PDA

View Full Version : Hoor jy my stem! (Rudi en Corlea)



Die Vrou
3rd November 2010, 09:33
Ek wil graag iets besonder met julle deel..
Ek het die video op youtube gaan soek maar kon dit nie daar kry nie. Ek sal dan maar
die woorde plaas dan sal jul verstaan.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer ek hierdie lied luister ervaar ek die grootste geestelike ervaring!

Ek voel eerstens 'n grootste roering binne my hart dit gaan ook gepaard met 'n
baie groot hartseer en verlange, dan sien ek 'n vroulike figuur
oor die water sweef. Ek voel hoe ek uitryk na haar. Ek sien myself na
haartoe beweeg nou is daar twee en daarna word ons een!
Maar dan is ek weer hier en die teleurstelling voel enorm in my binneste!

HOOR JY MY STEM

Hoor jy My stem oor die see!
Dit klink so ver oor die water..
Dit het die klank van die wind wat waai...
Dit het die kleur van wit
Ek roep uit oor die see..
Ek is so alleen sÍ my waarom..
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vraag waar is jy nou?
Hoor jy my stem, roep na jou?
Hoor jy my vraag, waar is jy nou?
Hier waar ek staan voel ek naby jou
En hier het jy my teen jou vas gehou
Hier lÍ die spoor van ons saamwees..
Nou het die see dit weggevee..
Ek roep uit oor die see
Ek is so alleen sÍ my waarom
Hoor jy my stem roep na jou
Hoor jy my vraag waar is jy nou
Hoor jy my vraag waar is jy nou..

Stefanus
14th November 2010, 13:44
http://www.wendag.com/mp3_media/Hoor%20jy%20my%20stem.mp3