PDA

View Full Version : Die slag van bloedrivier.



Die Vrou
26th February 2011, 08:45
Hello Wendag,

Julle ken almal alreeds die verhale van Koning Dawid en Simson en Delilla. Ek gaan nou nie
die verse aanhaal nie. Ek gaan net die gedeeltes kortliks bespreek.

Kom ek begin by Dawid die kind wat in 'n oorlog betrokke was. Dawid het 'n man met 'n klip gegooi
en toe sy kop afgekap. Watter god laat sy kinders so wreed optree? Watter god was in beheer van Dawid se lewe? En dan word daar nog ges dat Dawid en sy god helde is. Tot vandag toe sing ons kleuters van dawid allerhande liedjies van Dawid.

Nou kan ek julle hierdie vrae vra: Was Goliat nie maar ook 'n kind van daardie god nie? Watter
onregverdige god laat toe dat sy een kind sy ander dood maak?

Vir my persoonlik is partydige god wat kant kies onder sy kinders!!

Nou Simson en Delilla se verhaal is baie tragies eintlik. Simson het baie krag van 'n god ontvang en
baie mense vermoor en skade aangerig in die natuur. Hy het vir sy vrou leuns vertel oor waar sy krag vandaan kom so het sy krag behoue gebly met leuns, nou watter god is 'n leunaar? Maar toe hy die waarheid vertel word sy o uitgesteek en maak hulle van hom 'n donkie wat heeldag in die rondte loop en meel maal. Op die ou einde gee hierdie god vir hom vir oulaas genoeg krag om homself en baie ander mense te verbrysel met die gebou waarin hulle hulle toe bevind het. "n Moordenaar is die god wat in Simson se lewe was!

Nou watter god sal voorkeur gee aan sekere kinders en die ander maar net los om te vergaan?
Ek antwoord dat dit dan 'n partydige god is wat net sekere van sy kinders voortrek en die ander maar net los om te vergaan.

Soos ek baie verduidelik het sal 'n hemelse Vader al Sy kinders ewe lief h hy sal nie voortrekkers h nie. Hy sal ook nie aan enige een van hulle skade aanrig of toelaat dat sy kinders mekaar uitmoor nie vir allerhande redes nie.

Dit was nou die bybel verhale en kom ons kyk nou na 'n gebeurtenis wat in ons eie land plaasgevind het. Die slag van bloedrivier.

Baie mense word verwar deur dat hulle glo dat die swart en anderkleurige mense deur die een wie hulle die satan noem geskep is. En dat die wit mens alleen na die hemel toe gaan en dat hulle ook net deur die ware god geskep is. Hoogmoedige denke van die wit ras sal ek dit noem net soos die god wat hulle dien hoogmoedig is. Dit is 'n leun om hulle weg te hou van die waarheid. Ons almal is deur die satan in die vlees gevange geneem in al hierdie verskillende vorms en kleure. En dan glo ander dat net sekere gelowe na die hemel gaan. Wat ook verkeerd is. Daar sal nooit 'n ewewig kan ontstaan in geloof as almal eenkant toe skerm nie. Die verskille veroorsaak dat hulle argumenteer en verdeeld raak. Nou kan ek weereens vra: Nou watter hemelse Vader sal toelaat dat sy kinders so verdeeld raak.

Nou kom ons gaan terug na die tyd van "Die slag van bloedrivier". Daar was daardie dag 'n slagting aan hordes anderkleurige kinders deur argumente en gierigheid.
Dis nou eintlik die selfde wat gebeur het soos in die geval van Dawid. Daar was voorkeur gegun aan die een groep mense. Nou dieselfde by slag van bloedrivier. Daar was 'n prys as die god hulp verleen het aan die wit mense. Daar was part gekies omdat die wit kinders 'n belofte aan die god gemaak het. Hy sou verering kry en nog ander.

'n Opsomming van wat gebeur het is kortliks dat hulle gevra het dat hy hulle sal red van 'n vleeslike dood en hulle te help om die ander kleurige kinders van dieselfde god te oorwin in 'n oorlog(wat beteken dat mense mekaar dood moet maak omdat hulle nie ooreenstem met 'n saak nie.)

Watter god was daardie dag daar saam met die handjievol boere? Watter god het hulle gehelp om die anderkleurige kinders dood te maak.

Die mense kan of wil moedwilliglik net nie verstaan dat ware liefde nooit sal vermoor of partydig sal wees of hoogmoedig is nie.

Ek s weer soos ek al baie ges het hier is net een god wat in die vleeslike wreld regeer hy's 'n leunaar, 'n bedrieer, 'n moordenaar, 'n slagter, 'n dief en dit is die skepper van die hemel en aarde!!

Wanneer 'n Vader wat sy kinders waarlik waar lief het teenwoordig is sal daar geen bloed vloei nie, daar sal geen twiste wees nie .... daar sal net 'n eenheid en vrede wees!

Groete

Die Vrou..

knipmes
26th February 2011, 12:59
Die Vrou,

Ek dink hier word die spyker op die kop geslaan!!




groetnis
knipmes

Die Vrou
1st March 2011, 09:23
Goeie more my liewe onsigbare leser,

Ek weet alreeds n hele ruk dat jy van sommige van my skrywes lees. Vandag wil ek
die tyd neem om met jou te gesels. Ek wou eintlik al lankal maar my moed het my
begewe. Ek wil vir jou s dat ek jou baie jammer kry. Ek kan sien hoe jy ly elke liewe
dag. Ek sien dat jy gebuk gaan in die lewe hier op die aarde. Ek weet ook hoe jy voel wanneer
mense kinders jou sleg s. Ek self ken die pyn, smart en foltering wat dit bring. Ek weet
hoe moeg en moedelooos jy soms voel wanneer dinge vir jou nie na wense is nie. Ek weet ook
hoe jy voel met al die laste en wroegings wat dit vir jou bring. Ek voel ek wil jou graag help in
jou lyde hier, maar dit is n onmoontlike taak. Jy is hardkoppig en luister nie graag wat
ek te s het nie en ook trots. Jy loop elke dag met swaar laste rond hier in die wreld. Jy
is soos n beseerde leeu. In sy pyn en lyde loop hy brullend rond en kyk wie kan hy verskeur.
Kyk werklik bietjie om jou en sien hoe seer jy ander maak. Ek weet jy het ook seer, daarom
dink jy as jy ander seer maak sal jy beter voel nes die leeu. Maar al die tyd is jy besig om vir
jouself net die lewe wat reeds so moeilik is nog net moeiliker te maak. Wil jy nie maar die strydbyl
laat vaar en vrede maak met jouself binne in jou hart nie. Wil jy nie maar eerder liefde in
stede van kwaad saai nie. Dit sal jou verryk en almal om jou. Liefde weeg mos maar altyd swaarder
as kwaad steek, is dit nie?

Liefde groete

Die Vrou..

Die Vrou
5th March 2011, 09:46
More Wendag , my onsigbare leser, ;)

Ek het hierdie draad oorspronklik begin onder die bespreking kolom om die satan in ons daaglikse lewens uit te wys. Alle insette van julle is ook welkom.
Om die satan uit te ken moet mens kyk na sy persoonlikheid. Hy is gees en dus onsigbaar en baat dit baie om onderskeiding van die gees wat teenwoordig is toe te pas. So kan mens sien dat dit eintlik nie die vleeslike is wat jou aanval nie maar wel die geestelike. Die satan gees wat onsigbaar is kan alle vlees beheer sonder dat jy hom kan keer. Hy is dan die skepper daarvan en weet dus presies hoe om die vlees na sy wil te laat reageer. Dit is nou net so hier op die aarde wanneer jy self die uitvinder is van tegnologiese uitvindsels en dan weet jy ook presies hoe dit werk, nie waar nie, so ook die skepper gees. Hy weet presies hoe om ons vlees te beheer en ons sekere dinge te laat doen na sy wil.

Ja ek het so bietjie oor die slag van bloedrivier gesels maar nou wil ek dit uitbrei na gebeure wat vandag in ons land en self ook tussen ons as mensekinders nog daagliks plaasvind.

Ek weet reeds dat julle sy geaardheid ken maar ek wil hier net weer sy persoonlikheid uitwys:

Hy is jaloers, selfsugtig, verwaand, moordlustig, kwaadstokerig, gierig, toornig, hoogmoedig, eiewaansugtig, wreedsugtig, hartelooos, hy haat, eiebaatsugtigheid, besitlikheid, sarkasme, geweldadig, eiebelangsugtig, eieliefde, eiemagtig, iesegrimmig, ge-iriteerd, vermakerig, eieroem, ag daars nog baie ander, julle kan maar jul eie beskrywing hier kom byvoeg.
In ander woorde gestel sy persoonlikheid is bestaande uit al ons sondes. En daar is ontelbare sondes hier op die aarde. Dit behoort nou vir julle nog duideliker te wees as bogenoemde woordeskat.

Nou wanneer ons kyk na wat in ons land gebeur op die huidiglike oomblik, nou wie en watter god sal julle kan s is hier besig?

Kyk ook nou self in jou eie lewe waar hy teenwoordig is! Want hy is oral om ons heeltyd en altyd besig om kwaad te stook tussen ons. Hy laat ons mekaar sleg s en beledig net soos hy wil en dan pak hy die skuld op die mensekind wat hy gebruik het.

Gaan nou uit elke dag en onderskei hom oral waar jy gaan en met alles en almal waarmee jy te doen kry. Julle kan baie baatvind daarby en ook sodoende makliker die vleeslike mens wat vir sy aanvalle gebruik word vergewe.

Liefde groete

Die Vrou..

Die Vrou
5th March 2011, 09:54
Goeie more my liewe onsigbare leser,

Ek weet alreeds n hele ruk dat jy van sommige van my skrywes lees. Vandag wil ek
die tyd neem om met jou te gesels. Ek wou eintlik al lankal maar my moed het my
begewe. Ek wil vir jou s dat ek jou baie jammer kry. Ek kan sien hoe jy ly elke liewe
dag. Ek sien dat jy gebuk gaan in die lewe hier op die aarde. Ek weet ook hoe jy voel wanneer
mense kinders jou sleg s. Ek self ken die pyn, smart en foltering wat dit bring. Ek weet
hoe moeg en moedelooos jy soms voel wanneer dinge vir jou nie na wense is nie. Ek weet ook
hoe jy voel met al die laste en wroegings wat dit vir jou bring. Ek voel ek wil jou graag help in
jou lyde hier, maar dit is n onmoontlike taak. Jy is hardkoppig en luister nie graag wat
ek te s het nie en ook trots. Jy loop elke dag met swaar laste rond hier in die wreld. Jy
is soos n beseerde leeu. In sy pyn en lyde loop hy brullend rond en kyk wie kan hy verskeur.
Kyk werklik bietjie om jou en sien hoe seer jy ander maak. Ek weet jy het ook seer, daarom
dink jy as jy ander seer maak sal jy beter voel nes die leeu. Maar al die tyd is jy besig om vir
jouself net die lewe wat reeds so moeilik is nog net moeiliker te maak. Wil jy nie maar die strydbyl
laat vaar en vrede maak met jouself binne in jou hart nie. Wil jy nie maar eerder liefde in
stede van kwaad saai nie. Dit sal jou verryk en almal om jou. Liefde weeg mos maar altyd swaarder
as kwaad steek, is dit nie?

