PDA

View Full Version : Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011



Die Ou Man
17th February 2011, 08:51
Coetzee, kan ons praat op 22/05?

Mnr. Johannes Coetzee, een van ’n groep mense
wat glo die einde van die węreld breek aan
op 21 Mei vanjaar. Foto: Neels Jackson
Die voorspelling van mnr. Johannes Coetzee dat die einde van die węreld op 21 Mei aanbreek, trek baie aandag. Die teoloog Adrio König kyk na sy en ander voorspellings.

21Mei is D-dag. Dan gaan die Christen-gelowiges verdwyn en ’n vreeslike chaos op aarde uitbars, tot 21 Oktober, dan verbrand alles.

En dit so kort op die hakke van die vorige een wat darem ’n bietjie meer uitsteltyd gegee het: 21.12.2112 is dié D-dag.
21 Mei se voorspelling verskil ingrypend van alle groepe Christene wat self ’n duidelike beeld het van die toekomsgebeure. Kom ons neem die sogenaamde “chiliastiese” as voorbeeld.

Volgens hulle sal daar inderdaad ’n “Groot Verdrukking” kom wanneer die antichris sal verskyn wat beheer oor die hele węreld sal oorneem. Dan sal alle Christen-gelowiges skielik weggevoer word, óf aan die begin van die verdrukking, óf eers drie en ’n half jaar in die verdrukking in.

Daarna moet daar dan nog baie ander dinge ook gebeur voordat die węreld regtig verbrand sal word.

Al dié dinge wat nog moet gebeur, sou dus nog ’n taamlike tyd kon duur.

Maar nou skielik 21 Mei.

Waar kom dié nuwe inligting of interpretasie van die Bybel skielik vandaan?

Die aanspraak is dat dit nie vooraf bekend was nie, maar dat die Here eers op 21 Oktober verlede jaar bekend gemaak het hoe die Bybel geďnterpreteer moet word. 21 Oktober sou die dag wees waarop die kerk verwerp is, en die eindtyd aangebreek het.

Eers van toe af is die metode bekend hoe die Bybel uitgelę moet word om presies hierdie datum te kry.

Van toe af sou alle ander interpretasies, en daar was al baie, heeltemal verkeerd wees. Hoe nou?

’n Paar interessante opmerkings. Daar was deur die eeue heen honderde voorspellings hieroor. En die punt is natuurlik dat daar genoeg getalle in die Bybel is om by omtrent enige datum uit te kom, afhangende van hoe jy die getalle interpreteer. Want die getalle, soos “21 Oktober 2011” staan nie só in die Bybel nie. Jy moet die getalle op ’n manier ontdek of aflei.

In Daniël lees jy van iets wat sal gebeur ná “ ’n tyd, tye en ’n halwe tyd”.

Jy kan dit interpreteer as ’n jaar, jare en ’n halwe jaar. As jy dan aanvaar die “tye” is twee jaar, kom jy uit op drie en ’n half jaar.
Só interpreteer dié Chiliaste dit wat glo die gelowiges sal eers drie en ’n half jaar in die verdrukking in weggevoer word. Maar is die “jare” regtig twee jaar?

Hoekom nie drie of vier nie? Trouens is die “tye” regtig jare? Waarom?

Dit is ook interessant dat elke voorspelling wat deur die eeue heen gemaak is, gepraat het van die toekoms wat voor die deur was en direk moes aanbreek.

Die huidige voorspelling sę ons kan nou eers die regte datum kry omdat die Here eers op 21 Oktober verlede jaar die sluier gelig het. Maar dit beteken natuurlik daar is nou nuwe inligting wat nooit vroeër bekend was nie.

En die meeste Christene is nogal huiwerig oor sulke nuwe openbarings. Maar daar is nog ’n interessanter feit. Die oomblik as die datum verby is, is dit dadelik “duidelik” waarom dit verkeerd was, en dink niemand weer aan hierdie manier van uitleg nie. Waarom nie?

Natuurlik wil niemand terugwaarts voorspel nie! Daar was ook nog nooit ’n berekening wat gelui het dit moes al gebeur het nie. Hoekom nie?

Hoekom het niemand nog ooit ná die tyd die “regte” metode ontdek nie?

Nee, dan is die opwinding weg!

Iemand het gevra dat die koerant weer op 22 Mei met die huidige voorspeller moet praat. Die insinuasie is natuurlik die węreld sal nie op 21 Mei vergaan nie en dan gaan dit vir hom ’n groot verleentheid wees.

Daar was ook in die verlede sulke reaksies. Die leier van die Adventiste het eenvoudig herhaaldelik haar datum aangeskuif met die argument dat sy ’n sekere getal nie in haar berekening ingesluit het nie. Die Jehovah-getuies se voorspelling was dat Christus in 1918 sou kom. Toe dit nie gebeur nie, het hulle beweer Hy het inderdaad gekom, maar onsigbaar.

Maar nou moet ons versigtig wees. Is ons so seker die wederkoms gaan nie op 21 Mei wees nie? Of voor dit?

Soos ek die Nuwe Testament verstaan, is alle profesieë vervul, en is al waarvoor ons wag, Christus se wederkoms. As die hele Nuwe Testament oor en oor sę sy koms was al in die apostels se tyd naby, kan dit regtig enige oomblik gebeur, ook voor 21 Mei. As ons Jesus se boodskap aanvaar dat niemand die dag sal weet nie, kan dit môre gebeur.

