PDA

View Full Version : Uhuru: Feit of Fiksie



Die Ou Man
26th May 2007, 18:54
Vergun my om die hele aangeleentheid vanuit 'n realistiese perspektief te beskou. Ek glo nie vir een oomblik dat die regering beplan om wit mense deur middel van 'n menseslagting uit te wis nie. Ek aanvaar egter onomwonde dat daar wel 'n groeiende neiging is om wit mense op 'n barbaarse wyse te terroriseer tydens terreur aanvalle op plase en in huise in stedelike gebiede. Of hierdie tendens die vermoë besit om vinnig te muteer tot 'n grootskaalse menseslagting, is myns insiens nie realisties nie. My aanvoeling oor hierdie aangeleentheid is dus soos volg.

Radikale ondersteuners van groepe wat voorheen terreur as politieke wapen gebruik het, het 'n neiging tot geweldadigheid en destruktiewe gedrag wanneer hulle in groot getalle rondom politieke kwessies aanwesig is. Dit gebeur gereeld tydens protesoptogte, dat die protes baie vinnig van verbaal na fisies verander. Die optog in Kaapstad, waar miljoene rande se skade aangerig is, is 'n onlangse voorbeeld.

Mandela se begrafnis sal waarskynlik die grootste enkele gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika wees. Staatshoofde, hooggeplaasdes en "celebrities" sal van reg oor die wêreld op Suid-Afrika toesak. Daar sal voorbereidings op 'n ongekende skaal, in 'n baie kort tydperk, moet plaasvind.

Byeenkomste en roudienste sal regoor Suid Afrika plaasvind. Die gemoed van die skares sal hoofsaaklik bepaal word deur die inhoud van die toesprake. Die grootse byeenkomste sal op die dag van die begrafnis, in elke dorp en stad, plaasvind. Die plek waar die begrafnis gehou gaan word, sal waarskynlik die grootste saamtrek in ons onlangse geskiedenis wees. Die waarskynlikheid vir chaos en anargie sal onmiddelik na afloop van die begrafnis, op sy hoogste wees. Indien 'n skare van die verwagte omvang, in 'n oogwink in 'n gewelddadige massa muteer (soos wel tydens sommige protesoptogte gebeur), is die kanse goed dat dit kan lei tot grootskaalse geweld en doodslag. Indien so 'n groep, wat buite beheer is, nie deur die gewapende magte gestuit kan word nie, sal dit 'n stoomroller effek aanneem.

Die vrae is dus eenvoudig.

Gaan opruiende toesprake toegelaat word?

Wat gaan die gemoed van die skare wees?

Gaan die Magte in staat wees om die skare doeltreffend te beheer?

Antwoorde op hierdie vrae sal bepaal wat die risiko vir ons gaan wees.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
13th September 2009, 19:56
n Land van ons en hulle

2009-09-04 01:13

Die reënboognasie het politieke varkgriep.

Ons is die laaste paar weke vier keer “getoets”. Die resultaat was telkens: siek, baie siek.

Caster Semenya, John Hlophe, Brandon Huntley en Nkola Motata het, by wyse van spreke, gewys ons ou lot is besig om van vooraf hatig op mekaar te raak.

Daardie goue paar jare toe die meeste uit hul pad gegaan het om verby ras na die beginsel in elke kwessie te kyk is verby. Deesdae sien ons weer net ras raak en niks anders nie. Allermins dit wat regtig tel.

Dis nie Australië wat toetse gevra het oor Caster se geslag omdat dit is wat in internasionale atletiek gebeur nie. Nee, dis wit rassiste wat nie kan aanvaar ’n swart atleet presteer nie.

Hlophe se ondersteuners probeer nie eens vra of hul man waarlik bekwaam en geskik is om ’n regter te wees nie. Nee, dis wittes wat hom “vervolg” omdat hy hul belange bedreig. Ontstellend baie swart mense koop in hierop, glo my gerus maar.

Brandon Huntley, Kanada se bekendste politieke vlugteling wat die massiewe misdaadprobleem in slaperige Mowbray onthul het, is dadelik as ’n rassis gebrandmerk. Erger nog, ook wit Suid-Afrikaners wat gesê het al lyk die perd nie so lekker nie, neem kennis daarvan dat ’n tribunaal in ’n gesofistikeerde, progressiewe land soos Kanada oordeel Huntley het ’n punt beet.

As die ware jy na vore kom die dag dat jou lyf vol dop is, dan weet ons nou juts Motata het nie veel ooghare vir die Boere (lees wittes) nie.

Die aand toe hy mnr. Richard Baird se tuinmuur in Sandton flenters gery het, het hy nie doekies omgedraai dat hy hom deur g’n Boer sal laat verneder nie, want Suid-Afrika is nie meer die wit man se land nie. As dit is hoe Motata dink, hoe seker kan wittes wees dat hulle sonder vooroordeel in sy hof aangehoor sal word?

Maar swart solidariteit agter die regter het begin groei oomblikke ná landdros Desmond Nair se uitspraak sonder fieterjasies.

Sondag het Mondli Makhanya, redakteur van die Sunday Times geskryf: “Daar is woede omdat die swart hand van vriendskap wat die afgelope 15 jaar uitgestrek was, weggestoot is deur die voorheen bevoordeelde segment van die samelewing.”

Wie kan stry oor swart woede? Dit word aangevoel. Makhanya se swart woede oor die “hand van vriendskap” is egter ’n elite-ding. Ek het gedink getalsgewys is daar meer swart woede oor 15 jaar se beloftes van ’n beter lewe wat nie gerealiseer het nie.

