PDA

View Full Version : Skag van 'n gees



Die Vrou
26th January 2011, 08:21
Skag van 'n gees


My lewe het 'n mallemeule geword
'n Cliché van masjienerie elke dag
'n Wip-wap-agtige koekepan
Waaragter 'n aangeplakte masker van 'n marionet lag
Die verlede word weer oopgevlek
Elke myner kom sak in die skag van my hart en begin delf
Diep in die donker gange vol spookgesigte
Delf diep binne in myself
Gister se warrelwinde
Word 'n klipstorting oor die land
Die seerkry van vroeër, vergete ure
Kom druk homself soos 'n wapen in my hand
Woorde het die fluitende deuntjies geword
Geberg onder gister se swetende dae
Hoekom moet antwoorde so moeilik wees?
Op gister se onbeantwoorde vrae
Die seer het soos dinamiet
In die skagte van my hart ontplof
En al wat oorbly van my, 'n lewelose siel,
Is 'n ontginde sandkorrel, gedemp in stof.


Brigitte Smit (19)