Of dalk nog lank duur.

Ons moet immers onthou ons leef in die laaste dae. Die laaste dae het nie 22 Oktober laas jaar aangebreek nie. Dit het volgens die Bybel met Jesus se eerste koms aangebreek (Heb. 1:1-2) sodat ook die Heilige Gees in die laaste dae uitgestort is (Hand. 2:17), en die eerste gemeentes al in die laaste dae geleef het (Jak. 5:3). Daar is nie in die Bybel sprake van ’n ander “laaste dae” as hierdie een nie.

Ons leef dus nog steeds in hierdie selfde “laaste dae” waarin die apostels al geleef het, sodat ook nou nog sy koms enige oomblik kan plaasvind.

Daarom is dit goed om te luister na Jesus se vermaning dat ons elke oomblik gereed moet wees (Mat. 24:44).

Dit beteken om regtig op Jesus as ons Verlosser te vertrou en Hom na te volg in sy diens aan mense in nood.

* Prof. König is afgetrede professor in sistematiese teologie aan Unisa.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Coetzee-kan-ons-praat-op-2205-20110216)

Die Ou Man
17th February 2011, 09:08
Waar kom dié nuwe inligting of interpretasie van die Bybel skielik vandaan?

Dit is darem wonderlik wat 'n bundel Joodse mitologiese verhale en 'n skeppende gedagtewęreld alles kan optower.


http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=599&d=1297926353

knipmes
18th February 2011, 19:49
Dis nou net hier waar daar dalk 'n tydlyn opgestel moet word!

Trouens, daar is so baie dinge wat gaan en moet gebeur dat hier dalk nie genoeg plek gaan wees nie...

Tog, dink ek, dis dalk tyd vir so 'n ou lyntjie wat ons vorentoe vat...

Ek sal begin deur die volgende op die tydlyn te sit>>>

16/02/2011 Dis erge warm hier, die trokdrywers staak, verbrand voertuie links en regs
17/02/2011 Dis vreeslik baie warm, die trokdrywers staak , verbrand nou alles om hulle
18/02/2011 Dis weer vreeslik warm, die trokdrywers staak, verbrand nog dinge, maak nou mense om hul dood met die trokke as dryfmiddel in Pretoria
19/02/2011 ...vermoed dit gaan weer baie warm wees... oops - dis 'n voorspelling en sommer profesie... sal maar moet sien of dit so sal wees, dalk sneeu dit!












groetnis
knipmes

knipmes
19th February 2011, 07:46
19/02/2011... dis nogsteeds erge warm hier... nes gister... geen sneeu nie... is dit werklik vandag al? dog dis dan verby met doris day? oops, sorry... dis nog nie 21 Mei nie, hoe warm van my!! hoop dit sneeu op daai dag ook soos gister vir vandag voorspel was...

















groetnis
knipmes

knipmes
19th February 2011, 08:24
Hallo Almal,

Die twee bogaande snitte van my was tong in die kies en spottend, wat ook vertolk kan word as uiters onsensitief en beledigend teenoor Meneer Coetzee en andere wat soos hy dink.

Glo my vry, geensins is dit my bedoeling nie, en staan hul oortuiging vir hulle so vas soos staal, en ek eerbiedig dit volkome. Ek mag dalk glad nie saamstem met hulle nie, maar tog kan mens nie anders as om soms vir en met andere en jouself net te lag en te spot, veral oor dinge wat uiters verregaande voorkom. As dit wat hulle voorspel wel waar is, en ons kan dit bevestig, dan dink net aan die chaos wat dit gaan veroorsaak van nou tot dan, praat nie eers van daarna nie!

So lag maar saam en wees tog uiters bedag dat enige oomblik kan enige ding gebeur wat mens se laaste oomblik kan wees, is ons wel gereed soos onderandere Die Vrou en Pionier hier elders vra?

groetnis
knipmes

Die Ou Man
12th May 2011, 06:53
Die tyd kom nader.

Ek aanvaar dat die manne se tasse al gepak is.

knipmes
12th May 2011, 20:42
Bogger die tasse.... met ys ja... met ys!!




















groetnis
knipmes
:heh_heh::heh_heh:8-x8-x

Die Ou Man
20th May 2011, 21:42
Môre is die groot dag.

Die gelowiges wat weet sę dat Jesus teen 06:00 gaan opdaag, sy mense gaan “wegneem” en die res gaan vermoor deur die aarde te vernietig.

Waar kom die stomme mense aan hierdie dinge?
Waar anders as uit die Bybel, wat reeds soveel bedrog opgelewer het?

By(bel)gelowigheid maak mense snaakse dinge glo en doen.

En die dag na môre moet hul weer probeer om van voor af sin te maak van die dinge in en om hulle.

Liefde groete.

Die Ou Man

Stefanus
20th May 2011, 21:55
21 Mei 2011: Einde van die węreld?

