PDA

View Full Version : Weerlig: Krag en uitwerking



Carel van Heerden
15th November 2010, 12:24
Weerlig: Krag en uitwerking

In ons gebied is donderstorms nie ongewoon nie. Die intensiteit wissel gewoonlik na gelang die windsterkte en die wolkdigtheid. Hoe digter die wolkmassa en hoe sterker die wind, hoe groter die wrywing met gepaardgaande weerligstrale.

Verlede Vrydag (2010/11/05) was dit toe weer so. Digte donker wolke aangejaag deur ‘n sterk wind en blitsende weerligstrale het Eskom se beleid van beurtkrag na ‘n aangename ondervinding laat lyk. Lank voor die storm in heftigheid toegeneem het was alle kraglyne alreeds leweloos. Nie net op die plase nie maar ook in die dorp. Ons was in die werkswinkel besig om by die lig van ‘n gaslamp sekere werk af te handel toe een reuse blits alles helder verlig opgevolg met ‘n oorverdowende knal wat ‘n skokgolf deur ‘n mens gestuur het.

Na die “skrik” het ons gewoon voortgegaan met die werk. Die reën het oorverdowend op die sinkdak neergestort met gepaardgaande gerommel en knalle van die onweer.

Dit is eers enkele minute later dat daar opgemerk was dat die boom langs die werkwinkel aan die brand was. ‘n Weerligstraal het die boom op die boonste stam getref en sy weg grondwaarts gevind. Met die afbeweeg is die boom se bas oor ‘n breë oppervlakte afgeslaan. Die skerwe het oor die grasperk gesaai gelê. Die boom, ‘n baie ou “mak sering” se stam is na al die jare al hol van binne. Die weerlikstraal het in hierdie holte die boom aan die brand geslaan. Te eienaardig om die vlamme by die gewese knoets te sien uitkom.

Met die tuinslang en die waterkar is gepoog om die vlamme te blus. Die poging was suksesvol maar die kole binne die stam het bly gloei. Die water kon nie al die plekke benat nie en die rook het bly uitborrel. Dit was eers nadat die werkswinkels se brandblusser gebruik is dat die kole binne in die stam ophou gloei en brand het.

Die twee meegaande foto’s dui die stam aan waar die weerlig grondwaarts beweeg het. Die ander foto vertoon die “rokende boom”.

Die trefslae van die weerlig per vierkante kilometer is in hierdie omgewing die hoogste in die land. Omdat ‘n mens dit weet en al heelwat skade gehad het met elektroniese toerusting – veral as die weerlig die kragdrade tref – word vroegtydig voorsorg getref en alle toerusting ontkoppel. Vrydag was nou wel nie die dertiende nie, maar waar steur ‘n weerlig hom nou aan datums? Die magnetiese veld van dié straal was so sterk dat die elektriese stroom in die drade geïnduseer, die hoërtoustel, 2 rekenaars en verskeie veiligheidskameras onherstelbaar beskadig het. ‘n Veiligheidsprop is in dié proses pikswart verbrand.

Ek het later verneem dat sewe beeste asook ‘n person op ‘n fiets enkele kilometers van ons af deur die weerlig gedood is.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/381.jpg

http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/382.jpg

Die Vrou
16th November 2010, 11:03
Die trefslae van die weerlig per vierkante kilometer is in hierdie omgewing die hoogste in die land. Omdat ‘n mens dit weet en al heelwat skade gehad het met elektroniese toerusting – veral as die weerlig die kragdrade tref – word vroegtydig voorsorg getref en alle toerusting ontkoppel. Vrydag was nou wel nie die dertiende nie, maar waar steur ‘n weerlig hom nou aan datums? Die magnetiese veld van dié straal was so sterk dat die elektriese stroom in die drade geïnduseer, die hoërtoustel, 2 rekenaars en verskeie veiligheidskameras onherstelbaar beskadig het. ‘n Veiligheidsprop is in dié proses pikswart verbrand.

Ek het later verneem dat sewe beeste asook ‘n person op ‘n fiets enkele kilometers van ons af deur die weerlig gedood is.


Hello daar Carel van Heerden,

Mag ek aan jou vra: Wie het hierdie verwoestende elemente geskep om die mens,diere en plante(Bome) soveel skade te berokken?

Hulle lewendig uit te brand!

