PDA

View Full Version : Die keuse: Lewe of Dood



Carel van Heerden
5th November 2010, 08:59
Die keuse: Lewe of Dood

Sedert die skepping van die eerste mens is aan hulle die vermo gegee om keuses te kan uitoefen. Om te besluit tussen die lewe en die dood was een van hulle. Elke keuse het bepaalde gevolge. Met Sy opstanding uit die dood het Christus vir ons die keuse gelaat om te kies tussen die dood en die ewige lewe. n Keuse wat elkeen self oor moet besluit en uitoefen.

Ten spyte van hierdie uiters belangrike keuse, word ons feitlik daagliks gekonfronteer om n keuse uit te oefen om te laat lewe of te laat sterf. Van die nietigste insek of plant in die natuur tot die kroon van God se skepping die mens. Hoe hor die rangorde hoe moeiliker die keuse.

So n keuse moes ek onlangs uitoefen. My Boerboelreun (genoem Boela) het tydens n veldbrand saamgehardloop toe ek met die trekker die brand gaan blus het. Hy het getrou op n stuk afgebrande veld agter my bly staan terwyl ek teen die brandlyn die vuur doodgespuit het. Die wind het opgekom en die vuur in n braambos ingedryf. Die brandslaners kon vanwe die takke en dorings nie die vuur doodslaan nie en ek het gaan help. Met die trekker en sleepwa teenaan die vlamme gery en gespuit.

Bo die dreuning van die trekker het ek n getjank gehoor. Boela het fanaties probeer om op die trekker te spring. Aanvanklik kon ek nie verstaan waarom hy daar is en wat aangaan nie. Totdat ek besef dat hy op die braambostakke se kole trap en di hom brand. Sy pogings om op die trekker te klim was om van die brandende pyn en hitte te ontsnap.

Ek het afgespring en hom saam terug laat hardloop na n veilige gebied. Hom beveel om te l en terug gehardloop na die trekker wat toe bitter naby aan die vlamme was en begin spuit.

Ongeveer 3 ure later was die brand onder beheer en het die brandslaners agter gebly vir ingeval die brand weer sou opvlam. Boela was nrens te sien nie en ek het die ongeveer 1 km huis toe gery.

By die huis het ek Boela onder n struik gekry waar hy besig was om sy pote te lek. Wat n gesig. Die kussingkies van al die pote was weggebrand. Die rou vleis met bloed was duidelik sigbaar. Die agterpote was nog erger verbrand. Die vel tussen die tone was weg net rou vleis wat teen mekaar skuur. Die vel en hare hor op teen die agterpote was in geen beter toestand nie.

In die sitkamer het my vrou en ek n ouerige duvet oor die bank getrek. Dit nadat ons plastiekbeskerming onder aangebring het. Met moeite het ons Boela op die bank gekry en so laat l dat die pote effens oorhang om nie druk op te h nie en hy sodoende minder pyn hoef te verduur.

Aangesien dit n Saterdagmiddag was het ek die veearts gebel en verneem wat ek kan doen met graad drie brandwonde aan Boela se pote. Daar is baie gepraat, vrae gevra en uiteindelik het die keuse by my gel skiet die hond. Met ander woorde maak hom dood, of verpleeg hom gun hom die lewe.

Die besluit was nie maklik nie. Veral as jy in Boela se groot bruin o gekyk het. Die afwagting en verwagting dat jy sal kan help. Die volkome vertoue in jou gestel. Wanneer jy sy pote die een na die ander optel en kyk wat gedoen kan word, die rustigheid in hom. Geen aggressie om te byt soos wat gewoonlik die geval is nie. Die besluit was geneem. Al gaan dit ook hoe moeilik wees, gesond sal ons hom kry!

Vir etlike weke is elke poot individueel opgetel, ontsmet, met die grootste omsigtigheid verbind en ten einde laaste, van my ou sokkies oor elke poot getrek en met maskeerband bo vasgedraai, n proses wat ongeveer twee ure geduur het. Snags kon n mens sy pyn tjankies hoor. Dan het ek opgestaan en by hom gaan sit. Trane het my o gevul by die aanskoue van sy pyn en lyding. Die slegte reuk van gebrande pote en inflamasie het deur die huis gehang n soort van n doodsvonnis.

Gelukkig werk die mediese navorsing in ons guns, met antibiotika, pynpille en ontsmettingsmiddels het die pote geleidelik begin herstel. Boela se verantwoordelikheidsin om nie sy toilet gebruike in die huis te beoefen nie, het tot gevolg gehad dat hy aanvanklik op n kombers na buite gedra is waar hy sy dinge kon doen. Later toe hy sukkelend met sy sokkiepote stadig kon begin loop, kon ek die deur vir hom oopmaak nadat ek sy tankgeluidjies begin herken het.

Nou na 4 maande kan hy al weer n bietjie hardloop (stadig) en saam met jou stap. Die toonnaels het in die vier maande lank uitgegroei. Alhoewel dit geknip is, is dit steeds te lank en breek by die tone af. n Pynlike proses met die gepaardgaande inflamasie en die nodige behandeling.