Johannes de Villiers (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/21-Mei-2011-Einde-van-die-wereld-20100306)


Mnr. Johan Coetzee van Nelspruit
is een van Suid-Afrika se mees
entoesiastiese voorstanders van
die idee dat die węreld op
21 Mei 2011 gaan eindig.
(Foto: Johannes de Villiers)Op 21 Mei 2011, glo mnr. Billy Hopley van Klerksdorp, gaan sowat 200 miljoen mense skielik weggeraap word.

Die res van die węreldbevolking “gaan agtergelaat word om vyf maande van hel en chaos hier op aarde te verduur”.

“Die meeste van dié 7 miljard sal waarskynlik sterf op 21 Mei, wanneer ’n massiewe węreldwye aardbewing sal plaasvind wat die grafte sal oopgooi.”

Sommige mense sal dink Hopley se gedagtes is eiesoortig, maar hulle sal verkeerd wees, want ’n snelgroeiende aantal Suid-Afrikaners glo saam met hom vas die węreld gaan op 21 Mei 2011 eindig.

Hoewel niemand weet presies hoeveel van dié mense daar is nie, kom hulle landwyd onder alle ras- en taalgroepe voor, versprei hulle stil-stil derduisende pamflette en boekies in hul tuisdorpe en raak hulle vinnig meer.

En saans ná 18:00 skakel hulle hul radio’s op 1197kHz AM om na Family Radio te luister, landwye radio-uitsendings wat die 21 Mei 2011-boodskap versprei.

Dit het byna 20 jaar gelede begin, vertel mnr. Johan Coetzee, ’n Nelspruiter en een van die mees uitgesproke predikers van die 21 Mei 2011-idee in Suid-Afrika. Toe het Family Radio, warvan die basis in die VSA is en wat die apokaliptiese prediker Harold Camping se leerstellings versprei, begin om vanaf ’n sender in Lesotho uitsendings Suid-Afrika in te stuur. Die afgelope dekade saai hulle op AM uit.
Coetzee het eers in 2003 begin luister, die idees aanvanklik eienaardig gevind, maar mettertyd besef dit is heel oortuigend.

Eers het hy gedink hy is alleen, totdat hy uitgevind het daar is duisende mense oor die land heen wat almal op Family Radio inskakel en sy idees deel.

Family Radio het geen amptelike kerk of strukture in die land nie; mense vind informeel daarvan uit en versprei die idees sonder veel ophef in hul omgewing.

“Die idee van 2011 is besig om soos varkmasels oral uit te slaan,” sę Coetzee.

Hy en geesgenote het al ’n paar honderdduisend pamflette in verskillende landstale gedruk en versprei. Tydens verlede jaar se Aardklop-kunstefees was hulle byvoorbeeld in Potchefstroom. Tydens die somervakansie is nog ’n paar duisend pamflette in Hermanus versprei.

Sedert Coetzee op vrywillige grondslag as Family Radio se verteenwoordiger in Suid-Afrika begin werk het, sit hy met bokse vol briewe van mense wat die radio-uitsendings hoor en hulle by dié gedagte skaar.

Een van dié, mnr. Michael Tshabalala, is ’n taxibestuurder van Fourways. “Baie mense hou nie van ons boodskap nie, maar as ek dit aan hulle verduidelik, begin hulle ook glo.”

Mnr. Edmund Buys vertel hy het al in 2000 in Atlantis aan die Weskus na Family Radio begin luister en eers gedink hy is die enigste. Weldra het hy nog ’n luisteraar in Bloubergstrand ontmoet. “Ons praat toe onmiddellik dieselfde taal.”

En Coetzee vertel hulle gee nie om dat mense dink hulle is vreemd nie. “Hoe meer die spotters lag, hoe meer aandag kry ons. Só word mense nader getrek en uiteindelik sluit hulle ook by ons aan.”

Stefanus
20th May 2011, 22:21
Kommentaar op artikel "21 Mei 2011: Einde van die węreld?" in Rapport (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/21-Mei-2011-Einde-van-die-wereld-20100306)


http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Vinnie - Maart 07, 2010 om 02:53

Maar net nog 'n sekte wat glo hulle is reg, kyk maar op internet na Harold Camping se agtergrond en beginsels, of het Johan nie internet daar waar hy bly nie?
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Abdulhalli Shittu - Maart 07, 2010 om 06:40

...ek gaan daai dag my boot vat en ek gaan heeldag visvang en braai, net die dag geniet! Dis dalk die rede hoekom Mal-Emma nie belasting betaal nie, sy weet iets wat ons nie weet nie? (Die Goeie Vader se niemand weet wanneer nie - lees julle Bybels)...he,he net in ZumZimLand, Mandelatopia!
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png carel - Maart 07, 2010 om 07:23

het na hom geluister in vsa en hy het dit al gevoorspel vir erens in 1996 ook,nou weer n ander datum,die woord se egter dat niemand die tyd en dag weet behalwe ons VADER in die hemel.
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Kapenaar - Maart 07, 2010 om 07:24

As tot die engele in die hemel nie weet wanneer die wederkoms is nie, hoe sal julle weet. Ek kan jul nou 'n brief gee om te se julle is verkeerd, en julle laster.
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Susan - Maart 07, 2010 om 08:07