Ek kan en wil nie namens wittes praat nie. Maar ek weet baie van hulle sal sê: “Ons het nie die danige hand van vriendskap gesien nie. Al wat ons sien, is Jimmy Manyi se hand wat aan wittes beduie in die werkplek sal hulle tot in ewigheid tweedeklas-burgers bly.”

As ék mag veralgemeen: Daar is woede in die wit gemeenskap omdat hulle alewig die skuld kry. Omdat “rassisme” en apartheid geblameer word pleks van onbevoegdheid en korrupsie.

Hier’s wat my bekommer oor die klimaat van oplaaiende, wedersydse verharding wat ons hier sien: Die brugbouers wat ’n diverse land soos Suid-Afrika altyd nodig sal hê, hou op werk. Vordering ontwyk hulle te veel. Die prys van ostra-sisme in hul eie verhardende gemeenskappe raak te hoog.

En spoedig is daar niemand meer wat Suid-Afrikaners kan wys op dit wat hulle deel en wat hulle saambind nie. Dan stry niemand meer teen stereotipering en veralgemening nie.

Die uiteinde is dat Suid-Afrika weer ’n land word van ons en hulle. ’n Era toe daar gedink is as jy die politieke mag het, is jy reg, want dan moet “hulle” maak soos “ons” sê omdat “ons” baas is.

Daardie benadering het Suid-Afrika tot by die rand van die afgrond gebring. Die huidige klimaat van polarisering kan Suid-Afrika baie maklik terugsleep daarheen.


Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/TimduPlessis/2145/b1398a3540744b1c93cb484e8e7a8372/04-09-2009-01-13/%E2%80%99n_Land_van_ons_en_hulle) dd 2009-09-04

Die Ou Man
13th September 2009, 19:58
Wittes, pas aan in SA, of pas op

2009-09-11 04:02

Nico Smit

Die rubriek van Tim du Plessis (Beeld, 4 September), “ ’n Land van ons en hulle”, is ontstellende leesstof.

Is dit werklik waar Suid-Afrika hom tans bevind – dat ons teruggesleep word “tot die rand van die afgrond?”

Ek sou graag met Du Plessis wou verskil, maar ek is bevrees dat sy diag*nose korrek is.

Dit word in besonder bevestig deur die briewe van lesers wat direk onder Du Plessis se rubriek gepubliseer is en waaruit diepgaande bitterheid by sommige Afrikaners na vore tree.

Omtrent geen gesprek tussen wit Suid-Afrikaners vind dan ook deesdae plaas sonder dat die haglike situasie waarin die land hom bevind, nie aan die orde kom nie. En altyd is dit dan weer die swart regering en sommer alle swart mense wat blameer word.

As ons na die rand van die afgrond gesleep word, is die kwelvraag wat sal gebeur as ons wél die afgrond af gestoot word?

Dit is soos mnr. B.J. Vorster, eertydse premier, destyds gesê het: “It’s too ghastly to contemplate.”

Daarom is dit so noodsaaklik dat ons hierdie moontlike uitkoms van die Suid-Afrikaanse geskiedenis baie goed sal deurdink. Ek wil allermins wolf-wolf roep, maar as ons in hierdie verband volstruispolitiek wil toepas, gaan ons die uiteindelike afstorting in die afgrond net nog verder moontlik maak en ook verhaas.

Koloniste in Algerië

Ek wil in dié verband spesifiek verwys na wat met die wit Franse koloniste in Algerië gebeur het. Soos in Suid-Afrika, het groot getalle Franse koloniste hulle ná die kolonialisering van Algerië deur Frankryk in Algerië gevestig.

Uiteindelik was ’n derde van Algerië se bevolking wit Franse. Vanweë die Franse koloniale beheer, is hulle grootliks bevoorreg en onder die koloniale regering gefloreer.

In 1954 het die Front de Libération Nationale (FLN) egter hul eerste verwoede aanval op die koloniale owerheid gedoen deur regeringsgeboue, winkels, restaurante, ens. te bombardeer en in vlamme laat opgaan terwyl talle in die strate gedood is.

Die Franse koloniste het die aanslag eenvoudig afgemaak as die insluiping van kommunisme in Algerië en het dit as hul plig beskou om Algerië onder Franse beheer te hou ter wille van die behoud van Westerse waardes.

Namate die aanslae van die FLN toegeneem het, het genl. Charles de Gaulle, toe president van Frankryk, in Februarie 1961 besluit om vredesamesprekings met die FLN te begin.

’n Aantal afgetrede generaals in die Franse leër, onder leiding van genl. Salon, die vorige hoof van die leër in Algerië, het egter besluit dat hulle Algerië ten alle koste vir die wit Franse koloniste moes behou.

Hulle het gevolglik ’n eie weerstandsbeweging op die been gebring en begin om die inheemse bevolking te beheer en te beskerm teen die FNL-vryheidsleër. Duisende Algeryne is in die proses gemartel en gedood en beheer oor hul lewens verskerp.

Inheemse bevolking neem wraak

Aan die begin van 1962 het die inheemse bevolking van Algerië egter verwoed op die Franse koloniste begin wraak neem in verset teen die Franse generaals se veiligheidsleër wat beheer oor Algerië oorgeneem het.

Dit het op so ’n groot skaal gebeur deurdat massas Algeryne in die hoofstad Algiers eenvoudig die strate en die wit Franse se woonbuurte binnegestorm het, geboue aan die brand gesteek het en wit mense in die strate gedood het. ’n Massa-uittog van Franse koloniste het feitlik oornag gevolg.

