PDA

View Full Version : Wat my Ma my geleer het...



Die Vrou
15th March 2011, 08:12
Ma het my geleer hoe om te bid:
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"

Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor plantkunde:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!

Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoŽ:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeŽet het!

Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer:
Want ek sÍ so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoŽl aansien as jy my weer terugantwoord!