PDA

View Full Version : Kom glo saam met my in mre ..



Die Vrou
25th January 2011, 08:30
2010-07-28 08:15



Toe ons daar wegry omring deur tamaties, avokados, eiervrugte en n jong kremetartboompie vir ons tuin in die stad was my hande nog vol grond van boom plant en my kop vol gedagtes.

Soos: Wat beteken dit as n boer jou en jou vrou vra om met die weggaan elkeen n boom te plant?

Ten minste om te s: Glo saam met my in mre.

Want wie met n ho bewustheid bome plant sonder om te weet of jy eendag in hul skaduwee sal sit en gedigte lees plant terselfdertyd hoop.

En soos ons terugry, soek ek n woord wat s hoe die enorme ZZ2-(tamatie)boerdery (Bertie van Zyl Edms. Bpk.) dit regkry om daar in die wreld van Mooketsi in Limpopo, elders in die land n in Namibi te boer soos hlle boer.

Met tamaties n met waardes!

Simbiose is miskien die woord; soos dit uitgebreide betekenis kry in ekosentriese denke oor die verhouding tussen mens en omgewing.

Gans anders as die brutale, selfdienende egosentrisme waarmee mense die aarde en haar bronne uitbuit en verniel.

Simbiose beduie hoe verskillende organismes in die diere- en planteryk tot mekaar se voordeel, ast ware in mekaar se beskutting, saamleef.

In die ZZ2-wreld sluit simbiose die mens in en word hul plase, die grond, die produkte en die onderlinge verhoudinge tussen die duisende werkers bestuur as n lewende organisme waarvan elke onderdeel se waarde vir die groter geheel bevestig en vertroetel word.

n Mens sien dt in die noukeurigheid waarmee di boerdery die passie vir gesonde grond en die belofte van gesonde kos waar maak.

Byvoorbeeld deur die praktyk van natuurboerdery waar die gebruik van insekdoders en kunsmis grootliks beperk word deur die benutting van dit wat n die natuur is, soos kruie wat insekte aantrek of afstoot om hulle weg te hou van tamatieplante.

En die praktyk om in die maak van organiese kompos groot hoeveelhede mis by die bestaansboere in die omgewing aan te koop.

Opeens kom daar uit di onskynlik geringe lokale perspektief n kosmiese besef oor die mens as deel van n lewende ekostelsel waarin die enorme (die aarde, sterre, son en die heelal) en die kleine (partikels, atome, individue, plase, gemeenskappe en samelewings) n patroon van fyn ewewig vorm.

Sonder so n kosmiese besef sal die mens hom as heerser oor die natuur bly handhaaf; baas van die plaas wees eerder as n rentmeester van n aarde wat aan almal behoort.

n Kosmiese besef kweek waardes waarvolgens die mensgemaakte en die natuurlike ineenvloei tot n harmonieuse geheel in al die klein en groot besonderhede van die menslike bestaan.

Daaruit kom die insig dat jou eie werf, jou fyntuin, jou bome, jou straat, jou werkplek, jou speelplek n jou sterfplek deel is van simbiotiese beskutting.

En omdat dit so beleef word, is daar in jou hart en hande eerbied vir die ongewenaarde aarde.

Begin ons nie so dink en doen nie, stuur ons op n mensgemaakte ramp af soos Cormack McCarthy se roman The Road en die gelyknamige rolprent dit vertel.

Oor n nuwe aarde waarin n naamlose pa en sy naamlose seun deur n verwoeste, byna lewelose loodgrys landskap swerf en waarin die laaste klompie mense soos diere op mekaar jag maak om die laaste krieseltjies kos te bekom.

Daarom die wanhoop:

He walked out into the grey light and stood and he saw for a brief moment the absolute truth of the world. The cold relentless circling of the intestate earth ... The crushing black vacuum of the universe ... Borrowed time and borrowed world and borrowed eyes with which to sorrow it.

- Oorspronklik verskyn in Beeld