PDA

View Full Version : Die vertaling van die bybel : Oorsprong en geskiedenis



Silencio
16th November 2010, 19:25
'n Blik op die geskiedenis en lewensbeskouing van ons voorouers
Wanneer 'n mens iemand op straat sou uitvra oor die geskiedenis van ons voorouers, sal die verteller ongeveer 350 jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis kan opdiep. Daarna nog n bietjie Europese geskiedenis, maar verder terug in die verlede word dan vaag. Van hier spring die verteller in die 'bybelse tyd' en eindig by Adam en Eva.
Ons geskiedenis van 1000 tot 2000 jaar gelede is vir baie van ons mense 'n geslote boek. Na die kerstening van Europa was dan ook hard geprobeer deur die Christene om hierdie 'ongewenste', maar werklike verlede van ons voorouers in die vergetelheid te druk. Ons het die 'gewenste' verlede van die Jode aangeneem en dit eie gemaak. (Bron - Heiligdom)




Die Bybel in die Germaanse Tale

Om die Bybel (http://nl.wikipedia.org/wiki/Bijbel_%28christendom%29) beskikbaar te stel in die Germaanse tale in plaas van Latyn, lyk na n baie goeie oplossing. Tog was die kerk nie ten gunste daarvan nie. Die kerk was gekant teen n Germaanse skryftaal en om die Bybel in n Germaanse taal te wou vertaal, is beskou as uit die bose. n Uitsondering hierop was die vertaling van gedeeltes van die Bybel in Goties (http://nl.wikipedia.org/wiki/Gotisch_%28taal%29). n Gotiese biskop met die naam Wulfila (http://nl.wikipedia.org/wiki/Wulfila) (311-383) sou in 369 Bybelgedeeltes vertaal het. Hiervoor het hy selfs n eie Gotiese skrifstelsel (http://nl.wikipedia.org/wiki/Gotisch_alfabet) (mengsel tussen Grieks, Latyns en Gotiese rune) ontwikkel wat van die bekende Gotiese runeskrif afgewyk het. Wulfila was sy hele lewe lank n gerespekteerde biskop, behalwe dat hy die Arianisme (http://nl.wikipedia.org/wiki/Arianisme) aangehang het. Hiervoor is hy later as n ketter aangekla, maar is vry gepleit. Vir sy vertaalwerk was hy nie vervolg nie.
Vanaf die 8ste eeu was die gebruik van die Germaanse skrifstelsel deur die kerk verbode in Midde-Europa (en vanaf die 11de eeu in Noord-Europa). Alle ou Germaanse geskrifte is vernietig. Hierdie skrifstelsel het bekend gestaan as rune. Rune (http://www.heiligdom.com/rune.html) was nie alleen gebruik in skriftelike kommunikasie nie, maar ook by die beoefening van magiese taferele soos orakels. Hierdie laasgenoemde aspek was vir die Christene 'n doring in die oog.
In 1360 verskyn die eerste Bybel (gedeeltelike vertaling) in Nederduits in die Latynse alfabet. Hierdie bybel het bekend gestaan as die Historiebijbel. Die uitgewer sowel as die vertaler(s) was onbekend. Tussen 1452 en 1455 sou Johannes Gutenberg in Mainz, Duitsland, die Gutenbergbijbel (http://nl.wikipedia.org/wiki/Gutenbergbijbel) uitgegee het. In Mainz was Johannes Gutenberg nie vervolg nie. In 1477 verskyn n meer volledige vertaling in Delft. Die vertaler(s) was ook onbekend. Die rede hiervoor was dat die vertalers bang was vir vervolging. In 1478 verskyn die Keulse Bybel wat byna volledig vertaal was. Dit is deur die Universiteit van Keulen uitgegee. Direk na die verskyning hiervan plaas die kerk n verbod op die verspreiding van hierdie Bybels. Mense wat in besit betrap was van so n Bybel, is swaar gestraf selfs met die doodstraf.

