PDA

View Full Version : Liefde is 'n stille rivierstroom!



Die Vrou
8th November 2010, 10:03
Hello julle,

Eerste wil ek net dankie se aan Stefanus en Vicky! Baie dankie julle vir hierdie gedigte afdeling!
Gedigte is spesiaal net soos sommige musiek stukke is dit geskrewe stukke wat uit emosies bestaan wat in digters harte verskyn, baie is stimulerend vir die gees van elke mensekind in hul stryd hier in die skepping. Gedigte bou die gees, vertroos, ween saam, lag saam jou absolute stimulering vir die gees wat gestig en gebou moet word!

Party woorde wat ek hier plaas kan wissel van die woorde van liede en gedigte! Soms ook net geskrewe stukke wat ek dink dalk deur sekere mensekinders benodig word vir sulke stigting.


LIEFDE IS 'N STILLE RIVIERSTROOM!

Jou huis is waar jou hart is
My hart is leeg geween,
Vandat jy verdwyn het
Wandel ek oral alleen
Sing O somerbrese
Jou weemoeds lied weer oor
Saam met die lowerstruike
Sing my ‘n hemelse koor
Liefde, liefde is ‘n stille rivierstroom,
Wat vloei deur ons woestyn land
Droog die rivier weg dan sal al die klein
Vissies sterf!
Ek stap deur stille strate,
Die eggo’s maak my seer
My hart is soos my hande
Soekend maar bly altyd leeg
Woestyn kan my nie keer nie!
Ek ban deur strorms my weg
Ek sal die rivier weer terug vind
Voor hierdie klein vissies sterf!
Liefde, liefde is ‘n stille rivierstroom,
Wat vloei deur ons woestyn land
Droog die rivier weg dan sal al die klein
Vissies sterf!


Liefde Groete

Die Vrou..

Die Vrou
14th November 2010, 09:01
Hello daar,

Ek het hierdie woorde gevind tussen gedigte op die net en gedink ek plaas dit want dit verskil so 'n bietjie ..

Stille Rivierstroom….Nick Taylor

Die middagson helder en klaar
Sien neer van sy blou hemelbaan;
Die roos sal haar hart openbaar
Aan wie haar geheime verstaan.
Jou huis is waar jou hart is
My hart is leeg geween
Vandat sy verdwyn het
wandel ek oral alleen

Sing oor somer briese
Jou weemoed sleep weer oor
Saam met die lowerstruike
sing my ‘n hemelse koor

Chorus:
Liefde, Liefde’s ‘n stille rivierstroom
wat vloei deur ons woestynland
Droog die rivier weg
dan sal al die klein vissies sterf

Ek stap deur lee strate
Die echo’s maak my seer
My hart is soos my hande
soekend maar bly altyd leeg

Woestyne kan my nie keer nie
Ek baan deur storms my weg
Ek sal die rivier weer terugvind
voor hierdie klein vissie sterf.