kaartjie vir ‘n toetswedstryd. Ek verwys na die die rye en rye swart kiesers wat hulle kruisies op ‘n strook papier wil aanbring. Ja, om hul reg uit te oefen vir hulle keuse van ‘n regering.

Wat onderlê hierdie geduld en ongemak wat verduur word om hul stemreg te beoefen? Wat laat hierdie mense verkiesing na verkiesing terugkeer om vir dieselfde party te stem? Is dit te wyte aan die “bose” apartheid en die stelsel se “nagevolge”? Is die oorheersende gedagte en sleutelwoord “demokrasie”? Is dit ‘n verborge “haat” teenoor die witman? Ek glo nie een van voorafgaande nie. Trouens, dit mag in ‘n geringe mate ‘n rol speel, maar is nie die alles oorheersende motivering nie. Nou wat dan?

Die antwoord volgens my lê opgesluit in die woordjie HOOP. Die HOOP op wat môre sal bring. Die HOOP op ‘n beter toekoms, ‘n werk, kos op die tafel. Die HOOP om ‘n inkomste te genereer en ‘n huis te bekom.

Dit laat my dink aan wat Obama se vrou, Michelle daaroor te sê gehad het. Volgens haar: “everything begins and ends with hope”. Dit maak nie sin nie. HOOP is ‘n betekenislose emosie vanweë die feit dat sy “vrugte” altyd in die toekoms te vinde is. By definisie nooit ooit NOU nie.

HOOP is soos daardie pretpark perdjies wat in die rondte draai. Dit maak nie saak hoe vinnig daardie perdjies draai nie, jy kom nie nader aan die voorste een nie. Toegepas op die politiek is die gedagte om jou te oortuig om op jou perdjie te bly ten spyte van die onvermydelike terleurstelling en in die HOOP dat dinge sal verander. Maar dit gebeur nie aangesien die sisteem so ontwerp is om dit te voorkom.

So was en is die regering van die dag se presidente die simbole van HOOP. Terwyl hulle die staatskas plunder moet die massas tevrede wees met wat hulle nou het en kry met die HOOP dat die goeie tye sal kom waarvoor hulle die stryd gestry het.

Maak soos ons sê, stem vir ons want die HOOP bestaan dat alles sal lei na die beloofde land. Natuurlik gebeur dit nooit en teen die tyd dat jy dit agterkom is dit alreeds te laat. Dink aan die beloofde volkstaat, die werkgeleenthede wat geskep sou gewees het, ensomeer.

Wat hierdie manipuleerders natuurlik vrees is dat die mense nie meer HOOP sal sien as ‘n toekoms- iewers gerigte realiteit nie. Dat hulle sal begin om geregtigtigheid, optrede en “vryheid” NOU op te eis. Om hierdie nagmerrie te vermy is dit nodig om daardie begeertes van ‘n werk, kos op die tafel, ‘n huis ensovoorts as aspirasies te bly behou in die vorm van HOOP en om nie werklik NOU iets te besit nie. HOOP is dus die die bousteen van die ANC. ‘n “Gom” wat die HOOP lewendig hou.

Na 16 jaar begin die “gom” egter krake wys. Nie net by die ANC se ondersteuningsbasis nie maar ook tussen die alliansievennote. Ons merk dit alreeds op in die reaksies van mense met die verval van infrastruktuur, die swak tot geen rioleringsdienste, geen- of min, asook besoedelde water. Die mense is besig om in opstand te kom. Luister na die radio en kyk op televisie hoe dié opstande neerslag vind. Dan weer luister en kyk hoe die regering weer die HOOP probeer vestig. Aankondiging in die parlement, van hoeveel vir infrastruktuur, energie- en waterdienste begroot is. Dit sal mense laat HOOP, ten minste tot na die verkiesings aanstaande jaar.

Job dui sy HOOP aan as die dodederyk (graf). wat sy huis sal wees, in die duistenis word sy bed uitgesprei. Verder dui hy aan dat elke HOOP bedroë uit kom. Die Psalmdigter weer vestig sy HOOP op God. Ook dat mens nie moet vertrou op verdrukking, en geen ydele HOOP bou op rowery nie. Spreuke wys op die feit dat die HOOP van die goddelose vergaan, dat die dood van ‘n goddelose mens se HOOP tot niet gaan. Nou wonder ek net? Weet die manipuleerders in die ANC dit?