Liefde groete

Die Vrou..

More Onsigbare leser, :)

Ek wil jou net graag antwoord, my Vader haat niemand nie Hy het almal ewe lief! En omdat ek by Hom geleer het en mense en boeke nie in ag neem nie. Haat ek ook niemand nie en ook nie vir jou nie, (Al s en doen jy wat ookal) Ware liefde vergewe alles en almal, maak nie saak wat hulle aan jou verkeerd doen nie!

Mooi dag verder.

Liefde groete

Die Vrou..

Stefanus
5th March 2011, 11:26
Ek weet reeds dat julle sy geaardheid ken maar ek wil hier net weer sy persoonlikheid uitwys:

Hy is jaloers, selfsugtig, verwaand, moordlustig, kwaadstokerig, gierig, toornig, hoogmoedig, eiewaansugtig, wreedsugtig, hartelooos, hy haat, eiebaatsugtigheid, besitlikheid, sarkasme, geweldadig, eiebelangsugtig, eieliefde, eiemagtig, iesegrimmig, ge-iriteerd, vermakerig, eieroem, ag daars nog baie ander, julle kan maar jul eie beskrywing hier kom byvoeg.

Nou wanneer ons kyk na wat in ons land gebeur op die huidiglike oomblik, nou wie en watter god sal julle kan s is hier besig?



As ek na hierdie kyk kom die god van die ou testament sterk na vore as kanidaat vir hierdie pos, in Joh 8:44 het Die Christus tog self aan die Israeliete gese - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy n leuenaar is en die vader daarvan."

Stel ons hierdie god van die ou testament self aan die woord soos vasgepen deur Jesaja 45:7 - "Dit is die HERE "wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen."

Dus kan ons dit verder uitbrei en se dat enige "gelowige" wat sy geloof op die ou testament as basis het hierdie eienskappe gaan uitleef.

Liefdegroete,
Stefanus

Die Vrou
5th March 2011, 12:33
As ek na hierdie kyk kom die god van die ou testament sterk na vore as kanidaat vir hierdie pos,

Liefdegroete,
Stefanus

Verduidelik vir my asb.

Liefde groete

Die Vrou..

Die Vrou
5th March 2011, 15:09
Die Vrou


Re: Die slag van bloedrivier.
Quote Originally Posted by Stefanus View Post
As ek na hierdie kyk kom die god van die ou testament sterk na vore as kanidaat vir hierdie pos,

Liefdegroete,
Stefanus
Verduidelik vir my asb.

Liefde groete

Die Vrou..


Stefanus,

Ek verstaan nie, s jy die satan is verantwoordelik vir hierdie pos en dat ek nou my oor aan hom geleen het?

:unsure_1:

Stefanus
5th March 2011, 15:54
Die Vrou

Stefanus,

Ek verstaan nie, s jy die satan is verantwoordelik vir hierdie pos en dat ek nou my oor aan hom geleen het?

:unsure_1:

Nee glad nie, ek het my dalk nie duidelik uitgespreek nie, ek verwys na:


"Nou wanneer ons kyk na wat in ons land gebeur op die huidiglike oomblik, nou wie en watter god sal julle kan s is hier besig?"

Die ou testament is 'n versameling van geskrifte oor verskillende gode van die tyd wat aangepas was om 'n storie te vertel oor die "gode" van die Jode wat oor die tye verander het maar nou as een wese voorgestel word nl die JALOERSE of te wel Yahweh. Die storielyn van die ou testament behandel egter die jaloerse wese as "enigste god" van die Jode, maar gebruik egter ook insette van ander Gode om gesag aan hierdie wese te gee asof die, die "enigste god" sou wees.

Die Christus het gekom om hierdie wanpersepsie reg te stel maar is deur die priesterdom van hierdie wese vermoor en het hulle werke voortgesit, vandag het ons 'n christen geloof wat hierdie jaloerse wese voorstel as die Vader van Die Christus wat deur die hoofstroom christen-gelowiges aanvaar word as die "eniste" en "ware" weg na saligheid wat min in gemeen het met die doel waarom Die Christus na ons gestuur was.

Liefdegroete,
Stefanus

Die Vrou
9th March 2011, 09:26
Onsigbare leser,

Hier gaan nie bloed vloei nie ... hier gaan geen oorlog wees nie ..... net die satan die skepper van die hemel en aarde wil moor en slag .... maar natuurlik gaan ons van hom gered word deur my Vader. My Vader ken jy nie eers nie maar jy beledig Hom .... hoekom gee jy Hom nie kans om aan jou te verduidelik wat Hy aan my verduidelik het nie .... Onthou 'n saak het twee kante
Die skepper(satan) s'n en my Pa s'n. Wil jy nie maar na my Pa se kant ook luister nie ... dan kan jy Hom mos nou oordeel volgens dit wat jy van Hom gehoor het. Geen mensekind kan enigiemand oordeel sonder dat jy hom/haar goed leer ken het nie ... Leer eers My Vader ken voordat jy Hom veroordeel ..... Hy is 'n onvoorwaardelik die mees liefdevolste Vader wat ek ken .... hy veroordeel nie .... hy haat nie .... hy neem al ons laste volkome weg met sy woord ... Hy is suiwer liefde .... niks anders nie!!

:smile:

Liefde groete

Die Vrou

Die Vrou
9th March 2011, 10:21
Hello julle,

Ek wil graag getuig van een geval waar die verkeerde god die eer gekry het vir iets wat my Vader eintlik gedoen het.

Daardie tyd het ons nog gereeld kerk gegaan Woensdag aande ook, ons het eers laat huistoe gery en toe ons 'n donker deel pad sonder ligte betree het ek skielik 'n beweging op die sypaadjie gesien .... my man het toe agteruit gery en met die ligte geskyn na waar ek die bewegings gesien het .... voor ons het 3 mans met AK47 gestaan gerig direk op ons .... ek't my byna in 'n koma geskrik .... maar weet julle hulle het net daar gestaan ... soos mummies gelyk .... in die rigting van ons voertuig gestaar met die gewere op ons gerig ..... My man het toe net stadig agteruit gery terug op die pad geklim en net aanhou ry tot by ons huis ..... Ja, my man en die polisie was daar ... maar toe was die mans nie meer daar nie .... hulle het ook seker geskrik en maar die diewery laat staan vir die aand.

Kyk, elkeen van ons se geeste kom net van een plek af ..... daar is een Vader wat na ons almal kyk in daardie geestelike woning, waar ons hier in die skepping mekaar seer wil maak .... dit is nie daardie geestelike Vader se wil nie ... so dus ..... waar hy teenwoordig is sal niemand seerkry nie ... en .... beide partye sal veilig wees.

Dit is hoekom ek s daar gaan nie bloed vloei soos almal dink nie ..... die stryd van Armageddon gaan plaasvind op so 'n manier wat almal gaan verstom ..... Want suiwer liefde gaan daardie dag oorwin! Hoor wat ek julle s want dit is die waarheid.

Liefde groete

Die Vrou

Die Vrou
10th March 2011, 10:14
Liewe onsigbare leser,

Eks bly dat jy van geskiedenis praat, jy sien, geskiedenis is net wat die woord s geskiedenis.
Met ander woorde die verlede tyd, dit is wat geskiedenis beteken. Nou kom ons kyk ook na die bybelboek waarvan alle mense so groot ophef maak en s dit is n riglyn. Nee wat die bybel kan nie n ware riglyn wees nie. Hy bestaan ook dan net uit geskiedenis. Gebeure en fabels wat jare en jare gelede was en nie meer is nie. Ook net maar verhale van ander mensekinders se lewens.
Hulle lewenspad is nie in vandag se tyd my lewenspad nie, ek loop my pad alleen niemand kan my hart lees op die aarde nie, net my Pappa gees kan.
Ek kan na enigeen se swaar pad luister maar ek kan dit nie vir hom/haar loop nie, nee, net my eie.

Die bybel is nou veronderstel om een god se woord te wees aan alle mensekinders ..... maaar....... as gevolg van die bybel het baie van die mensekinders uitmekaar gespat. Verskeie groepe elk in n ander rigting. Nou is hulle glad nie meer by een god nie maar baie gode. En elkeen wil graag glo hulle heil is daar by daardie god. Hy sal hulle verlos van hierdie elende en dat hy hulle gaan vry maak van die hel en swaar lewe van slawerny wat hulle moet noodgedwonge deurleef tot hulle vlees afsterf met siektes pyne en skete. En weet jy, elkeen glo hulle is reg ... opreg uit hulle harte is dit so .... selfs jy .... jy glo ook jy is reg.

Ek glo ook ek is reg, maar nou ja, die verlede gaan ons glad nie help met die toekoms nie, ne. Net die toekoms gaan!

Ja, ek sal aan jou en almal wat hier lees herken ek is baie ongelukkig op die aarde, ek leef my lewe op die aarde soos almal moet, het nie op die oomblik n ander keuse nie.
Dus, ek maak nie n moordkuil van my hart nie ... en s aan almal ... ja, ek is gelukkig as ek nie is nie. Nee, ek praat wat in my hart is Plain, reguit en simple.

En gaan ook vir niemand lieg en s ek aanbid die skepper en Jesuskind as dit nie so is nie. Ek is nie n Christen nie en ek glo aan geen gode selfs die skepper van die bybel nie. En ek glo ook dat geen mens (Jesus inkluis) my hier sal kan kom red nie.
Jesus val ook onder die kategorie van die verlede ... en het niks meer met die hedendaagse tyd te doen nie. Hy wat vlees is kan geen mensekinders van n satan gees red nie. Selfs jy onsigbare leser kan dan nie eers in die geestelike wreld inkyk met jou vleeslike liggaam se o nie. Jy is blind vir die geestelike dinge. En so was Jesus ook net mens en blind in die vlees.

