PDA

View Full Version : Naaste, Liefde en Naasteliefde



Carel van Heerden
11th December 2010, 15:08
Naaste, Liefde en Naasteliefde

Drie eenvoudige woordjies. Die verstaan daarvan weerspiel groot verskille. Die toepassing daarvan - bepalend op jou eindbestemming na die dood?

Wat s die Bybel oor die drie woorde? Hoe behoort ons dit te verstaan? Dit is veral hierdie laaste vraag wat aanleiding gee tot verskille (somtyds selfs geskille), nie net onderling nie maar ook binne kerkverband.

Om te vra: Wat word verstaan onder naaste?, is dieselfde as om te vra wat onder bank verstaan word. Jy kan sit op n bank, jy kan skool bank, jy kan bank by n bank en jy kan selfs n bank ploeg. Dit is eers wanneer n woord bank binne n bepaalde sinsverband en konteks geplaas word dat n mens di woord se betekenis beter kan verstaan. So ook met die woord naaste. Die benadering wat gevolg word is ietwat klinies en binne die konteks van n bepaalde perikoop en binne die konteks van die Torah, die Ou Testament en die Nuwe Testament.

Naaste

NAASTE IN DIE TORAH OF PENTATEUG

In die Torah (eerste 5 boeke van die Ou Testament) en wel in die ou vertaling (AOV) van die Bybel (1953), word die woord naaste 56 keer aangetref in 46 verse. Dit is belangrik om hierdie onderskeid te tref aangesien die Rabbyne in die tydperk van die Christus op aarde n beperking op hulle wet geplaas het op wie my naaste is. Volgens hulle kon 'n vreemdeling of iemand buite die Joodse geloof glad nie jou naaste wees nie. Jou naaste was dus net iemand wie jy ken en wat deel van jou groep is. Deur die woord naaste binne die gepaste perikoop te plaas mag dalk help om vas te stel of dit wel die geval was, ook om vas te stel of dit wel n ander betekenis aanneem.

Die eerste gebruik van die woord naaste vind ons in Eksodus 2:13 waar Moses aan een van die twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg vra waarom hy sy naaste slaan? Hieruit kan afgelei word dat die woord naaste waarskynlik sou beteken van dieselfde mense of volk of in vandag se terminologie synde van dieselfde ras. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die woord ras nie in die Bybel voorkom nie. Die King James Version gebruik egter die woord thy fellow in genoemde aanhaling. Volgens Barnes se kommentaar stel hy egter thy fellow gelyk aan thy neighbor wat dan neerkom op jou naaste.

Die tweede gebruik van die woord naaste vind ons in Eksodus 11:2. Hier verander die betekenis van die woord naaste sodat nou n ander volk of as n mens dan wil ras insluit. Die Here gee Moses die opdrag om aan die volk (Israel) te s dat elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis (ANV). Die (AOV) dui aan dat aan Moses ges is dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis. Die KJV gebruik nou die woord neighbor in plaas van fellow. Uit Eksodus 11:2 wil dit dus voorkom dat die woord naaste ook in verband gebring kan word met n ander volk of nasie naamlik die Egiptenare.

Carel van Heerden
11th December 2010, 15:41
Eksodus 12:4 gee n verdere aanduiding van wie jou naaste ook kan wees. In opdrag van die HERE het Moses en Aӓron die hele vergadering van Israel toegespreek en ges: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen n lam neem volgens die families, n lam vir n huisgesin. Maar as n huisgesin te klein is vir n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.

Die gebruik van naaste in hierdie aanhaling verwys na afstand. Om n beter onderskeid tussen die woorde naaste (buurman) en naaste (afstand) te bewerkstellig, word die woord buurman in plaas van naaste gebruik. Sou ons buurman na Engels vertaal sou dit wees neighbor. Dieselfde woord wat wel in die KJV gebruik word. Uit voorafgaande kan dus afgelei word dat iemand jou naaste mag wees wat die naaste (afstand) aan jou is.

Hoe moet ons nou naaste verstaan in die volgende twee aanhalings?: Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. (Eksodus 20:16) Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Eksodus 20:17).

In bogenoemde aanhaling gebruik KJV die woord neighbor, (Arikaans: naaste). Naaste of neighbor word volgens Strong in KJV+ in Hebreeus as geskryf as ריע רע. Uitgepreek rêa‛ rêya‛ en foneties aangedui as asray'-ah, ray'-ah. Hiervolgens kan dit binne die nodige perikoop die volgende beteken: an associate (more or less close): - brother, companion, fellow, friend, husband, lover, neighbour, X (an-) other. Hierdie laaste verduideliking (X (an-) other) word gewoonlik gerieflikheidsonthalwe oor die hoof gesien.

In Eksodus 32:27 na die gebeure waar die kalf deur Moses vernietig is - het Moses in die poort van die laer gaan staan en aan die seuns van Levi wat by hom versamel het ges: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

In hierdie gedeelte word onderskeid getref tussen broer, vriend en naaste. Die vraag is nou na wie Moses sou verwys het as hulle naaste in hierdie opdrag? Sou dit iemand onbekend wees behorende tot dieselfde volk, of sou dit n aanduiding wees dat dit iemand is wat op daardie oomblik die naaste aan jou is? Dit wil voorkom dat in hierdie geval dit moontlik beide kon beteken het.

Deuteronomium 10:18-19 verwys na jou naaste ook as vreemdelinge: wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee. Daarom moet julle die vreemdeling liefh, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

Deuteronomium 19:14 dui aan dat Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verl nie. Sou hierdie n verwysing wees na Deuteronomium 32:8? Toe die Allerhoogste aan die nasies n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. Indien dit wel die geval is dan impliseer dit ander volke ook jou naaste kan wees. Indien dit nie die geval is nie kan die afleiding nog steeds gemaak word dat van ander volke gepraat word aangesien n grenslyn deur jou voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land ..om in besit te neem slegs gedoen kan word tussen verskillende lande of dan ook volke.

Samevatting van die Torah se siening oor die woord naaste:

Alhoewel die Rabbyne in die tydperk van die Christus op aarde n beperking op hulle wet geplaas het op wie hul naaste is, blyk dit dat dit wat in die Torah gevind word wel anders vertolk kan word, naamlik ander volke of nasies, iemand of persone wat die naaste (afstand) aan jou is, asook vreemdelinge.

Carel van Heerden
11th December 2010, 23:32
NAASTE IN DIE RES VAN DIE OU TESTAMENT

Levitikus 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

Hier kry ons twee nuwe elemente wat van toepassing op naaste kan wees. Een van emosie en een van berisping laasgenoemde verg n verbale optrede en interaksie.

Levitikus 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefh soos jouself. Ek is die HERE.

Hier word n verdere element van interaksie aangedui naamlik liefde wat dan staan teenoor haat/haatdraend of wraakgierig.

1Samuel 28:17 Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.

Hier vind ons nou weer die betrokkenheid van die HERE tussen twee mense ten opsigte van koningskap. Kan ook gesien word om beheer weg te neem en aan iemand anders te oorhandig.

Job 16:21 dat Hy kan pleit vir n man by God en as Menseseun vir sy naaste.

Let veral op die vers hierbo soos aangehaal in Job 16:21*, dat Hy kan pleit vir n man by God en as Menseseun vir sy naaste*. Indien hierdie vertaling as korrek aanvaar word kry ons hier n verwysing na naaste in die wydste sin van die woord, naamlik na alle volke en nasies op aarde vir wie Jesus se oorwinning van die dood (sonde) deur Sy opstanding uit die dood, tot redding aangebied word. Die 1983 vertaling verskil egter van die 1953 vertaling en sluit aan by die KJV se vertaling wat as volg lees: dat Hy uitspraak lewer in die saak tussen 'n mens en Hom soos in 'n saak tussen 'n man en sy vriend.