http://www.heiligdom.com/images/bybel.JPG
In 1526 verskyn die eerste volledig vertaalde Nederduitse Bybel in Antwerpen, vertaal en uitgegee deur Jacob van Liesvelt nadat hy goedkeuring gevra en verkry het van die Antwerpse owerheid. Maar die kerk was nie hiermee eens nie. In 1545 is Jacob van Liesvelt deur die kerk in Antwerpen tereggestel omdat hy die Christelike geloof met die uitgee van n Germaanstalige Bybel bespot het.
In 1534 verskyn n volledige vertaling van die Bybel in Hoogduits uit die pen van Martin Luther. Hierdie Bybel is ook uit Hoogduits in Nederduits vertaal en in die noorde van Duitsland, Nederland en Belgi versprei. Martin Luther spring vervolging vry.
Talle uitgewers en verkopers van Bybels in die Germaanse tale moes in hierdie tyd na Duitsland en Engeland emigreer om vervolging vry te spring. Eers aan die einde van die 16de eeu het die kerk besef dat die Hervorming onomkeerbaar was en is die vervolging van ketters langsamerhand gestaak. Hiermee het die vervolging van vertalers en besitters van Germaanstalige Bybels ook aan n einde gekom.
In 1637 is in Nederland die Statenbijbel (http://nl.wikipedia.org/wiki/Statenvertaling) uitgegee. Dit heet die Statenbijbel omdat die Staten Generaal (Eerste en Tweede Kamer) die vertaling finansieel en moreel gesteun het. Die gesag van die kerk het begin taan en die van die staat het gegroei, en die staat het die Bybelvertaling gesteun. Kyk hier vir 'n digitale versie van die Statenbijbel (http://www.inl.nl/images/stories/bijbels/statenvertaling1637/).
Waarom sou die kerk n heksejag gevoer het teen die Germaanse Bybel (selfs in die Latynse alfabet)? Die antwoord is eenvoudig. Die Germaanse tale is deurspek met woorde uit die Germaanse (Heidense) godsdiens. Woorde soos ons of ooste of Asi dui direk op die Germaanse Gode bekend as Ase. Die woord vrou kom van die Germaanse Godin Freya!(1) Die woord duiwel kom van die Indo-Germaanse God Tiwas. Woorde soos sonde, sondig, sondaar, soen, soenoffer en seun is afgelei van die Germaanse Songodin Sunna. (Sien 'n meer volledige lys van woorde hier. (http://www.heiligdom.com/herkoms_woorde.html)) Om die Heilige Woord van God uit die verhewe Latyn te vertaal in n vuil Germaanse taal wat met Heidense woorde deurspek was, is as n gruweldaad beskou die werk van die duiwel self, en was dus totaal onaanvaarbaar. Dit het gegrens aan die onmoontlike en die absurde.
Tydens die vertaling van die Bybel, het die vertalers ook gestuit op 'n ongewone probleem. Dit was die naam van God. Die Nederlandse Statenbijbel was al volledig vertaal gewees met die uitsondering van een item, naamlik die naam van God. Ook tydens die vertaling van die Afrikaanse Bybel het hierdie aspek weer aandag gekry. Totius was 'n voorstander van die gebruik van Jahweh as naam vir God. Die Jode gebruik Jahweh, die Islamiete Allah en die Romaanse volkere Dios (Spaans), Dieu (Frans) en Dio (Italiaans) - afkomstig van Adoon of Adonai - as naam vir God, maar die Germaanse Christene kon nie op 'n naam besluit nie. Uiteindelik is besluit om nie 'n naam te kies nie, maar die neutrale terme 'God', 'Vader' en 'Heer' te aanvaar as 'naam' vir die Opperwese. Die ou Germane het egter hulle Gode ook aangespreek met die titel Heer en Wodan is ook as Vader of Alvader aangespreek. In die Ou Testament kom 'n aantal name voor as aanspreektitel vir die Joods-Christelike God, naamlik: Elohiem, Jahweh, Eljoon, Sjaddaj, Eloah, El, Adoon of Adonai en Jahweh Zebaoth. (http://www.heiligdom.com/gode_van_kanaan.html)Hierdie name dui op die bestaan van politesme in die ou Kanan.
(1) Die woord vrou was nog in die middeleeue n verhewe woord. Voor ons kerstening het die woord Godin-status gehad, want Freya was n besonder gewilde Godin in die Germaanse taalgebied. Tydens die Middeleeue was die woorde wyf en vrou steeds albei in gebruik. Met die term vrou of vrouwe is verwys na dames uit die hoogste stand. Die gewone dame op straat was n wyf. Omdat almal aan die ho stande wou behoort, het die woord vrou die stryd gewen teen wyf wat vandag as plat beskou word anders as in die Middeleeue. Vergelyk ook die woord wife (Eng) wat vandag die betekenis het van n getroude dame. Terloops, die woord dame is n resente ontleding aan die Romaanse tale.
Islam: Koran (http://nl.wikipedia.org/wiki/Koran)
Die Islam het na die geboorte van die profeet Mohammed in die 5de eeu nC ontstaan.

