PDA

View Full Version : Klaas is Baas...



knipmes
3rd January 2011, 18:05
Kou hieraan...




'n Paar dae gelede was ek die gawe gegun om 'n les te leer, en ook tog die titel van die draad te bevestig!

Binne-in 'n parkeer area terwyl ek uit 'n parkeer ruimte uittrek en reeds in die ryvlak is, reg om weg te trek, kom daar 'n voertuig met 'n wit persoon verby op soek na parkering wat ek toe gunstiglik en ewe vriendelik laat verbykom voor ek wegtrek. Met die, trek 'n ander voertuig uit so 2 ruimtes voor my en die voertuig voor my kom tot stilstand om daar die plek te neem, dit terwyl ek agter my reeds 'n oop ruimte agterlaat. So staan ek toe maar en wag...

'n Hele paar sekondes later vang my oog 'n beweging regs van my voertuig, en sal daar nie 'n rooi VW Kombi (nie 'n taxi) met die swart yster "bulbar" voor kom inwurm tussen my en die voertuig voor my nie. Hier staan ons langs mekaar, ek ooglopend op pad uit vorentoe met 'n parkeer ruimte op my allie oop, en die voertuig sal kom indruk. Net daar trek die voertuig weg voor, die een voor my trek in die ruimte in en nog voor ek kon beweeg dring die rooi gevaarte vorentoe en omdat die parkering voor ons nou gevul is, is daar niks oop voor nie, sukkel dit moedwillig stadig vorentoe met my reg op die hoede. Toe ek wil verbykom want daar is baie spasie in die ryvlak, toe beweeg dit oor sodat geen kan verby nie. Kyk, toe is ek moerig...

Uiteindelik kry dit 'n staanplek verder af, en ek stop toe langs die wa, klim uit, stap oor en vra doodluiters in beskaafde vriendelike ingels " Excuse me Sir, why did you push in front of me, and why are you so abusive? What happened to your manners? Have you not got manners?"

Die swart man in sy vroee dertigs netjies geklee, kyk my op en af, gryp sy selfoon en druk die 10111 nommers en seg die volgende nadat ek hoor hoe dit geantwoord word: "Hi Brother, I am at this and this parcade with an abusive threathening whiteman saying I pushed him off the road.. please come help me with this rassist"

Net daar klim ek toe maar druipstert in my voertuig en ry weg terwyl hy ewe my registrasienommer aflees in my truspieeltjie... ek wag nou nog vir die "manne" in blou!!



Wat dit vir my bevestig is dat inderdaad die bordjies nou behoorlik verhang is, so wees gewaarsku!


groetnis
knipmes

Silencio
6th January 2011, 14:59
Ja so is dit dat ek en my man in Edgars in die tou staan om te koop, 'n anderskleurige druk toe voor ons in, ek begin toe 'n gesprek met haar by die till en verduidelik vriendelik aan haar ons was eerste, dit het nie goed gegaan nie, dit het ontaard in 'n groot woordewisseling tussen ek en sy voor die hele Edgars, veral toe sy besluit om haar skoene wat sy gaan koop bo op ons items by die counter te pak, my man het sy humeur verloor, haar skoene gevat en dit op die grond gegooi, waarop ons ook van dieselfde aangekla is, ek het ook haar gevra om nie so op my te staan nie sy steel my oxygen, waarna sy aangedring het op die manager om 'n klag teen ons in te sit, daar het ook niks daarvan gekom nie, nou ja, dis mos hoe dit gaan deesdae.

Groetnis
Silencio