*Nota: Die Afrikaanse Verklarende Bybel verduidelik hierdie vers as volg: vir n man: naamlik Job self. en as Menseseun: blykens die hoofletter wil die vertaling dat hierdie uitdrukking gelyk gestel word met die Seun van die mens uit Danil 7:13. Die oorspronklike ken egter geen hoofletters nie en menseseun kan ook eenvoudig n sinoniem wees van mens. Vergelyk onder andere Esegil 12:22. By hierdie opvatting kan vertaal word: en vir die mensekind met betrekking tot sy naaste. Sommige vertalings het hier: en tussen n man en sy naaste (of vriend 1983 vertaling).

Psalm 15:3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Hierdie vers dui weer op n verbale interaksie teenoor n naaste.

Carel van Heerden
11th December 2010, 23:45
Die volgende enkele verse uit die Bybel waar naaste in voorkom word gegee vir eie vertolking:

Psalm 101:5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van o is en trots van hart, hom verdra ek nie.

Spreuke 11:12 Die verstandelose verag sy naaste, maar n verstandige man bly stil.

Spreuke 14:21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

Spreuke 16:29 n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op n weg wat nie goed is nie.

Jesaja 19:2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.

Jeremia 22:13 Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg; wat sy naaste laat werk vir niks en hom sy loon nie gee nie;

Uit bogenoemde vers kan waarskynlik afgelei word dat n kneg of n huurarbeider ook as hul naaste beskou is. NAV verwys na sy mense sonder betaling laat werk, wat hulle nie geld gee nie. Volgens hierdie vertaling kan dieselfde afleiding gemaak word. Sy mense kan beteken mense wat aan hom behoort soos slawe en knegte. Dit kan egter ook verwys na sy gesinslede of familie.

Samevatting van die Ou Testamentiese siening oor die woord naaste:

Iemand het uit HAT aangehaal wat die betekenis van naaste as volg aandui "Wat die digste tot iemand staan; my naaste familie; my naaste vriende; intiemste". Sou di persoon egter verder gelees het sou die ooreenstemming met Strong se woordeboek opgeval het. Om selektief te kies om te pas by jou oortuigings of siening beantwoord nie die vraag na wie naaste verwys nie.

Na aanleiding van die inligting soos geneem uit die Ou Testament, blyk dit dat die gebruik van die woord naaste in die eerste plek van toepassing gemaak kan word op die volk Israel. Dit kan egter wyer vertolk word as slegs di van naasbestaande/s, vriend/e, jou buurman of jou volk aan wie jy behoort. Dit sluit nie net n enkele persoon in nie, maar ook n groepering van mense. Hierdie persoon of persone kan aan n eie of aan ander volke behoort. Naaste verwys verder ook na di wat fisies die naaste aan jou is en selfs na vreemdelinge.

Naaste word verder in verband gebring met emosie, positief of negatief, asook verbale en fisiese optrede teenoor iemand anders. Dan kan die HERE ook betrokke raak tussen twee mense wat as mekaar se naaste aangedui word.

Carel van Heerden
12th December 2010, 08:03
NAASTE IN DIE NUWE TESTAMENT

In die Nuwe Testament (AOV) word die woord naaste slegs sestien keer in sestien verse aangetref. In hierdie sestien verse word die woord naaste agt keer in agt verse as naaste liefde aangedui. Drie van die oorblywende agt verse gebruik naaste as enkelwoord (selfstandige naamwoord) maar wel binne die sinsverband van liefde. Drie van die oorblywende 5 verse verwys na n optrede teenoor jou naaste. Slegs twee van die sestien verse verwys na n navraag rakende naaste. (Lukas 10:29) Trouens, dit is die enigste vraag en wedervraag (Lukas 10:36) oor naaste in die Bybel!

Om vas te stel wat met naaste bedoel word volgens die vertelling van Jesus (Lukas 10:25-37), moet daar eers na die omstandighede gekyk word toe Jesus hierdie gelykenis vertel het. Hierdie gelykenis is vertel in ongeveer 25 tot 30 n.C.

In die tyd van Jesus was die pad tussen Jerigo en Jerusalem (ongeveer 28 km) baie gevaarlik. Aanvalle op reisigers op hierdie pad was aan die orde van die dag, aangesien dit deur die vallei langs die Jordaanrivier geloop het. Dit was n pad wat aan rowers gulde geleenthede gebied het om weg te kruip vanwe die aantal grotte, te roof en weer net te verdwyn. Dat iemand wat op hierdie pad reis aangeval kon word deur rowers, was dus aan die gehoor van Jesus bekend.

Die aanloop na die vraag oor naaste het begin teen bogenoemde agtergrond en by n wetgeleerde wat tussen al die mense opgestaan het en Jesus versoek (uitgedaag het) deur te vra: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?" Hy spreek Jesus as Meneer of Meester aan. Hy wil wys dat hy respek het vir 'n ander wetgeleerde. Hierdie is n strikvraag: Indien Jesus sou s dat die een wet belangriker as `n ander wet was, sou Jesus die eenheid van die wet aangetas het. Indien Jesus sou s dat alle wette ewe belangrik was, sou Hy God beledig het Die Christus antwoord Hom dan met 'n teenvraag wat die wind dadelik uit sy seile neem. "Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Jy is mos 'n wetgeleerde. Jy weet mos wat is die wese van Moses se wet! Jesus verwys hier na Levitikus 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefh soos jouself. Ek is die HERE.

Wat kan die man dan antwoord? Hy het niks om verder oor te argumenteer nie. Hy moet nou maar die kern van die wet ops, soos hulle Wetgeleerdes dit daagliks moes doen:

"Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself"

Ja, s Jesus dan vir hom, "Doen dit en jy sal die lewe verkry"

Carel van Heerden
12th December 2010, 08:19
Dan staan die wetgeleerde weer op en vra 'n volgende vraag: "En wie is my naaste?" Hierdie vraag moet gesien word teen die agtergrond van die Joodse dogma van destyds: Hulle uitgangspunt was dat slegs hul volksgenote hul naastes is. (Die Israeliete: Slegs die verbondsvolk! Die Farisers: Slegs my mede fariser) So vra die man dan vir Jesus: Wat is jou dogma oor wie 'n mens se naaste is. En Jesus? Hy antwoord hom nie direk nie Hy vertel eerder die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan.

Die rolspelers in hierdie gelykens is uiteenlopend van aard:

n Priester en n Leviet van wie sekere van die mense in daardie tyd nie veel gehou het nie. Hulle was van die tempel en nie gewild nie omdat die belangrike tempelpersoneel soms kop in een mus was met die Romeine, en ook saam met die Romeine geweldige belastings van die doodgewone landmense/boermense gehef het.

Priesters en Leviete mag nie aan bloed vat nie. Indien n persoon dood is, mag 'n priester nie aan die liggaam geraak het nie Hy mag nie nader as vier el (3 meter) daaraan kom nie, anders word hy onrein (want dan sou hy simbolies dood wees vir 'n tydperk, en nie die tempeldiens kon verrig nie, dit waarnatoe hy waarskynlik op pad was).

Die rowers: Daar word nie veel oor hulle ges nie. Die toehoorders tydens die Christus se vertelling was egter bewus van die omstandighede.

n Samaritaan vir wie die Jode geen ooghare gehad het nie. Waarom? Na die eerste ballingskap in 722 v C het die Jode wat agtergebly het met onder andere die Assirirs ondertrou, en so het die Samaritane ontstaan n basternasie. Hulle het egter nog steeds die Torah aanvaar. Alhoewel hulle die wet van Moses gebruik, het hulle volgens die Jode die wet verdraai. Hulle was eintlik deur die Jode meer verag as 'n ongelowige. n Samaritaan kon nie 'n naaste wees nie, want die Jode se haat en wrewel en veragting het juis op die Samaritane gefokus. Die Samaritane se plek van aanbidding was Geresim [digby die moderne Nablus]. Verder: hierdie tempel by Geresim is gebou terwyl daar nie 'n tempel in Jerusalem was nie. Hieroor was die Jode nie gelukkig nie. Nie alleen het hulle nie n tempel gehad nie en die Samaritane wel. Die Juders en Samaritane het om hierdie, en nog baie ander redes, dus nie langs dieselfde vuur gesit nie. So groot was die vyandigheid dat Jode, as pelgrims op pad vanaf Galilea na Jerusalem, buite om Samaria moes beweeg, om te voorkom dat hul doodgemaak word.

