PDA

View Full Version : Talle NG kuddes herderloos & siening is: saambly & huwelike



Silencio
21st November 2010, 13:20
Talle NG kuddes herderloos

bron: Johannes de Villiers, nuus 24




Johannesburg - Talle NG gemeentes kan binne 15 jaar sonder predikante sit.

Meer as die helfte van die NG Kerk se dominees gaan binne die volgende 15 jaar emeriteer (aftree) n gedagte wat die laaste weke tot n paar bekommerde kennisgewings in sinodale nuusbriewe gelei het.

Een (in die nuusbrief van die Namibiese sinode) het selfs onder die opskrif NG dominees n ouetehuis wat soek na n plek om gebou te word verskyn.

Uit die NG Kerk se 1 639 predikante is meer as 50% ouer as 50.

Gegewe die aftree-ouderdom van 65 beteken dit n naderende en ernstige tekort aan dienende predikante.

n Ondersoek na die kwessie is tans by die algemene dienstegroep: gemeenteontwikkeling se taakgroep vir predikantebegeleiding onderweg.

In die Oos-Kaapse sinodale nuusbrief word daar selfs gemeld dat die kerk dalk weer na die aftree-ouderdom van predikante sal moet kyk.

Maar dit is niks meer as n noodmaatrel nie, en n mens weet nie eens of dit n goeie oplossing is nie, s dr. Theo Swart, voorsitter van die taakgroep gemoeid met predikantebegeleiding.

Daar word jaarliks tussen 30 en 40 NG predikante in die drie NG kweekskole gelegitimeer.

Daar is n diskrepansie tussen die predikante wat inkom en die aanvraag, s Swart.

Daar is reeds n hele paar gemeentes, veral in die Noord- en Oos-Kaap, wat permanent vakant is en wat nie weer iemand sal kan beroep nie.

Daar lei hulle nou lidmate op om sekere predikantsfunksies te vervul.

Daar is ook reeds 20 tot 25 gemeentes in die Oos- en Noord-Kaap waar emeriti (afgetrede predikante) nou predikantsfunksies vervul.

Hulle kry n plek in die pastorie en bedien die gemeente, hoewel van di emeriti al in hul sewen*tigerjare is.

Heelwat gemeentes rasionaliseer ook poste weens toenemende geldelike druk.

Die kerk kyk tans na n aantal moontlikhede om di naderende krisis die hoof te bied.

Pogings gaan onder meer opgeskerp word om proaktief nuwe predikante te werf onder meer deur brosjures in gemeentes te versprei.

Verder is die laaste ruk n beleid oor voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO waardeur dienende predikante verdere beroepsopleiding ontvang) in werking gestel.

Ons het ook nou n taakspan saamgestel om holisties aandag aan onder meer toekomstige teologiese opleiding te gee.

Ons sal nie meer noodwendig mense vir ses jaar kan wegneem om opgelei te word nie, veral nie ouens wat teologie as n tweede beroep studeer nie.

En voorts sal daar gekyk moet word na die manier waarop opgeleide predikante wat nie voltyds in die amp wil staan nie, ingespan kan word.

Daar is tans 400 opgeleide NG predikante wat nie voltydse poste wil beklee nie, 170 in diens van ander kerke, 36 kapelane en 400 wat uit hul poste getree het, maar steeds beroepbaar is.

Daar kan binnekort n tyd aanbreek dat n voltydse dominee n luukse vir gemeentes sal wees,
s Swart.