Hieroor skryf Martin Meredith, die Britse joernalis en historikus, in The state of Africa: A history of fifty years of independence (2004), sy magistrale boek, soos volg: “In the mass exodus that followed, more than a million pied noirs (koloniste van Franse oorsprong), fled to France, many leaving with no more than what they could carry in suitcases. Farms, homes and livelihoods were abandoned en masse?.?.?.Thus the French departed, in chaos and confusion, after eight years of war which had cost half a million lives. On 5 July 1962 Algeria attained its independence under the control of a revolutionary government.”

Les vir wit Suid-Afrikaners

Hieruit is ’n les te leer vir alle wit Suid-Afrikaners wat nog glo dat die Suid-Afrikaanse Weermag eenvoudig kontrole oor die land moes oorneem ná oudpres. F.W. de Klerk se aankondiging om met die ANC te onderhandel.

Algerië het getoon wat dan in Suid-Afrika beslis ook sou gebeur het.

Dit is ag genome van wat met die wit Franse koloniste in Algerië gebeur het dat wit Suid-Afrikaners hul teenwoordigheid in Afrika goed sal moet bedink.

As hulle sou voortgaan in hul verset teen swart Suid-Afrikaners en die swart regering, kan die dag aanbreek dat die swart bevolking eenvoudig sal sê: “Genoeg is genoeg. Ons is moeg daarvan om voortdurend deur wit mense gekritiseer en gekleineer te word.”

Sou dit tot ’n massa-aanval op al wat wit is, oorgaan, sit die wit mense vasgekeer soos rotte in ’n val. Hulle het geen moederland wat skepe sal stuur om hulle te verwyder nie. Hulle sal ’n massaslagting moet verduur.

Maar wat dan van die leër en die polisie? Waarom sou hulle vir die wit mense ter beskerming intree as hulle 15 jaar lank nog net kritiek vanuit die wit oord moes verduur? En wat van die VSA en die Verenigde Nasies?

Of hulle ter wille van vier miljoen wit “rassiste” hulle aansien by die hele Afrika op die spel sal wil plaas, is hoogs te betwyfel.

Wat moet wit mense doen?

Wat staan die wit mense dan te doen? Meer as ooit tevore het oudpres. P.W. Botha se woorde profetiese woorde geword: “Adapt or die.”

Hierdie keuse word vir die wit mense ’n al hoe groter werklikheid.

En “adapt” sal in die eerste plek vereis dat die klaagliedere oor die swart regering, asook oor swart mense in die algemeen sal moet ophou.

Ons het geen keuse nie as om lojale Suid-Afrikaners te word en te vergeet van ons minderheidsregte, ons taal en kultuur, ons aansprake op die beëindiging van regstellende aksie en die herinstelling van die doodstraf.

Gaan ons hiermee voort, verhaas ons tien teen een die afgrond waarin ons kan afstort.

Of ons vir ’n tweede keer van die rand van ’n afgrond, soos Du Plessis dit noem, gered sal word, is ’n te groot risiko om op te hoop. Wit Suid-Afrikaners moet aan die werk spring voordat hulle, soos die wit Franse koloniste in Algerië, die afgrond afgestoot word.

Nuwe Groot Trek

Wit mense se toekoms is slegs húl keuse en is in hulle eie hande. Niemand anders kan vir hulle ’n beter toekoms verseker of uitwerk nie – allermins ’n swart regering.

Die tyd vir ’n keuse is besig om uit te loop. Dit het tyd geword vir ’n tweede Groot Trek – nie na Orania toe nie, maar ’n groot trek van Die Gees om Suid-Afrika nie meer as óns land of húl land te beskou nie, maar ’n land waarin rasionele denke seëvier omdat die wit mense tot die insig gekom het dat daar vir hulle geen bestaan in die land moontlik is sonder ’n vreedsame saambestaan van al die land se bewoners nie.

Die hele Afrika benodig so ’n voorbeeld.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/In-Diepte/Nuus/1979/b5cce0cc414241b9a41306771614ec7a/11-09-2009-04-02/Wittes,_pas_aan_in_SA,_of_pas_op) dd 2009-09-11.

knipmes
13th September 2009, 20:34
Wittes, pas aan in SA, of pas op

2009-09-11 04:02

Nico Smit

.... maar ’n land waarin rasionele denke seëvier omdat die wit mense tot die insig gekom het dat daar vir hulle geen bestaan in die land moontlik is sonder ’n vreedsame saambestaan van al die land se bewoners nie.

Die hele Afrika benodig so ’n voorbeeld.




Ek het nog altoos die politieke weg as 'n afgrond beskou... en verkies die weg van liefde as Godsgegewe Gawe...

Lanklaas het ek egter op sulke eerlike opregte denke afgekom soos die woorde hierbo wat as noodkreet uitroep. As gewese transvaler het ek die (voor?)reg gehad om na baie jare weer daardie deel van ons land onlangs te besoek. Wat opvallend was, was die verbysterende spoed waarteen alles afloop daagliks, met geen maar geen goedhartigheid of menswillendheid te speur nie.

Snaaks hoe die swartman my eerste groet, my kans gee in die verkeer or rye, maar die witman wil my dood don..r want wie is ek nou?

Jesus se woorde het opgeskiet "dit sal makliker wees vir n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan, as 'n rykman deur die poorte..."

Dis duidelik dat ons nog te veel die waarde van aardse weelde aanstreef as geboortereg!

Oom Niklaas se woorde bewys dit wat hierbo so duidelik uitgespel word

"baas gaan klaas worre, en klaas baas!"

Dis tyd om wakker te word, witman!

:abat::abat::abat:

groetnis
knipmes

Die Ou Man
15th September 2009, 07:48
Ons hét al en kan weer ’n Bloedrivier doen

deur Dr. Ben de Klerk
2009-09-14


Dominee comrade Nico Smith het kort-kort sy mond vol oor baie sake.