Heel waarskynlik was hierdie Samaritaan 'n ryk handelaar. n Moontlike bewys hiervan is die feit dat hy baie geld, asook olie en wyn by hom gehad het. Handelaars, wat baie welgesteld was, was as veragtelik beskou, omdat in die tyd van Jesus gereken is dat iemand wat ryk word, dit altyd ten koste van ander doen. Handelaars is dus as diewe gereken, maar tog verdra, omdat hulle ware gehad het om te verkoop wat nie plaaslik gevind kon word nie. Dit was dan ook eintlik die enigste rede hoekom n Samaritaan welkom in die omgewing sou wees. Handelaars het ook gereeld herberge besoek, plekke wat slegs deur persone met geen sosiale status en sonder eie familie besoek is. Maar ook plekke waar die vroue van die nag hulle ware uitgestal het.

Die man langs die pad. Waarskynlik n Juder of dan Jood. As hy kon kies, sou hy nie deur 'n Samaritaan gehelp wou word nie. Meer nog: hy sou ook nie in 'n herberg wou land met al die konnotasies wat aan n herberg gekoppel was nie. Maar hy kon niks doen nie. Hy was oor hulp verle.

Carel van Heerden
12th December 2010, 09:41
So het die priesters en Leviete waarskynlik ook gevoel. Ook hulle was in n posisie waar hulle nie wou wees nie. Heel waarskynlik sou hulle wou help, maar omdat hulle op pad was na die tempel, kon hulle nie help nie. Want dan sou hulle onrein wees, en nie die tempeldiens kon lei nie.

Presies dieselfde het egter ook gegeld vir die Samaritaan in die vertelling. Hy was in n posisie waarin hy nie wou wees nie. Hoekom? Want 'n Samaritaan met gesonde verstand sou nooit so iets doen nie. 'n Samaritaan sou nooit 'n Jood help nie.

Hierdie Samaritaan word nou die held in Jesus se verhaal. Hy sien ook die gewonde man. Hy pas die eerstehulp toe wat die Leviet nagelaat het. Hy gebruik olie en wyn soos die Priester en die Leviet by die tempel gebruik in hulle kultiese handelinge. Hy maak die man se wonde met olie sag, ontsmet dit met wyn en verbind dit. Hy help die man op sy rydier, soos die priester kon gedoen het. Hy bring die man na veiligheid (herberg). Hy gaan nie weg nie, maar versorg die man daar. Meer nog: En toe hy die volgende mre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en s vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag h, sal ek jou betaal as ek terugkom.

Na die vertelling van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan antwoord die Christus die wetgeleerde deur te vra: Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het? ( Lukas 10:36).

Mens kan jou nou indink in hierdie wetgeleerde se posisie. Om te moet antwoord dat dit nie die priester of Leviet was nie maar n Samaritaan van alle mense. Daarom antwoord die wetgeleerde as volg: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Die sleutelwoorde hier is HYaan HOM. "Toe s Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.(oor hierdie opdrag meer later) Hier kry ons die antwoord op naaste. Die wetgeleerde beantwoord sy eie vraag na aanleiding van die Christus se vertelling. Dit gaan dus oor n persoon (Samaritaan) wat uit eie wil in interaksie gaan met n ander persoon (beseerde Jood). Dit gaan nie oor die daad (baramhartigheid) wat gedoen is nie. Dit is iets anders.

Ten spyte van die Samaritaan se afkeer in Jode, die feit dat hulle as Samaritane minderwaardig geag is deur die Jode, die gevare vir homself tydens die proses van hulpverlening, het hy uit eie keuse fisies (waarskynlik ook verbaal) positief betrokke geraak by die beseerde Jood. Mens kan s dat die priester en die Leviet oor die potensiaal beskik het om betrokke te raak maar vanwe redes hierbo genoem of vanwe geen belangstelling nie, het hulle bloot verby gegaan en was dus slegs die beseerde Jood se naaste in afstand. Die rowers het fisies en verbaal betrokke geraak by die Jood op reis maar hulle interaksie was negatief. In beide die rowers en die Samaritaan se geval was die Jood die naaste aan hulle, maar word ook hul naaste deur hul betrokkenheid.

Carel van Heerden
12th December 2010, 09:47
GEVOLGTREKKING

Omstandighede in Suid Afrika is baie soortgelyk aan die tydens die Christus se vertelling van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Ons beleef ook geweld, roof en moord. Ons ken ook Samaritane, Farisers, priesters en Leviete. Ook die herberge met hul bepaalde omstandighede. Al die toneelspelers is daar, net die verhoog is anders opgemaaak.

Ons beleef die eeu van die elektronika. Vinniger kommunikasie, beeldsendings, vervoer ensomeer. Het die toneel van n naaste verander? Ja. Ja, omdat ons nie onder die Torah se wette vasgevang is nie. Ja, omdat ons in n nuwe dispensie ons geloof beoefen.

Die konsep van naaste het met die vertelling van die Barmhartige Samaritaan verander vanaf n geslote siening van eksklusiwiteit na n inklusiewe siening van wie jou naaste is. Uit die voorafgaande inligting kan die vraag wie jou naaste is as volg saamgevat word:

Dit is enige persoon (mens) met wie jy vrywillig (kan ook gedwonge wees) betrokke raak op n positiewe of negatiewe wyse, fisies, verbaal, geskrewe woord, elektronies of deur middel van jou gedagtes (geestelik). Die afstand sal nou wissel van naby (fisies) tot ver, afhangende van die medium (elektronies en gedagtes) waardeur jy betrokke raak.

Wanneer ek dus praat van ..veral my tekort aan naasteliefde,verwys ek na naaste in bogenoemde konteks. n Lang skrywe vir n eenvoudige antwoord. Voorafgaande is die inligting waarop ek my siening oor naaste fundeer. Dit bring my dan by die volgende vraagstuk. Die een oor die liefde.

Carel van Heerden
13th December 2010, 06:44
Liefde

In hierdie afdeling gaan ek n ander benaderingswyse volg as di wat normaalweg gevolg word. Ek gaan u vra om betrokke te raak. Nie deur te skryf nie maar deur u gedagtes in te span. Daar is nie n reg of verkeerd nie. U moet bloot oor die betekenis van die woord liefde dink en dan n antwoord vind op die vraag hieronder gestel.

Hoe sal u die leser, die betekenis van die woord liefde aan n 14 jarige verduidelik? Daar is egter n voorwaarde aan verbonde. U mag nie die Bybel as bron gebruik nie, ook nie n verklarende woordeboek nie. Ek vra juis hierdie vraag aangesien die literatuur somtyds die woord liefde ietwat vreemd beskryf.

Daar word geskryf van ware liefde. Is hierdie liefde nou anders as net die betekenis van die woord liefde?. Wat nou van egte liefde? Wil dit aandui dat di liefde n beter liefde is as net liefde. Ja, daar kan aanvaar word dat by mense die liefde nie eg kan wees nie, maar dit beskryf nog nie wat liefde beteken nie. Verder lees n mens van blinde liefde, brandende liefde, stille liefde, opregte liefde en dan n baie interessante een donker liefde. Ja daar word selfs ges die liefde is dood. Mens kan dan waarskynlik praat van dooie liefde. Kan hierdie, en ander byvoeglike naamwoorde van liefde dan gesien word dat die woord liefde nie n konstante betekenis het nie?

Na aanleiding van bogenoemde versoek ek u weer eens om bietjie te gaan dink oor die betekenis van woord liefde. U hoef nie te antwoord nie. Dan, hoe u die betekenis van die woord liefde aan n 14 jarige sal verduidelik. Die voorwaardes bly dieselfde geen Bybel of woordeboek. Teen die naweek sal ek n verduideliking hier plaas oor die betekenis van die woord liefde onder dieselfde voorwaardes.