God se Woord se duidelik dat niemand nie eers JESUS en die engele weet wanneer die einde is nie. Hoe kan ons as mense sommer besluit die wegraping gaan op 21 Mei 2011 wees. Tekens sal daar wees maar ons kan nie sulke voorspellings maak nie!
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png JAAK - Maart 07, 2010 om 09:25

So nou is dit 21 Mei 2011, n ruk terug was dit 21 Desember 2012? Ek stem volkome saam met Susan, net God weet waneer hy sal terugkom aarde toe, dit is nie vir die mens om te bepaal nie. Hoeveel snert gaan die mensdom nog uit hulle duime suig. Billy Hopley en aanhangers, ek hoop julle saak is reg met julle Jesus waneer dit ookal sal gebeur.
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png frikkie botes - Maart 07, 2010 om 09:46

Al 7 biljoen wil graag deel wees van die 2 miljoen,maar volgens die bybel word net 144 000 weggeraap, en dit is mans wat nooit seks gehad het nie. pasop vir a nuwe David Koresh en Jim jones
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Johann - Maart 07, 2010 om 09:47

As enige iemand dit glo wil ek he hy moet asb sy strand huis en ander luukse besittings aan my bemaak vanaf die datum. Ek sal dan regtig baie lekker leef. Kom ons kyk watter dapper ou gee my al sy besittings
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Will- Maart 07, 2010 om 10:00

Nee hel, waar kom al die naive vertraagde mense van daan? 21 Mei 2011 gaan kom en gaan en hierdie klomp gaan soos mis voor die son verdwyn. Julle moet 'n donnerse lewe begin kry!
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Mike W @ A N Other - Maart 08, 2010 om 05:51

Stem saam, wat gaan in mense se koppe aan. Sommige se dat die oordeelsdag 21 Mei 2011 is. Die ander se die wereld in 6 dae gemaak is. En dat n praatende slang die sonde in die wereld gebring het. Hoe mal is ons nie? Die mens se gode maak hulle mal, of is dit dalk anders om, die mense maak hulle gode mal. AS ek god was, sou ek lankal mal gewees het met alle julle voorspellings, en verklarings, en spoke in die wolke wat julle sien kort kort sien. Die mensdom is mal verby!
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Apostel en Profeet - Johannes - Maart 08, 2010 om 08:32

Die spotters was ook in Jesus se tyd. Die Bybel is ‘n wetenskaplike bron van die waarheid. Die Here gaan die valse kerk uitspoeg soos vrot appel. Niemand kan meer redding en verlossing kry deur te sit en luiter na die satanswoorde van die kerk. Die tyd het op sy einde gekom. Turn or Burn want alles is verby op die 21 Mei 2011 – so sę die Here Here . Hierdie boodskap is bevestig aan my deur ernstige gebed , visioene en deur Jesus . In 2009 na weke van vas is ek opgeneem na die hemel waar God en sy duisende engele hierdie wonderlike gebeurtenis aan my bekend gemaak het . Ek het die boek van die lewe gesien met nie name wat daarin geskryf staan; dit was hartseer om ook die boek van die verlore siele te sien . God is besig om hierdie name met ink te graveer . Turn dadelik voordat dit te laat is.
75

http://cdn.24.com/Files/RAP2/d/DefaultAvatar/Small.png Diana - Maart 08, 2010 om 08:34

Ek kan nie wag vir 21 Mei 2011 nie!!! Dan sal hierdie 'wysheid' van hulle tot niet gaan en die skille van hul oë afval soos Saulus van ouds..... en miskien dan sal hulle die Woord van God verkondig in plaas van doemboodskappe! Die węreld het evangeliste nodig wat praat oor die eindtyd, maar nie 'slimmes' soos hulle wat beweer hulle ken die datum nie!!!

Stefanus
20th May 2011, 22:38
By(bel)gelowigheid maak mense snaakse dinge glo en doen.


Die wat hierdie "eindtyd" storie navolg glo dit met dieselfde passie as wat hulle glo dat 'n liefdevolle God sy Seun sou stuur om vermoor te word om as bloedoffer vir hul sondes te dien, dalk daarom dat hulle so maklik kan glo dat die "god" kwansuis mense sal vermoor wat kwansuis nie "gered" is nie.

Liefdegroete,
Stefanus

Die Ou Man
21st May 2011, 09:11
Węreld-einde: ‘Aarde sal lyk soos Japan nou lyk’
2011-05-20

Hilda Fourie

Vandag by sonsondergang gaan ’n aardbewing “soos wat niemand nog ooit beleef het nie” Suid-Afrika tref.

Dít sal die teken wees van die einde van die węreld, het mnr. Johannes Coetzee gistermiddag baie beslis gesę nadat hy sy laaste pamflette uitgedeel het.

Coetzee is lid van ’n groep mense wat glo die eindoordeel begin vandag.

Volgens Coetzee het mense oor die węreld heen die laaste paar jaar die boodskap van D-dag versprei.

Hy het Suid-Afrika self platgery. Oor die węreld heen tot in Boksburg aan die Oos-Rand is groot reklameborde opgerig wat die “oordeelsdag” aankondig.

“By sonsondergang in Japan en Nieu-Seeland gaan daar ’n aardbewing wees soos wat niemand nog ooit gesien het nie. Soos wat die son oor elke nasie sak, sal die rippel-effek van die aardbewing daardie nasie tref,” het Coetzee gesę.