As hy nie ons Doppers wil leer hoe om ons kerksake te bedryf nie, of *Orania probeer kleineer nie, dan wil hy ons bangmaak met die swart gevaar. Hy moet maar weer die geskiedenisboeke gaan oopslaan by die hoofstuk oor Bloedrivier.

As sogenaamde kerkman moet hy weer gaan lees dat die Here die uitslag van die stryd bepaal het en nie die oormag van die comrades nie. Die Afrikaner is nie bang nie; hy weet waar sy krag vandaan kom. Die Afrikaner skrik nie vir jou en jou comrades nie.

Ons was al by Bloedrivier en het kaalvoet oor die Drakensberge getrek en het die konsentrasiekampe oorleef.

Ons kan dit weer doen.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/0c4084552f2743578e1e1be966fec6bb/14-09-2009-06-45/Ons_h%C3%A9t_al_en_kan_weer_%E2%80%99n_Bloedrivier _doen) dd 2009-09-14

Die Ou Man
15th September 2009, 07:55
Jy hoef nie Einstein te wees om dít te sien

deur Lido Pellencin
2009-09-14


Tim du Plessis en dr. Nico Smith verwoord in Beeld van Vrydag 11 September menige wit Suid-Afrikaner se vrese.

Jy hoef nie ’n Einstein te wees om te sien dat swart mense moeg raak vir kritiek en veral die sinisme wat van die wit kant af kom nie; praat nie eens van die belaglikmaking van al wat swart bestuurder en instelling is nie.

Die feit is dat wit mense tussen die duiwel en die diep blou see is.

Hoe moet wit mense stilbly wanneer hulle deur hul nekke vir water en elektrisiteit betaal? Mag hulle dan nie kla wanneer die burgemeesters van ons dorpe en stede partytjies hou en geld verkwis op duur motors en huise pleks van dat hulle die paaie regmaak, die rioolplase in stand hou en die Eskom-rekeninge betaal nie?

Is dit daaraan wat ons moet “adapt”?

B.J. Vorster het wel gesê: “It is too ghastly to contemplate”, maar hy het ook gesê: “As ons hulle die stemreg gee, gaan ons alles verloor.”

Smith sou waarskynlik hewig verskil het. Want, sou hy seker redeneer, as ons soet kinders is en ons oorhandig die mag, sal hulle ons mos nie seermaak nie. Hulle is billike en volwasse mense wat weet hoe om ’n land te regeer. Hulle sal ons op die hande dra.

As die wit mense kla en siniese grappies die wêreld instuur, dan sê Smith dat ons die gevaar loop om keel afgesny te word. Hoe kan hulle nie kla nie? Bly hý stil en kyk hý anderpad?

Du Plessis noem Smith ’n struggle-teoloog. Dit beteken seker hy is een van die mense wat vir die swart mense sal vertel hoe hard hy geveg het om die wit bestel tot ’n einde te bring.

Hy moet dus uitgelos word wanneer wit mense in die strate uitgesleep word en kele afgesny word.

Daar is ’n ontnugtering wat op hom wag. Hy gaan eerste wees! Of hoe ken hy Afrika? Wat doen hy om te verhinder dat die situasie in daardie rigting draai?

Wat doen die ander wit politici wat ons in hierdie gemors laat beland het?

Waar is al die wigte en teenwigte nou? Wat doen daardie laaste wit president en sy trawante wanneer hulle sien dat dinge besig is om lelik skeef te loop? Wat het van al daardie beloftes geword? Is daar ’n Nobelprys vir oneerlikheid?

As Smith sê dat ons moet stilbly en afsien van ons minderheidsregte en rasionele denke moet seëvier, dan wonder ’n mens wat hy bedoel. Wat bedoel hy wat wit mense prakties moet doen?

Wat moet ék doen om ’n lojale Suid-Afrikaner te word?

Moet ek toelaat dat my vrou op die sypaadjie en in die supermark uit die pad gestamp word en stilbly daaroor?

My seun en sy vriendin voor my hek gekaap word en stilbly daaroor? Ons vriendin doodgeskiet word vir ’n paar rand wat sy by die dobbelmasjiene gewen het en stilbly daaroor?

Ek die keuse gestel word om ’n verlaging in pos of ’n pakket te aanvaar en stilbly daaroor?

Dit lyk vir my hý is die een wat moet stilbly. Dit lyk vir my teoloë in die algemeen moet maar stilbly.

Vir hulle is dit tog net ’n eenrigting-gesprek.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/6c650a5e37b945e79013f0051e76a115/14-09-2009-06-45/Jy_hoef_nie_Einstein_te_wees_om_d%C3%ADt_te_sien_) dd 2009-09-14

Stefanus
17th September 2009, 18:21
Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?

Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/skrywers/5410_Waldor.htm)

Suid Afrika was die swartskaap van die wêreld. Ons het die gruwelikste dade van die skending van mense regte gepleeg. Die hele wêreld was op ons gefokus in die dae toe ons die apartheidswette gehandhaaf het. Die wêreld druk was so groot dat ons uiteindelik daarvoor geswig het. ‘n Totale ommekeer het plaasgevind, die bordjies is verhang en uiteindelik kon die onderdrukte agtergeblewenes die geleentheid gebied word om te wys dat hul agtergeblewe toestand en die onderdrukking waaraan hulle onderwerp is, die oorsaak was van al die kritiek wat hulle moes verduur oor veral hul aggressie, gewelddadigheid en geneigdheid tot misdaad. Apartheid het gemaak dat die swart man van Suid Afrika as misdadiger gesien word. Die bewerings dat die misdadige optrede van die Swart man die gevolg van ‘n inherent barbaarse geneigdheid is, is afgemaak as rasse vooroordeel. Die mense moet die kans gegee word om te wys dat die oordeel van regse kant af onregverdig is. Hulle kans het in 1994 gekom...