Groete

Die Vrou..

Pionier
16th November 2010, 13:01
Die Vrou
Die Skepper alleen skep.

Die Vrou
16th November 2010, 14:58
Die Vrou
Die Skepper alleen skep.

Pionier,

Nou hoekom sal hy elemente skep wat sy skepping kan seermaak, beskadig of selfs dood op so
'n wrede manier?

Pionier
16th November 2010, 15:52
Die Vrou

Die indruk wat ons kry is dalk seermaak, sou 'n mens egter dieper in die natuur se werking gaan kyk is die redes eenvoudig. Die seringboom was al oud met 'n verrotte stam, sou die hand van die mens nie daar was nie sou hy uitgebrand het, in sy plek sou daar egter nuwe bome kan groei.

In die Vrystaat is veldbrande dikwels die gevolg van donderstorms, veral in die lente, die redes is vir my as veeboer voor die hand liggend. Ek het 'n kamp waar daar vir die afgelope 7 jaar min of geen vee in was nie, die diversieteit van plantegroei het in hierdie kamp drasties verander verlede jaar het 'n gedeelte afgebrand agv. 'n wegholbrand, wat egter opvallend is, is dat daar binne een seisoen 'n balans in die plantegroei is, die kamp was oortrek met jong doringbome, wat dit vir die vee moeilik gemaak het om daar te wei, nou is dit weer oorwegend gras, die natuur het die dorings gesnoei.
Borsluise is ook baie aktief hierdie tyd van die jaar, 'n veldbrand wis groot getalle van hulle uit, wat weer die diere waarop die borsluis teer bevoordeel.

Daar is weinig so volmaak en in harmonie as die natuur, ons moet net vra om te verstaan.

Ek sterf in elk geval liewer 'n dood deur weerlig, as om wreed deur 'n barbaar met 'n panga doodgekap te word.

Carel van Heerden
18th November 2010, 14:03
Hello daar Carel van Heerden,

Mag ek aan jou vra: Wie het hierdie verwoestende elemente geskep om die mens,diere en plante(Bome) soveel skade te berokken?

Hulle lewendig uit te brand!

Groete

Die Vrou..

Dan ook:Ja. Hoekom daar soveel smarte is op die aarde wonder almal maar. Nog 'n ding is, hulle is
te bang om daaroor te redeneer! party word selfs woedend as mens daaroor praat! hulle se mens beledig hulle god. Maar nog steeds kan dit nie die waarheid uitwis dat alles hier op die aarde baie wreed is nie!

Die vrou

[U opmerking in: Vir elke waarom is daar 'n daarom.]



Goeiedag “Die Vrou”

Pionier het jou vraag beantwoord en ek volstaan daarby.

Ek wil egter ietwat uitbrei op jou vraag en veral ook jou opmerking by die afdeling: Gedagtes wat praat: Vir elke waarom is daar ‘n daarom.

Wat die skepping van God betref en dan spesifiek die natuur, kortliks die volgende:

In die vrye natuur is alles in ekwilibrium. Alle dinge wat gebeur werk in harmonie saam en die balans word deurlopend gehandhaaf. Ou bome in die natuur dien ‘n doel. Indien die stamme holtes begin ontwikkel bied dit ‘n plek vir voortplanting byvoorbeeld voëls. So benut ‘n neushoringvoël so ‘n ruimte om in te broei en die voortbestaan van die spesie te verseker. Hoë droë bome bied vir die valke ‘n goeie uitsig om sy prooi te sien, om nes in te maak en sodoende te verseker dat ook sy bepaalde spesie bly voortbestaan. Wanneer die boom omval benut insekte die hout en sodoende word die grond weer bemes.

Leeus vang gewoonlik die swakste van ‘n spesie en verseker sodoende dat die beste teëlmateriaal vir voortplanting beskikbaar is. Reiers vang paddas en ander insekte en verseker so hul voortbestaan maar verseker ook dat die paddabevolking ensomeer in bedwang gehou word.

Droogtes het ook ‘n belangrike funksie te vervul. Dit behou die getalle balans vir beskikbare weiding. Weerligstrale verskaf tydens baie onweer op sy beurt noodsaaklike stikstif wat gevorm word deur die hitte van die straal. Nitriete word gevorm wat die gras weer van stikstof voorsien.