“Die aarde gaan lyk soos Japan nou lyk. God se uitverkore volk sal weggevoer word.

“Dié wat nie weggevoer word nie, sal in hierdie chaos wat op aarde gaan heers moet bly tot 21 Oktober, wanneer die węreld met vuur verteer sal word.”

Op ’n vraag van wat gebeur as die węreld nie vandag eindig nie, het Coetzee geantwoord dat Noag nie vrae gevra het toe hy aangesę is om in die ark in te gaan omdat dit oor sewe dae sou begin reën nie. Noag het in die ark in gegaan.

“Dit gaan gebeur. Die einde van die genadetydperk is hier.”

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Wereld-einde-Aarde-sal-lyk-soos-Japan-nou-lyk-20110520).

Die Ou Man
21st May 2011, 09:12
Weet iemand of die mense toe vertrek het?

Stefanus
21st May 2011, 09:31
Neewat, die is nou blykbaar al weer uitgestel na "sonsondergang" as ek die reg lees, dus wag ons nog om te sien of daar enige "verdwynigs gaan plaasvind" :106: ek wonner nou hoe lank hy wat Johannes Coetzee is meen die gedoente gaan neem?


Węreld-einde: ‘Aarde sal lyk soos Japan nou lyk’
Deur: Hilda Fourie 2011-05-20 22:56 (http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Wereld-einde-Aarde-sal-lyk-soos-Japan-nou-lyk-20110520)
Vandag by sonsondergang gaan ’n aardbewing “soos wat niemand nog ooit beleef het nie” Suid-Afrika tref.

Dít sal die teken wees van die einde van die węreld, het mnr. Johannes Coetzee gistermiddag baie beslis gesę nadat hy sy laaste pamflette uitgedeel het.

Coetzee is lid van ’n groep mense wat glo die eindoordeel begin vandag.

Volgens Coetzee het mense oor die węreld heen die laaste paar jaar die boodskap van D-dag versprei.

Hy het Suid-Afrika self platgery. Oor die węreld heen tot in Boksburg aan die Oos-Rand is groot reklameborde opgerig wat die “oordeelsdag” aankondig.

“By sonsondergang in Japan en Nieu-Seeland gaan daar ’n aardbewing wees soos wat niemand nog ooit gesien het nie. Soos wat die son oor elke nasie sak, sal die rippel-effek van die aardbewing daardie nasie tref,” het Coetzee gesę.

“Die aarde gaan lyk soos Japan nou lyk. God se uitverkore volk sal weggevoer word.

“Dié wat nie weggevoer word nie, sal in hierdie chaos wat op aarde gaan heers moet bly tot 21 Oktober, wanneer die węreld met vuur verteer sal word.”

Op ’n vraag van wat gebeur as die węreld nie vandag eindig nie, het Coetzee geantwoord dat Noag nie vrae gevra het toe hy aangesę is om in die ark in te gaan omdat dit oor sewe dae sou begin reën nie. Noag het in die ark in gegaan.

“Dit gaan gebeur. Die einde van die genadetydperk is hier.”

Stefanus
21st May 2011, 19:49
The End Is Nigh! It's All Theoretical, Of Course....

http://3.bp.blogspot.com/_Hb2h_XAIKp8/TKy0UjT6xhI/AAAAAAAABn8/tUr2tmLDSXk/s1600/end+is+near+cartoon.JPG


657

Stefanus
21st May 2011, 20:11
Are These Earthquakes Rapture-Related

After weeks of ominous BQE billboards, caravans of catastrophe, and Zombie Apocalypse guides, Judgment Day 2011: Go Rapture Or Go Home is finally here! Rapturist assistants are standing by with all your relevant questions on Twitter, and—oh, you're still skeptical? You're wondering why we haven't heard any reports of New Zealand's destruction, since it was 6 p.m. there hours ago? Well suck on this nonbelievers: there was an earthquake...near the South Sandwich Islands.

OK, so maybe those "moderate earthquakes" happened at the wrong time in regards to Harold Camping's mathematical doomsday prophecy, but it's close enough to count, right? After all, Yahweh is in charge of this whole Rapture thing, and he is a professional clockmaker. We may be grasping at straws, but we really need to be right about this one—how else can we justify listening to "It's the End Of The World As We Know It (And I Feel Fine)" for the last 17 hours straight?

We will admit, it's a bit strange that we haven't seen, or heard about, anyone ascending into the heavens just yet: "I am sure it will be very noticeable. You will actually see people ascending into the sky...It's one or the other - either Yahweh is bringing you up, or you're going to die in the earthquake," Robert Fitzpatrick, the retired MTA worker who spent $140,000 to publicize his belief in the end of days, told the News. Does this mean we're the earthquake people?

But this is no time for jokes—this is a time for magnets. "Many people will die and continue to die until Oct. 21st. That's why I am handing out magnets," Fitzgerald told the Post. If you're too lazy to go outside today, many sites are "live-blogging" the Rapture all day for your convenience. You can watch Gawker's nifty Rapture Cam (http://gawkernet.com/rapture/rapturelive.html) here for all those sweet screen shots for your desktop.