Dit is nou veertien jaar later, en Suid Afrika geniet steeds wêreld belangstelling en aandag. Maar. waar apartheid destyds die katalisator vir die fokus was, is ons onnatuurlik hoë misdaadsyfer, met veral geweldsmisdade, nou die aantrekkingspunt. Waar het dinge dan verkeerd gegaan? Dit moet steeds die effek van apartheid wees, want die swart man verskil nie van ons nie, word daar gesê. Inherent is hy dieselfde as ons...miskien was die agtien jaar sedert 1994 nie genoeg tyd om die skade te heel wat gedurende die apartheidsjare aangerig is nie. Gedurende die apartheidsjare was die misdaadsyfer ongetwyfeld aansienlik laer as wat dit van dag hier is. Wat het daar dan daardie tyd bestaan wat gemaak het dat misdaad onder beheer was? Waar en as gevolg van wat kry misdaad nou die vrye teuels?

Miskien moet ons die Amerikaanse stelsel na die getuiebank roep. Miskien moet die wetenskap rondom die Neger faktor in Amerikaanse misdaad onder die loep geneem word. Die Amerikaanse situasie kan vir ons stellig die beste vergelyking tref, omdat al die faktore betreffende die Amerikaanse Neger die ‘uiteindelike’ rolmodel vir die swart man van Suid Afrika is... Die Amerikaanse Neger is nou darem al baie lankal reeds van die slawerny en onderdrukking bevry. Hy praat lankal reeds nie meer enige Afrika taal nie, inteendeel hy het hoegenaamd geen aansluiting by sy voorouers nie. Hy het so verwesters dat hy ‘n Amerikaanse van het, sy moedertaal is Engels en hy het dieselfde kultuur as enige ander kontemporêre Amerikaner. Die Amerikaanse Neger is die tipiese voorbeeld van ‘n agtergeblewene wat ‘n kans gekry het – die prima voorbeeld... Hoe figureer die lank bevryde swart man van Amerika in die Amerikaanse misdaad syfer?

The united States of Murder” is die tema van ‘n opname wat deur die Britse departement van Binnelandse Sake gemaak is. Hulle het ‘n misdaad vergelyking getref tussen twintig Europese, en nege noord Amerikaanse stede. Volgens die opname is bevind dat Washington DC met 69.3 moorde per 100,000 mense, los hande voorloop. Dit beteken dat Washington DC, in verhouding, 170 maal meer moorde as die Belgiese hoofstad Brussels, met slegs 0.4 moorde per 100,000 bevolking het. Daar is ook bevind dat die nege Amerikaanse stede onder die boonste twaalf van die opname ressorteer het. Wat het in die Amerikaanse stede bestaan wat nie in die Europese stede bestaan het nie?

Nou die dag was daar in die Suid Afrikaanse media ‘n relletjie oor die misdaad statistieke wat nie korrek weergee word nie. Ek het kortliks in die lig daarvan ‘n happie, ‘Nuutste Huis roof statistieke – verdoemend’, aan die Woes lesers voorgehou. Die statistieke wat daarin vervat is, was statistieke wat nie vir die algemene publiek in Suid Afrika beskikbaar was nie – nou sit ons met Amerikaanse statistieke waarin daar helaas verdoemende ooreenkomste met die van Suid Afrika is...amper al die volgende statistieke spreek vanself, maar is nie in Amerika aan die publiek gerapporteer nie.
Een van die voorste koerante van Australië, die ‘Sydney Morning Herald’, het in die uitgifte van 20 Mei 1995 ‘n uiters insiggewende artikel oor die misdaadsyfers van Amerika geplaas – ten spyte van die Neger se vlak van ontwikkeling en ten spyte van die feit dat hulle 13.5% van die bevolking uitmaak, lees die statistieke as volg:

Die misdaadsyfer in Amerika het gewelddadige misdaad die afgelope 20 jaar meer as vier keer vinniger as die bevolking gegroei. Jong Negers (onder 18) is meer gewelddadig as al die vorige geslagte en die kanse is twaalf keer groter dat jong Negers, eerder as jong wit Amerikaners, vir moorde gearresteer sal word.

Volgens ‘n opname wat die Amerikaanse Departement van Justisie wat gemaak is oor slagoffers van misdaad word meer as 6.6 miljoen gewelddadige misdade (moord, verkragting, aanranding en roof) jaarliks in die VSA gepleeg, waarvan 20% of 1.3 miljoen ras verwante misdade is.

Meeste van die slagoffers – ongeveer 90% - is wit, volgens ‘n uittreksel uit “Highlights From 20 Years of Surveying crime Victims” gepubliseer in 1993.Bykans 1 miljoen wit Amerikaners is deur swart Amerikaners in 1992 vermoor, geroof, aangerand of verkrag, vergeleke met ongeveer 132,000 swartes wat deur wittes volgens dieselfde opname.

Die Negers het 7.5 keer meer gewelddadige inter rasse geweld misdade as die wittes gepleeg ten spyte van die feit dat hul bevolking ‘n sewende van die van die wit mense uitmaak. Indien die statistieke op ‘n per capita basis geneem word toon dit ‘n ongewone (eintlik gewone) dispariteit: swartes pleeg 50 maal meer ras verwante geweldmisdade as wittes.

Volgens die nuutste jaarlikse verslag oor moord, van die Amerikaanse ‘Federal Bureau of Investigation’ bly dit dieselfde. By die meeste ras verwante moorde toon die statistieke Neger aanvalle op wit mense 18 keer meer as andersom.