Mohammed het van die Engel Gabril openbaringe ontvang, wat hy dan opgeteken het.

Hierdie aantekeninge is in boekvorm saamgevat en staan vandag bekend as die Koran.

Talle Ou Testamentiese figure soos Moses en Noag, maar ook Jesus, word in die Koran beskryf.

http://www.heiligdom.com/images/koran.jpg
Christene: Bybel (http://nl.wikipedia.org/wiki/Bijbel)

Die Bybel is n bundel boeke wat deur verskillende mense geskryf is. Gedurende die eerste paar eeue van ons jaartelling was daar onder die Christene in die Romeinse Ryk talle boeke in gebruik. Tydens die Konsilie van Nicea in 325 is daar besluit om Jesus in status gelyk te stel aan God die Vader. Daar was heftig teenkanting van die Arianisme, wat Jesus beskou het as ondergeskik aan God die Vader. Terloops, die Koran beskryf Jesus ook nie as seun van God nie, maar as n baie belangrike profeet.

Foto: Die tien gebooie

http://www.heiligdom.com/images/hebreeuws.jpg

Tydens die Konsilie van Konstantinopel in 381 is besluit om ook die Heilige Gees goddelike status te gee en aan God die Vader en God die Seun gelyk te stel (Drie-eenhede was n gewilde konsep in die nie-Christelike Romeinse Ryk). Tydens hierdie Konsilie is besluit om die aantal Bybelboeke te beperk tot 66. Daar het hewige argumente ontstaan oor welke boeke die Christelike kanon moes uitmaak, en welke nie. Uiteindelik is met 568 stemme teen 563 besluit om die 66 boeke te aanvaar wat vandag bekend staan as die Bybel n verskil van net 5 stemme!
Jode: Torah (http://nl.wikipedia.org/wiki/Thora)


http://www.heiligdom.com/images/Torah.jpg
Hierin staan die lewensbeskouing van die Jode opgeteken, asook hulle herkoms en geskiedenis. Die Torah of Pentateug bestaan uit die eerste 5 boeke van die Ou Testament.

Feite en Fiksie
1) Volgens die Bybel het God op die eerste skeppingsdag, lig en donker geskape. Hierna was dit aand en weer more die tweede dag. Dit is wel vreemd, want die son word eers op die vierde dag geskape. Die son veroorsaak tog dag en nag.
Feit: Baie ou volke het geglo dat die son en daglig los van mekaar staan. Die son was as n God beskou wat moes heers oor die dag. Met hierdie kennis het die outeur(s) van Genesis die skeppingsverhaal geskryf. Inderdaad staan daar dan ook verder in die Bybel (Gen 1:16) dat die son op die vierde dag geskape is en hy moes heers oor die dag, wat toe al geskape was. Die plante was op die derde dag geskape, en sou hulle nog nie van die sonlig kon geniet nie.

2) Volgens die Bybel word daar op die tweede skeppingsdag skeiding gemaak tussen waters bo in die hemel en waters onder op die aarde: die uitspansel.
Feit: Talle ou volkere het geglo dat die blou lug in die hemel, ook water was. Met hierdie kennis het die outeur(s) van Genesis die skeppingsverhaal geskryf. God skep in werklikheid op die tweede dag niks.