If you're wondering what Camping and his clan are up to today, well, keep wondering: if they aren't returning the NY Times' phone calls, they sure aren't returning ours.

knipmes
22nd May 2011, 16:54
Ek lees hier en staan verstom...

Nie oor die domgeit, wysheid of verwaande geloof in kaf nie. nee, ek staan verstom in dat daar elke dag in hierdie pragtige paradys bewyse van manupilering voorkom waarin hordes lieflike opregte mense vasgevang word in onskuld.

Geen van hierdie gedagtes wat uiting kry in realiteit kom van "bo" nie maar van een of ander aardling se denke wat self heelwaarskynlik weer deur een of ander mens se denke gelei was... wat dan lei tot die uiteindelike chaos wat in elkeen van die onskuldinge mense soos Johan wat dit vas geglo het op hierdie oomblik moet heers.

Geeneen wat dit nie geglo het, en na die tyd besef hierdie het nie gematerialiseer nie, kan besef deur watter wroeging hierdie mense moet gaan nie. Om in die publieke oog van jouself uit oortuiging, en veral geloofs oortuiging, 'n lagwekkende sot te maak agterna is nie maklik nie, dis nooit deel van die prentjie nie, was nie eers oorweeg nie.

Ek vir een, voel opreg vir elkeen wat hierdeur moes gaan. Mag die pad vorentoe een wees waarin die werklikheid van oomblik tot oomblik eerder as die verre toekoms met blydskap ervaar sal word in Gods Wese, soos Strale van die Son, altyd deelagtig ewiglik.




groetnis
knipmes

knipmes
22nd May 2011, 17:33
Wat moet deur diegene se Weses gaan?






Die ergste ding wat hulle moes tref eerstens was die wete dat die ek nie
gekies was vir die wegraping nie! In opsig self is dit seker een van die mees
gewroegste dinge wat 'n aardling se Siel en brein moet verwerk... dus is die ek
nie uitverkore nie!




Tweedens die besef dat dit beteken dat ek dus gestraf moet word want hoe dan
anders... ek moet die tyd deurmaak tot Oktober maand! Ongelooflik... waar het
die ek fouteer? hoekom is ek so "sleg"?




Derdens die wete dat nabetragting met realiteit bots waar die aarde nog
draai, die son nog skyn, die mens nog aangaan soos gister, alles is nogsteeds
dieselfde, waar heen nou? Wat nou gemaak?




Realitiet is genadeloos wanneer mens wakker word van bewustelose lewenswyses
soos hierdie. Hoe kyk mens die lewe in die oe? Hoe kyk ons die mense om ons in
die oe? Hoe kyk ons onsself in die spieel in die oe?

Dis vreeslik, dis jammerlik, dis gewetenloos, en diegene wat agter al hierdie kaf sit wat hierdie onskuldige mense so laat ly, se swart boekies is so vol geskryf dat geen tyd meer dit kan genees nie... karma...






groetnis
knipmes

Die Ou Man
25th May 2011, 07:32
‘Vergewe ons’
2011-05-24 21:50

Nelspruit. – “Ons is geestelike hoere. Ons het gesondig deur mense te verwar.”

So het mnr. Johannes Coetzee, die man wat landwyd verkondig het die węreld sou Saterdag tot ’n einde kom, gister hier gesę.
“Ons smeek om vergifnis by God. Dit is duidelik dat ons inligting wat in die Bybel is verkeerd vertolk het en daarmee mense op straat laat rondhol het.”

Coetzee en sy “broers” het gister op ’n mediakonferensie in hul klein kantoortjie in Samora Machelrylaan, Nelspruit, aan die media probeer verduidelik wat Saterdag nie gebeur het nie.

“Ons is węreldwyd sedert Sondag druk besig om weer ’n studie van die Bybel te maak om vas te stel wat volgende gebeur. Ons het dit wat daar staan verkeerd geďnterpreteer.”

Hy het egter volgehou die datum van die wegraping (21 Mei) “is vas” en dat dit steeds deel uitmaak van die aanloop tot die einde van die węreld.

Coetzee verkondig steeds dat die węreld op 21 Oktober deur “swael en vuur” vernietig sal word.

“Ons weet ons is die grootste fools op straat. Maar ons weet dat daar nou ten minste ’n stewige grondslag gelę is vir die einddatum.”

Volgens Coetzee was hulle oor twee aspekte verkeerd: die wegraping en die aardbewing.

Terwyl hulle Saterdag in die hotel in Johannesburg op die einde gewag het, was hulle nie bang nie. “Daar was vrede in ons harte. Maar toe niks gebeur nie, het vrees ingegryp en ons het bang geword.”

Sy seuns, Johan (22) en Joubert (21), het die internet Saterdagnag voortdurend dopgehou op soek na tekens van aardbewings.

“Hulle het my omstreeks 01:30 wakker gemaak en gesę: ‘Hier kom dit nou.’ Dit was toe hulle tekens op die internet gesien het van aardbewings in Nieu-Seeland.”

Coetzee het tydens die mediakonferensie in ’n stadium in trane uitgebars.

“Ons smeek God om vergifnis. Blameer my. Ek was eintlik baie onkundig oor die hele situasie.”

Hy het ook sterk teen leraars uitgevaar.

“In die kerke lieg hulle vir die mense. Satan sit in die kerk en hulle besef dit nie.”