Hierdie skrikwekkende verskille het in die middel sestiger jare na vore gekom toe daar ‘n skerp toename in misdaad teenoor blankes in Amerika begin plaasvind het, ‘n toename wat nie so toevallig, presies ooreengestem het met die begin van die moderne mense regte bewegings... waarom duik 1994 dan nou so skierlik hier voor my op?
Met die tyd het die kumulatiewe effek verbyster. Statistieke van die Amerikaanse Departement van Justisie en ook die van die FBI het aangedui dat meer as 25 miljoen gewelddadige ras verwante misdade, oorheersend swart oortreders en wit slagoffers behels het. Meer as 45,000 mense is vermoor in vergeleke met die 58,000 Amerikaners wat in Viëtnam en 34,000 in Korea gesterf het. Dit laat my onomwonde dink aan die vergelykings tussen ons sterftes in die grensoorlog teenoor die plaas moorde!

Wat nie gewelddadige misdade (inbrake, voertuig diefstal, sakerol en persoonlike diefstal) betref, word die kumulatiewe getalle geweldig. Die statistieke van die Amerikaanse Buro van Justisie toon dat 27 miljoen nie gewelddadige misdade gedurende 1992 in Amerika gepleeg is, en die opname het getoon dat 31% die diefstalle deur Negers gepleeg is terwyl slegs 2% deur Blankes gepleeg is.

Indien al die misdaad statistieke saamgevat word, wil dit voorkom asof ten minste 170 miljoen misdade gedurende die afgelope 30 jaar teenoor Blanke Amerikaners gepleeg is.

Wat natuurlik van kardinale belang is wanneer daar na die verhouding in die statistieke gekyk word, is dat die FBI, Mexikane, Puerto Ricane en Arabiere as Blankes klassifiseer. Dit beteken dat die misdaad syfers vir die wit mense van Amerika hierdeur verder opgeblaas raak. Dit is nodeloos om daarop te wys dat veral die Mexikane en Puerto Ricane inderwaarheid verhouding gewys gerieflik stelling tussen die Negers en die blankes inneem wanneer dit by die pleeg van ‘n misdaad kom.

Indien daar nog steeds na al die jare, in Amerika, soos huidig in Suid Afrika, stiksienig daarop gehamer word dat die geweld misdade teenoor blankes ‘n weerspieëling is van die diep gewortelde haat wat ons toekom as gevolg van al die jare se onderdrukking en rassisme teenoor ons gelyke broeders oftewel ‘naastes’ kan die volgende statistieke uit die genoemde opname gebruik word in ‘n poging om die waas op die reënboog-bril af te vee
Wapen oortredings word vyf keer meer deur Negers as deur wittes gepleeg

Negers word vyf keer meer gevang waar hulle gesteelde eiendom koop

Negers word vier keer meer as blanke Amerikaners met prostitusie verbind

Vier keer meer vir verdowingsmiddels gearresteer
Die kanse is drie keer meer dat Negers vir bedrog, vervalsing, as namakers en vir verduistering gearresteer sal word.

Die kanse is vyf keer groter dat Negers geforseerde verkragting sal pleeg

Meer as 25% van alle Negers tussen die ouderdomme van 20 – 29 is in die tronk of uit op parool – dit sluit nie die in wat vir misdade gesoek word of verhoorafwagtend is nie.

Ironies dat die buitengewoon hoë misdaadsyfer onder Amerikaanse Negers daartoe lei dat groot getalle van hierdie ‘bevryde slawe’ weereens van hulle stemreg ontneem word. Volgens ‘n ‘Associated Press’ verslag van 23 oktober 1998, is 1.4 miljoen Neger mans verhinder om te stem as gevolg van algemene wette in baie van die Amerikaanse state wat bepaal dat gevonniste kriminele nie mag stem nie. In totaal kon 13% van Neger mans nie in die 1998 verkiesing, as gevolg van hierdie wette stem nie.

Dan is daar die liewe ou ‘vigs faktor’ wat in baie gevalle hand aan hand met dwelmmisbruik, op die dunste ys van die gelykheid waan loop. Ook hier loop die rasse streep lynreg en duidelik deur die probleem. Volgens die ‘Nasional Institute on Drug Abuse’ (NIDA) in Amerika, was 70% van die land se binneaarse dwelmslawe, so vroeg as 1987, Negers of Spaans Amerikaners. Dit dui dan ook op die feit dat VIGS besmetting in Amerika die hoogste onder hierdie twee groepe voorkom.

Volgens ‘n verslag wat deur die ‘Centre for Disease Control’ op 16 November 2005 vrygestel is het 24,268 vroue van VIGS gesterf wat hulle deur heteroseksuele kontak met HIV positiewe mans opgedoen het. In dieselfde jaar het nie blankes 66% van alle persone uitgemaak wat VIGS het. Volgens die CDC se “2004 HIV/AIDS Surveillance Report” maak Negers (48%), ‘Hispanics’ (17%) en die Amerikaanse Indiane en die Asiatiese/Pasifiese Eilanders (1%) uit van alle VIGS draers. Moet steeds nie uit die oog verloor dat die Negers slegs 13% en die ander nog ‘n baie kleiner persentasie van die Amerikaanse bevolking uitmaak.

Die CDC het ook bepaal dat Negers 50% van alle HIV/VIGS gevalle wat in 2004 gediagnoseer is uitgemaak het, terwyl 33% van alle mense wat vigs in 2004 opgedoen het, dit by wyse van heteroseksuele kontak opgedoen het. In Amerika veral, en ek het dit dwarsdeur die vyf jaar wat ek Irak was duidelik gesien hoe die Blanke Amerikaanse dames ‘n ongewoon oordrewe ‘aptyt’ vir Negers mans en ‘Hispanics’ het.