Ek besit geen ding soos n geloof nie. Ek het n persoonlike verhouding met my Pappa Gees n vriendskaplike verhouding ons verstaan mekaar se gevoelens ens. Ja, hy praat baie met my ... daar was n stilte vir n tydjie ... maar dit is ook nou uitgesorteer. Ek kan met met Hom alles praat op die aarde alles selfs die dinge wat ek met geen mens sal bespreek nie, praat ek met Hom. En Hy praat weer met my oor Sy dinge en vertel my ook hoe Hy voel oor sekere sake.

My onsigbare leser kan jy my eerlik en opreg s dat jy en jou god oor ander dinge as die bybel gesels .... vertroos hy jou .... en vertel hy jou ... soos my Vader met my doen van Homself of nie. Wat weet jy van hom persoonlik ... weet jy enigiets anders wat nie in die bybelboek te vinde is nie? Weet jy dalk iets van hom wat hy nog met geen ander mens bespreek het nie .... persoonlike goeters, ens?

Wel ek kan jou eerlik s my Pappa Vader praat met my en vertel my hoe hy voel oor sommige situasies in Sy geestelike lewe ... Hy vertel my wanneer Hy hartseer is ... Hy vertel my wanneer Hy bly is oor iets ..... Hy vertel my ook wat Hom hartseer maak ... Gedurig is hy daar vir my ondanks Hy ook baie swaarkry en enorme hartseer het, is Hy altyd daar vir my ... vertroos Hy my .... help hy my ook om deur Sy oogpunt alles te aanskou en te verstaan.
Dit is een van Sy beloftes aan my en ek glo met my hele hart hy sal Sy woord gestand doen en by my wees tot aan die einde van my tyd.

Daarom maak niks meer vir my van die verlede tyd (geskiedenis soos jy dit noem) meer vir my saak nie. Net my toekoms en die my eie geestelike geboorte vanuit hierdie vlees.

Ek wil net noem dat alles van die vlees vuil is en besmet met die satan se hande hierdie skepper gees beheer ons almal se vlees na sy wil ... daarom kyk my Pappa Vader na geen mensekind se vlees nie ... maar wel na sy gees, die gees is rein en skoon, skoner as enige juweel van die vleeslike skepping. Selfs jou gees is so mooi!!

Ek hoop dat alles wat goed is nou jou kant toe sal kom , my onsigbare leser!

Mooi dag vir jou verder ;)

Liefde groete

Die Vrou..

Die Vrou
14th March 2011, 10:56
Hello weer daar Wendag en my Onsigbare leser,

Ekt opgelet daar het nog n leser bygekom, welkom ;)


Jy gaan nooit n f.....n huis gebou kry nie,

Ek bou nie my huis hier, waar alles kan vergaan en deur roes en mot kan verniel nie .... ek bou my huis in die geestelike omgewing waar my Vader alleen heers. Daar kan niks ooit vergaan nie.


Dit bewys jou en jou vader verkeerd, geskiedenis het wel n betreking op more.....

Nee my liewe vriend, jy is verkeerd, kom ek wys jou jy is verkeerd! Kom laat ek jou vertel as jy die heeltyd in gister wil leef gaan jy nooit vorentoe kan beweeg nie. Buiten dit, jy vertel my jy het seker jou huis hier gebou waar niks blywend is nie .... Jou splinternuwe motor het na die eerste maand sy oorspronklike waarde verloor ..... jou praghuis raak kort kort verniel deur wind en weer ..... dan praat ons nie eers oor glips ongelukkies nie ..... met ander woorde jy moet die heeltyd herstel werkies doen!! Niks hier hou verewig nie, sien jy nou? En om al jou herstel werkies te doen kos net geld en nogmaals geld ..... ook is geld nie verniet hier nie ..... jy moet hard werk daarvoor .... n slaaf is jy dan ook nog hier .... Wil jy verewig in slawerny leef of wil jy waarlik vry wees .... vry van slawerny .... vry van al jou laste ..... wil jy n kommervrye toekoms tegemoet gaan in n ander geestelike omgewing waar jy al die hel wat jy hier in die vlees beleef kan agterlaat? Saam met jou kan jy nie die vleeslike neem nie .... want vlees en gees pas nie saam nie!! Vlees gaan tot niet ..... maar die gees bly leef, verewig!

Ek wil hierdie een stuk byvoeg tot hierdie pos ..... dan sal julle ook kan verstaan hoekom ek geen aanstoot neem van enige komentaar of beledigings na my gerig nie.

Ons het nou gekyk hoe ons hele land meegesleep kan word deur die satan en hoe hy hulle beheer om teen mekaar op te staan met geweld en belediging, ens.

Die satan is nie net tussen die wat hom vereer en aanbid nie, hy is ook tussen ons as mensekinders daagliks. Hy beheer ons tong en gevoelens net na willekeur sodat hy kan maak en breek. Hy neem ons tong en beledig of vertrap n ander net soos hy wil.
Kom ons kyk nou byvoorbeeld na jaloesie in n gesin ..... hy sal sy jaloerse houding deur jou laat dreun sodat daar naderhand niks van jou gesin en liefde vir mekaar oor sal bly nie. Hy hou net doodeenvoudig aan totdat hy oorwin en die egpaar se huwelik en liefde iets van die verlede is. En dit omdat hy niemand en niks anders enige geluk gun nie ... selfsugtig is hy hierdie jaloerse god die skepper!!

Kom ons kyk hoe begin n argument tussen mensekinders ..... die een sal iets s ... heel onwetend dat daardie einste woorde skielik die ander gaan iriteer of selfs boos kwaad gaan maak nie .... en gou daarna .... so groot argument dat dit naderhand klink of julle niks meer met mekaar te doen wil h nie ... dan word daar sommer ook gepraat van die be einding van vriendskap; huwelik ens. Om nie eens te praat van al die beledigings wat oor en weer na mekaar geslinger word nie en al die hartseer en pyn en vernederings wat dit veroorsaak in mekaar se harte nie.
Ja, jy vergewe die persoon .... maar daardie woorde bly in jou verstand agter en word oor en oor deur die satan herhaal om jou daarmee te pynig en amper naderhand tot malheid te dryf. En jy weet self hoe jy reageer na al daardie herrinerings van pynlike vernederings en beledigings, ek hoef dit nie eers te noem nie.

Julle baklei dan letterlik soos kat en hond en wil mekaar selfs aanrand of vermoor .... as julle nou eerlik gaan sit en dink aan die saak .... is dit werklik jyself wat so waansinnig te kere gaan? Ja daar is gevalle wat die liefde die oorhand kry .... en daar versoening kom ....maar dan is daar gevalle wat in n tragedie ontaard ... n onbeplande nagmerrie dalk nog.
En dan besef die arme mense nie eens dat dit nie hulle self is wat die argument bedryf het nie .... maar al die tyd is dit die satan wat hulle vlees beheer.

Verstaan nou as ek s die vlees is vuil en word deur die satan beheer en dat jou eie gees rein en skoon is! Let ook op na die satan se persoonlikheid in sommige van jou eie dade en sien hom daar besig om jou te verniel en te vertrap deur eenvoudig die een wat jy die liefste het se tong te gebruik. Jy blameer dan ook die verkeerde een, waar jy die mens die skuld gee is dit eintlik die satan se skuld.

Jy kan om dit vir jou maklik te maak n lys op te stel van sy gedrag sy eienskappe sal wees alles wat sleg is. Jou eienskappe alles wat goed is.

Nou as ek s: los my uit ... ek is moeg .... en voel geiriteerd. Of ek is nou woedend kwaad of vanaand verongeluk ek jou! of ek voel doodsiek of jy sal net doodeenvoudig swyg en nie n woord met niemand in die vertrek praat nie en net almal ignoreeer en sodoende wanneer iemand iets daaroor s sal jy afhaak en een grootste argument begin.

Dit is nou hoe ek mense evalueer wanneer ek met hulle te doen het .... moenie n fout maak nie ek word ook deur die satan gebruik ... ek verskoon nie myself nie.
Alles op hierdie aarde wat vir enigiemand kan skade berokken is nie uit hulle self nie maar van die satan. Hy doen dit en blameer dan die mensekind daarvoor. En dan ook daardeur dan al die ander mense op te sweep om daardie persoon of dier te veroordeel.

My liewe onsigbare lesers .... ek aanvaar geensins dat jul beledigings afkomstig is van julle self nie .... maar van die satan.
Net hy openbaar sulke swak gedrag. Ek ken hom .... ek kan hom in die openbaar ten toon stel ...... so dus, ek verskoon julle ;)

Jy kan nie die argumente keer nie .... maar jy kan wel direk daarna versoening bewerkstellig wanneer jy kan oplet dat die satan sy stem in die saak verhef het, en nie jou vriend, vriendin of selfs jou eggenoot nie. Sodat die liefde dan kan seevier bo die kwaad.

Liefde groete..

Die Vrou..

Die Vrou
17th March 2011, 08:16
More my Liewe vriend die onsigbare leser :)

Doen jouself n guns en gaan lees gerus My Getuienis .... daarin behoort jy n beter prent te skilder in verband my lewe .... en natuurlik my jaloesie probleem ... en jy weet my hart is geen geheim vir enigeen nie .... my hart is oop .... en wat daarin is praat ek ... ek maak nie n moordkuil van my hart nie .... en weet jy my Vader ken my hart .... Hy ken my diepste gevoelens waarmee ek daagliks worstel .... en wanneer die dae vir my donker word is Hy hier langs my om my hand te vat .... en my te vertroos soos Hy altyd maar doen .... baie geduldig is Hy met my .... maar ek kan jou eending s, jy kan maar so hardgebak voorkom die dag as jy Sy liefde in jou eie hart ervaar verander jy na die makste lam. (Onthou hierdie woorde van my, gerus.)

Een ding moet jy en almal wat hier lees mooi verstaan ... ek Die Vrou is nie skaam vir wie en wat ek is nie!!!! Ek is nie ryk in die vlees nie .... maar ek het n skat ondek wat niemand op hierdie aarde het nie ..... n ander woonplek wat vir julle o nie sigbaar is nie .... en laat ek jou een ding vanoggend hier vertel ...ek persoonlik sal dit vir niks hier op die aarde verruil nie... al gebeur wat ook al ... al word ek vertrap .... al word ek uitgeskel .... al word ek selfs gemartel om dit op te gee SAL ek dit NOOIT opgee nie!!!!

In jou o is ek n verfoeilike satanis vrou .... maar in my Vader se o is ek n juweel ;)



Dit is geen lieg nie, maar jy sal kennis daarvan dra, want jy herken self jy glo NIE in die Bybel nie.


Lyk my meer of jy eerder n verhouding het met n boek en nie met jou god self nie ... want jy kan my nie sinvol antwoord sonder n spul bybelverse nie!
Jammer ....


