PDA

View Full Version : Roselientjie van Kakamas



Die Vrou
18th January 2011, 07:48
Roselientjie van Kakamas


Op Kakamas le klein Roselientjie
soos 'n lentebloeiseltjie
afgepluk, stukkend gedruk
en platgetrap deur 'n reus
met 'n ysterswaard en 'n
haelgeweer.

Storietjies, versies en liedjies
sal sy nooit weer hoor.
Want hier tussen vaalklip
stowwerige strate, sielvernietigende
armoede en witmenshaat is die bloeiseltjie
vroegtydig vermorsel.

Maar Roselientjie, ons belowe
ons sal nooit jou bloed helder
rooi van die strate van ons geheue afvee
nie. Ons sal skryf, liedere sing en mure afbreek
oppad na vryheid en menswees.