MAAR WAT S DIE KERK OOR SAAMBLY VERHOUDINGS:

Saamblyverhoudings onder NG Kerk-vergrootglas


Neels Jackson


Pretoria - Party saamblyverhoudings is eintlik niks anders nie as onbevestigde huwelike.
Dit is die siening van dr. James Kirkpatrick, voorsitter van die algemene taakgroep vir leer en aktuele sake van die NG Kerk. Die taakgroep werk aan n studiestuk vir aanstaande jaar se algemene sinode waarby die NG Kerk opnuut sy standpunt oor saamblyverhoudings sal bekyk.
Die NG Kerk het in 1970 gevra dat die regering alle saamblyverhoudings buite die huwelik strafbaar moet maak.
Kirkpatrick het by n konferensie wat deur die NG Kerk se oostelike sinode aangebied is, ges alle saamblyverhoudings kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie.
Hy het vier soorte saamblyverhoudings onderskei.
Die eerste daarvan is eintlik niks anders nie as rondslapery. Die tweede het hy bestempel as geriefsoekers. Hy meen dis veral mans wat soms by vroue intrek vir die gerief van die saak, maar sonder dat hulle enige langtermynplanne het.
Die derde groep is volgens Kirkpatrick mense wat n proefkonynbenadering volg. Dit is mense wat skepties is oor die huwelik en dan op n proefgrondslag by mekaar intrek voordat hulle tot trou kom.
Die vierde groep het Kirkpatrick bestempel as onbevestigde huwelike. Dis verhoudings wat nooit formeel as huwelike voltrek is nie, maar wat al die wesenlike kenmerke van die huwelik het.
Daar is n vaste wedersydse en respekvolle verbintenis van twee mense wat mekaar liefhet. Verder word dit deur hulle as n blywende verhouding gesien.
Kirkpatrick het ges die kerk kan nie op dieselfde manier werk met di soort verhouding as met iemand wat losbandig leef nie.
Past. Heinz Schrader van die Capital City Church International het egter ges die kerk moet vra wat bring vir God eer.
As die kerk nie meer kan s wat sonde is nie, is daar probleme, was sy boodskap.
NG Kerk: Huwelik is hier om te bly


Johannes de Villiers

Die tyd is nog nie heeltemal ryp om die dominee oor jou saamwoonplanne in te lig nie.

Te midde van n heftige gesprek in die NG Kerk oor die huwelik en saamwoon, het die kerkleierskap die naweek bevestig die kerk se tradisionele beleid oor die huwelik staan nog stewig.

Rapport en Kerkbode, die NG Kerk se lyfblad, het twee weke gelede berig die NG Kerk se taakspan vir leer en aktuele sake (Atlas) beoog om n voorstelbeleid op te stel waarin opnuut besin word oor hoe presies die kerk die huwelik verstaan. Die taakspan wil ook besin oor of daar ruimte gemaak kan word vir sommige vorme van wat tradisioneel as saamwoon verstaan is (spesifiek monogame paartjies wat later wetlik wil trou of ouer mense wat om geldelike redes nie n wetlike huwelik kan aangaan nie).

Sedertdien het predikante landwyd laat weet hulle moet bontstaan om gemeentelede se vrae oor die aangeleentheid te beantwoord. Vrydag het sowel die algemene moderatuur as een streeks-moderatuur (Wes- en Suid-Kaapland) verklarings uitgereik om te s die huwelik is hier om te bly en sal beslis nie in gedrang kom nie.

Hoewel Atlas vroeg volgende jaar n voorstelbeleid wil voorl, sal dit volgens die algemene moderatuur nie geldig kan wees voordat die volgende algemene sinode in Oktober 2011 daaroor be-sin het nie.

Die moderatuur het benadruk hulle staan by die standpunt dat slegs die liefdesverbintenis tussen een man en een vrou wat volgens kerklike en wetlike voorskrifte in n huwelik bevestig is, uitdrukking gee aan die NG Kerk se siening van n huwelik? Saamwoon is nie n alternatief vir die huwelik nie.

Die moderatuur gee egter toe dat baie mense vrae het en dat die komende studiestuk aandag aan di vrae wil gee.

So is daar n vraag by sommige of die erkenning van beide die staat en kerk by huweliksluiting nodig is. Daarby wil sommige weet of die vaste oortuiging dat hulle later gaan trou, nie aan paartjies die reg gee om voorlopig saam te woon nie. Of dat n gesamentlike belofte van trou voor God en sonder getuies uit die kerk of staat, nie ook huweliksluiting kan beteken nie. Sommige pensioenarisse wat wil trou, word gekonfronteer met die feit dat een van die partye bepaalde pensioenvoordele kan verloor wanneer n huwelik gesluit word: wat nou?

Dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, het aan Rapportges: Ons wil dit duidelik maak ons gaan nie enigiets s wat die huwelik aantas nie. Dit gaan hier net oor party mense wat in problematiese situasies sit. Ons gaan beslis nie promiskuteit goedpraat nie.

Volgens Gerber vloei die hui*dige gesprek voort uit n gesprek wat al lank in die kerk gevoer word. Op die vorige algemene sinode het die kerk n opdrag gegee dat hieroor besin moet word.

NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat


Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon en die vraag of die wetlike huwelik die enigste model vir seksuele verhoudings hoef te wees.

Waar di kerk tradisioneel alle saamwoonverhoudings buite die statutre huwelik afgewys het, gaan daar nou gekyk word na die moontlikheid van groter verdraagsaamheid teenoor sommige verhoudings wat tradisioneel as sonde afgemaak is.

Dit volg kort op Rapport se berig dat talle stemme in die Hervormde Kerk n soortgelyke gesprek in di kerkverband vra.

Die NG Kerk se algemene sinode se taakgroep vir leer en aktuele sake (Atlas) het die afgelope week bevestig hulle neem die eerste tre om ook vir di kerk n beleid oor hierdie kwessie uit te klaar.

Volgens dr. James Kirkpatrick, voorsitter van Atlas, het verskeie lidmate by hulle navraag gedoen oor di kwessie. Hulle het besef n nuwe beleid is nodig.

Die kommissie het laas in die 1970s oor die saak besin (en toe nog besluit die regering moet gevra word om saamwonery onwettig te verklaar). Nou sal hulle na verwagting n ander rigting inslaan.

Een van die lidmate wat die kwessie onder Atlas se aandag gebring het, is dr. Chris Jones, bekende teoloog-skrywer en ook voorsitter van die kantoor vir moraliteit en morele leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Nadat Jones gelees het oor die Hervormdes se gesprekke het hy heelwat oor die kwessie nagedink. Volgens hom is daar baie jong mense wat buite die huwelik monogaam saamwoon en nie meer die kerk se eise oor di kwessie as realisties beskou nie. Die tyd het dalk aangebreek dat die kerk aanpas.

Jones wil egter nie h die kerk moet promiskuteit goedpraat nie mense moet steeds aangemoedig word om verhoudings op evangeliese waardes soos getrouheid, liefde en wedersydse ondersteuning te grond.

Maar dit sluit nie alle saamwoonverhoudings uit nie. Talle jong mense bedryf hul saamwoonverhoudings volgens di waardes en maak hul saak voor God uit. In die Bybel is geen klinkklare gronde om te s dat seksualiteit net in die huwelik kan afspeel nie. Veral jong mense besef dit en daarom vertrou hulle nie meer wat die kerk oor seks s nie.

Eerder as om alle seks buite die huwelik af te wys, meen Jones die kerk moet mense leer om volwasse besluite te neem. Die rol van die kerk l daarin om mense tot geestelike en emosionele volwassenheid te begelei sodat hulle eendag verantwoordelike besluite kan neem.

Ons verafgod dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie n goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangend van hoe dit bestuur word.

Nie almal in die NG Kerk is egter te vinde vir n meer liberale siening oor saamwoon nie. In September nog het die NG gemeente Doornkloof n openbare verklaring aan die Kerkbode, lyfblad van die NG Kerk, gestuur waarin hulle gemaan het voorhuwelikse seks, selfs tussen verloofdes, word in die Bybel sterk veroordeel en dat enigeen wat vasgevang is in enige vorm van onsedelikheid, saamblyery ingesluit, berou moet toon.

Dr. Gerhard Lindeque, redakteur van Die Hervormer, lyfblad van die Hervormde Kerk, het onlangs ges daar is al hoe meer stemme in di kerkverband met vrae oor di kwessie.

n Gesprek sal na verwagting op die Hervormdes se volgende algemene kerkvergadering volgende jaar plaasvind.

