PDA

View Full Version : Wat van genadedood?



Silencio
1st March 2011, 19:11
Genadedood? Wag eers!

Beskik God oor lewe en dood? Of moet ons self daarvoor verantwoordelikheid aanvaar?

Dis die vrae wat na vore kom met prof. Sean Davison wat sy ma onlangs uit liefde help sterf het.

In Suid-Afrika het die Suid-Afrikaanse Regskommissie al in April 1997 n wetsontwerp voorgestel wat aktiewe genadedood, asook selfmoord met mediese bystand, aanbeveel het natuurlik onder streng toesig en voorwaardes. Die wetsontwerp is jare lank in openbare forums en in die parlement bespreek.

Dit is nog nie aanvaar nie.

Aktiewe genadedood word in min lande aanvaar. Min of meer net in Nederland, Belgi, Switserland en die Amerikaanse deelstaat Oregon.

So, dis n toffie wreldwyd.

Passiewe genadedood is wanneer mediese behandeling eenvoudig weerhou word en God sy gang gaan. Dis met aktiewe genadedood, waar iemand gehelp word om te sterf, dat baie mense probleme het.

Wat sal jy vir iemand s as di jou vra: Help my, asseblief!

Moet ek my ma uit haar pyn laat verlos? Hoe lank sy nog sal lewe, weet ons nie. Ons weet net elke minuut sal vreeslik pynlik wees.

Daar is argumente ten gunste van aktiewe genadedood.

Soos dat ons iemand se reg moet erken om waardig te sterf. En ons gryp al op soveel ander maniere in God se beskikking in, hoekom nie ook met genadedood nie?

Nog n argument is dat ons tog in n goeie lewe n die dood glo.

Hoekom laat ons iemand dan aan die lewe klou met pyn en afgryse?

Ek is nie teen genadedood nie. Maar ek is daarteen dat dit nou hier in Suid-Afrika wettig word.

Hoekom is ek teen so n wet?

Omdat ons samelewing te immoreel is. Almal gryp na mekaar se nekke om te oorleef.

In so n samelewing kan jy nie genadedood wettig maak nie.

Ek hoor van kinders wat hul siek ouers by wit plakkerskampe gaan aflaai. Of by ouetehuise en dan vals kontakbesonderhede gee.

Net sodat hulle nie vir die oues se koste verantwoordelik is nie.

Jy kan aktiewe genadedood eers in n samelewing wettig maak wanneer daar respek vir lewe is.

Anders gaan genadedood net die samelewing se respek vir die lewe nog verder ondermyn.

Toe dr. Chris Barnard in 1967 n hart oorgeplant het, het mense gevra of die sondes van die skenkerhart nou op die ontvanger oorgedra word.

Hulle wou ook weet of die Jood nou n Christen was omdat hy n Christen-hart ontvang het.

Moenie dat ons weer sulke lawwe vrae vra oor genadedood nie. Lewe is nie in n orgaan of in jou siel nie.

Lewe is nie asem nie. Lewe l in die gehalte van jou verhoudings.

Ook met jouself. Jy is meer as jou liggaam.

En as jou liggaam besig is om te sterf, kan jy ook besluit om dit te laat sterf.

En wanneer jy moet besluit om n geliefde se behandeling te laat staak, of jy moet besluit om n span dokters te laat besluit om n geliefde se lewe te beindig dan gaan dit tog ook oor verhoudings. Probeer jy van n persoon ontslae raak?

Of gee jy hom of haar genadiglik oor aan die dood?

As aktiewe genadedood gewettig word, sal dit streng deur n paneel van kundiges hanteer moet word.

Familielede sal n rol speel en die vraag sal bly: Is daar n etiese verhouding tussen die sieke en die familie wat moet besluit?

Ons laat God lank nie meer toe om oor lewe en dood te beskik nie.

Met genadedood gaan dit oor masjiene en medisyne wat nie meer kn help nie. En al waaraan ons dan kan vashou, is dat ons
moreel vir mekaar se lewe en dood verantwoordelikheid sal neem.

Kom ons begin werk aan n morele samelewing. Dat ons moreel kan lewe en kan sterwe. Uiteindelik moet daar n wet kom wat aktiewe genadedood toelaat en reguleer.

Maar voordat ons verantwoordelikheid vir mekaar se dood kan neem, moet ons leer om verantwoordelikheid vir mekaar se lewe te neem.


BRON: BEELD 23/02/2011 CHRISTINA LANDMAN

GROETNIS
SILENCIO