Groetnis

Carel

Silencio
13th December 2010, 22:15
Ek sal aan 'n 14 jarige dit soos volg verduidelik, met inagnome van sy ouderdom; liefde het vele fasette, die liefde wat jy vir jou ouers het, die liefde wat jy vir jou broers en susters het, jou vriende, jou sport, die meisie wat jou vlinders in jou maag gee, jou liefde s byvoorbeeld vir die natuur, dis als verskillend, maar kom op dieselfde neer. liefde kan nie beskryf word nie, dit is 'n term te omvattend vir woorde, blinde liefde - jy is lief vir iemand maar staar jou blind teen die persoon se foute of die negatiewe gevolge wat hierdie liefde mag inhou, jy is so oorweldig met die gevoel dat jy nie die groter prentjie raaksien nie, brandende liefde - 'n gevoel teenoor iemand van die teenoorgestelde geslag of dieselfde geslag, nog nuut en vol verwondering, meer korrek - verliefdheid, egte en ware liefde is meer dieselfde, dit is 'n rare verskynsel vandag onder die mensdom, ware liefde is iets wat jy voel vir 'n persoon wat geen derde party of enige aanslag van die wreld kan oorwin nie, "true love prefails" ek sou s as dit is wanneer jy daardie persoon bo jouself stel, jy sal hel toe gaan en terug vir daardie persoon, jy sal sterf vir daardie persoon, of voel jy gaan sterf sonder daardie persoon. donker liefde, hmm, kan dit liefde wees vir iets wat nie goed is vir jou nie, 'n liefde vir iets wat eintlik destructive is? niemand sal ooit ten volle verstaan hoe liefde werk nie, dit is die kragtigste gevoel, liefde gee lewe, dit bring dood, liefde is 'n gevoel wat jou heel maak, of 'n gebrek daaraan, jou leeg laat, maar dis ook nie te s liefde maak van jou altyd 'n eerlike mens nie, dit is juis as gevolg van dit wat valse getuienis gelewer word, omdat jy voel jy beskerm die persoon wat jy lief het deur dit te doen, maak dit die liefde minder eg? liefde is 'n volmaakte gevoel, maar ons is almal mense nie een volmaak nie, en ons doen almal afbreek aan die ware gesindheid waarmee liefde eintlik betoon moet word. liefde en begeerte is nie dieselfde nie, jy kan begeer sonder om lief te he, net so kan jy liefhe sonder om te begeer, liefde is 'n gevoel wat jou kan opskeur, die vlamme daarvan jou verbrand, dis die egste, sagste en tog mees onfeilbare gevoel wat mens ooit kan ervaar, as liefde sterf, dooie liefde, laat dit jou met bitterheid. wat sou die lewe wees sonder liefde, hoe sou die wreld funksioneer sonder liefde? liefde is wat jou krag gee, jou laat val en jou laat opstaan, dit gee jou hoop, dit breek jou hoop, 'n huis vol liefde vul jou met vreugde en jy voel tuis, 'n huis sonder liefde is koud en stoot jou weg. liefde is die kosbaarste ervaring wat bewaar moet word, want as liefde kwyn is jou hart bitter, jou gedagtes donker en die wreld raak 'n baie eensame plek.

Groetnis
Silencio

Carel van Heerden
17th December 2010, 09:59
Wanneer n mens probeer om liefde te definieer, dan word tot die besef gekom dat liefde nie konkreet is nie en as sodanig nie eksak beskryf kan word nie. Dit beteken dat liefde n belewenis, gevoel of ervaring kan wees.

Om meer te wete te kom oor hoe liefde beskryf word het ek gaan kers oopsteek by die Sielkunde en wel die volgende dissiplines. Opvoedkundige Sielkunde, Sosiale Sielkunde en die Ontwikkelings Sielkunde.

In die handboek Sielkunde vir Onderwysstudente p.227 word liefde as n emosie aangedui. Liefde vir ander is aangebore, ongekondisioneer en is teenwoordig vanaf die geboorte en bly deur die hele lewe van die mens. Daar word onderskei tussen liefde en seksdrang. Liefde word met seksdrang verbind eers wanneer hierdie drang begin optree nadat die fisiese puberteitsveranderinge plaasgevind het.

Daar word verduidelik hoe die liefde manifesteer deur die verskillende fases van ontwikkeling naamlik suigelingsfase, kleuterfase, laerskoolfase en dan die horskoolfase.

Die laaste gedeelte handel oor die opvoeding en die emosie van liefde. Hierdie emosie bring die skoonste en edelste in die kind te voorskyn en moet as sodanig aangemoedig en bevorder word. Daar is egter gevare aan hierdie emosie verbonde en daarom is leiding en voorligting nodig sodat die kind gebring word tot die juiste gewoontevorming en handelinge wat in ooreenstemming met die sosiale en morele kodes van sy omgewing is.

Samevattend: Liefde word as n emosie aangedui wat aangebore is en jou hele lewe deur by jou bly.

Carel van Heerden
17th December 2010, 13:25
In die boek Social Psychology (2nd edition) van J.L. Freedman et al. vind n mens interessante studies wat gedoen is ten opsigte van emosies. Fotos is aan mense getoon wat sekere gesigsuitdrukkings aantoon. Hulle moes aandui watter gesigsuitdrukking op n bepaalde foto watter emosie aandui. Uit hierdie en baie ander navorsing is bevind dat die emosies wat mense aangedui het in ses hoofgroepe geklassifiseer kan word. Naamlik di van:

1. Liefde / geluk / opgewektheid
2. Verrassing
3. Vrees / swaarkry
4. Woede / determinasie
5. Walging /afgryse
6. Minagting

Hierdie boek beslaan 467 bladsy waarvan die bladsye wat die bibliografie aandui uitgeluit is. In hierdie 467 bladsye word slegs op bladsy 39 aangedui dat liefde as n emosie aangetoon word (sien inligting en tabel hierbo).

Sou n mens nie kon verwag dat in die sosiale sielkunde liefde as n determinant behoort te beskryf nie? In die sosiale omgang van mense met mekaar is dit tog seker baie belangrik? Dalk is dit juis vanwe die moeilikheidsgraad om di emosie sinvol te verduidelik dat n substituut woord naamlik liking gebruik word.

Wat wel uitgewys word onder liking is onder andere dat mense wat op n dieselfde woonstelvloer bly, veel eerder met hul direkte (naaste) bure vriendeliker sal wees as teenoor die bure twee woonstelle verder. Hierdie konsep (liking) vind ook neerslag ten opsigte van mense wat op dieselfde vloer van verskillende naasmekaar woonstelblokke, hulle woonstelle bewoon s die 4de vloer of verdieping van twee woonstelblokke. Interessant dat die kwessie van (naaste) afstand, deurlopend in hierdie boek aangetref word.

Daar is ook bevind dat mense wat onder dieselfde omstandighede (byvoorbeeld nood) verkeer meer geneigd sal wees om te affilieer (aansluiting met mekaar te vind). The more similar the others, the stronger was the drive to affiliate. Schachter has summarized these results: Misery doesnt love just any company, it loves only misrable company. Dit nou na aanleiding van bepaalde navorsing.

Samevatting: Die sosiale sielkunde beskryf en bevestig dat emosie redelik akkuraat waargeneem kan word. Ook n emosie soos liefde. Genoemde boek spreek egter nie die liefde as n emosie as sulks aan nie. Dit dui aan waarom mense n samehorigheids gevoel ontwikkel (aansluiting tot mekaar vind). Nie net dieselfde omstandighede laat mense voel hulle behoort tot mekaar nie maar ook mense van dieselfde ras. Daar word in die boek spesifiek verwys na wit- en swartmense. Hierdie samehorigheids gevoel is aanduidend waarom mense vir mekaar sal omgee en mekaar sal help. Stem hierdie navorsing se bevindings nie ooreen met die siening van die Jode oor hul siening van naaste van destyds nie?

Carel van Heerden
29th December 2010, 13:36
Waarom nou juis aan n 14 jarige die betekenis van die woord liefde verduidelik? Piaget glo daar is vier hoof stadiums van intellektuele ontwikkeling. Hy verwys na die ontwikkeling stadiums as operations. Volgens hom is die vierde en laaste stadium di van formele operations. Di geskied vanaf die ouderdom twaalf jaar en ouer. n Kind van veertien jaar oud behoort dan normaalweg n meer ingewikkelde konsep soos liefde as n emosie te kan verstaan.