Nou waar bly jy dan?.......op n berg, in die veld, onder die see.???


Nee, ;) ek bly ook in n huisie net soos jy .... tot my Vader my kom haal .....


Jy is op die regte forum wendag, satan se mag is baie sterk daar.!!!


Die waarheid is besig om op Wendag geopenbaar te word .... en dit my vriend kan die skepper god wat jou totaal in sy mag het nie verdra nie.

Ooooo, nog net een heel laaste ding ..... ek is glad nie verergd of kwaad of niks omdat jy my poste daar by jou so mooi copy en paste nie ... :D jy sien!!!
Ek waardeer dit eerder want nou kan baie meer mense my skrywe lees ...weet jy ;) .... jy doen my eintlik n guns!

Mooi daggie vir jou verder ;)

Liefde groete

Die Vrou..

Die Vrou
24th March 2011, 07:56
Hello Julle,

Ek het nog een laaste deel wat ek hier wil byvoeg.

Romeine 7 verse 15 en 17, 18, 19.

Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat,
dit doen ek.
Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
Want ek weet dat in my, dit wil s in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

Hier is 'n mooi voorbeeld van hoe mense deur die onsigbare satan gees gevorseer word om dit juis te doen wat hulle nie wil nie.

Ek weet ook dat dit waar is en geen leun nie .... ek kan voel hoe ek vorseer word om die satan se wil te doen!! Want ek wil ook nie die slegte dinge doen nie .... maar tog doen ek dit nog steeds ongeag. Dit is hoe ek weet dat die satan ons almal beheer ... nie net vir my nie!!!

Sodra die mens kan identifiseer dat die satan hom/haar beheer .... dan .... alleenlik dan .... sal hulle vry kan kom van hom en sy manipulasie spul hier in die vleeslike tronk. Maar eers moet hulle besef dat die vleeslike skepping nie afkomend is van 'n liefdevolle Vader nie ... hulle moet eers die vlees haat voor hulle kan vry kom en weer geestelik gebore kan word.

Groete

Die Vrou..

knipmes
24th March 2011, 20:54
... hulle moet eers die vlees haat ...

Bokkie, hierdie maak nie sin nie, jy gee die duiwels te veel eer hoegenaamd!

As mens die vlees moet haat om die ewigheid te bereik dan sal ons almal byvoorbeeld op strepe selfmoord pleeg en gaan waar daar nie muskiete en siektes is nie... of hoe?

Moet nooit vergeet dat die "Vonk" van "Lewe" daardie laagste breekdeel van energie wat ons as mens hier op aarde en selfs die duiwels nie kan vanself laat ontstaan nie, al wil ons en veral die duiwels wel so graag wou, wel van Godhoof afkomstig is, en deur Die Allerhoogste hier in die materiele Heelal, en veral op aarde geplaas het deur middel van opdragte aan spesifieke Gode (Seuns van Die Allerhoogste) wat die aarde moes laat vermeer in lewe...

Elkeen maak van die lewe hier op aarde of 'n hel of 'n hemel, en is elkeen verantwoordelik vir sy/haar eie lot... Dis nooit God se "wil" nie... dis ons eie, en sal pa staan vir daardie keuses... goed of sleg. Die duiwel het glad nie my liggaam gemaak nie, my ma en pa het.... anders sou ons almal pa loos gewees het want ma is verwagtend gemaak deur die duiwel? (klink soos die Jesus geboorte storie???)

Om hierdie lewe te haat is 'n baie besonderse plek om te wees, want slegs daar kan mens opbou boontoe... 'n vleeslike tronk is self gemaak en kan self oorkom word, of dalk nooit nie... eie keuses in totaal. Tog so jammer ons blameer die Gode daarvoor mos? iemand moet die blaam kry, of hoe?

groetnis
knipmes

Die Vrou
25th March 2011, 10:34
knipmes my liewe vriend,


As mens die vlees moet haat om die ewigheid te bereik dan sal ons almal byvoorbeeld op strepe selfmoord pleeg en gaan waar daar nie muskiete en siektes is nie... of hoe?

Hierdie is dan nou juis die punt hoekom daar so stryd is om weer gees te word ..... die vlees is te moeilik om van af te sien ... selfmoord ..... ek kan nie saamstem nie .... daar is 'n manier om vry te kom sonder om selfmoord te pleeg ..... daagliks gebeur dit dat mense met allerhande metodes hulle liggaam verlaat en dan weer terug keer.


Elkeen maak van die lewe hier op aarde of 'n hel of 'n hemel, en is elkeen verantwoordelik vir sy/haar eie lot... Dis nooit God se "wil" nie... dis ons eie, en sal pa staan vir daardie keuses... goed of sleg. Die duiwel het glad nie my liggaam gemaak nie, my ma en pa het.... anders sou ons almal pa loos gewees het want ma is verwagtend gemaak deur die duiwel? (klink soos die Jesus geboorte storie???)


Hiermee kan ek nie saamstem nie .... gaan bietjie uit en gesels met mense wat werklik baie swaar kry .... sien hulle verwarring ..... sien hulle verslaentheid .... hulle het hierheen gekom .... hulle weet nie eers meer hoe het hulle hier gekom nie .... dit is makliker om hieroor te skryf en te se hulle het dit gekies .... as om uit te gaan en met hulle te gaan praat en werklik waar te neem hoe swaar hulle kry.

Ja, in die vlees is ons nie ma en pa "loos" soos jy dit noem nie .... maar ons is ons Vader gees kwyt want op die oomblik is ons almal in die hande van die satan!
Vir my maak die Jesus storie nie sin nie want 'n mens kan nie teen 'n gees veg nie ... uitgemaakte saak!! So ek sal nooit Jesus as my saligmaker kan aanvaar nie.


Om hierdie lewe te haat is 'n baie besonderse plek om te wees, want slegs daar kan mens opbou boontoe... 'n vleeslike tronk is self gemaak en kan self oorkom word, of dalk nooit nie... eie keuses in totaal. Tog so jammer ons blameer die Gode daarvoor mos? iemand moet die blaam kry, of hoe?

Nee wat knipmes ek het nie die vlees self gemaak nie ..... ook nie my vlees pa en ma nie .... jy sien dit het begin by die "saad" ek is nou nie 'n wetenskaplike nie en dra nou nie hulle kennis van geboortes ens. nie ... maar ek gaan probeer verduidelik soos my Vader my geleer het ... tydens bevrugting van die saad gaan ons gees binne in die groeiende liggaam ... ek kan nie se hoe dit gebeur nie ... maar dit gebeur wel ... ek glo in re-inkarnasie .... soos die vlees vervalle raak en doodgaan word die gees weer in 'n ander liggaam ingedruk .... Natuurlik moet iemand die blaam kry .... want ons as vlees is nie 'n skepper nie ons kan nie 'n gees in 'n vlees liggaam plaas nie. Iemand is hiervoor verantwoordelik!

Ons moet haat wat hier aangaan want hier vind die slagting van onskuldige wesens plaas!!

Liefde groete

Die Vrou..

Stefanus
25th March 2011, 21:31
So ek sal nooit Jesus as my saligmaker kan aanvaar nie.


Die Christus was gestuur om 'n taak, 'n boodskap vir ons te bring, niks minder of meer nie, die priesterdom het Hom opgehef tot "saligmaker" teenoor die boodskap wat vir ons gebring was.

Die Christus was vir 'n spesifieke volk gestuur om vir hulle leiding te wees, nie dat Sy boodskap nie ook vir my van waarde is nie, solank ons nie bygelowig daaromtrent raak nie.

Die Christus het ook vir die volk vir wie hy die boodskap gebring het die volgende gese:


En Hy s vir hulle: "Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wreld, Ek is nie uit hierdie wreld nie."

Hulle s toe vir Hom: "Waar is u Vader?" Jesus antwoord: "Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.
Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy n leuenaar is en die vader daarvan. "


Indien ons bereid is om die boodskap te aanvaar en daarvolgens te lewe is dit vir ons tot "saligheid", om net te glo gaan niks vir ons beteken nie.

Liefdegroete,
Stefanus

knipmes
29th March 2011, 21:00
...Hierdie is dan nou juis die punt hoekom daar so stryd is om weer gees te word ..... die vlees is te moeilik om van af te sien ... selfmoord ..... ek kan nie saamstem nie .... daar is 'n manier om vry te kom sonder om selfmoord te pleeg ..... daagliks gebeur dit dat mense met allerhande metodes hulle liggaam verlaat en dan weer terug keer...

Ja, ek "dag droom" ook, en doen "astrale reise", ook droom ek nags soms ek is 'n "nagwolf"!

nee, grappies op 'n stokkie... die vlees is nie daar om gehaat te word om erens te kan kom hierna nie!


Mar 12:18 Toe kom daar Saddusers na Hom, die wat s dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en s:
Mar 12:19 Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.
Mar 12:20 Nou was daar sewe broers, en die eerste het n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat.
Mar 12:21 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.
Mar 12:22 En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
Mar 12:23 In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? want al sewe het haar as vrou gehad.
Mar 12:24 En Jesus antwoord en s vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
Mar 12:25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.
Mar 12:26 En wat die dode betref, dat hulle opstaanhet julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom ges het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?
Mar 12:27 God is nie n God van dooies nie, maar n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.





groetnis
knipmes

knipmes
29th March 2011, 21:09
...Hiermee kan ek nie saamstem nie .... gaan bietjie uit en gesels met mense wat werklik baie swaar kry .... sien hulle verwarring ..... sien hulle verslaentheid .... hulle het hierheen gekom .... hulle weet nie eers meer hoe het hulle hier gekom nie .... dit is makliker om hieroor te skryf en te se hulle het dit gekies .... as om uit te gaan en met hulle te gaan praat en werklik waar te neem hoe swaar hulle kry...

Die groter prentjie lyk heel anders as mens van onder af wil opkyk, en net vaskyk in jou ooglede omdat dit is wat jy in die lewe geleer is om te glo jy sien...

Elkeen staan pa vir eie lesse om te leer, en andere is hier om juis daardie las te help verlig. Ek het byvoorbeeld 'n wit een been kruipel man en sy vrou wat hul twee praktyke hier op die Bluff in Durban bedryf by die hoek van Bluff en Edwin Swales, al vir baie baie jare. Hulle was al telkemale werke aangebied, maar weier want hul maak glo baie meer as bedelaars. Sy tak hierdie kant en haar tak daardie kant van die pad. Mense ry verby en gooi blou note by die vensters uit vir hulle... 'n blok verder staan 'n witman en bedel geld.. sy bordjie seg hy het geld nodig om sy rybewys te hernu... al vir twee jaar lank... twee jaar gelede was hy maer en nou staan sy pens groter as myne?? en al wat hulle hoef te doen is ry op die emosionele weg van manipulasie en whala...