Nou waarom hierdie gebeure vertel? Dit is in tye soos hierdie dat n mens tyd kry om introspeksie oor jouself, jou lewe en die gevolge daarvan te dink. Net soos Boela, sonder om iets te kan s sy keuse om te lewe aan my oorgedra het, so is ook my keuse aan my Skepper bekend. Waar n mens in die bos staan waar die bome gekap word, vertrou ek ook dat wanneer my tyd aanbreek om gekap te word, my Skepper my keuse, ten spyte van my brandwonde van ongehoorsaamheid, maar veral my tekort aan naasteliefde, Hy ook sal besluit om my die lewe te laat berwe.

Die Vrou
5th November 2010, 09:38
Wat 'n pragtige gebaar....


Die besluit was nie maklik nie. Veral as jy in Boela se groot bruin o gekyk het. Die afwagting en verwagting dat jy sal kan help. Die volkome vertoue in jou gestel. Wanneer jy sy pote die een na die ander optel en kyk wat gedoen kan word, die rustigheid in hom. Geen aggressie om te byt soos wat gewoonlik die geval is nie. Die besluit was geneem. Al gaan dit ook hoe moeilik wees, gesond sal ons hom kry!

Min mensekinders sou dit doen! Eerbaar is dit....

Silencio
13th November 2010, 20:46
Carel, jy praat nou van 'n onderwerp wat my bitter naby aan die hart l, ek weet hoe jy voel, dit kan nie beskryf word nie, die keuse in jou hande, die gevolge van jou besluit en die hartseer of vreugde of gemoedsrus of wonder wat daarmee gepaard gaan. Ek doen welwillendheidswerk vir 'n diereorganisasie, ek word gereeld voor die keuse geplaas en al is dit vreemde diere raak ek aan elkeen geheg, ek kan nie almal red nie al wil ek met my hele hart, vra vir Fanus en Vicky, hul sal jou s hoe is ek oor diere, dit is my grootste passie in die lewe om diere te help, maar wat staan jou te doen as jy nrens heenkome het vir elke dier wat agterlaat is nie, ek kan nie almal op straat los nie, ek kan hulle nie almal Spca toe vat nie, ek kan nie altyd goeie eienaars kry nie so ja, so hartseer as wat dit is vir my het ek diere wat ek moet 'n genadedood laat gee, ek is by hul in hul laaste oomblikke, ek dra hul lykies met trane in my o op albei hande kar toe, ek dra hul in my hande al die pad koolkamer toe en ek wens hul 'n beter lewe toe as die lyding wat hul tot dusver ervaar het. As mens elke dag met dit werk, is did skokkend hoe mense hul diere afskeep en daai diere kyk op na ons om te help, soms kan ek, soms kan ek nie.

561

hier is ek saam met die liefdevolste chau reun wat agterlaat is, ek is dringend opsoek na 'n goeie eienaar maar niemand is bereid om R600.00 uit te haal vir hom nie, ek is selfs bereid om deel van die prys te betaal net sodat Seun 'n kans op 'n goeie lewe kan h, intussen hardloop sy tyd uit, dit breek my hart elke keer wat ek 'n dier nie kan red nie. ek moes hom laat uitsit maar ek het gevra vir tyd om te kyk of ek nie 'n eienaar kan kry nie, elke dag hoop en wag hy vir iemand, elke dag bid ek vir 'n eienaar anders gaan ek binnekort by hom moet staan wanneer hy sy laaste asem gaan uitblaas.

Carel van Heerden
15th November 2010, 13:52
Die volgende fotos toon Boela se agterpote twee maande nadat hulle in die vuur gebrand is. Die onderste foto toon die linker agterpoot. Die rooi, rou vleis is nog duidelik sigbaar. Die pote is hier lug gegee om genesing te bespoedig. n Probleem wat ondervind was, was dat Boela sy pote bly lek het. Enige ontsmettingsmiddels is afgelek. Tussen die tone is met behulp van n onderhuidse spuit die ontsmettings stadig ingespuit. Die oortollige ontsmettingsmiddel is onder die pote in n vleklose staalbakkie opgevang vir hergebruik. Die geel kleur op die hare van die poot is di van die ontsmettingsmiddel.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/Boelaseeenagterpoot.jpg

Die foto hieronder toon aan hoe hoog op die agterpoot verbrand het. Die tone is nog geswel en die nuwe kussingstjies wat gevorm word kan duidelik gesien word. Teen die poot op het die vel al herstel en die hare is stadig besig om te groei.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/Boelasepoot.jpg

Om die wonde skoon te maak is Medisinale Peroksied gebruik. Werk uitstekend vir mens en dier en brand nie soos Merthiolate nie. Burnshield is uitstekend vir brandwonde het dit op Boela se pote probeer. Koel die wonde af en verlig die pyn. Acriflavine in Glycerin is n goeie antiseptiese middel vir diere. Gaas deppers (100mm X 100mm) is in di middel gedoop en saggies om elke individuele poot saam met watte met n rekverband vasgedraai. n Sokkie is daarna oor die verbande getrek en met maskeerband bo vasgedraai. Dit het tot gevolg dat Boela kon loop, sy dinge doen en in die buitelig kom. Wanneer die wonde genees jeuk dit. Die sokkies het gehelp dat die verbande nie afgebyt word nie. Hierdie proses van die wonde was, ontsmet en verbind is twee maal per dag herhaal.

Vertrou van hierdie inligting kan iemand van hulp wees.