Ons verafgod dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie n goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangende van hoe dit bestuur word.

EN DAN S HULLE:
Saambly s uit, s di kerke


Danilla du Plooy

Johannesburg - Saamwoon is steeds verkeerd, s die NG Kerk.

Die kerk het gister in n verklaring ges dit is steeds nie n aanvaarbare alternatief vir die Christelike huwelik nie.

Bespiegelinge oor die moontlikheid dat di kerk sy beleid oor saambly en seks slegs binne die huwelik gaan hersien, het die afgelope twee weke die ronde gedoen.

Kerkbode, die kerk se publikasie, het onder meer in sy jongste uitgawe berig oor n nuwe studie wat onderneem word, met die opskrif NGK gaan nadink oor saambly.

n Lewendige debat het die afgelope week oor die saak op Beeld se brieweblad gewoed.

Die moderatuur van die algemene sinode het egter ges hy herbevestig die standpunt dat slegs die liefdesverbintenis tussen een man en een vrou wat volgens kerklike en wetlike voorskrifte in n huwelik bevestig is, uitdrukking gee aan die NG Kerk se siening van n huwelik.

Ons is daarvan oortuig dat volle geestelike en seksuele gemeenskap tussen n man en n vrou in die huwelik tuishoort.

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het op sy beurt ges daar is nie eens n bespreking oor saamwoon in di kerk nie.

Prof. Koos Vorster, dosent in Christelike etiek aan die Teologiese Skool Potchefstroom, het gister by navraag ges di kerk se siening oor n huwelik word ook in die huweliksformulier vervat.

Seksualiteit is veilig binne die grense van die huwelik en moet slegs daar plaasvind.

Volgens Vorster is sy ervaring dat die meeste mense wat saambly, bloot nie bereid is om die verbintenis van n huwelik te maak nie.

Maar die NG Kerk gee toe die kwessie is meer ingewikkeld as dit. Ons is daarvan bewus dat daar tans vrae rondom aspekte van huweliksluiting is wat nuwe kerklike besinning vra en duidelike antwoorde soek, lui die verklaring.

Die moderatuur wys byvoorbeeld uit dat dit n vraag by sommige is of die erkenning van sowel staat as kerk by huweliksluiting nodig is.

Daarby wil sommige weet of die vaste oortuiging dat hulle later gaan trou nie aan paartjies die reg gee om voorlopig saam te woon nie, of dat n gesamentlike belofte van trou voor God en sonder getuies uit die kerk of staat nie ook huweliksluiting kan beteken nie.

Die kerk verwys ook na pensioentrekkers wat byvoorbeeld wil trou, maar dit sou beteken een van die partye kan bepaalde pensioenvoordele verloor.

Die kerk s die blote feit dat n taakspan van die algemene sinode di sake ondersoek, beteken egter nie n bevraagtekening van die huwelik as instelling nie.

Die kerk betreur luidens die verklaring die krasse openbare uitsprake van mense in die pers wat, sonder om seker te maak van hierdie feite, die NG Kerk onder verdenking plaas.

Die moderatuur glo die finale woord daaroor l in die Bybel.

Daar dien nog geen voorstel oor hierdie saak, of enige saak wat hiermee verband hou, voor die moderamen van die algemene sinode nie. Enige ingrypende besluit wat oor hierdie saak geneem word, kan slegs deur n algemene sinode geneem word.

Ek gaan my eerlike opinie gee, ek dink jy moet saambly voor jy trou, om met iemand uit te gaan en om saam iemand te bly is twee heeltemal verskillende dinge, as jy iemand nie 24/7 ken nie en jy trou, dit is waarom die skei statistieke so hoog is, in teendeel ek praat onder korreksie maar ek dink Suid-Afrika se getal was vir 2008 was 29 000, letterlik die hoogste in die wreld sover my kennis strek. Ek voel jy moet saam iemand bly om rerig om 'n objektiewe opinie te kan verkry vir 'n beter indikasie van hoe die huwelik sal wees, en ek praat uit ondervind uit. Wat is jul opinie?




Groetnis
Silencio