PDA

View Full Version : O, aarde! 地 Nuwe planeet?



Die Ou Man
27th February 2011, 07:14
O, aarde! 地 Nuwe planeet?
2011-02-19 21:20


Johannes de Villiers

Die grootste verrassing in die sonnestelsel. Letterlik.

地 Klein, maar groeiende groepie gerekende wetenskaplikes begin al hoe meer wonder of die mensdom in sy soektog na planete in die buitenste ruimte nie dalk een hier in ons eie sonnestelsel misgekyk het nie.

En dat di planeet, voorlopig genaamd Tyche 地 volle 5 300 keer so groot soos die aarde, en 4 keer so groot soos Jupiter (tot nou toe beskou as die sonnestelsel se grootste planeet) kan wees.

Tyche, so meen diegene wat sy bestaan ernstig opneem, is waarskynlik iewers in die Oort-wolk, 地 stuk van die verste, verste buitewyke van ons sonnestelsel, weggesteek.

泥is so ver weg dat dit omtrent geen sonlig weerkaats nie. Ons het dit waarskynlik net nog nie raakgesien nie, het prof. John Matese, astrofisikus aan die Universiteit van Louisiana en een van die eerstes wat die bestaan van Tyche gepostuleer het, die afgelope week per e-pos aan Rapport ges.

Indien Tyche bestaan, sal dit nie net loshande die grootste planeet in die sonnestelsel wees nie, maar ook beduidend verder as Neptunus, tot dusver beskou as die verste planeet in ons stelsel. Tyche is 15 000 keer verder van die son as die aarde.

泥ie bewyse dat dit wel bestaan, is meestal die ongewone patroon van komete se wentelbane as hulle vanaf die Oortwolk beweeg, s Matese.

Uit di ongewone koers van komete lei hulle af daar moet 地 enorme hemelliggaam in di deel van die sonnestelsel wees wat met sy swaartekrag hul wentelbane ontwrig.

Tot dusver is dit egter nog net 地 teorie. Volgens Matese behoort hulle binne die volgende twee jaar die planeet te kan waarneem f te bewys dat dit nie bestaan nie.

Nasa en die Wise-teleskoop het intussen ook hul kragte vir di soektog begin inspan.

Volgens prof. Daniel Whitmire, Matese se kollega, bestaan Tyche waarskynlik uit helium en waterstof en het hy sy eie mane.

Dit is ook heel moontlik nie in ons sonnestelsel gevorm nie, maar het van elders hierheen gedryf en is 4,5 miljard jaar gelede in die son se swaartekrag vasgevang.

Uit Rapport (http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/O-aarde-n-Nuwe-planeet-20110219).