3) Dan skep God die mens. Hy skep net een mens. Dan besef God dat hierdie mens alleen was, en dat daar nog n mens moes by kom. Die eerste mens skep God uit stof.
Feit: God sou toe hy met die eerste mens besig was, al moes geweet het, dat net een mens eensaam en alleen sou wees. Hy is immers almagtig en alwetend. Daarbenewens het Hy hierdie resep nie gevolg by die skepping van die diere nie (deur net een te skep, en dan te besef dat die dier alleen sou wees). Die stof waaruit die eerste mens geskape sou word, is ook vreemd. Die genetiese samestelling van die mens kom vir 98% ooreen met die van die groot ape. In die aanvanklike beplanning van die skepping, sou daar net een mens wees. Hierdie mens sou nie oor voortplantingsorgane beskik het nie, want dit sou nie nodig gewees het nie. Adam was dus (aanvanklik) 'n geslagslose mens.

4) Dan kom daar n slang met Eva praat en hy doen dit oortuigend goed.
Feit: n Slang kan nie praat nie. Om dit te kan doen moet hy genoeg breinselle h om komplekse taalgebruik, soortgelyk aan die van die mens, te kan beheers. Dit het n slang nie. Verder is dit nie moontlik dat twee spesies wat geneties so ver van mekaar verskil, ooit met mekaar sal kan kommunikeer via taal nie (n Chinees en n Japanees verstaan mekaar nie eens nie, maar n slang en n mens wel???). Voorts het die slang nie die juiste mondholte en tong wat nodig is vir die artikulasie van woorde nie.

5) Dan kom alle diere en vols van die hemel voor Adam verskyn dat hy hulle name kan gee (Gen 2:19).
Feit: As enige mens skielik baie diere moet sien wat hy nog nooit gesien het nie en hulle moet benoem, sal hy in die eerste plek nie goed weet welke name hy moet toeken nie en in die tweede plek sal hy die volgende dag byna alle name weer vergeet het. Buitendien sal hierdie groot aantal diere nie in n ry kom staan om hulle te laat benoem nie. Op hierdie stadium was Eva nog nie op die toneel nie en is dit te betwyfel of Adam 'n taal beheers het, in die afwesigheid van nog 'n menslike wese.

6) Dan sondig Adam en Eva en hulle word uit die Paradys verdryf. Daar word gerubs aangestel om die oostekant van die Paradys te bewaak met vlammende swaarde (Gen 3:4).
Feit: Dit sou interessant wees om die Paradys vandag te besoek om die gerubs te sien. Maar hulle is nrens te vinde nie. Waarom moes alleen die oostekant van die Paradys bewaak word? En die swaarde? Die swaard moes toe nog uitgevind word!

7) Dan kom daar n sondvloed. Noag gaan n ark bou om die landdiere te red (waterdiere hoef nie gestraf te word nie). Dan kom die groot ren en die waterpeil styg oor die hele wreld om alle bergpieke te bedek.
Feit: Dit is onmoontik om n skip te bou wat groot genoeg sal wees om van elke diersoort n paar te kan akkommodeer. Verder is daar x-aantal liter water op die planeet. Al ren dit elke dag vreeslik baie, sal die seevlak nie styg nie en sal die bergpieke nie (met water) bedek word nie en sal n skip op dro grond, nie dryf nie. Om die seevlak te laat styg, sal water van buite die planeet af aangevoer moet word.

8) Dan word daar n toring van Babel gebou. Hierdie toring moes tot aan die hemel reik. Daar sou n taalverwarring ontstaan met die bedoeling dat die mensdom oor die aarde moes versprei.
Feit: Volgens n hele aantal ondersoekers was daar in werklikheid n aantal torings gebou en nie net een nie. Van die reste staan vandag nog in Iran. Hierdie torings staan in die omgewing van die stad Elam en is in ongeveer 1250 vc gebou. Die bedoeling van hierdie torings was nie om tot aan die hemel te reik nie, maar vir religieuse doeleindes. Volgens die Bybel moes die toring van Babel tot aan die hemel reik, maar die bouers het op die vlakte begin terwyl n mens sou verwag het dat hulle op n bergpiek moes begin het. As daar n verwarring by Babel ontstaan het, was dit meer as net n taalverwarring. Die mensdom versprei immers oor die hele wereld. Maar hulle vergeet n aantal belangrike ding wat n mens sou reken hulle nooit kon vergeet nie. Hulle vergeet Adam en Eva en Sem, Gam en Javet en vir Noag en die ergste is dat hulle vir God vergeet het. Hulle het Heidene geword en oor die wreld versprei en baie van hierdie mense (Heidense stamme) het selfs in Palestina gaan woon.