Op ’n vraag van Beeld of hulle op 22 Oktober weer ’n mediakonferensie gaan hou, het hy beslis geantwoord: “Nee. Kom ons kyk wat gebeur.”

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vergewe-ons-20110524)

Die Vrou
25th May 2011, 07:51
‘Vergewe ons’
2011-05-24 21:50

Nelspruit. – “Ons is geestelike hoere. Ons het gesondig deur mense te verwar.”

So het mnr. Johannes Coetzee, die man wat landwyd verkondig het die węreld sou Saterdag tot ’n einde kom, gister hier gesę.
“Ons smeek om vergifnis by God. Dit is duidelik dat ons inligting wat in die Bybel is verkeerd vertolk het en daarmee mense op straat laat rondhol het.”

Coetzee en sy “broers” het gister op ’n mediakonferensie in hul klein kantoortjie in Samora Machelrylaan, Nelspruit, aan die media probeer verduidelik wat Saterdag nie gebeur het nie.

“Ons is węreldwyd sedert Sondag druk besig om weer ’n studie van die Bybel te maak om vas te stel wat volgende gebeur. Ons het dit wat daar staan verkeerd geďnterpreteer.”

Hy het egter volgehou die datum van die wegraping (21 Mei) “is vas” en dat dit steeds deel uitmaak van die aanloop tot die einde van die węreld.

Coetzee verkondig steeds dat die węreld op 21 Oktober deur “swael en vuur” vernietig sal word.

“Ons weet ons is die grootste fools op straat. Maar ons weet dat daar nou ten minste ’n stewige grondslag gelę is vir die einddatum.”

Volgens Coetzee was hulle oor twee aspekte verkeerd: die wegraping en die aardbewing.

Terwyl hulle Saterdag in die hotel in Johannesburg op die einde gewag het, was hulle nie bang nie. “Daar was vrede in ons harte. Maar toe niks gebeur nie, het vrees ingegryp en ons het bang geword.”

Sy seuns, Johan (22) en Joubert (21), het die internet Saterdagnag voortdurend dopgehou op soek na tekens van aardbewings.

“Hulle het my omstreeks 01:30 wakker gemaak en gesę: ‘Hier kom dit nou.’ Dit was toe hulle tekens op die internet gesien het van aardbewings in Nieu-Seeland.”

Coetzee het tydens die mediakonferensie in ’n stadium in trane uitgebars.

“Ons smeek God om vergifnis. Blameer my. Ek was eintlik baie onkundig oor die hele situasie.”

Hy het ook sterk teen leraars uitgevaar.

“In die kerke lieg hulle vir die mense. Satan sit in die kerk en hulle besef dit nie.”

Op ’n vraag van Beeld of hulle op 22 Oktober weer ’n mediakonferensie gaan hou, het hy beslis geantwoord: “Nee. Kom ons kyk wat gebeur.”

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vergewe-ons-20110524)

Ek kry die man so jammer !!! :(

Die Ou Man
25th May 2011, 10:57
Uit Beeld (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vergewe-ons-20110524)

Die Ou Man

Dit klink vir my of hy spyt is dat Liewe Jesus toe nie miljoene mense op die aarde kom vermoor het nie.

SKATTIE

die ou jy is net so siek jesus moor nie jou aap

Die Ou Man

Ek dog dan dat Jesus op 21 Mei sou kom om sy mense weg te neem en die res te vermoor deur middel van natuurrampe wat hy teweeg sou bring.

Kom ons noem die ding by sy naam. Dit is volkere moord.

Dit is slegs 'n moreel bankrot geloof wat mense dreig met uitwissing deur hulle god indien hulle nie by daardie geloof inkoop nie.

Liefde groete.

Die Ou Man

Meister

That's nice

Roskam1

Jy het n punt beet Die Ou Man, hoekom sal n God van liefde vrees inboesem oor die hel en dan die wat nie in Hom glo nie of dood maak of vir ewig in die hel laat brand met n geween en n gekners van tande? maak nie lekker sin nie.

Die Ou Man
25th May 2011, 13:13
Uit Beeld.

Donald
@Die Ou Man: Toe die Ou Testament op skrif begin sit is, so van 700>500 vC, het die ongeletterde
mens van destyds nog ‘n eenverdienghuis beskouing gehad: mens, god en skepping…heel eenvoudig, “God” het, volgens hulle, alles gemaak/’geskep’ edm. Hou gerus in gedagte dat hulle toe selfs geglo en aanvaar het dat die Aarde die middelpunt van die heelal is (heliosentrisme) en dat die Mens “die kroon van God se skepping” is, ook dat die son om die is-alles aarde draai. Dit het baie lewens gekos (ook twee van my voorgangegerlewes! LEWENDIG VERBRAND!) om van hul dogmatiese akkies af te sien. En nou kom Coetzee en vele bedreigdes (ja, jul godsdiens en bybel word hierin bedreig en tot orde geroep!) op hd forum en traai daai terughou-uitgangspunt van destyds verdedig: gaan lees mooi waar kry Kamper en Coetzee hul begin-oud-Isrealiese idees vandaan, uit die Ouuuu Testament van hul Ouuuuu (tot slaaf maak) bybel!