Daar is oorgenoeg bewyse om te wys dat elkeen sy eie potjie krap op eie manier en weg, en sal self die oordeel doen eendag... hoe langer jy neem om die vlees te "oorwin"... hoe langer gaan jy hier bly!




groetnis
knipmes

knipmes
29th March 2011, 21:21
...ek glo in re-inkarnasie .... soos die vlees vervalle raak en doodgaan word die gees weer in 'n ander liggaam ingedruk .... Natuurlik moet iemand die blaam kry .... want ons as vlees is nie 'n skepper nie ons kan nie 'n gees in 'n vlees liggaam plaas nie. Iemand is hiervoor verantwoordelik!

Ons moet haat wat hier aangaan want hier vind die slagting van onskuldige wesens plaas!!

So met ander woorde:

As ek wat getroud is, nou met jou wat ook getroud is, 'n skelm verhouding het... en jy raak verwagtend... daardie kind word gebore as 'n "bastard" (wat deur die gemeenskap verwerp was vir baie eeue), tog is daardie kind gemaak uit liefde (passie, ek en jy), alhoewel dit buite die raamwerk van goedheid (buite-egtelik) gedoen is. Dis nie God wat daardie kind gemaak het nie, dit was ons... verkeerdelik onaanvaarbaar so! (sien in rooi bo)

Daar is wel 'n lewende vonk in daardie kindjie geplaas deur God, want dit wat ek en jy na smag en vra.. dis tog wat ons sal kry? nie waar nie? Hoe kan dit God of enige ander se skuld of verantwoordelikheid wees as slegs ons eie? pa staan sal ons pa staan!!!


Lief vir jou ook, Bokkie

groetnis
knipmes

Die Vrou
30th March 2011, 08:41
knipmes


tog is daardie kind gemaak uit liefde (passie, ek en jy), alhoewel dit buite die raamwerk van goedheid (buite-egtelik) gedoen is. Dis nie God wat daardie kind gemaak het nie, dit was ons... verkeerdelik onaanvaarbaar so!

Nee wat knipmes hierdie verduideliking slaag nie ... want .... (passie, ek en jy) is vleeslike begeertes en kan glad nie met ware liefde vergelyk word nie! Ja, heeltemal reg ek en jy het in daardie verhaaltjie van jou die vlees geskep, ek stem saam daarmee. Maar die gees wat god genoem word is self verantwoordelik vir die gees wat gevange geneem word in die vlees liggaam wat deur ons voortplanting (sex) plaasgevind het. (sex is nie liefde nie dit is 'n vleeslike funksie!) Jy sien, hy gebruik die mens deur vleeslike begeertes in hom of haar te plaas om sy taak te voltooi anders sal geen gees daarin die vlees gevang kan word nie.

Ek was tog nie verkeerd met die in rooi gemerk nie, ons kan nie 'n gees in 'n vlees plaas nie net die god wat die skepping van die begin of gevormeer het kan! Hy is dan die skepper daarvan. Sien, dit is nie die mens nie!! Die lewende vonkie waarvan jy praat is die gees, want 'n vlees liggaam kan nie sonder 'n gees daarbinne lewe nie.

Liefde groete

Die Vrou..

Silencio
30th March 2011, 21:11
Liewe vrou, waar kom die gees in die vlees vandaan? As 'n kind gebore word, maak nou nie saak hoe of in watter omstandighede die kind verwek is nie, as jy praat van vlees kan nie sonder gees, watter gees praat jy van? ek nie mooi met jou?

Vriendelike groete
Silencio

Die Vrou
31st March 2011, 07:40
Silencio

Re: Die slag van bloedrivier.
Liewe vrou, waar kom die gees in die vlees vandaan? As 'n kind gebore word, maak nou nie saak hoe of in watter omstandighede die kind verwek is nie, as jy praat van vlees kan nie sonder gees, watter gees praat jy van? ek nie mooi met jou?

Vriendelike groete
Silencio

Silencio :)

Elke vroulike of manlike liggaam het 'n gees wat daarin vasgevang is, die gees kom van 'n ander woning wat onsigbaar is vir die vlees se o. Die god wat verantwoordelik is vir die skepping neem hierdie geeste en tydens die bevrugting proses word die gees in die vlees vasgevang. Dit is dan wanneer daar 'n vleeslike baba gebore word. Om weer geestelik gebore te word moet die vleeslike liggaam afsterwe en eers na dat die ander wesens die vlees opge-eet het word die gees vry gestel.

Liefde groete

Die Vrou..

knipmes
31st March 2011, 19:37
n eers na dat die ander wesens die vlees opge-eet het word die gees vry gestel...


Met ander woorde, as ek doodgaan liggaamlik en veras word... is ek moe.. toe! want daar is niks vir die ander wesens om aan te eet nie, en dus gaan ek nie wegkom nie...

nou wat van die eeue se eeue se eeue se mense wat wel aan die een kant uit gebruik veras is in 'n vuurstapel, en die wat as ketters in die vuur verbrand is... hulle is ook moe.. toe!!! ???



Die Vrou, die werklikheid is dat elke man en vrou het die vermoens om vleeslik te vermeerder en dan word in daardie nuwe baba wel 'n gees geplaas wat Siel genoem word, en is van onder gebore...

Al sulke (sommige meer as ander weens vrye keuse) Siele kom telkemale terug (reinkarnasie) totdat alle lesse geleer is en daardie Siel dan reg is om verder aan te beweeg... Sommige bly egter agter en kom nie hul blokke oor nie, en sommige selfs verkies om hier te bly, glo daarin dat die ewige lewe in die vlees le, soos die duiwels jou wil maak glo. Nie alle geestes versteurde mense is egter satanisties of duiwels nie, maar meestal egoisties, selfgesentreerd materialisties georienteerd...


Mat 19:24 En verder s Ek vir julle, dit is makliker vir n kameel om deur die oog van n naald te gaan as vir n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.










groetnis
knipmes

Die Vrou
1st April 2011, 07:46
Met ander woorde, as ek doodgaan liggaamlik en veras word... is ek moe.. toe! want daar is niks vir die ander wesens om aan te eet nie, en dus gaan ek nie wegkom nie...
:D

Nee knipmes, my liewe vriend jy is nie moe.... toe nie!!! Jy's dan net tydelik verlos. Die skepping in geheel is die hel!! Ons word hier gevange gehou in 'n sfeer. Jy kom weg :D maar dit is net tydelik tot hy weer vir jou 'n liggaampie vind.
En wanneer die liggaam uitgebrand word gaan die gees vinniger vry.

Ek's ernstig knipmes!


Die Vrou, die werklikheid is dat elke man en vrou het die vermoens om vleeslik te vermeerder en dan word in daardie nuwe baba wel 'n gees geplaas wat Siel genoem word, en is van onder gebore...

Ja, dit is waar van die vleestelike vermeerdering ... maar .... die gees van elke lewende wese is reeds gebore in die geestelike woning maar word weer hieronder herbore in die vlees. En eers wanneer die gees in die vlees gebore is ... word daardie gees dan blind en hulpeloos en kan die satan hulle beheer net soos hy wil.


Al sulke (sommige meer as ander weens vrye keuse) Siele kom telkemale terug (reinkarnasie) totdat alle lesse geleer is en daardie Siel dan reg is om verder aan te beweeg... Sommige bly egter agter en kom nie hul blokke oor nie, en sommige selfs verkies om hier te bly, glo daarin dat die ewige lewe in die vlees le, soos die duiwels jou wil maak glo. Nie alle geestes versteurde mense is egter satanisties of duiwels nie, maar meestal egoisties, selfgesentreerd materialisties georienteerd...

Hier kan ek glad nie saamstem nie .... want wanneer ek iets evalueer dan evalueer ek dit volgens ware liefde .... dan klink die god wat dit verwag net soos Jahweh die satan "'n hartlose kranksinnigjaloerse god".

Gaan lees asb weer die gedig van "My seun" daarin is 'n pappa se vrese vir sy kind se lyding vasgevang. Ware liefde is nie dieselfde as die vleeslike liefde nie .... dit is baie meer spesiaal, want dit berokken geen wese skade nie, nie smart nie, nie pyn nie, nie swaarkry nie, nie strafgerig nie, die wese hoef geen vuurdoop deur te maak om volmaak te word nie ..... met ander woorde die wese sal geen laste of selfs vrese h meer nie die wese word deur daardie spesiale liefde volkome vrygemaak!

Ek geniet die geselsie knipmes! ;)

Liefde groete

Die Vrou..

knipmes
3rd April 2011, 10:06
...dan klink die god wat dit verwag net soos Jahweh die satan "'n hartlose kranksinnigjaloerse god".

Nee, mensdom is mos van vroeg af geleer dat God soos ons hier op aarde kan kom kuier, en tussen ons wees... Dis tyd om te besef dat die God (Godhoof = God die Vader en God die Moeder) van alle Gode (Vader Ad-am [Allerhoogste] en dan al die ander na Hom in pikorde) nie ooit aarde (materie - heelal) toe sal kom nie. Al die heelal en alles in dit staan buite die Hemele, maar tog ook in dit, want alles maar alles is deel van Godhoof. Die Liefde afkomstig van Godhoof is so verhewe bo aardse denke dat die mens dit heeltemal misverstaan. Jesus het ons dit geleer, byvoorbeeld as jou kind iets doen wat verkeerd is soos dwelmgebruik, verwerp jy daardie kind? Die vrou wat betrap was in owerspel, het Jesus haar geoordeel? Ons is so geneig om Gods Liefde met ons eie denke van liefde te verwar, dat ons nie besef dat alles, selfs die swaarkry en leed, deel is van die bestaan hier waaraan ons gemeet word, nie volgens wie dit kan hanteer en wie nie, maar deurdat ons alles in liefdevolle nederigheid kan verstaan.



Gaan lees asb weer die gedig van "My seun" daarin is 'n pappa se vrese vir sy kind se lyding vasgevang. Ware liefde is nie dieselfde as die vleeslike liefde nie .... dit is baie meer spesiaal, want dit berokken geen wese skade nie, nie smart nie, nie pyn nie, nie swaarkry nie, nie strafgerig nie, die wese hoef geen vuurdoop deur te maak om volmaak te word nie ..... met ander woorde die wese sal geen laste of selfs vrese h meer nie die wese word deur daardie spesiale liefde volkome vrygemaak!

Om die Liefde wat Jesus voorgestaan het, te verstaan is nie maklik nie!

Een manier om dit verstaan is:

Gestel die aarde, van die stratosfeer af tot in die grond... is alles in 'n glasbol.