9) Die Jode was van oudsher 'n monotestiese volk. Moses lei sy volk uit Egipte. Tydens die reis ontvang hy van God die 10 gebooie. Maar Moses ontdek dat sy volk afvallig geword het en om n goue kalf gaan dans het.
Feit: Die Jode was vroer nie monotesties nie. Hulle het velerlei Gode aanbid. Die Bybel vertel dat die volk Israel afvallig geword het, wanneer Moses van die berg afdaal en aanskou het hy hoe sy volk om n goue kalf dans. Maar n volk raak nie so vinnig sy godsdiens kwyt nie. Wanneer Christene vandag vir n maand of twee elders gaan vertoef en hulle leier gaan op n religieuse besoek, sal die volgelinge nie n ander God invoer nie, al bly die leier weg vir n jaar, of 10 of 100 of selfs n duisend jaar. Verder nog die volgende: Na die dood van koning Salomo verdeel die volk in 2 groepe. Juda en Benjamin staan bekend as Juda met die hoofstad Jerusalem. Die ander 10 stamme het bekend gestaan as Israel met die hoofstad Samaria. Hierdie 10 stamme word deur die Assirirs weggevoer in 722 vC. Maar hierdie (verlore) stamme verdwyn. Hulle neem die Thora sowel as Jaweh nie met hulle saam nie. Die Joodse monotesme moes na 722vC vorm aangeneem het.

10) In die Nuwe Testament moes Jesus sterf omdat hy die Seun van God was. Dit was die enigste rede. Hy was verder heeltemal onskuldig.
Feit: Vanaf ongeveer 25nC het daar verset van die kant van die Jode teen die Romeinse oorheersing gekom. Jesus was nie alleen n kind uit die Joodse koningsgeslagte nie(1), maar hy was ook rasend populr onder die bevolking. Beide hierdie aspekte is deur die Romeinse heersers as 'n bedreig beskou vir hulle gesag. Die leiersfiguur Jesus moes uit die weg geruim word. Jesus is gekruisig. Hierdie vorm van teregstelling is destyds toegepas op opstandelinge teen die Romeinse gesag. Terloops die weerstand van die Jode teen die Romeinse oorheersing het in 66 tot 73 nC tot 'n bloedige opstand gelei. Die Jode het die stryd byna gewen, maar Rome het ekstra troepe gestuur met die opdrag om die Jodedom uit te roei. Die Joodse weerstand was egter sterker as wat die Romeine gedink het. In 132-135 nC sou die Joodse weerstand finaal gebreek word. Die Jode wat hierdie slagting oorleef het, het hierna oor die wreld versprei. Interessant is dat die Bybel geen enkele woord rep oor hierdie Joods-Romeinse konflikte nie. Dit was gebruiklik by die Romeinse soldate om die godsdienste van die vyand terug te neem na Rome. Dit het ook hier ook gebeur, en die Romeine het hulself nou beskou as 'buitenegwoon onskuldig'. Hierdie 'onskuld' is dan ook in die evangelies verwoord.

11) Jesus sou verraai gewees het deur Judas. Maar Jesus was tog n bekende figuur wat daagliks in die openbaar verskyn het en gepredik het. n Bekende en openbare figuur word nie verraai nie, alleen onderduikers wat wegkruip vir die owerheid.
Feit: Jesus moes hom in n ondergrondse beweging bevind het teen die Romeinse gesag of hy moes vlug vir sy lewe omdat hy as kroonopvolger in lewensgevaar verkeer het (1). Hy gee immers sy dissipels opdrag om hulself te bewapen in Getsemane. Maar die Romeinse oormag was te groot. Hy moes hom oorgee.