In die boek Child Development and Personality van Paul H. Mussen et al. (4de Uitgawe) vind mens weer eens nie enige noemenswaardige verwysings na die betekenis van die woord liefde nie. Taal en kognitiewe ontwikkeling word breedvoerig verduidelik asook die konsep van intelligensie. Vanaf die voorskoolse jare tot en met adollesensie word persoonlikheidsontwikkeling gefundeer op motivering en gedrag, seksuele motiewe en nuuskierigheid, en veral aggressie en frustrasie.

Die betrokkenheid van die huisgesin word meer benader as n outokratiese en demokratiese opvoedingswyse en om die effek daarvan weer te gee. Natuurlik is daar baie ander determinante maar liefde tree nie erns op die voorgrond nie. Eers teen die einde van die boek en wel op p.608 word verwys na Changing Religious Beliefs en op p.609 na The growth of Political Ideas. Dit onder die opskrif Adolescence. Physical Cange, Sex and Social Development.

Gevolgtrekking: Weer n Amerikaanse boek. As geheel n baie goeie boek oor kognitiewe ontwikkeling en intelligensie. Die inkorporering van die begrip liefde in die onderskeie stadiums van ontwikkeling is egter n gemis.

Carel van Heerden
30th December 2010, 10:11
Daar is reeds gemeld dat die woord liefde n emosionele konnetasie het. Om bloot te s liefde is n emosie laat nie reg geskied aan die bepaalde emosie van die woord liefde nie. Daar moet dus n bietjie verder gekyk word.

Die mens se affektiewe prosesse het met sy gevoelsbelewenisse (emosies) te doen. In die sielkunde is daar nie eenstemmigheid oor wat die affektiewe prosesse presies behels nie. Vir sommige navorsers is die begrippe affek en emosie sinoniem terwyl daar vir ander n belangrikke onderskeid is. Daar is ook ander wat beweer dat die begrip emosie so nikseggend is dat dit uit die woordeskat van die sielkunde gelaat kan word. Soos Duffy (1941) dit stel: Emotion has no distinguishing characteristics. It represents merely an extreme manifestation of characteristics found in some degree in all responses.

WJ Jordaan et al. gee duidelikheid hieroor in hul boek Algemene Sielkunde n Psigobiologiese Benadering op p.472. Vir hul bespreking oor affektiewe prosesse sluit hulle alle soorte gevoelstoestande en effekte in. Hulle beklemtoon egter dat die huidige empiriese kennis te beperk is om die ryke geskakeerdheid van die mens se emosionele belewenisse te verklaar. Om n emosie soos liefde emperies te benader, sou volgens hulle op minstens vier vrae antwoorde verkry moes word.

Wat is liefde? Wie kan waag om n definisie van liefde te gee wat vir alle mense van alle kulture aanvaarbaar is?

Watter stimuli lok liefde uit? Dink in die opsig aan die magdom dinge wat die gevoel van liefde kan wek.

Wat voel die individu wat die gevoel van liefde het? Behels die gevoel van liefde uitbundige vreugde, weemoed, n tikkie of meer jaloesie, Weltschmerz (http://en.wikipedia.org/wiki/Weltschmerz), bekommernisse en liggaamlike gewaarwordinge? Dit kan al hierdie komponente en nog meer bevat en by dieselfde individu kan dit van dag tot dag verskil. Is die gevoel van liefde soos die individu dit hier en nou beleef dieselfde as sy beskrywing van daardie gevoel? Ons woorde laat ons dikwels in die steek as dit by die beskrywing van ons diepste gevoelens kom.

Watter fisiologiese meganismes is betrokke by die differensiring van die emosionele belewenis en die eksplisiete manifestering daarvan? Hierdie aspek van emosie kry baie aandag in navorsingswerk juis omdat dit die objektiewe bestudering van emosies moontlik maak.

Carel van Heerden
1st January 2011, 19:03
Vanwe die feit dat liefde n emosionele belewenis is, is dit in sekere opsigte noodsaaklik om hierdie belewenis te kan beskryf (wat moeilik is) en te kan meet (wat nog moeiliker is) om sodoende die nodige onderskeid tussen verskillende emosiese en selfs liefde-emosies te kan tref. Indien ons die betekenis van liefde verstaan, sal ons ook kan verstaan wat met naasteliefde bedoel word.

Elke mens is uniek en sal sy of haar emosies op n eie bepaalde wyse ervaar. Wat vir die een persoon byvoorbeeld skreeusnaaks kan wees sal by n ander persoon waarskynlik nie eers n glimlag ontlok nie. Ook verskillende kulture ervaar dieselfde stimuli nie noodwendig dieselfde nie. So sal n glimlag van my as ek n swart persoon groet, nie vir hom n emosie van vriendskap ontlok nie maar eerder di van n skelm. n Skelm in die swart kultuur word gesien as n persoon wat glimlag en vriendelik is omdat hy/sy kwade bedoelings het. As God gevolglik s ons moet mekaar liefh, beteken dit nie noodwendig dat ander kulture die betekenis van ons (wittes) se begrip van liefde as dieselfde gaan ervaar nie.

Vir die wat nie daarmee bekend is nie, wil ek eers die sogenaamde hedoniese kontinuum verduidelik.

Veronderstel u het n meterstok voor u wat plat op die tafel l. Dit beskik oor ewegroot kalibrerings maar is nie genommer nie. In die middel van die meterstok word n nulpunt aangedui. Van die middel van die meterstok (nul punt) na regs word al die kalibrerings as positief aangedui. Van die middel van die meterstok (nul punt) na links word al die kalibrerings as negatief aangedui.

Wanneer gepraat word van die kwaliteit van n emosie word bedoel die algemene aard van die gevoel wat bewustelik ervaar word. So kan ons nou byvoorbeeld se die kwaliteit van droefheid en vrees verskil van die kwaliteit van vreugde en liefde. Bring ons nou voorafgaande in verband met die hedoniese kontinuum sou kwaliteit van droefheid en vrees as n onaangename (negatiewe) ervaring of emosie beskryf kan word. Die graad of hoeveelheid van di emosie kan dus deur n individu op die hedoniese kontinuum aangedui word as n aantal kalibrerings wat di persoon as negatief ervaar. Die omgekeerde is ook waar. Die kwaliteit van vreugde en liefde sal as n positiewe emosie aanvaar word. Ook hier sal die graad van die kwaliteit van di emosies op n sekere kalibrering as positief aangedui word.

Die kwalifisering van emosies volgens die hedoniese kontinuum is uiters arbitrr as ons verder in gedagte hou dat dieselfde persoon se gevoel (byvoorbeeld liefde) van situasie tot situasie kan verskil en gevolglik verskillende posisies op die kontinuum geplaas kan word. Verder is dit wat vir die een mens aangenaam is, nie noodwendig aangenaam vir n ander nie.

Nou is dit ook so dat alle emosionele belewenisse nie noodwendig op die hedoniese kontinuum geplaas kan word nie. Dink in die opsig aan die emosies van jammerte, verwondering en verbasing wat nie n duidelike aangename of onaangename kwaliteit het nie. Hulle word gevolglik op die nul punt geplaas.

Carel van Heerden
2nd January 2011, 08:24
n Emosionele belewenis se intensiteit kan wissel. n Emosie kan intens (sterk) of minder intens (swak) ervaar word. n Emosionele belewenis kan van n lae intensiteit geleidelik oorgaan na n belewenis van n ho intensiteit.

n Voorbeeld: Tydens die kinders se besoek oor die kerstydperk speel hulle n CD van Wackhead Simpson. Di is opnames gemaak deur Radio Hoveld. Wackhead Simpson (van Radio Hoveld) tree telefonies in verbinding met n persoon en konfronteer hom/haar met feite wat nie die heeltemal die waarheid is nie. Die beginsel is geskoei op Leon Schuster se Vrypostige mikrofoon van destyds. Hoe meer die persoon stry of ongelukkig raak, hoe meer onwaarhede word bygevoeg of word daar met die persoon gekarring. Mens kan duidelik hoor hoe die persoon se emosionele belewenis gelydelik verander van n lae tot n ho intensiteit. Soveel so dat vloekwoorde (wat uitgedoof word), later aan die orde van die dag is.

n Interessante verskynsel is dat die vroulike deelnemers meer die humor van die gebeurtenis ingesien en gelag het as hulle manlike eweknie.