Gestel die glasbol is vol verskillende kleure balletjies, der miljarde daarvan, vol gemaak.

Gestel alles, elke ding, van atome tot berge verteenwoordig 'n balletjie... atome een balletjie, berge miljoene balletjies...

Gestel jy staan in die moddel daarvan... om jou heen, teenaan elke deeltjie van jou is balletjies... suurstof, stikstof, vaste stof soos klere en ene en...

Getsel jy beweeg jou arms wyd oop na bo om soos Jesus (nie toe oe nie waar jy jou afsonder en alleen staan, weg van God nie, want dis nie moontlik nie) maar opkykend sodat alles deel vorm van jou gebaar, jy en elke balletjie om jou...

Daardie beweging veroorsaak dat die balletjies om jou beweeg soos 'n rippelende tsunami...

Hoe groter die fisiese liggaamlike beweging, hoe groter die tsunami rondom ons.

Nou kom die wysheid te pas....

Fisiese beweging bring tsunami's wat rippel om ons eie lewens, groter of kleiner na gelang van die beweging en dan.... die intensie agter dit!



Mat 13:38 en die saailand is die wreld. Die goeie saaddit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,


Elke geestelike denkbare gedagte en doelstellende intensie veroorsaak tsunami's wat so wyd uitsprei dat dit die aardbol oor versprei... dink aan Hitler of Mandela...

Alles wat ons doen het 'n effek op die natuur, die mens, en die toekoms... denke en wat ons intensies verlang, is en was nog altyd die middel waardeur ons vorentoe of agtertoe beweeg, goed of sleg, in liefde of haat... niks is moontlik sonder om die balletjies te laat beweeg nie!

Jesus leer ons dat, [alhoewel op hierdie aarde alles in plek geplaas is, soos goedgedink deur verskeie Gode en selfs die mens self (beide weens vrye wil),] as mens besef dat die middelpunt bestaanpunt van elke atoom, 'n energie balletjie is, [wat nog deur die Gode (Satan en sy Broers), nog deur die mens as wetenskaplikes, self kon of kan laat bestaan nie, ons probeer, en het dit al gekloon dupliseer, maar laat ontstaan is net nie moontlik nie] wat afkomstig is vanaf Godhoof en dat daardie energie balletjie (Lewe) vol Godhoof se LIEFDE is, dan kan mens nie anders om te besef dat Jesus se boodskap van:



Luk 17:21 En hulle sal nie s: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.


so helder verduidelik word in:



1Co 13:2 En al sou ek die gawe van profesie h en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof h, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.



Mat 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.


en dan is ALLES maar alles moontlik, want ons beweeg al die balletjies wereldwyd in harmonie en vreedsame vredeliewendheid, want is ons dan nie tog deelagtig soos Jesus aan Sy Vader, en Die se Vader en Moeder nie??



Mat 18:3 en Hy s: Voorwaar Ek s vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Mat 18:4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.


so ek verkies om maar 'n stout seuntjie te bly vir eers.... :laughing::laughing::laughing:


groetnis
knipmes



Ek geniet die geselsie knipmes! ;)

Akkoord!

Silencio
4th April 2011, 14:46
Maar liewe vrou

jy glo die gees kom van 'n onsigbare woning? uhm, maar hoe nou, want as ateis glo julle net in dit wat julle kan sien, hoor, proe, ruik, en aanraak, iets wat nie wetenskaplik verduidelik kan word nie kan nie bestaan nie, so ek verstaan nie hoe jy in 'n gees kan glo nie?

liefde groete
nb: liefde groete ne!
Silencio

Die Vrou
5th April 2011, 08:19
Maar liewe vrou

jy glo die gees kom van 'n onsigbare woning? uhm, maar hoe nou, want as ateis glo julle net in dit wat julle kan sien, hoor, proe, ruik, en aanraak, iets wat nie wetenskaplik verduidelik kan word nie kan nie bestaan nie, so ek verstaan nie hoe jy in 'n gees kan glo nie?

liefde groete
nb: liefde groete ne!
Silencio

Hello jy

Wel ek kan dan seker nie met 'n ateis vergelyk word nie .... want ek verag die dinge van die vlees ... ek glo nie in 'n god nie want 'n god is 'n verwaande wese wat net wil aanbid, geloof en geprys wil word vir sy dade en ook wil hy gevrees word omdat hy jou vleeslike dood kan bewerkstellig met al sy krag en mag! En dan is hy nog partydig en wil hy h dat sy kinders herhaaldelik deur 'n vuurdoop moet gaan om hom almagtige te bevredig.

Ek het 'n vriendskap, kameraadskap met 'n Vader gees wat ek 'n paar jaar gelede ontmoet het.

Dus kan ek nie met 'n Ateis vergelyk word nie ..... ons is glad nie die selfde nie.

Liefde groete ;)

Die Vrou..

Stefanus
5th April 2011, 20:06
ek glo nie in 'n god nie want 'n god is 'n verwaande wese wat net wil aanbid, geloof en geprys wil word vir sy dade en ook wil hy gevrees word omdat hy jou vleeslike dood kan bewerkstellig met al sy krag en mag! En dan is hy nog partydig en wil hy h dat sy kinders herhaaldelik deur 'n vuurdoop moet gaan om hom almagtige te bevredig.


Die gode en hul dinge, veral uit die oog gesien uit die skrywers wat die verhale opgedis het en hoe ons dit vandag verstaan, so asof daar vandag geen kontak met die geestes wereld bestaan wat ons lei nie, moet ons net "glo" dat dit wat uit die pen van 'n primatiewe midddeoosterling afkomstig was die enigste en finale "waarheid" is wat vir ons geopenbaar was? Ek "glo" nie, nie meer soos wat die skepsels ons probeer wysmaak nie, want ek weet van beter.

Mens moet nie veralgemeen nie, ook nie met die wesens aan die ander kant nie, soos daar goeie en slegte mense is, is die ook aan die anderkant teenwoordig en net so in die gode-wereld.

Die Gode en gode wat in die Bybel opgeteken was vertel 'n verskeidenheid van verhale, die priesterdom poog egter om die verhale as een te lees asof daar net een god was waaroor die verhale sou gaan. Die Ou testament handel egter meer die bose gode en probeer die kamofleer deur brokkies en stukkies van die verhaal van die Vader en Godhoof daarin te vleg. Die Bybel bevat goeie lesse en verhale maar mens moet die met handskoene hanteer want die grootste gedeelte van die inhoud handel oor 'n kranksinnige god wat van die begin 'n mense moordenaar was, indien ons beweer dat die boek die "onfeilbare woord van God is" moet ons sterk daaroor besin wie ons as "ons God" eer.



Ek het 'n vriendskap, kameraadskap met 'n Vader gees wat ek 'n paar jaar gelede ontmoet het.
Daar is 'n groot hoeveelheid mense, en veral uit die Boervolk wat kontak het met geeste van die ander kant, die word natuurlik stil gehou uit vrees vir wat "die mense" wat natuurlik gelowig is en die tipe ding nie aanvaar nie, want dis nie "Bybels" nie, so asof hulle van beter weet.
Sou die mense eerder meer geredelik hul ondervindings en kennis oor die "ander kant" openbaar sou die meeste mense nie nog in die donker wees oor die "onbekende" nie, sal ons kinders wat wel kontak het nie in "vrees" lewe oor hul "onnatuurlike" vermo nie.

Liefdegroete,
Stefanus

Die Vrou
6th April 2011, 11:01
Die gode en hul dinge, veral uit die oog gesien uit die skrywers wat die verhale opgedis het en hoe ons dit vandag verstaan, so asof daar vandag geen kontak met die geestes wereld bestaan wat ons lei nie, moet ons net "glo" dat dit wat uit die pen van 'n primatiewe midddeoosterling afkomstig was die enigste en finale "waarheid" is wat vir ons geopenbaar was? Ek "glo" nie, nie meer soos wat die skepsels ons probeer wysmaak nie, want ek weet van beter.

Mens moet nie veralgemeen nie, ook nie met die wesens aan die ander kant nie, soos daar goeie en slegte mense is, is die ook aan die anderkant teenwoordig en net so in die gode-wereld.

Die Gode en gode wat in die Bybel opgeteken was vertel 'n verskeidenheid van verhale, die priesterdom poog egter om die verhale as een te lees asof daar net een god was waaroor die verhale sou gaan. Die Ou testament handel egter meer die bose gode en probeer die kamofleer deur brokkies en stukkies van die verhaal van die Vader en Godhoof daarin te vleg. Die Bybel bevat goeie lesse en verhale maar mens moet die met handskoene hanteer want die grootste gedeelte van die inhoud handel oor 'n kranksinnige god wat van die begin 'n mense moordenaar was, indien ons beweer dat die boek die "onfeilbare woord van God is" moet ons sterk daaroor besin wie ons as "ons God" eer.



Daar is 'n groot hoeveelheid mense, en veral uit die Boervolk wat kontak het met geeste van die ander kant, die word natuurlik stil gehou uit vrees vir wat "die mense" wat natuurlik gelowig is en die tipe ding nie aanvaar nie, want dis nie "Bybels" nie, so asof hulle van beter weet.
Sou die mense eerder meer geredelik hul ondervindings en kennis oor die "ander kant" openbaar sou die meeste mense nie nog in die donker wees oor die "onbekende" nie, sal ons kinders wat wel kontak het nie in "vrees" lewe oor hul "onnatuurlike" vermo nie.

Liefdegroete,
Stefanus


Mens moet nie veralgemeen nie, ook nie met die wesens aan die ander kant nie, soos daar goeie en slegte mense is, is die ook aan die anderkant teenwoordig en net so in die gode-wereld.

Ja, dit is waar ... dit weet ek beslis! Daarom wanneer jy 'n verhouding het met die gees leer jy hom ken aan dit wat hy jou uitwys en ook dit waarin hy glo ..... jy leer sy hartseer ken dit wat hom pla en ook watter drome hy koester. As't ware leer jy hom ken net soos dit met 'n mens sal wees. Daar's net een verskil die gees kan jou waarsku teen baie gevare en hy kan jou ook s wanneer daar 'n kwaadaardige gees besig is om probleme te skep. Maar die arme mense kan en word self partykeer gebruik om jou seer te maak! Baie keer gebeur dit dat dit die mense baie naby aan jou is wat hy gebruik.


