PDA

View Full Version : Mammoet uit die Graf



Die Ou Man
19th February 2011, 22:45
Navorsers kan mammoet uit graf bring

2011-02-12 16:00

Japanse navorsers gaan vanjaar ín projek begin om die eerste keer ín mammoet te teel.

Hulle wil diť harige olifantspesie, millennia gelede reeds uitgestorwe, binne die volgende vyf jaar uit die graf terugbring.

Met ín tegniek wat baie aan die rolprent Jurassic Park herinner, wil hulle weefsel uit die karkas van ín mammoet wat in ín Russiese laboratorium bewaar word, haal en dit dan kloon.

ďOns is klaar besig met die voorbereidings,Ē het prof. Akira Iritani, hoofnavorser en professor aan die Universiteit van Kioto, aan die dagblad Jomioeri Sjimboen gesÍ.

Volgens diť plan sal die mammoet-selkern geplaas word in ín olifant se eiersel waarvan die kern verwyder is om sů ín embrio met mammoetgene te skep.

Die embrio sal dan in die baarmoeder van ín olifant geplaas word in die hoop dat diť dier uiteindelik ín mammoet in die lewe sal bring.

Die olifant is die naaste moderne familielid van die mammoet, ín enorme wollerige soogdier wat vermoedelik in die vorige Ystydperk uitgesterf het.

Sommige mammoet oorblyfsels het nog behoue weefsel, wat dit moontlik maak om selle daaruit te haal (anders as dinosourusse, wat 65miljoen jaar gelede uitgesterf het en waarvan slegs fossiele agtergelaat is).

Benewens die Japanse navorsers is ook ín Russiese mammoet-kenner en twee Amerikaanse olifantkenners deel van die projek.

Hulle het reeds ín metode gevind om DNS uit bevrore selle te verkry, iets wat voorheen onmoontlik was weens die skade wat selle opdoen wanneer weefsel vries.

ín Ander Japanse navorser, dr. Teroehiko Wakajama van die Riken-sentrum vir ontwikkelingsbiologie, het in 2008 daarin geslaag om ín muis te kloon met selle van ín ander muis wat 16 jaar lank in toestande soortgelyk aan bevrore grond gehou is.

Iritani se span gaan nou diť tegniek inspan.

ďVoordat ons dit kloon, moet ons egter net besluit wat ons met die mammoet gaan doen en of ons dit in die openbaar gaan ten toon stel,Ē sÍ Iritani.

Meer as 80% van die mammoet-oorblyfsels wat al gevind is, is in die Sakha-republiek in die ooste van SiberiŽ opgegrawe.

Daar word wyd gedebatteer oor presies hoekom diť enorme diere, wat in die vorige Ystydperk in groot troppe oor die vlaktes van EurasiŽ en Noord-Amerika geswerf het, uitgesterf het.

Sommige kenners meen hulle is deur mense tot uitwissing gejag. Ander meen hulle was slagoffers van klimaatsverandering en dat hulle nie by ín wÍreld kon aanpas wat vinnig besig was om warm te word nie. Ė AFP

Uit Rapport (http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Navorsers-kan-mammoet-uit-graf-bring-20110211)