12) In die tuin van Getsemane gaan Jesus bid dat die beker by hom verby moet gaan. Waarom? Hy is die seun van God wat graag na Sy Hemelse Vader wil terugkeer. Het Hy dan nie na Sy Vader verlang in die tyd wat Hy hier op aarde was nie? Sy opdrag was tog volbring. Hy moes gaan.
Feit: Jesus was gewoon n mens wat nie wou doodgaan nie.

13) Aan die kruis roep Jesus: My God, my God, waarom het u my verlaat! Waarom roep Jesus dit? Hy gaan tog nou na Sy Vader toe, waar Hy graag wil wees. Hy het geweet dat Hy op die dag moes vertrek.
Feit: Jesus was n mens. Hy het tot God gebid om sy lewe te spaar en God het sy gebed nie verhoor nie.

14) Aan die kruis hang Jesus alleen. Sy dissipels was weg. Gevlug en bang. Waarom het hulle gevlug? Hulle het niks te vrees nie, want hulle is nie ook seuns van God wat moes sterf nie.
Feit: Die dissipels het gevlug. Hulle voorman is ter dood veroordeel en hulle was bang dat dit hulle ook sou oorkom. Hulle het saam met Jesus gewerk teen die Romeinse oorheersing.

15) Pilatus laat die volk kies tussen die Heilige Jesus of die boef Barnabas en die Joodse volk skree dat Jesus gekruisig moes word en Barnabas vrygelaat moes word. Waarom dan? Jesus was n volkome onskuldige figuur. Hy was n baie geliefde prediker.
Feit: Die Romeine wou nie skuldig wees aan die dood van Jesus nie. Al het hulle Jesus vermoor. By die skrywe van die Nuwe Testament moes die onskuld van Romeine duidelik blyk teenoor die swaar skuld van die Jode. Hierdeur sou die nuwe Christendom maklik inslag vind by die gewone Romeinse burger(2). Die Joodse volk het nooit geskree dat Jesus gekruisig moes word nie. Jesus was n vooraanstaande en geliefde man. Hierdie kreet was Romeins.

16) Aan die kruis bly daar n vrou agter. Sy is nie bang nie. Sy vlug nie. Sy waak by Jesus. Haar naam is Maria Magdalena. Wie was die dapper vrou? Die vrou van Jesus?
Feit: Alleen die vrou van n man sal by hom bly staan deur dik en dun. Duidelik het sy n baie spesiale band met Jesus gehad. Die Romeine wou nie n vrou sien aan die sy van Jesus nie. Dit sou sy Goddelike status aantas. By die skrywe van die Evangelies is haar bestaan so ver as moontlik weggeskryf.
1) Die Romeinse heersers het konings, kroonprinse en kroonopvolgers uit die weg geruim in vreemde gebiede onder Romeinse gesag.
2) Die Romeinse Gode het seuns gehad. As die nuwe godsdiens aanklank wou vind onder die Romeine, dan moes by die nuwe Godsdiens ook 'n 'Seun van God' aanwesig gewees het. Die Jode het Jesus nie gesien as die Seun van God nie (Wie sou Jesus beter geken het as sy eie volk?....die Romeine wat ver weg gewoon het???). Die Koran beskryf Jesus ook nie as die Seun van God nie, maar as 'n belangrike profeet.



DIE BYBEL IN AFRIKAANS - GESKIEDENIS VAN DIE HERSIENING

(bron - bloedrivier geskiedenis bybelvertaling)

Inisiatief van die Genootskap van Regte Afrikaners (1872 - 1911)

Die verspreiding van die Christendom in Itali, Noord-Afrika, Spanje en Galli het die vertaling van die Bybel in Latyn genoodsaak. Die belangrike Latynse vertaling is die Vulgaat, die werk van die kerkvader Hieronymus (in 405 voltooi). Daarnaas was daar in die oudheid ook Siriese, Koptiese, Armeense, Gotiese en ander vertalings. Na die Hervorming het vertalings van die Bybel in verskillende tale vinnig toegeneem. So het Martin Luther in 1521 tydens sy verblyf in Wartburg met die vertaling van die Nuwe Testament in Duits begin. Die vertaling is in 1522 voltooi. Met die hulp van ander geleerdes het hy vervolgens die Ou Testament vertaal. Die vertaling was in 1534 gereed.