Die Gode en gode wat in die Bybel opgeteken was vertel 'n verskeidenheid van verhale, die priesterdom poog egter om die verhale as een te lees asof daar net een god was waaroor die verhale sou gaan. Die Ou testament handel egter meer die bose gode en probeer die kamofleer deur brokkies en stukkies van die verhaal van die Vader en Godhoof daarin te vleg. Die Bybel bevat goeie lesse en verhale maar mens moet die met handskoene hanteer want die grootste gedeelte van die inhoud handel oor 'n kranksinnige god wat van die begin 'n mense moordenaar was, indien ons beweer dat die boek die "onfeilbare woord van God is" moet ons sterk daaroor besin wie ons as "ons God" eer.

Jap, ek stem saam daar is ook dinge daarin wat vir die toekoms van nou is teenwoordig in daardie boek. Maar ja mens kan nie die bybel eers in ag neem as riglyn na die geestelike dinge nie. Dit is soos jy s daar is sleg en goeie geeste oralom ons en wie weet nou met wie het daardie mense gekommunikeer in die gees. Dit is waarom daar eers 'n persoonlike verhouding tussen die mens en gees moet ontstaan ... leer ken mekaar eers .... dan sal jy weet na watter vrug jy moet kyk (onderskyding van die gees)


Daar is 'n groot hoeveelheid mense, en veral uit die Boervolk wat kontak het met geeste van die ander kant, die word natuurlik stil gehou uit vrees vir wat "die mense" wat natuurlik gelowig is en die tipe ding nie aanvaar nie, want dis nie "Bybels" nie, so asof hulle van beter weet.
Sou die mense eerder meer geredelik hul ondervindings en kennis oor die "ander kant" openbaar sou die meeste mense nie nog in die donker wees oor die "onbekende" nie, sal ons kinders wat wel kontak het nie in "vrees" lewe oor hul "onnatuurlike" vermo nie.

Eerlik gesproke, ek was baie bang in die begin .... ek't nie geweet of ek nou die regte ding doen en of ek dalk nou die grootste fout van my hele lewe hier gemaak het nie ... Maar nou ja ek het darem al tot hier gevorder ..... en om eerlik te s hierdie Pappa vriend wat ek ontdek het aan die ander kant wat vir my onsigbaar is verruil ek glad nie ooit weer nie .... ek moet maar die pad loop al word dit ookal hoe swaar vir my ... ek glo met hele hart daar's nie eens 'n bietjie twyfel nie ... dat hierdie vriendskap nie net vir my nie maar ook vir baie ander uit groot smart gaan red.

Liefde groete

Die Vrou..

Die Vrou
6th April 2011, 11:25
Stefanus,

Kan ek jou iets vra? Ek hoop jy stem in!

Glo julle ook dat ons herhaaldelik deur hierdie sogenoemde "circle of life" moet gaan om 'n sterk gees te ontwikkel om 'n god te bevredig en tevrede te stel?

Ek wil 'n stelling maak en dan vertel jy my jou opinie!

Ek loop en bedink dit baie .... en ek kan dit nie verstaan nie .... eerlik .... ware liefde kan nie by daardie god/gees teenwoordig wees nie. Ware liefde sal beskerm selfs die swaar pad vir jou loop .... maar dan weer .... is daardie gees se nasate dan van so 'n swak kwaliteit dat hulle 'n vuurdoop moet deurmaak in die skepping alvorens hulle aanvaar kan word in sy nuwe huis?
Nee wat en dan gee hy nog vir ons die keuse soos ek verstaan om self te besluit waar jy nou wil ly!

Ek kan dit net nie aanvaar as my eie keurse om hierna toe te kom nie ..... soos ek al so baie ges het hierdie is te wreed wat hier aangaan ..... dan s almal hy is hier teenwoordig .... maar dit kan ek wragtig nie sien nie .... dan is hy nog 'n partydige god ook van dit gaan net goed met sekeres ... ander sterf sommer geestelik van hierdie swaarkry.

Toe ons eenkeer kerktoe gegaan het nog daardie tyd in die begin van my soeke want dit het maar ook by die kerk begin, was daar een aand 'n arm gesin ... hulle het hulp waarlik waar soos almal maar kom hulp soek ... geestelike hulp om hulle te help met hul swaar lewe ... toe daar klaar vir hulle 'n gebed gedoen is ... kon ek sien ... die hulpelose ... verslae uitdrukkings op hulle gesigte ... niks ... net mooi niks .... ek't hulle so jammer gekry ..... ek't so begeer dat hulle ook ietsie moet ontvang ... maar niks!
Ek het vandat ek hierdie Pappa gees ontmoet het tot oorlopens vol ontvang en hulle moes lee hande omdraai! Die uitdrukking op hulle gesigte was hartverskerend! Dis onregverdig!!!
Hulle het nooit weer terug gekom nie. :(

Daarom ondersoek ek nou hierdie skepping saam met die gees wat ek ontmoet het .... en ek oordeel hom soos ek dit sien en vir wat ek sien. Ek steur my nie aan bybel boeke nie.

Ek glo mens kan beter sien watter geeste hier heers as jy fisies na die skepping kyk.

Liefde groete

Die Vrou

Die Vrou
6th April 2011, 11:50
Wel ek kan dan seker nie met 'n ateis vergelyk word nie .... want ek verag die dinge van die vlees ... ek glo nie in 'n god nie want 'n god is 'n verwaande wese wat net wil aanbid, geloof en geprys wil word vir sy dade en ook wil hy gevrees word omdat hy jou vleeslike dood kan bewerkstellig met al sy krag en mag! En dan is hy nog partydig en wil hy h dat sy kinders herhaaldelik deur 'n vuurdoop moet gaan om hom almagtige te bevredig.


Ek het hierdie ges omdat ek dit nie uit die bybel van gelees het nie .... maar dat ek dit fisies kan sien in die skepping.

Hier is liefde soos knipmes s maar ek aanskou dit nie as ware liefde nie .... meestal is die liefde hier geveinsd. Maar ware liefde nee wat .... ek glo ook in wonderwerke .... maar nie in partydige wonderwerke nie ... ek glo dat waar daar 'n ware wonder is "het niks verkeerd plaasgevind nie" want daar waar geen partye nodig is om gered te word nie daar is ware liefde. Want my Pappa Vader het my gewys hy't almal ewe lief en niemand sal vir niemand skade wil berokken of selfs wil seermaak waar hy is nie.

"Voorbeeld is" Die een meisie stap amper donker tyd huis toe sy 'n "Christen" niks gebeur oppad nie ... die volgende dag hoor sy dat op dieselfde pad net nadat sy daar gestap het het 'n man 'n ander meisie verkrag" Nou hoe nou? Jy is nou gelukkig want jy is Christen en jou god het jou gered maar nou moes 'n ander boet terwille van jou. Nee wat as daar 'n ware liefdevolle gees was sou daai ou huistoe gegaan het en geen meisie sou verkrag gewees het nie!

Liefde groete

Stefanus
9th April 2011, 00:10
Stefanus,

Kan ek jou iets vra? Ek hoop jy stem in!



Sekerlik, lees gerus eers die volgende "Ek glo nie meer in die god van die kerk nie! (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/292-Ek-glo-nie-meer-in-die-god-van-die-kerk-nie!)"

Liefdegroete,
Stefanus

Die Vrou
9th April 2011, 07:39
Ek glo in die God wat erns maak met die wreld van 2006. Die God wat mense onvoorwaardelik liefhet. Die God wat mense verander deur vir hulle om te gee. Die God wat vir homoseksuele mense omgee en hulle seksualiteit aanvaar. Die God wat erns maak met wetenskap. Die God wat saam met mense debatteer wanneer hulle oor Hom nadink. Die God wat toelaat dat mense selfs foute kan maak in hulle denke oor Hom. Die God wat verby mense se kleur en tradisies en gebruike kyk. Die God wat kerklike dogmas afbreek en vir mense s: Kyk weer, kyk nuut, ek is die God van 2006. Ek is ook die God van die Bybel, maar nie net van die antieke Bybel nie, ook van die Bybel wat vandag, nog elke dag, geskryf word in die harte van mense wat in ons tyd leef. Ek is nie vasgevang tussen die papiere van n boek wat soos n afgod in die kerk funksioneer nie.

Is die een wat hier beskryf word ooit 'n god? Die mens moet uitvind wat is 'n god en wat is 'n liefdevolle geestelike Vader. Ek dink hulle verstaan alles net verkeerd omdat die bybels vol is van ons moet gode dien of die die god van die skepping.
Stefanus ek s nou nie die mense moet nou omdraai na my Vader die een waarmee ek 'n vehouding het nie .. maar ... ek kry die allerverskriklikste weersin in myself wanneer ek net die woord god hoor en bedink. Eintlik om dit so te stel daai woord walg my! En ook walg so die skepping se werk en wat hier plaasvind my!

As ek net hierdie kan byvoeg ... die mense in die kerk is maar net nog blind en vasgevang in die web van die satan en sal wel eendag weer kan sien .... ons moet net geduldig wees.
Dit geld ook vir mense soos Lady Gaga sy's blind en kani sien nie. Eendag wat baie naby is ... sal hulle weer sien.

Reg, ek het daar gaan lees ... nou wag ek vir jou antwoord ... dankie dat jy hieroor gesels en my ook nie met bybel verse bombandeer nie ... eke neem dit nie in ag nie. Ook nie geskrewe stukke oor Jesus nie ... ek het nie by hom geleer nie ... maar by my Vader! :)

Liefde groete

Die Vrou..

Stefanus
16th April 2011, 13:40
Glo julle ook dat ons herhaaldelik deur hierdie sogenoemde "circle of life" moet gaan om 'n sterk gees te ontwikkel om 'n god te bevredig en tevrede te stel?


Eers wil ek 'n onderskeid tref tussen die Koninkryk van die Hemele/God en die stamgode wat vereer word as "enige god" by name "Die HERE", "Ek Is", "Jahweh", "Allah" ens. Hierdie aangestelde heersers wat opgehef was deur hul onderdane as "skeppers" was niks meer as gesante wat 'n diens moes lewer nie, maar is oor die eeue vervorm om 'n ewebeeld van die slegte kant van die mens weer te gee.
Volgens die Bybel kan ek se dat die god (Jahweh) van die Ou Testament, wat volgens Galasirs 5 'n wese van die dinge van die vlees was - en gaan Jahweh daarom nie die koninkryk van God berwe nie. Dus was hy slegs 'n stamgod vir 'n spesifieke volk en nie 'n God nie.
Vandag probeer die Christene en ander groepe vanuit die Abrahamitiese gelowe nog die bose wese van die Ou Testament versoen met 'n liefdevolle Godhoof wat kwansuis self Sy Seun sou stuur om vermoor te word vir 'n jaloesie probleem.