Gooi nou die 48% Neger, en 17% ‘Hispanic’ besmetting statistiek in die mengel potjie en jy sit met ‘n hoogs aansteeklike reënboog kasserol waaraan daar in die gelykheid sopkombuise met liefde geslurp word!

Ons weet almal dat die Amerikaanse Neger al so verwesters het, dat hy beswaarlik met die agtergeblewene van Suid Afrika vergelyk kan word. Hy is benewens dit nog, anders as ons agtergeblewenes, so wyd verwyder van sy wortels in Afrika, dat hy in ons terme as die versinnebeelding van die swart man in Suid Afrika se eindpunt/mikpunt beskou kan word.

Maar helaas, as die Neger van Amerika met al die hulp en verwestering steeds as ‘n minderheid in Amerika, so hoog op die afwyking skaal figureer, hoe in die wêreld gaan ons ‘regstellende’ stappe ooit die ‘oerwoud uit die laboratorium’ haal? Hoe kan enige iemand selfs ‘droom’ van ‘n reënboog land?


Datum publiseer: 2009-09-17

Schuch
20th September 2009, 19:37
Uhuru has begun, the question is when will it intensify? I myself have had a rape/murder planned on my family! The dates were the first week of September. It has been a very difficult and harrowing time working round the clock to secure the property and to try blow this attack off! I called AKSKA in to look for tekens, and loads were found, in fact 3 routes through my property. I am not the main target, I am in fact one of 3 families who have this threat pending! The worst of all is that when I was talking to the head bloke about all this, he said that he is finding tekens all over SA that says the time for the white man is over! The radicals are feeling very much in control and ready for action, so we could be finding ourselves in a very sticky situation sooner than we think! The dates have now moved to the first week of October, and the main target in the road, also has their dates for the first week of October. The plan is to murder the 14 month old baby in the house, and the other 2 targets are a deflection for the real motive! Now, if these tsotsi's can think nothing of murdering a baby, what heart do they have for you or I? Zilch! What was just as horrifying, was the amount of black magic found on my property, right down to the sacrifice of a black rabbit that appeared on my property some time in March. The rabbit's throat was slit (in July) and the body placed in a bucket on the side of the property. This is evil personified in every form one can imagine! I would like to urge each and everyone of you to re-evaluate your security. 6mm security bars were bent off like licorice. They use a bobbejan spanner and a wet cloth and bend the bars off with no problem at all! Now, I do not expect anyone to believe me, but, I witnessed a stick stand up on its own in my back yard! It did so after I walked past it, needless to say, I nearly '*(&^^ in my brooks! These people work heavily with the occult and be rest assured, it is powerfull! I also had curtains move in my house like someone was trying to open them, but there was just me in the study and the windows were closed. I thought it might be the cat, but I was alone! The tekens they lay out are sealed with black magic and I brought one teken in the house to show the AKSKA blokes. I must've brought something in the house with it. Imagine the scale of witchcraft being used to help secure a plan like Uhuru? I shudder at the thought! Thought I would share my story with you all, and please keep this baby and us in your prayers, we really do need it more than you will know!

Vicky
29th September 2009, 22:23
http://cdn.24.com/files/Cms/General/d/303/c5a7089622b04995951a47b8b7be83fe.jpg

“Laat ek jou vertel, my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd!”


Julius Malema hou nie van boetes betaal

2009-09-26 21:23
Julian Rademeyer

Julius Malema is net so vinnig met sy kar as met sy bek – en hy betaal nie sy spoedkaartjies nie.

Die president van die ANC-jeugliga – alombekend vir sy gladde mond, liefde vir vinnige karre en laatnag-partytjies – het in die laaste twee jaar versuim om 14 boetes vir verkeersoortredings te betaal wat saam R5000 beloop.

En hy’s nie die enigste Jeug-liga-leier wat in die pekel is nie. Die woordvoerder Floyd Shivambu het sedert Augustus verlede jaar 12 onbetaalde boetes agter sy naam waarvoor hy R2625 skuld.

Malema het Vrydagaand oudergewoonte die raskaart uitgepluk toe hy oor sy uitstaande spoedkaartjies uitgevra is.

“Ek ken net revolusie, ek weet niks van motorbestuur nie,” het Malema telefonies vanuit Amerika gesê.

“Laat ek jou vertel, my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd!

“Almal van julle saam kan niks aan my doen nie. Jy mors jou tyd.

“Ek is ’n kind van helde en heldinne van die struggle. Ek is nie ’n kind van lafaards en onderdrukkers nie. Ek is nie ’n kind van ’n imperialis nie.

“Ek het koloniseerders verslaan. Ek gaan die kinders van die kinders van die koloniseerders verslaan.”

Hy het nie ontken dat hy uitstaande boetes het nie, maar gevra: “Is jy seker dis ek in die motor? Ken jy ’n kar genaamd Julius?”

Malema se inkswart Mercedes- Benz C350 is op 21 September verlede jaar teen ’n spoed van 169km/h op die N1-suid naby Johannesburg afgeneem. Hy’t versuim om die boete van R1100 te betaal.

Net die vorige dag is Malema afgeneem toe hy teen 146km/h gery het. Hy’t hard gerem om spoed te verminder, maar die kamera was te vinnig vir hom.

Sy jongste oortreding was vroeër vandeesmaand toe hy met R750 beboet is.

’n Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, insp. Edna Mamonyane, het gesê ’n lasbrief vir ’n oortreder se inhegtenisneming word gewoonlik uitgereik indien ’n boete ná 90 dae nog nie betaal is nie, of die vermeende oortreder versuim het om in die hof te verskyn.

