PDA

View Full Version : Waarom die nuwe forum?



Wiewilweet
30th January 2008, 12:24
Waarom, ons het SF probeer, mense was ongelukkig, het BV begin, mense is ongelukkig nou sit ons weer met eens helse klomp forums.

Wat is die doel en die visie van die forum, hoe voel hy oor die ander forums soos BV en SF?:lalala:

Vicky
30th January 2008, 13:16
Waarom, ons het SF probeer, mense was ongelukkig, het BV begin, mense is ongelukkig nou sit ons weer met eens helse klomp forums.

Wat is die doel en die visie van die forum, hoe voel hy oor die ander forums soos BV en SF?:lalala:

Hallo Wiewilweet, en welkom by ons forum (nou ook joune).

Wendag.com is totaal verskillend van al die ander forums, in dié sin dat ons hoof oogmerk is om sinvol oor ons geloof te gesels (en respekvol ook met mekaar te mag verskil). Hier word glad nie politiek gepraat nie. Ons ondersteun mekaar, vra vrae, maak bevraagtekenbare stellings, en leer oneindig baie in ons gesamentlike soeke na die Waarheid. Ons poog om mekaar altyd met deernis en respek te behandel, en om altyd die voorbeeld van Jesus na te volg in hoe ons teenoor mekaar optree.

Wat "die ander forums" betref, is ons almal van hulle positief gesind. Ons glo onwrikbaar daarin om vriendelik in B(r)oerskap (soos Die Ou Man dit stel) met almal te verkeer.

Vra gerus as ek nie al jou vrae beantwoord nie - of dalk kan een van ons ander lede ook 'n bietjie meer uitbrei op my pos.

Stefanus
30th January 2008, 13:42
Waarom, ons het SF probeer, mense was ongelukkig, het BV begin, mense is ongelukkig nou sit ons weer met eens helse klomp forums.

Wat is die doel en die visie van die forum, hoe voel hy oor die ander forums soos BV en SF?:lalala:

Wiewilweet, welkom hier.

Jy vra na die doelstelling van die werf?

Onder doelstelling verstaan we het gewenste eindresultaat. Als een website een oplossing is voor een probleem–een middel om ergens te komen–dan is de doelstelling datgene wáár men uiteindelijk wil komen.
Ons doel is om weer by die suiwer, ongekontamineerde boodskap van die Koningkryk van die Hemele uit te kom, afgesonderd van die ander werwe met hul eie doelstellings.

Liefdegroete,
Stefanus

Wiewilweet
30th January 2008, 13:57
Waar ook al iets goed en mooi is is Vicky :thumbup:

Die Ou Man
30th January 2008, 14:52
Wiewilweet

Jy sal onthou dat die deelname van ons mense op stormfront (http://www.stormfront.org/forum/forumdisplay.php/sa-teologie-114.html) niks meer as 'n geklets was nie. En ek bedoel dit nie neerhalend nie.

Boerevryheid (http://www.boerevryheid.co.za/forums/index.php) is toe op die been gebring om te dien as voertuig vir 'n staatkundige roete na vryheid. Dit was egter spoedig duidelik dat die geestelike debat die staatkundige debat oorheers het.

Wendag (http://wendag.com) is toe gestig, om uitsluitlik die geestelike roete te loop.

Liefde groete.

Die Ou Man

Wiewilweet
31st January 2008, 07:15
Dankie julle.

Oom DOM, verstaan 100%. Ek is nog 100% op Stormfront vir 'n rede, dit is om ons boere se saak onder hulle te versterk en steun vir ons mense te kry. Ek genier hul geloofs besprking ook daar, bietjie meers 'n geveg daar ook as iets anders, maar interresant.

Dankie vir die antwoorde, ek sal deel wees.

ISRAELIET
31st January 2008, 14:01
My stuiwer,
as die ander mense op die ander forums my kwaad maak, dan kan ek mos hier n skouer kom soek om op te huil, of hoe ?:blink:

knipmes
4th February 2008, 22:04
Die skouers hier rus sag op Vader-Koning Adam s'n...

jammer ek is so stil, maar baie besig, sal een van die dae saamgesels...

groetnis
knipmes