Ek glo dat die aarde daargestel was deur God as vleeslike tuin wat deur vrye wil "misbruik" was (deur die heersers van die wereld/aarde [bose]) om sekere doelstellings te bereik, daardeur is geeste in die vleeslike liggame vasgevang totdat die uit vrye wil self verander en terugkeer - "huis toe".
So is daar ook geeste wat hier diens doen "wat gevra het of self uit vrye wil vir diens aangemeld het" om hul mede uitgeweekte geeste (wat die heersers van die aarde navolg) terug te lei huis toe, sodat daar geen gees verlore mag gaan nie.
Tyd het dus geen faktor in die verandering nie en die "helper geeste" sal bly terugkom/reinkarneer in die vlees totdat daar geen een verlore is nie.

Dat dinge hier op aarde nie volgens God's plan verloop het nie (wel geweet het wat die gevolg sou wees) is gewis en dat dinge nie maklik vir die mens is nie is 'n gegewe, wat ons egter in ag moet neem is dat ons uit vrye wil hier is om of diens te doen, of om terug huis toe gelei te word, dit bly egter ons eie besluit hoe lank ons nog hier gaan wees.
Die Godhoof kan dinge onmiddelik verander maar dan word die hele doel van vrye wil verongeluk en is God niks meer as nog 'n Jahweh/Allah nie.

Met elke terugkeer of weergeboorte (van die helpers) word die gees blootgestel aan nuwe omstandighede en uitdagings wat as leerskool dien wat die gees ontwikkel. Hierdie is nie 'n proses om om "'n god te bevredig en tevrede te stel" nie, eerder om diens te verrig of om self so te verander om die keuse te maak om te verander om terug te kan gaan.

Daar sal egter 'n tyd kom waar die bose invloed so gering sal wees dat die nie meer aanloklik is vir die mens nie en dat die eerder sal afwend van die vleeslike begeertes soos onder andere vermeld in Galasirs 5:19-21
En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf s, soos ek al vroer ges het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal berwe nie.

Die 'sogenoemde "circle of life"' beskou ek dus nie as straf nie en sien dit eerder as 'n leerproses wat daarop gemik is om in 'n vleeslike omgewing lewensvaardighede te ontwikkel wat as gees nie bereik kan word nie, die hoofstroom kerk-dogma verkondig 'n "om 'n god te bevredig en tevrede te stel" teologie wat geen verband hou met die werklikheid nie en is daarop ingestel om 'n gemeente vasgeketting te hou aan hul eiesinnige dogmas en rituele.

Ons word toegerus met die nodige om ons take uit te voer sonder om ons daarvan af te lei deur die versoekinge wat met "goue lepels" gepaard gaan, sodra ons besef dat vleeslike oormaat nie geluk of liefde kan bring nie en ons eerder na die geestelike (innerlike) wend om daardeur te lewe en die vleeslike as gereedskap te benader word die vleeslike nie meer as struikelblok (boos) ervaar nie.

Liefdegroete,
Stefanus

Stefanus
16th April 2011, 14:19
Die mens moet uitvind wat is 'n god en wat is 'n liefdevolle geestelike Vader.

Vir die mens het die woord God of god en 'n liefdevolle geestelike Vader verskillende betekenisse en waardes, vir 'n ander beteken dit dalk 'n boom in die agterplaas of 'n jaloerse Jahweh uit 'n midde-oosterse sepie.

Soos in die Hemel so ook op die aarde, Die Godhoof, God die Vader - God die Moeder - God die Seun is my liefdevolle geestelike ouers/familie, so is daar baie identiteite in hierdie familie wat saamwerk om die Koningkryk van God saam te bind waarvan ek maar een individu is, wat elkeen 'n taak het om te verrig, so het elkeen ook sy geestelike helpers wat hom/haar bystaan en lei tydens 'n aardse "besoek/lewe".

Ons word egter van kleins af geindoktrineer met begrippe en waardes wat deur die aardse heersers voorgehou word as enigste "waarhede" wat slegs 'n afbeelding is van hul eie doelwitte en begeertes. So word die jaloerse Jahweh uiteindelik verhef tot "Skepper God" om ons te vervreem van ons werklike herkoms. Daarom dat die Boer vandag agter ander gode aanloop en hul Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom en "god" wat niks goeds vir hulle daarin het nie.

Liefdegroete,
Stefanus

Die Vrou
18th April 2011, 08:18
More Stefanus,



Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom

Wat sou dit beteken ... waar is dit?

Stefanus
18th April 2011, 13:40
More Stefanus,

Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom
Wat sou dit beteken ... waar is dit?

As Boer wat sy herkoms uit Nordies/Germaanse afkoms het met ons eie kultuur en gewoontes wil daar sekekere oningeligte groepe te kenne gee dat ons eintlik Semiete is wat uit die Midde Ooste ons ontstaan sou he sodat ons 'n mitiese verband met 'n primatiewe barbaarse volk, en die se "verbond" sou deel met 'n bose stamgod uit die verhaaltjie.

Liefdegroete,
Stefanus

knipmes
18th April 2011, 20:51
More Stefanus,


Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom


Wat sou dit beteken ... waar is dit?


Dis 'n droom wat in die meeste mense se koppe vassit. Hul harte weet beter maar hardkoppig sal hul vasklou aan 'n droom tot die dood toe...

net jammer na die dood kan hul nie terugkom en rapporteer dat dit valslik geglo was nie...:w00t:





groetnis
knipmes

Die Vrou
19th April 2011, 07:43
Dis 'n droom wat in die meeste mense se koppe vassit. Hul harte weet beter maar hardkoppig sal hul vasklou aan 'n droom tot die dood toe...

net jammer na die dood kan hul nie terugkom en rapporteer dat dit valslik geglo was nie...:w00t:





groetnis
knipmes

knipmes

Jy glo jy is op die regte pad ... maar dan is daar weer ander mense wat nie soos jy glo nie. En elkeen s hy is reg .... en so vorm daar net onenigheid tussen almal.

Soos jy jou hart ingestel het op 'n geloof ... so het hulle ook maar so gemaak .... en elkeen glo hulle is op die regte pad ... dit is dan hulle reg ... hulle probeer net soos so baie ander mense 'n greep kry op die geestelike dinge wat die vlees se verstand soms net oorweldig omdat hulle dit nie kan verstaan nie.

Dit is nie regverdig om met diesulkes te spot of hulle selfs te beledig oor hulle geloof nie ... soos dit vir jou 'n ernstige saak is .... is dit ook vir hulle.
Om hulle af te kraak oor hulle geloof gaan hulle beslis nie oorreed nie.

Liefde groete

Die Vrou..

knipmes
22nd April 2011, 10:48
knipmes

Jy glo jy is op die regte pad ...

Inteendeel, my pad is so vol duiwelkies dis net nie waar nie... en ek self het daarvoor gevra! Ek "glo" in "bogerol"... wees verseker daarvan!



maar dan is daar weer ander mense wat nie soos jy glo nie. En elkeen s hy is reg .... en so vorm daar net onenigheid tussen almal.

Dis elkeen se goeie reg om te "glo" soos dit hom/haar pas, en ja dit is presies hoekom onder andere hierdie volk nog nooit kon saamstaan nie! Al die "ge-glo-ery"!



Soos jy jou hart ingestel het op 'n geloof ...

Mensie, die verskil is dat ek nie my 'hart" kan instel op 'n geloof nie... ek kom reeds vanuit Die Koninkryk van die Hemele af, anders sou ek nie hier kan bestaan nie. Dis tyd om te besef dat jy jou nie kan losmaak en eenkant staan van die Godheid binne-in jou nie!


so het hulle ook maar so gemaak .... en elkeen glo hulle is op die regte pad ... dit is dan hulle reg ... hulle probeer net soos so baie ander mense 'n greep kry op die geestelike dinge wat die vlees se verstand soms net oorweldig omdat hulle dit nie kan verstaan nie.

Snert! een en elkeen weet presies wat is "bollie" en wat is nie! Hierdie verskoning dat daar kwansuis nie verstaan word nie, en dat dit ons nie beskore is om die verborgeninge van die HERE te weet nie, dra al lankal nie meer water nie, en is bedoeld vir mense wat regtig die een talent onder die grond gaan begrawe, en dan onkunde daarvoor die skuld gee, kaf man!


Dit is nie regverdig om met diesulkes te spot of hulle selfs te beledig oor hulle geloof nie ...

Ek spot glad nie, inteendeel, ek wys daarop dat sogenaamde onkunde in werklikheid slegs hardkoppigheid is wat in meeste gevalle so ver gevorderd gevoer word dat slegs die dood en daarna dit kan verander... en dan is dit mos hopeloos te laat om terug te kom en andere te waarsku? wat spot ek nou mee?


soos dit vir jou 'n ernstige saak is .... is dit ook vir hulle.

Ons gaan akkoord met die feit dat elkeen se saligheid in wese 'n diepe ernstige saak is, veral as jy hier kom lees op Wendag en besef dat die "waarheid" wat jy soos 'n kind moes "glo" in werklikheid net mooi die teenoorgestelde moes wees! Dank Vader dat ek die gesonde verstand gekry het van dag een af om self te kan uitmaak wat waar is...

Ek was nog 'n klein seuntjie op die plaas toe ek al vir Ouma geseg het dat Jesus mos vermoor was, dat geen gesonde verstand mens so 'n moord op so 'n wonderbaarlike Hemelse Entiteit sou kon laat plaasvind nie! Dis die EEN wreedaardigste onnodigste moord in hierdie wereld wat as onkundigheid voorgehou word as sogenaamde saligmaking, verbeel jou!

Goeie Vrydag, wat vandag weer herdenk word... moet eintlik wees SWART SWART VRYDAG!!!!


Om hulle af te kraak oor hulle geloof gaan hulle beslis nie oorreed nie.

Nee wat, ek stel nie belang om enigeen te oorreed nie! Elkeen het 'n gesonde verstand en vermoens gekry om self die weg te vind. Daar is vandag net te veel bewyse en maniere om die waarhede wat ontbloot word na te gaan vanself en te bevestig vir jouself, dat onkunde nie meer as verskoning kan dien nie, jammer dis nie afkraak nie! Kom ons kyk so daarna:


Voorbeeld: Dis eintlik om 'n voorbeeld te gebruik van 'n testament waar die dokument voornemend is om op te stel, maar nooit by uitgekom word nie... en die dag na die dood ingetree het, was dit te laat en kan daar nie meer terug gekom word om dit reg te stel nie, wie kry nou die plaas? Gaan hy terugkom en seg die een of daai een erf die plaas?

So wat is die verskil hier? Deur nou aan te dui dat daar nie gewag moet word tot dit te laat is nie, maar dadelik werk van gemaak moet word... is nie afkrakend nie maar waarskuwende opregte tong in die kies vermaning tot gesonde verstand!





groetnis
knipmes