Mamonyane het bygevoeg dit kan soms “’n bietjie langer duur” en wou nie uitwei oor Malema nie.

Shivambu het Vrydag gesê hy was onbewus van sy eie en Malema se uitstaande boetes.

“Ek dink jy’s baie verveeld,” het hy by navraag gesê. “Ek weet nie waarvan jy praat nie. Ek kan nie kommentaar lewer voordat ons nie seker gemaak het waar jy die inligting gekry het nie. Jy kon dit in jou kop opgemaak het.”

Shivambu het die foon toe neergesit.

Malema het vroeër vandeesmaand gesê mense wat gal braak oor ministers wat duur rygoed met belastingbetalers se geld koop, is bloot jaloers.

“Om ’n Mercedes-Benz te ry kan nie korrupsie wees nie. As dit is hoe julle korrupsie definieer, is julle net jaloers,” het hy volgens berigte gesê.

- Malema en die adjunkminister van polisie, mnr. Fikile Mbalula, was vandeesweek in die Amerikaanse hoofstad, Washington, DC, om “Suid-Afrika te bevorder en Amerikaners aan te moedig om in die land te belê”.

Die omstrede “Suid-Afrika- week” val saam met die jaarlikse konvensie van die sogenaamde swart koukus van die Amerikaanse kongres.

Dié twee sou ’n aantal vergaderings, asook dinees, ’n wynproe, modevertoning en konsert bygewoon het.

Die Suid-Afrika-week is gereël deur Khabo-Mabe On Time Inc., ’n maatskappy wat bestuur word deur die Suid-Afrikaner mnr. Kennedy Khabo.

Vroeër vanjaar het ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington Khabo beskryf as ’n “gediskrediteerde persoon wie se boeke nie skoon is nie”.

Carte Blanche het verlede jaar onthul die Tshwane-metroraad het meer as R2 miljoen aan dié week bestee en dat dit “niks meer as ’n groot partytjie” was nie.

Die openingsaand verlede jaar is deur net 25 mense bygewoon – van wie tien Tshwane-amptenare was.

- Rapport (http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/8c44769168d043a7b7f6f2bc0eb11fae/26-09-2009-09-23/Julius_Malema_hou_nie_van_boetes_betaal)

Die Ou Man
30th September 2009, 09:28
Polisie weer ’n MAG!


Misdadigers geniet te veel regte, het pres. Jacob Zuma gister gesê. “Dit terwyl hulle mense se reg om te leef geneem het deur hulle te vermoor.”

Op ’n vergadering met sowat 1 800 bevelvoerders van polisiekantore landwyd by die Voortrekkermonument in Pretoria het hy gesê: “Misdaad in Suid-Afrika is abnormaal. “Dit is uiters gewelddadig en misdadigers wag mense by hul huise in, vermink hulle en vermoor hulle.

“Misdadigers is nie eens bang om gesien te word nie.

“Omdat ons met dié soort abnormale misdadigers te doen kry, moet die hand van die gereg versterk word en daarom noem ek nou die polisiediens die polisiemag.”

’n Nuwe rangstruktuur word ook voorsien.

Ná die uitreiking van die jongste misdaadstatistieke en veral die syfers van die afgelope jaar se huisrooftogte, rooftogte by ondernemings en motorkapings, is dit duidelik die polisie en die regering moet harder werk om misdaad te bestry, het die president gesê. Wanneer die lewens van die polisie en die publiek bedreig word, het die polisie geen keuse nie as om dodelike geweld te gebruik, meen Zuma.

Al het die polisie oorlog teen misdadigers verklaar, moedig die regering hulle nie aan om skietlustig te wees nie.

“Maar as ’n misdadiger ’n vuurwapen uithaal en dit op ’n polisielid of die publiek rig, is dit duidelik dat hy gaan skiet.

“Ons is nie almal skerpskutters nie en ons sal nie almal eerste na die misdadigers se hand met die wapen in kan skiet nie. Op daardie oomblik is daar nie tyd om te kyk vir sy hand nie.”

Die president het gesê terwyl die polisie eers ’n waarskuwingskoot moet afvuur, het die misdadigers nie ’n eed afgelê om óók eers ’n waarskuwingskoot af te vuur nie.

Hy het na die wysigings in art. 49 van die Strafproseswet (die sogenaamde “skietwet”) verwys wat in wording is en gesê die plan is om dit binnekort na die parlement te neem.

“Dit is ’n maatreël wat spesifiek op ernstige geweldmisdaad en gevaarlike misdadigers gemik is.” Die regering is volgens Zuma besig met ’n proses om die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) te versterk en beskou dit as ’n belangrike maatreël om te verseker dat dié wet nie misbruik word nie.

Die OKD en die nasionale en provinsiale leierskorps van die polisie was ook by die vergadering. Ook teenwoordig was die ministers van polisie, justisie, korrektiewe dienste, maatskaplike ontwikkeling en die beplanningskomitee, asook verskeie premiers en LUR’e vir gemeenskapsveiligheid.

Zuma het gesê die kabinets*portefeulje se naam is van “veiligheid en sekuriteit” na “polisie” verander omdat hulle werklike energie in die polisie wou hê. “Die energie moet gebruik word om ernstige en geweldmisdaad se teiken van ’n 7%-afname na 10% per jaar te skuif.”

Geweld bring ’n gevoel van onsekerheid by mense.

Ongeag in hoe ’n goeie toestand die ekonomie is of word sal mense dit nie kan geniet nie omdat hulle bang gaan wees misdadigers vermink of vermoor hulle, het Zuma gesê.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/08877df3d18549ddb6d7943ad9ad44e4/30-09-2009-12-05/Polisie_weer_%E2%80%99n_MAG!) dd 2009-09-30.