Luther se Bybelvertaling was van groot waarde sowel vir die godsdienstige lewe in Duitsland as vir die vorming van die hoog-Duitse taal.

In Nederland was die bekende Statevertaling (http://www.bloedrivier.org/bloedrivier_geskiedenis_statebybel-01.php) ] - Statenbijbel - wat in opdrag van die Sinode van Dordrecht en met die geldelike steun van die State-Genaraal in 1637 gedoen is. Dit is in 1933 in Suid Afrika vervang deur die Afrikaanse Bybel, die Heilige Skrif, wat al die kanonieke boeke van die Ou en Nuwe Testament bevat. Dit is oorgesit uit die oorspronklike tale en uitgegee deur die Bybelgenootskap, in opdrag van die Gesamentlike Kommissie van die drie Hollandse Kerke in Suid Afrika, en is deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap in Engeland gedruk.

Inisiatief van die Genootskap van Regte Afrikaners (1872 - 1911) Die eerste openbare pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans was 'n brief deur Dr. Arnoldus Pannevis wat op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan verskyn het.
Daarin het hy daarop gewys dat die Nederlandse Statevertaling vir de eenvoudiger gedeelte der bevolking 'n geslote boek geword het omdat hulle dit nie meer verstaan het nie. Uit korrespondensie wat daarop gevolg het, het dit egter geblyk dat die meeste mense sterk gekant was teen 'n Bybelvertaling in Afrikaans.

As wegbereider vir 'n Bybelvertaling het C.P. Hoogenhout in 1873 die verhaal van Josef in Afrikaans uitgegee: Die geskiedenis van Josef voor Afrikaanse kinders en huissouwens, in hulle eige taal geskrijwe deur een vrind. In die slot van hierdie boekie het hy 'n sterk pleidooi gelewer vir 'n Afrikaanse vertaling van die Bybel.

Op 7 November 1874 het Pannevis en Hoogenhout regstreeks aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG) geskryf om te pleit dat 'n Afrikaanse vertaling onderneem moet word. Pannevis, wat die Bybelvertaling suiwer om godsdienstige redes bepleit het, het in die brief Afrikaans in 'n swak lig gestel, sodat die BBBG 'n Afrikaanse Bybelvertaling afgewys het. Die BBBG het die saak nietemin na sy sekretaris in Suid Afrika, ds. Geo Morgan verwys. Op die predikantekonferensie in Julie 1875 op Wellington is die vertaling van die Bybel in Afrikaans toe ook afgekeur.

Hierdie toedrag van sake het gelei tot die besef dat 'n stryd begin moes word vir die erkenning van Afrikaans as skryftaal. Met die oog daarop is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig onder leiding van ds. S.J. du Toit.

Eers op 'n vergadering in 1878 het die GRA besluit dat die tyd ryp was vir 'n vertaling van die Bybel in Afrikaans. Die taak is in 1885 aan ds. S.J du Toit opgedra. Aanvanklik het die werk nie goed gevorder nie, maar nadat ds. du Toit hom vanaf 1890 heeltyds daaraan kon wy, het die volgende boeke in Afrikaans verskyn:
Genesis - 1893
Matteus - 1895
Openbaring - 1898
Psalme - 1907
In die tydskrif Stemmen des Tijds:
Hooglied - 1905
Handelinge - 1908
Markus - 1908
Voor sy dood in 1911 het ds du Toit ook aan die vertaling van Lukas gewerk. Hoewel hierdie vertaling nie by die kerklike publiek ingang gevind het nie, het dit bewys dat die Bybel wel in Afrikaans vertaal kon word.