Sommige emosionele belewenisse is, na gelang van die situasie, oombliklik intens.

Soos uit voorafgaande behoort te blyk, sal die intensiteit waarmee n bepaalde emosie ervaar word, verskuiwings op die hedoniese kontinuum tot gevolg h.

Soms kan n emosie wat normaalweg aangenaam is, so intens ervaar word dat dit n onaangename kwaliteit kry. Om honger te wees kan nogal aangenaam wees net voor ete. Maar n intense gevoel van honger kan uiters onaangenaam wees. Dit geld ook vir ander emosies soos byvoorbeeld liefde.

Carel van Heerden
2nd January 2011, 11:25
Dit is ook so dat emosie, afgesien van wisselende kwaliteit en intensiteit ook oor n wisselende tydsduur beskik. n Mens kan vir n paar sekondes of n paar minute woedend wees en dan verdwyn daardie gevoel. Een belangrike faktor is die tydsduur van die stimulering wat die emosie ontlok. Dink aan bogenoemde voorbeeld van Wackhead Simpson.

n Belangrike aspek van die duur van die emosie is dat n intens ervaarde emosie, al is dit van korte duur, dikwels n nadraai of nawerking mag h in die vorm van n vae gevoel of stemming. Hierdie stemming kan ure, dae of selfs weke lank duur. Dit geskied veral as die emosie n negatiewe impak op jouself het. Jy word kwaai geroskam by die werk. Dae daarna is jy steeds in n terneergedrukte stemming wat jy nie aan die voorval by die werk (kognitiewe inhoud) kan koppel nie.

Carel van Heerden
5th January 2011, 05:40
Volgens Jordaan et al. (1975) beteken n emosie in n bepaalde stimulussituasie wat ervaar word, dat die inkomende inligting gedekodeer word in ooreenstemming met ons vorige ondervinding en kennis. Verder moet die inligting konseptueel kategoriseer word as iets wat betekenis (kognitiewe inhoud) het en moet dit bewustelik ervaar word. n Persoon sien n slang. As hy die slang waarneem en konseptueel kategoriseer as n slang (die differensiring van n kognitiewe inhoud wat berus op sy vorige ondervinding en kennis) nie, hoe kan hy die bewuste gevoel van vrees (emosie) ervaar?

Emosie differensieer nie net by direkte waarneming van n stimulus wat fisies aanwesig is nie. n Mens kan ook byvoorbeeld woede ervaar as n mens terugdink aan n situasie wat die emosie van woede in die eerste plek veroorsaak het. Deur te s dat die bewuste belewenis noodsaaklik is vir die ervaring van n emosie, word nie ges dat onbewuste faktore geen rol speel by die differensiring en ervaring van emosies nie. Die kwaliteit en intensiteit van ons emosies word dikwels sterk benvloed deur faktore waarvan ons nie bewus is nie.

Met dit ges, kyk na die volgende voorbeelde:

Vir n Christen gelowige mag die liefdesdaad van getroudes die hoogste vorm van liefde tussen twee mense van die teenoorgestelde geslag (man/vrou) beteken. Vir ander is di liefdesdaad bloot n manier van swanger raak om sodoende n staatsinkomste te verseker. Ander weer sien dit as n bron van inkomste wat saans verdien word. Dan is daar di wat dit bloot beofen om hul wellus te bevredig. Vir ander is dit gewoon deel van die lewe om met verskillende persone bed toe te gaan. Mans in n bepaalde kultuur sien dit as besonder manlik om met verskillende vrouens intiem te verkeer. Interessant, vir die vrouens van di kultuur is dit aanvaarbaar en sien hulle dit in dieselfde lig n besonder manlike persoon!

Om die betekenis van die woord liefde gevolglik slegs te wil sien as n intieme verkeer met iemand van die teenoorgestelde geslag gaan nie af nie. Die verwysingsraamwerk van verskillende mense en kulture se kognitiewe inhoud oor wat liefde is, verskil te veel.

Carel van Heerden
5th January 2011, 06:28
Een van die opmerklikste eienskappe van emosies is die spontane wyse waarop ons dit ervaar en dikwels uiting daaraan gee. Wat hiermee bedoel word is dat n mens selde besluit om n emosie te ervaar soos wat n mens besluit om n glas water te drink, of byvoorbeeld om n koerant te gaan koop. Die emosie wat n mens ervaar by die waarneming van n emosiewekkende situasie dring hom eenvoudig aan jou op. Daar kan ges word dat dit moeilik is om die ervaring van n emosie te inhibeer of te onderdruk. Indien iemand iets s of doen waarvan jy nie hou nie, is jy spontaan kwaad of vererg. Dink byvoorbeeld aan die taxi wat in spitsverkeer voor jou indruk en dan nog vir jou negatiewe tekens wys as jy nie vinnig genoeg ruimte vir hom beskikbaar stel nie. Jy kan die gevoel nie keer nie. As iemand jou vlei of lof toeswaai, is jy gewoonlik spontaan gelukkig en selfs voldaan. Die voorafgaande beteken nie dat n mens hoegenaamd geen beheer het oor die uiting van n mens se emosionele belewenisse nie. n Mens is toegerus om die intensiteit van sy emosionele belewenis sowel as die eksplisiete uiting daarvan te beheer.

Carel van Heerden
5th January 2011, 08:36
Die bewuste ervaring van emosie gaan dikwels gepaard met die neiging tot handeling of daadwerklike optrede. Neem as voorbeeld die emosie van vrees. Die waargenome mens, saak of situasie (kognitiewe inhoud) wat vrees wek kan hanteer word deur dit te vermy, weg te hardloop, of selfs aan te val. Natuurlik geld dit nie vir alle emosies nie. By die individu wat in groot droefheid verkeer, is daar waarskynlik geen impuls tot handeling nie. In di opsig kan n mens praat van aktiewe emosies (byvoorbeeld vrees, woede haat) teenoor die passiewe emosies (byvoorbeeld voldaanheid) waar die impuls tot handeling swak of afwesig is.

Samevatting: In die voorafgaande poste is ses dimensies van emosionele belewenisse kortliks aangedui. Die kwaliteit, intensiteit, duur, kognitiewe inhoud, onwillekeurige aard asook die neiging tot handeling. Die sogenaamde hedoniese kontinuum is bespreek.

Uit voorafgaande vermelde bronne sou die leser opgemerk het dat die benaderingswyse van veral Freedman en Mussen n sterk humanistiese aanslag het. Daar is seker baie argumente ten gunste van di benaderingswyse. Persoonlik voel ek dat dit nie reg laat geskied aan die psigiese- of geestelike dimensie van die mens nie. Jordaan (1975) gee egter erkenning aan die mens as psigobiologiese wese, met ander woorde gees en vlees en juis hierdie benaderingswyse maak die verstaan en begryp van die mens as holistiese wese nie net makliker nie, maar kan die begrip van liefde makliker verstaan word soos later sal blyk.

Carel van Heerden
5th January 2011, 12:09
Die antwoord op die betekenis van die woord liefde word aangetref in n nie-wetenskaplike skrywe en wel in n slaprandboekie met die titel Life after Life. Die outeur, Raymond A. Moody. Jr. (M.D.) het die bevindings van wat sy, en ander dokters se pasinte vertel het, aangeteken. Hierdie pasinte was vir n tydperk klinies dood. Uit hul verhale van dit wat hulle ervaar het en wat in die meeste gevalle tot n groot mate ooreenstem, word aangedui dat nadat hul geestelike liggaam hul fisiese liggaam verlaat het, n wese van lig hul genader het. Een man beskryf dit as volg: ..a loving, warm spirit of a kind he has never encountered before a being of light appears before him. en .He is overwhelmed by intense feelings of joy, love, and peace. Na sy terugkeer uit sy naby-dood ervaring, die volgende: Later he tries to tell others, but he has trouble doing so. In the first place, he can find no human word adequate to describe these unearthly episodes. He also finds that others scoff, so he stops telling other people. Still, the experiences affects his life profoundly, especially his views about death and its relationship to life.

