PDA

View Full Version : Aan 'n kind



Die Vrou
18th January 2011, 07:57
Aan 'n kind

Jy was een van hulle wat kliphardgroot
en doodgebore deur die townships loop,
wat gebalde vuis amandla en met klippe
en drome stry teen 'n land wat sy kinders
soos 'n slet weggooi, die lewe uit 'n harspan
ruk:
snellers uit casspirs wat bloed en trane deur
strate skater.

Maar ek sien jou bloed uit die klip tap
en jou heel uit die son kruip
en jou oŽ is vlerke
en jou huid is heel
en jou hande eet die grond van Afrika.


Ek sien jou, o miskende mens,
vry en ewig oor die aarde loop...