PDA

View Full Version : Suid-Afrika: Gister, Vandag, More...



Die Vrou
26th January 2011, 08:13
Suid-Afrika: Gister, Vandag, More


Gister is 'n nasie deur 'n woord
'n Onreg aangedoen
Apartheid het hooggety kom vier
En die werklikheid is verdoem
Gister se kinders van Afrika
Is met koeŽls en woorde geskel
Maar hoekom sal dit my bekommer
Ek's 'n kind met n blanke vel
Kleure het so faktor geword
En het 'n land in rassehaat laat verdrink
Die tiranie 'Apartheid'
Het die rassisme beker vol geskink
By Sharpeville is 'n onskuldige kindjie
Deur n kommunikasie-gaping gedood
Hul lewe was 'n vergete hel
in haatlikheid verstoot
Vandag pluk ons die vrugte
van gister se vergete dae
Vandag moet ons as blanke
Die hartseer van die verlede dra
Steve Bikho is onverklaarbaar gedood
Maar die verlede sal onverander bly
Ons voorlopers het 'n onreg
Vir die jong generasie voorberei
Gister is 'n jolige distrik
Deur n apartheid-regime in puin gelaat
Maar waarom sal ek omgee-
Ek was n apartheidskind, het by alles gebaat
Vandag is die geskiedenis
Aanhoudend aan die herhaal
So sal die leiers van gister
More vir sy dade betaal
Ons is kwaad en uiter woede
Ons skel vir Thabo dood
Oor die regering en sy sake met welstand,
maar waar was ons in hul nood?
Vandag staan ons op elke dag
Met 'n huppel in ons stap
Maar in n oogwink verander haat
jou siel, in n byl wat in jou hart bly kap
Meerderwaardigheid en onfeilbarheid
van die ligte generasie het gesmelt
Die donker Afrikaner se verwerping
het soos n blom in die more son verwelk
More sal ons opstaan met 'n visie
Om die toekoms voor te berei
Om ten spyte van diversiteit
Saam n suksesvolle toekoms te verkry
Die son sal sy helder strale
Oor Moerder Afrika kom skyn
Met al die reŽn in die verlede
Sal die warmte 'n verlossing bring van pyn
Te danke aan ons ware figure
Met harte wat omgee
Berei Mandela en de Klerk n toekoms voor
Wat soos n Moedershand kom en ons trane wegvee
Ja, more sal ons terugkyk
Met n opregte glimlag kan sÍ:
"Ons strewe na 'n mylpaal,
vrede is mos wat ons wil hÍ!"
More sal ons wegbreek
en op vleuels van gelykheid sweef
Vrede in ons skone Vaderland is moontlik
as almal daarna sal streef
Weg van die pikswart donker
Omhelsend in die helder stuk
So sal ons jonger generasies
die vrugte van gelykheid kan pluk
Vir n nuwe more wag ons hardwerkend
Suid-Afrika: ons mooie Vaderland
Ons klim die berg van landsvrede
Al hoŽr: Hand aan Hand
Die wortels van apartheid
sal soos mis voor die son verdwyn
Dan bly ons blinke toekoms oor
Wat doer op die horison skyn
Die son sal weer opkom
Die boeie van apartheid lank dan reeds verbreek
Al wat dit vereis, is saam staan
In elke landsburger is 'n uithouer,
aanhouer,
wenner versteek!

Brigitte Smit (17)