Carel van Heerden
20th January 2011, 04:49
Wanneer n mens lees van die belewenis van mense wat n naby-dood ervaring gehad het, kan n mens nie anders as om saam met Johannes te stem dat God liefde is nie (1 Johannes 4:8). Trouens, n mens kry n beter begrip wat God se liefde beteken. n Volmaakte liefde wat die menslike verstand te bowe gaan. n Liefde wat n mens nie in woorde kan beskryf nie aangesien daar geen geskikte woorde in ons woodeskat beskikbaar is om di liefde te kan beskryf wat hulle ervaar het nie. Di mense wat n naby-dood ervaring gehad het, se lewens het met hul terugkeer uit hul geestelike ervaring, ingrypend verander. Mense wat hul voor die tyd geken het, het getuig dat hulle na hul ervaring meer geduldig was, rustiger, sagter. Daar het iets vanaf hulle uitgestraal wat hulle nie kon beskryf nie.

Om op n hedoniese kontinuum God se liefde te meet sou net nie moontlik wees nie. Die liefde van God val totaal en al buite enige menslike meetinstrument.

Daar is egter n ander kant van die muntstuk. Di mense wat God se liefde ervaar het tydens n naby-dood ervaring het ook getuig dat tydens hul ontmoeting met die wese van helder lig, hul aardse lewe voor hulle begin afspeel het. Amper soos n vertoning van n video waar die betrokene die toeskouer was. Alles wat hy/sy ges en gedoen het, het voor hom/haar afgespeel. Maar veral belangrik en dit is keer op keer uitgelig is die impak van dit wat ges of gedoen is, op die ander mense met wie hul gepraat of betrokke by was, gehad het.

Nou waarom doen mens dan dit wat verkeerd is. Die Bybel verwys na die vleeslike en die geestelike. Nou weet ons dat teenoor God staan satan wat self n god in eie reg wil wees. Satan se domein is die dood, sy kleur is swart en sy werkwyse is vrees. Di beginsels van satan staan lynreg teenoor God se liefde.

Op n hedoniese kontinuum is ek bevrees sal ook satan se haat en afguns teenoor God en sy skepping nie moontlik wees nie. Die liefdeloosheid van satan val ook totaal en al buite enige menslike meetinstrument.

Beide God se liefde en satan se liefdeloosheid het hul oorsprong in die geestelike wreld. Ons as aardse wesens word vasgevang tussen die twee uiterstes. Ons het dus n keuse om te maak. Die ewige lewe of die dood. God se liefde of satan se liefdeloosheid. Op sigself klink dit baie maklik. Maar is dit? Wat het Judas wat saam met die Christus as dissipel beweeg het, sy wonderwerke aanskou het eventueel laat besluit om die Christus te verraai vir geld? Met ander woorde om die keuse op satan te laat val? Het Judas dan oor geen liefde beskik nie? Indien jy oor liefde beskik is dit n waarborg vir die ewige lewe?

n Moordenaar, verkragter, rowers en ja selfs plaasaanvallers beskik oor liefde. Van hulle het ook gesinne en tree liefdevol op teenoor hulle kinders.

Ons weet nou wat God se liefde is en wat daarmee bedoel word. Wat word dan nou bedoel met die liefde wat ons byvoorbeeld aan ons naaste moet betoon? Anders gestel, wat beteken liefde op die aarde dan?

Carel van Heerden
20th January 2011, 08:56
Op aarde word liefde aangedui en beskryf op bepaalde maniere en om bepaalde redes. So praat ons van verliefdheid, liefde vir jou kinders, liefde vir mekaar, liefde tussen man en vrou asook byvoorbeeld moederliefde. Daar word selfs verder gegaan en gepraat van o.a. ware liefde, egte liefde en liefdes soos in die begin van di artikel aangetoon. Indien u gekonfronteer sou word met die vraag, watter liefde wat beskryf word, die naaste sou kom aan die liefde van God, wat sou u antwoord wees?

Waarskynlik sou moederliefde di liefde wees wat genoem word. Waarom? Die feit dat n moeder die baba nege maande in haar voel ontwikkel en groot word, smee al n band tussen die moeder en baba wat uniek is. n Man kan dit nie ervaar nie. Wanneer die baba na geboorte in die moeder se arms geplaas word is dit n besondere ervaring vir die moeder. Mens merk dit op aan die uitdrukking en liggaamstaal van die moeder. Jy sien dit in die o. Jy voel dit aan. Jy as buitestaander beleef dit. Soveel meer as jy die vader van die baba is. Later as die baba deur die moeder versorg word. Die wyse waarop die moeder met die baba praat en speel. Hoe sy die baba teen haar vasdruk. Haar liggaamstaal, uitdrukking op die gesig. Dit spreek van liefde.

Op n hedoniese skaal kan hierdie moederliefde waarskynlik hoog gemeet word op die positiewe indeks.

Kom ons veronderstel nou dat die baba die moeder en vader se eerste een is en dat hulle op reis is deur n onbekende gebied in die nag. Die baba begin huil. Die baba is nie gemaklik nie, wil nie melk h nie en hou aan met huil. Deur die baba op te tel en mee te speel of te sus help niks. Die dringendheid van die gehuil word erger en meer intensief. Dit is wel bekend dat die aanhoudende gehuil van n baba die mees onstellende en frusterende geluid is. Terloops, dit is in die bosoorlog gebruik om troepe te ontsenu, te onstel en te frustreer.

Wat is besig om met die ouerpaar en die baba te gebeur. Die moeder kan begin ongeduldig raak. Die ongeduld kan verder versterk word deur die vader se se ongeduld met die moeder wat nie die baba kan stilkry nie. Die eksterne faktore soos die aanhoudende gehuil van die baba en die vader se ongeduld begin nou die moeder se emosionele belewenis van ongeduld versterk. Die kwaliteit, intensiteit en duur van die gehuil stuur haar na breekpunt. Omdat sy nie oor die kognitiewe inhoud van oorontsteking by n baba beskik nie, kan al die eksterne impulse tot n negatiewe handeling lei wat aanleiding gee tot n paar rapse op die baba se boude. Dit kan selfs n geskree aan die baba afgee om stilte te bewerkstellig. Di moeder se radeloosheid en optrede kan waarskynlik ook spruit uit die feit dat hulle niemand kan skakel om raad, of weet waar die naaste dokter aangetref kan word nie.

Wat gebeur met di moeder? Indien die hedoniese skaal weer gebruik sou word beteken dit dat die moederliefde wat vroer hoog getoets is, nou met die gehuil van die baba kan afskuif na die nulpunt. Met die slaan van die baba verskuif die skaal nou na die negatiewe indeks. Hoe groter die negatiewe optrede hoe groter die lesing op die negatiee indeks.

Nou kan gevra word of di optrede van die moeder teenoor haar baba, haar liefde vir haar baba nie meer laat bestaan nie? Sou nie so dink nie. n Waarskynlike rede is dat lankmoedigheid, geduld en verdraagsaamheid ontbreek. Natuurlik ook n gebrek aan kennis aangaande oorontsteking.

Dit is ook so dat nie alle moeders teenoor hulle babas sou optree soos hierbo beskryf nie. Al het die kennis ontbreek sou hulle waarskynlik die gehuil verduur het en die baba bly sus en troos het. Selfs probeer om die baba te laat slaap. Hulle sou planne beraam het om hulp te bekom.