Die Ou Man

Om die toekoms van die aarde in die Joodse mitologie te loop soek, is naďef. Ingevolge daardie mitologie is die aarde sesduisend jaar oud en dit is hier waar die berekeninge klaar op 'n vals fondasie gegrond is.

Daar is bome op aarde wat ouer is as die "Skepping" van die Bybel.

Liefde groete.

Die Ou Man

Donald

@Die Ou Man: dat mense vandag nog so naďf is om die tydperktwak in die Bybel te glo en steeds letterlik/fundamentalaisties te vertolk. Jy seg daar word in die Bybel gegoël die Aarde is 6,000 jaar oud. My Liewe Allemintig, is daar enige bybelsot wat so iets sal wil traai hier kom bewys? Die wetenskaplikes BERAAM die aarde as so 4,6 BILJOEN oud. My Liewe Hel, dat ons hier nog ons tyd met gelowige Metusalemme (lees tog sot!) moet sta’ en mors!

alex king

Pla dit niemand dat die nuwe testament stel dat die oordeelsdag/eindtyd nog in die leeftyd van die apostels sou plaasvind nie? Vreemd.

Die Ou Man

Wel, dit is presies wat Jesus belowe het.

En toe dit nie gebeur nie, rassionaliseer hulle met die alombekende " 'n dag is soos 'n duisend jaar vir God".

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
25th May 2011, 15:37
Uit Beeld (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vergewe-ons-20110524).

Donald

Vraag: Wie is “Die VALSE” Profeet/Getuienis hierin? Coetzee, of die Bybel? Of albei. En kwalifiseer die emosionele verdedigers van die falende Bybel op hd forum dan nou ook as “VALSE PROFETE”!? Wanneer lees ons hier ‘n enkele een wat verskoning vra oor die galgelag wat hierin (en uit hul bybel) verwek is? Wanneer is daar een wat erken dat die Bybel, weer eens, tot lagwekkendheid gelei het? Wanneer hou Coetzee, Kamper en verdedigers hier op met hul fie-fo-faa dreig en “God” wat glo alles weet en hul god wat ons wat verskil gaan beet kry waar ons nie beetgekry gaan word nie? En wanneer erken net ‘n enkele een dat alles in die BYbel tog nie letterlik as feit opgeneem kan word nie?

Die Ou Man

Dit is mos logies dat mitologie nie letterlik beoordeel kan word nie.

Visse sluk nie regtig mense in om hul 3dae later heelhuids uit te spoeg nie.

Volkere praat nie verskillende tale omdat 'n paar mense in die Midde-Ooste op 'n dag 'n toring tot aan die hemel wou bou nie.

Jakob het nie regtig 'n stoeigeveg met die Here van die Bybel gewen nie.

En Jahweh het nie regtig 'n moddermannetjie gebou en asem in hom geblaas nie.

Die Ou Testament het ontstaan uit die denke van Midde-Oosterse mense wat in die steentydperk geleef het.

Dit dra net soveel gesag as mitologië van ander volke en is geensins uniek nie.

Donald

@Die Ou Oom: Haai, nee wag, nou ga’ jy darem te ver. Die vis het mos vir Jona ingesluk…so staan dit in Die Goue Stad geskryf, baie lank voor Jona uitgedink is. Dis ma’ net, toe die ingeslukte deur die Jode Jona gemaak is, het hul Godingespring, alles oorgeem & gereël. En die Goue Stad verhaal kom uit Babilon, & alles uit Babilon is mos voor God waar, vra maar vir Adon of Utnapystum, & word evangelie sodra hulle dit tot in die Bybel gecopy het. Bly God nog steeds in Babel-Irak? Ek wonner of hy nie SA toe verhuis het nie. En wat uit die Ooste van Israel kom is mos alles feit & waar as dit in die Joodse bybel ingevoeg is, & goddelik sodra dit in die Nuwe Testament ingesluit is, soos oom Zoroaster van Babilonië se “Openbaring”, Ahura Mazda se seun-van-God, Mithra & sommer heel baie ander!
Die tale…? Het God ons nie gestraf daar nie? God El. Enlil. Dis nou voor Ou JaHWęH daar kom “God” speel het.
En Jakob het die return match gewen, toe hy ‘n soemoestioeer as hulp ingekry het. Die return faait het glo minder as 3 sekondes geduur.
Wag, nou, alles wat deur Joodse linker hande gesteel, gevat, geleen, ge-ontleen of gecopy is, is waarder as die oorspronklike bron. Gaan vra maar vir oom Gilamesj en oom die-dominees-weet-niks-nie Johannes.

Stefanus
8th June 2011, 16:29
If you are reading this, Judgement Day has come and gone

Silencio
14th June 2011, 20:24
Gits, ek moes seker iets verkeerd gedoen het, ek is nog hier! :24: kom ons drink daarop totdat die volgende persoon die węreld kom vertel hy het God se "dagboek" gesien.

Almal kan glo wat hul wil, elkeen sal sy geloof bestry teen ander, sommiges doen dit met soveel wysheid en mooiheid, en die ander klink soos.. uhm wat sal nou 'n mooi woord wees.. "oningelig'?

Groetnis
Silencio

knipmes
14th June 2011, 22:19
and then they were... flabbergasted... moe toe stom geslat!