Inisiatief van die Afrikaanse Kerke (1914 - 1923)

In 1914 het dr. B.B. Keet op Stellenbosch 'n referaat gelewer oor die Bybel in Afrikaans, waarin hy die samewerking van die Hollandse Kerke in Suid Afrika bepleit het. In 1916 het die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaat op 'n voorstel van ds. (later dr.) N.J. van der Merwe besluit om 'n kommissie te benoem om, in samewerking met die Gereformeerde Kerk en die Nederduitch Hervormde Kerk, die bekwaamste manne aan te wys en met die vertaling te begin.

Die saak is kragtig bepleit deur ds. J.D. du Toit, maar hy en dr. Keet was van mening dat die eerste vertaling in Afrikaans eerder net 'n verafrikaansing van die Statebybel as 'n nuwe vertaling uit die grondtale moes wees. Die gevolg van die saak was dat 'n aantal mense van die verskillende kerke hulle vanaf 1916 met die vertaling besig gehou het, en in 1922 het die proefuitgawe van die Vier Evangeli en Die Psalme verskyn.

Die nuwe vertaling is aanvanklik geesdriftig ontvang, maar dit het geblyk dat die taal te sterk Nederlands-gebonde was en gevolglik nie egte Afrikaans nie.



Volwaardige onderneming van die Afrikaanse Kerke (1923 - 1933)

Met die verskyning van die proefuitgawe het dit geblyk dat die Afrikaanse volk uitgesien het na 'n Bybel in hul moedertaal, maar dat die vertaling eerder uit die grondtale gedoen moes word en dat dit oorgesit moet word in die ware taal van die Afrikaanssprekende gemeenskap. Om hierdie doel te verwesenlik , moes heeltydse vertalers en Afrikaanse taaladviseurs benoem word.

As eindvertalers is drr. J.D. du Toit en B.B. Keet aangewys, maar aangesien dr. Keet nie vrystelling van sy doseerpligte aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch kon kry nie, is dr. J.D. Kestell in sy plek benoem. Dr. du Toit sou vir die Ou Testament en dr. Kestell vir die Nuwe Testament verantwoordelik wees. Later het as eindvertalers bygekom drr. H.C.M. Fourie en E.E. van Rooyen en uiteindelik ook dr. B.B. Keet. 'n Aansienlike aantal medewerkers en adviseurs het belangrike bydraes gelewer. Die Afrikaanse taaladviseurs was proff. S.P.E. Boshoff, T.H. le Roux, D.F. Malherbe en J.J. Smith.

In 1927 het dr. C. van Gelderen, Semitikus aan die Vrije Universiteit Amsterdam, vir ses maande na Suid Afrika gekom as adviseur vir die vertaling van die Ou Testament uit die Hebreeuse grondteks.

In 1929 is 'n hersiene uitgawe van Die Vier Evangeli en Die Psalme gepubliseer. Dit het by die kerklike publiek byval gevind en as spoorslag gedien om die volledige vertaling so gou moontlik te voltooi. Hierdie doelwit is in 1933 bereik.

Op 29 Mei 1933 het die eerste besending Afrikaanse Bybels met die Carnarvon Castle uit Engeland in Kaapstad aangekom. Op Sondag, 27 Augustus 1933, is die Afrikaanse Bybelvertaling oral in die land feestelik ontvang. Die sentrale feesviering was in Bloemfontein, waaraan onder andere drr. Kestell en du Toit deelgeneem het. Die fees in gekenmerk deur groot geesdrif, blydskap en dankbaarheid. Van toe af sou die Afrikanervolk die groot dade van God in hulle eie taal hoor.



Die periode van hersiening (1933 - 1953) Die eindvertalers het besef dat 'n hersiening van die vertaling nodig was, veral in die lig van die bespreking wat op die publikasie van die nuwe vertaling gevolg het. Hulle het ook van die drie Hollandse Kerke opdrag gekry om met die werk voort te gaan. Omdat drie van die eindvertalers in hierdie tyd tot sterwe gekom het, het net drr. du Toit en Keet oorgebly om die werk af te rond. By die verskyning van die hersiene uitgawe in 1953 het nog net dr. Keet gelewe.

Hierdie vertaling het voortreflike hoedanighede gehad en was van besonder groot betekenis vir die vestiging van die Afrikaanse taal.

Groetnis
Silencio