PDA

View Full Version : Nuwe Vrae



UITLANDER
14th January 2008, 16:33
Die Ou Man

Ek het jou en Stephanus se skrywes oor en oor gelees en daaroor besin. Ek het jare reeds baie vrae gevra wat met die soeke in die Bybel, teenstrydighede na vore gebring het. Antwoorde by die geleerdes het net meer vrae en ondersoek mee gebring. Ek kan nie anders as om saam te stem nie. Dit maak met skok sin. Dit wat ons jarelank geleer is, deur kerke, om dinge net te aanvaar al is daar vraagtekens, maak dit net moeilik om die waarheid in die oe te staar.

Graag wil ek net paar vrae voorle wat my pla:

Die HERE se erf deel (Israel) hoekom het Jesus gese Hy was gestuur om hulle te red van wat? Het hulle oortree teen die HERE of teen God? Omdat dit die HERE se erf deel was kon hy nie met hulle maak soos hy wil nie solank hulle net sy wette nakom?

Wat is dan die oordeel en straf vir 1. Israel volk en 2. Nie-Israel volk wat dan nie onder die wet van die HERE aan Moses is nie?

Hoe weet ons waar val ons in?

Groete

Tollie

Die Ou Man
14th January 2008, 19:04
Die Ou Man

Die HERE se erf deel (Israel) hoekom het Jesus gese Hy was gestuur om hulle te red van wat?

Groete

Tollie


Tollie.

Ek plaas die verse waarna jy verwys.


Mattes 10

5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en ges: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

7 En gaan preek en s: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.


Mattes 15

24 Maar Hy antwoord en s: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Kom ons hanteer eers die ideologiese beskouing van die Israel Visie. Volgens daardie doktrine is die sogenaamde "Tien Stamme in verstrooiing", die hedendaagse Wes-Europese nasies. Ingevolge hierdie ideologie, was die Tien Stamme reeds vir ongeveer 400 jaar in Wes-Europa, teen die tyd dat die Christus in Bethlehem gebore is. As ons die redenasie van die Israel Visie ernstig bejeen, moet ons aanvaar dat die Vader 'n "mistykie" van 'n paar duisend kilometer gemaak het deur die Christus in die Midde-Ooste te laat geboorte neem. Dan moet ons verder aanvaar dat die Vader nie geweet het dat die "verlore skape" lank reeds in Europa was nie. Dit is mos twak.

As die Christus gestuur is na die verlore skape van die huis van Israel en die Vader plaas Hom tussen die Jode, weet ons mos waar om na hierdie verlore skape te soek. Die Christus is tussen hulle geplaas, juis omdat hulle verlore was. Die feit dat hulle hom verwerp het bevestig in welke mate hulle verdwaald was. Nie geografies nie maar geestelik.

As ons die Christus se woorde so aanvaar, is die volgende gedeelte nie meer in geskil nie.


Mattes 24:14:

"En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom".

Ek vervolg met die tweede gedeelte in jou vraag, naamlik, van wat moes hulle gered word.

Liefde groete.

Die Ou Man

ISRAELIET
31st January 2008, 14:37
Mag ek die vraag vra oor hoekom meeste van die drade in Boervolk Teologie gesluit is?

Die Ou Man
31st January 2008, 20:54
Mag ek die vraag vra oor hoekom meeste van die drade in Boervolk Teologie gesluit is?

ISRAELIET, om my geleentheid te gee om die bespreking sonder onderbreking te voer.

Dit staan jou dan vry om 'n oop besprekings draad oop te maak ten opsigte van enige van die geslote drade. Jy sal sien dat dit in sommige gevalle reeds gedoen is.

Liefde groete.

Die Ou Man

Lees verder by Torah (http://wendag.com/forum/showthread.php?t=83) vir die res van die antwoord.