Die enigste HOOP van waarde waarvan ek weet is die HOOP wat onder andere in die Hebreërsboek aangetref word. Dit is die HOOP op die ewige lewe. “Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die HOOP tot die einde toe”. Dit is ook toekomsgerig maar met een verskil, dit het ‘n einddatum al is dit nie bekend nie. Daarvoor sal ek HOOP!

Die volgende is ‘n uitreksels uit die artikel “As alles verander”, afkomstig van die webblad van die Afrikaner Volksparty. Waarskynlik lê die antwoord in die ondersoek opgesluit’

In die Sowetan, Vrydag 15 Oktober 2010 verskyn ‘n artikel met die opskrif: “Life in South Africa still not better, survey founds.” Die outeur van dié ondersoek, mnr. David Hemsen het ‘n paar baie interessante tendense afgelei uit hierdie ondersoek van die “Human Siences Research Councel.”

44% van respondente is van mening dat die lewe in Suid-Afrika in die afgelope vyf jaar nie verbeter het nie. Met die opname van die uitslag van hierdie meningspeilings in ‘n boek getiteld, “South African Social Attitudes: 2nd Report, Reflections on the Age of Hope”, is die bedoeling skynbaar om die persepsies van die bevolking te meet ten opsigte van die regering se voorsiening van dienste soos water, sanitasie, behuising, elektrisiteit, en belangrik, die stand van die “demokrasie” in die land.

Hemson se ontleding is dat die ontevredenheid oor die regering se swak diensleweringsrekord, veral reflekteer word in klasverskille. Hy beweer dat die hoogste vlakke van ontevredenheid voorkom by die armer respondente maar dat dit ook hulle is wat die laagste vlak van wantroue in die regering het! (Sou dit wees vanweë die feit dat hulle nog steeds HOOP dat dinge gaan verander?)

Daar is verskeie skrywers en joernaliste wat al oor hierdie fenomeen geskryf het. Dat swartes wat ondervra is in Rhodesië, Uganda en ander Afrikalande die mening toegedaan was dat hulle verkies om swaar te kry onder ‘n swart regering, as om voorspoed te hê onder ‘n blanke regering.

Die volgende vrae kan nou met reg gevra word: Gaan dinge binne die afsienbare tyd verander en indien wel met watter gevolge? Gaan die ontkenning van die werklikheid, die waarheid en geregtigheid eventueel die resep wees van die selfvernietiging van die regering van die dag, of gaan die land in die voetspore van die ander Afrika lande volg?

Op hierdie vrae sal die tyd die antwoorde verskaf.

Groete.

Carel

Boerland
2nd November 2010, 19:31
Nie net is Hoop die bousteen van nasies en Volke nie maar is Hoop die daadwerklike werk van n Gelowige.
As Christen kan baie min hulle beroep op die term hoop want Christen is universeel en op menseregte geskoei dus beskaam die term hoop hulle.
Ons as gelowige Boerevolk kan en mag nooit die brandende fakkel los nie.Dit is pleinweg nie in die gene van die Boerevolk verteenwoordigend nie.

"Al gaan jy in die dal van doodskadu"sic, is dit al oor en oor bewys dat ons die hel met n koppie warm water sal storm soos uit ons trotse geskiedenis.

Thys Human en Maxie en verskeie van sy tydgenote laat die hoop beskaam dat die reenboognasie met hoop en durf en daad sal saamstaam maar helaas sal hulle ook in vlamme soos die Hirtenberg op die grond neerstort.

Hoop is n term en of filosofie wat gepaardgaan met daad.Jy kan tog seer sekerlik nie n koppie bid tot by jou lippe nie.Jy moet Geloof he dat hierdie koppie wel bestaan en dat hy vol water is en dat die God van Hemel en Aarde dit oor jou gebring het om daaruit te drink.
Dus gaan die term Hoop, hand aan hand met die filosofie van die Boer.Jy sal en gaan maak nie saak wat nie as dit beskik word.Ons is nie n klomp breinlose sielsoekende spul nie maar hier om Sy Naam te verheerlik.

Dus is ons eksklusief van hierdie brullende spul wat hulself die NSA noem.Mag hierdie ondier net soos sy naamgenoot onder die kluite verdwyn en mag ons nooit weer sy naam hoor nie.Gaan uit hulle uit want hulle weet wragtig nie wat hulle doen nie.