PDA

View Full Version : Pappa,



Die Vrou
26th January 2011, 08:29
Pappa,

as ek roep in die aand,
omdat spoke pla
is dit jy pappa wat hulle verdryf
raak ek aan die slaap
na 'n lang pad
is dit jy pappa wat my voete was
huil ek oor 'n seerkryplek
vloei die trane sommer makliker
as jy pappa jou arms om my vou
donkerwolke kom al nader
en verdwerg jou kind
dis jy pappa wat bly baklei
tot die son weer skyn
dis jy pappa wat vertel van waar ek
eintlik vandaan kom ....