PDA

View Full Version : Wie verstaan n moederhart?



Die Vrou
27th January 2011, 08:37
Wie verstaan n moederhart?


Wie verstaan n moederhart?
n Hart so vol liefde groter as smart.
Sy maak n verskil in die gejaag
van alles wat om ons wil vervaag.
Wie verstaan n moederhart?

n Hart vol liefde wat ons soms vertrap
Sonder dat ons dit altyd besef
Het ons haar hart met n pyl getref!
Wie verstaan n moederhart?

n Hart vol liefde wat in haar kinders glo.
Al kyk ander met groot misno
Maar sy bly kyk vol verwagting met groot o.
Wie verstaan n moederhart?

n Hart vol liefde met baie geduld.
Sy wat nooit kan stilsit
Behalwe wanneer sy van haar hemelse
Vader krag put.
Wie verstaan n moederhart?

n Hart vol liefde wat nooit genoeg kan doen.
Om almal om haar te versoen
Tenspyte van alles bly n ma n kampioen!