Bogenoemde is slegs n voorbeeld van wat ons daagliks in die lewe ervaar. Nie noodwendig net met babas nie maar veral in ons verhoudinge met mekaar en gebeure in en om ons werk en rondom ons waar ons ook al mag beweeg. Ons is deurlopend onderhewig aan verskillende impulse wat n invloed uitoefen op ons emosionele belewenis, negatief of positief. Dit wissel in kwaliteit, intensiteit en tydsduur. Dit laat ons somtyds onwillekeurig optree en het die neiging tot n handeling, positief of negatief. Dink byvoorbeeld aan al die slaggate wat ons moet ontwyk. Die slaggate wat getref word. Op die hedoniese skaal vind daar dus gedurig n verskuiwing plaas wat geringe verskille kan aantoon maar ook lesings op die uiterste grense van n hedoniese skaal kan bewerkstellig. Dat hierdie impulse n uitwerking het op ons emosies wat ons ervaar is n gegewe. Aangesien liefde ook n emosie is wat onderhewig is aan genoemde impulse, beteken dit ook dat liefde op die hedoniese skaal kan wissel.

Waarom skei mense wat eens so lief vir mekaar was nadat hulle die groot stap geneem het om te trou? Waarom word ons kwaad wanneer ons op die Ben Schoeman ry en motors (veral taxis) druk voor jou in? Wat laat mens ander mense beledig? Hulle selfs klasifiseer in groeperings soos byvoorbeeld Afrikaner en Boer en dan baie beledigend kan optree (verbaal en skriftelik) indien iemand met hulle verskil. Waar is die liefde dan waarvan gepraat word? Trouens wat is die liefde se betekenis as dit op negatiewe gevolge uitloop?

Dink aan u liefde vir u vrou tydens n romantiese kersligete om u huweliksherdenking te vier teenoor u liefde vir u vrou wanneer u in die warm son sukkel om n band aan u motor te vervang. Die motor l te laag en u kan die domkrag nie onder die as inkry nie. Dit alles terwyl u aangetrek is om n belangrikke afspraak na te kom en u vrou karring aan u dat u moet gou maak, dat u laat gaan wees en dat sy warm kry. Dat u moes voorsorg getref het vir n korrekte domkrag in die motor en dat sy nie kan verstaan waarom u nie destyds al die domkrag vervang het nie. Ek glo daar sal n verskil wees. Op daardie oomblik gaan u waarskynlik minder lief wees vir haar.

Dit blyk dus dat aardse liefde kan wissel na gelang omstandighede. Trouens dit kan somtyds heeltemal afwesig wees.

Silencio
20th January 2011, 17:41
Carel ek dink ek kan dit so antwoord, liefde word in 'n gegewe situasie, soos die voorbeelde wat jy genoem het nie, nie vervang of verminder of vermeerder in emosie nie dit word net op daardie stadium oorweldig en onderdruk deur 'n ander emosie, ma met baba wat nie ophou huil, moedeloosheid, taxi's wat voor jou indruk, ongeduldigheid, man en vrou langs pad -dit grens aan verdraagsaamheid. dit maak nie saak hoe ons liefde probeer bewoord en verduidelik nie, jy kan nie want ek sal vir jou se byvoorbeeld - ek is bitterlief vir my man, ek het hom so lief ek sal sterf vir hom, ek sal emosioneel sterf sonder hom, ek sal hel toe en teruggaan vir hom, hy laat my voel ek kan vlieg sonder vlerke en hy kan ook my vlerke afbreek so vinnig soos wat dit weer opbou, partykeer wil ek hom net opvreet van liefde ander kere kyk ek na hom, skud my kop en dink hy is 'n blerrie idioot! onlogies en onprakties en dan ervaar ek werklikwaar die begeerte om sy kop teen iets stukkend te slaan, as ons baklei kan ons even op mekaar se skouers huil as ons baklei, so liefde is altyd daar, dit word net onderdruk deur 'n negatiewe emosies as gevolg van negatiewe omstandighede, en omgedraai ook

groetnis
Silencio

Carel van Heerden
22nd January 2011, 08:01
Silencio, dankie vir jou inset. Ek verstaan wat jy skryf. Emosies kan wissel en n ander uitwerking op n mens se emosionele toestand h. Ek self sal eerder die woord onderdruk gebruik om die beheer n bepaalde emosie soos byvoorbeeld woede te beskryf.

Jy is reg as jy s die emosie van liefde verdwyn nie. Alle emosies is blywend. Of dit haat, woede, teleurstelling, liefde of ander is. Ek sal die artikel bietjie aanpas om die konsep van hedoniese skaal beter te verduidelik aangesien die verstaan daarvan belangrik is in die verduideliking van die laaste gedeelte van die artikel naamlik die oor naasteliefde.


Groetnis.


Carel.

Carel van Heerden
24th January 2011, 19:24
Dit is n bekende feit dat God se liefde vir die mens geopenbaar is deur dat God sy eniggebore Seun in die wreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy liefgehad het en sy Seun gestuur het as n versoening vir ons sondes. (1 Johannes 4:9,10). Belangrik om hier op te let na die verwysing en gebruik van die woord God. Dit is seker te wagte dat God n tenprestasie van ons sal verwag vir Sy liefde aan ons betoon. Israel het die wette van Moses gehad wat rigting aan hulle lewens gegee het.

In Matteus 22:36 vind ons dat die Christus n wetgeleerde antwoord wat n vraag aan Hom gestel het om Hom te versoek, naamlik: Meester, wat is die groot gebod in die wet? Die skrifgeleerde het waarskynlik verwys na Deuteronomium 6:4 naamlik: Hoor, Israel, die HERE onse God is n enige HERE. In Markus 12:29 lees ons: En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is n enige Here;

Barnes beskryf dit baie mooi in sy verklaring van Deuteronomium 6:4:

The Lord our God ... - Literally, Yahweh, our God, is one Yahweh. The other nations worshipped many gods, but the God of the Jews was one, and one only. יהוה Yahweh was undivided; and this great truth it was the design of the separation of the Jewish people from other nations to keep in mind. This was the peculiar truth which was communicated to the Jews, and this they were required to keep and remember forever.

Hierdie teks bevat meer as bloot n verklaring van een (monotestiese) God teenoor politesme (veel gode). Dit maak die aanname dat die HERE God die absolute God van Israel is en niks anders nie. Hy en Hy alleen is Yahwe, die absolute God wat deur Sy verkiesing homself bekend gemaak het aan Israel.

Soos hierbo aangetoon verskil die bewoording van Deuteronomium 6:4 met die van die Christus in di opsig dat daar nie na die HERE (Yahwe) verwys word nie maar na die Here (titel). In Markus 12:29 vind ons dan: En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is n enige Here;

Dit wil vir my voorkom asof hierdie verskille n draaipunt, weg van die die HERE (Yahwe) verteenwoordig. Dit gaan nou nie meer oor Yahwe as n absolute God van Israel nie maar n omswaai na God (Elohim). Ook n wegbeweeg van die wettiese voorskrifte van Moses na die liefde van God. As n mens wil, na die toe nog onbekende God na wie Paulus verwys het toe hy in die middel van die Arepagus staan en ges het: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle (Handelinge 17:22,23).


Dit bring ons gevolglik na die eerste gebod van God naamlik: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand (Matteus 22:37). In Markus 12:30 word die Christus se antwoord weergegee as: Jy moet die Here jou God liefh uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod (Markus 12:30). En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefh soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as di nie (Markus 12:31). Die tweede gebod sal onder die loep geneem word onder die laaste afdeling naamlik naasteliefde.

In die eerste gebod staan drie/vier aspekte uit hoe ons God se liefde behoort te beantwoord.

Ons moet God liefh:

(Matteus) Met jou hele hart / (Markus) uit jou hele hart,

(Matteus) Met jou hele siel / (Markus) uit jou hele siel,

(Matteus) Met jou hele verstand /(Markus) uit jou hele verstand en

(Matteus) Geen / (Markus) uit jou hele krag.

As ons onseker is oor die begrip liefde, hoe moet ons, of behoort ons God dan lief te h met of uit jou hele hart en met of uit jou hele siel en met of uit jou hele verstand en uit jou hele krag?