Vloede “was” weer skoon. ‘n Goeie voorbeeld is te vind in die Kruger wildtuin. Enkele jare gelede het tydens swaar neerslae die Sabierivier sy walle ver oorstroom en die plantgroei aan die oewers vir etlike kilometers vernietig. Vandag het die natuur herstel en is die “skade” van destyds nie meer opvallend nie. Waar digte woude vroeër was vind ons dat die bome weer opkom maar dat gras welig langs die rivier groei en deur die diere benut word.

Van die dinge wat gebeur is oënskynlik verwoestend en selfs wreed. Tog word die balans gehandhaaf en wanneer ‘n mens na die natuur se goeie hoedanighede begin oplet, sien jy die hand van God daarin. Diere gooi nie hul “babas” weg nie. Hulle mishandel nie hul kleingoed nie, dié word eerder in die kudde opgeneem en beskerm. Die plantegroei bied beskerming aan die diere. Dit bied 'n "rustigheid" aan die mens. Geen wonder so baie stedeling gaan ontspan in die natuur nie.

Dit bring ons by die mens. Ons wat veronderstel is om oor die natuur te heers en dit te versorg. Hoeveel meer negatiewe dinge sien ‘n mens as positiewe dinge? Roekelose vernietiging van die natuur ter wille van geld. Rou riool in die strate, riviere en damme. Onoordeelkundige kap van bome en die vernietiging van sensitiewe ekologiese areas. So kan ‘n mens die een voorbeeld na die ander noem.

Dan die disrespek vir jou medemens en sy eiendom. Babas wat in vuilgoedblikke weg gegooi word. Vernietiging van mekaar op wreedaardige wyse. En dan….. die Westdene busramp wat beskryf word in Vir elke waarom is daar ‘n daarom. Ook die plaasmoorde op wreedaardige wyse voltrek. Aanhoudend en amper met reëlmaat. Op sommige aspekte kan ons antwoorde verskaf, op ander nie.

Ook moes ek in April 2009 die vraag vra: Waarom? My oudste seun is in die fleur van sy lewe in sy slaap oorlede. Die antwoord het ek in sy skrywe gekry wat ek geplaas het. Net God weet die daarom. Daarom aanvaar ek dit so. Daarom is dit nie nodig vir my om daaroor te redeneer nie.

Daarom my antwoord. Ja die lewe is wreed. Jesus se kruisdood was wreed. Plaasmoorde is wreed. Maar eendag sal die waarom’s na daarom’s verander. Tot dan ………ja tot dan lewe ons vir Christus!

Carel

Carel van Heerden
11th December 2010, 21:15
Vanmiddag het dit weer ernstig hier begin reën. Die reën is vooraf gegaan deur baie groot haelkorrels – sien meegaande foto. Binne twee maande het ons nou al ‘n neerslag van 600mm gehad.

Lyndrade is weg gespoel en heelwat skade is aan boere se eiendom aangerig. Wil half lyk of die natuur besig is om te verander.


http://i653.photobucket.com/albums/uu260/Carel_01_album/001.jpg

Carel van Heerden
15th December 2010, 08:38
Die volgende uittreksel uit 'n berig dui aan dat 'n mens nie eens veilig is in 'n groot tent nie. Die effek van 'n weerligstraal blyk duidelik uit die berig.

South Africa: Seven Die in LIghtning Strike
Date Posted: Sunday 28-Nov-2010
By Yadhana Jadoo

Johannesburg - Some partygoers, injured when lightning struck a marquee in Pongola, were still stuck to the plastic chairs they sat on when emergency services arrived seven hours later, KwaZulu-Natal social development MEC, Meshack Radebe said on Sunday.

"They were still in a sitting position on their chairs, the plastic had burned and hardened onto their body, they were stuck. The dead were burnt beyond recognition," Radebe told Sapa.

"Can you imagine if emergency services arrived sooner? I am sure that the two that died in hospital could have been saved... I mean, the bodies of the deceased were lying inside the marquee till 10 in the evening."

He was referring to seven people who died in Pongola on Friday afternoon, when a marquee housing them and 71 others was struck by lightning during a Christmas party at a local crèche.

Forty of the 71 people were taken to hospital and eleven of them were discharged on Saturday.

The lightning strike killed five people instantly and two others died in hospital. Amongst the dead was a two-year-old girl.