PDA

View Full Version : Die Torah



Die Ou Man
7th February 2008, 21:19
Die Ou Man

Ek het jou en Stephanus se skrywes oor en oor gelees en daaroor besin. Ek het jare reeds baie vrae gevra wat met die soeke in die Bybel, teenstrydighede na vore gebring het. Antwoorde by die geleerdes het net meer vrae en ondersoek mee gebring. Ek kan nie anders as om saam te stem nie. Dit maak met skok sin. Dit wat ons jarelank geleer is, deur kerke, om dinge net te aanvaar al is daar vraagtekens, maak dit net moeilik om die waarheid in die oe te staar.

Graag wil ek net ‘paar vrae voorle wat my pla:

Die HERE se erf deel (Israel) hoekom het Jesus gese Hy was gestuur om hulle te red – van wat? Het hulle oortree teen die HERE of teen God? Omdat dit die HERE se erf deel was kon hy nie met hulle maak soos hy wil nie solank hulle net sy wette nakom?

Groete

Tollie

Tollie, ek het die eerste gedeelte van jou vraag hier (http://wendag.com/forum/showthread.php?t=75) beantwoord.

Die tweede deel van jou vraag handel oor "van wat" die verlore skape van die huis van Israel gered moes word. Ons vind die antwoord in Galįsiėrs 4 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=GAL&chapter=4&version=0&GO=Wys).


4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,

5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.


Die Christus moes die verlore skape red (los koop) van die wet.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
7th February 2008, 21:42
Om te bepaal, presies waarvan die verlore skape van die Huis van Israel losgekoop is, moet ons vasstel wat bedoel word met "die wet".


The Torah (http://en.wikipedia.org/wiki/Torah) (תּוֹרָה) is the most important document in Judaism, revered as the inspired word of God (http://en.wikipedia.org/wiki/God), traditionally said to have been revealed to Moses.

The Torah, or Law, comprises the first five books of the Tanakh (http://en.wikipedia.org/wiki/Tanakh) or Hebrew Bible (http://en.wikipedia.org/wiki/Hebrew_Bible). Christian Bibles (http://en.wikipedia.org/wiki/Christian) incorporate the Hebrew Bible into its canon, where it is known as the Old Testament. Though different Christian denominations have slightly different versions of the Old Testament in their Bibles, the five books of Moses (which are also called the Pentateuch or "the Law") are common to them all.
The five books of the Torah are:

• Genesis (בראשית, Bereshit: "In the beginning...")
• Exodus (שמות, Shemot: "Names")
• Leviticus (ויקרא, Vayyiqra: "And he called...")
• Numbers (במדבר, Bamidbar: "In the desert/wilderness...")
• Deuteronomy (דברים, Devarim: "Words", "Discourses", or "Things")

Die "wet" is die Joodse Torah, in ons Bybel die eerste vyf boeke van die Ou Testament.

Waarom moes die Christus die verlore skape van Israel van "die wet" red?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
8th February 2008, 08:16
Ek het onder die opskrif "Jahweh die Allah van Abraham (http://wendag.com/forum/showthread.php?t=19)" geraak aan die onaanvaarbare en barbaarse praktyke wat die Israeliete in opdrag van hulle God Jahweh/Allah moes toepas.

Die Israeliete moes gereelde bloedige rituele uitvoer om hul God te behaag. Hul vroue was onderworpe aan tydperke van onreinheid en sekere diere is uitdruklik beskou as 'n gruwel vir Jahweh/Allah.

Dit is onder hierdie omstandighede dat 'n teken in die hemelruim verskyn. 'n Ster, gevolg deur 'n belangrike geboorte!


4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,

5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

Volgens Galįsiėrs 4 moes die Jode verlos word van hul eie Torah (Die Pentateug in ons Bybel). Maar volgens die Jode is hulle Torah afkomstig van hul God Jahweh/Allah.

Die implikasie hiervan is dat die Christus die opdragte van Jahweh/Allah herroep het. En dit het die Christus in opdrag van sy Vader gedoen. Ons weet reeds dat Jahweh ondergeskik aan die Vader (Allerhoogste) is.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
8th February 2008, 11:31
sekere diere is uitdruklik beskou as 'n gruwel vir Jahweh/Allah.

Hierdie diere oa. die vark is 'n aasdier, ek self eet dit nie nie soseer omdat die bybel dit verbied nie maar ook omdat dit 'n vuil dier is

Dieselfde met kreef die diere vreet die vullis van die aarde en die see, hulle doen dieselfde werk as aasvoels

Is dit nie juis dit wat die Skepper wil he ons moet vermy nie, 'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees

Die Ou Man
8th February 2008, 11:54
Ons weet reeds dat die God van Abraham, die God van die Israeliete (Jahweh) sowel as die God van die Ismaeliete (Allah) is.

Daarom volg dit logies dat Islam se wortels ook in die Torah te vinde is.


In Islam (http://en.wikipedia.org/wiki/Torah)

Further information: Islam and Judaism (http://en.wikipedia.org/wiki/Islam_and_Judaism)

Islam draws heavily upon the Torah for Islamic concepts, teachings, and history of the early world. Much of the Arab world is believed by tradition to be descended from Abraham's son Ishmael, the step-brother of Isaac. Isaac was then the father of Jacob, who was renamed Israel in Genesis 32:23. Thus, Biblically, Arabs and Jews (Israelites) are actually cousins.

As a result, Islam largely claims much of the same heritage from Abraham as its own. Islam affirms that Moses (Musa) was given a revelation, the Torah, which Muslims call Tawrat in Arabic, and they believe it to be the word of God. However, they also believe that this original revelation was modified (tahrif, literally meaning corrupted) over time by Jewish and Christian scribes and preachers.

Ons sien dus dat die Torah as basis dien vir Judaisme, Christendom en Islam. En al drie hierdie gelowe aanbid die God van Abraham alhoewel onder verskillende name te wete, die HERE, Jahwe en Allah.

Liefde groete.

Die Ou Man

UITLANDER
8th February 2008, 11:59
Dankie DOM vir jou uitleg sover.

Kan dan ek aflei dat, toe ons broer Jesus gese het Hy slegs gekom het vir verlore volk (Israel), Sy hoof taak was om te red die wat aan die HERE God gegee was as erfdeel. Dat die res, wat dan nie deel was en is van Israel, nie die oordeel/straf/hel waarvan Jesus Israel moet red sal onder gaan of moet vrees nie?

Kan ek ook aflei dat die resultate wat die HERE God met sy erfdeel gedoen het en laat doen het (moorde ens.) teen ons Hemelse Vader se wil was en daarom Jesus gestuur het.

Kan dit wees dat die Israel waarheid/visie volgelinge dalk reg is dat die Bybel hoofsaaklik vir hulle geskryf was? Indien so, waar laat dit die res van ons?

Hoor graag van jou.

Tollie

Die Ou Man
8th February 2008, 14:03
Dankie DOM vir jou uitleg sover.

Kan dit wees dat die Israel waarheid/visie volgelinge dalk reg is dat die Bybel hoofsaaklik vir hulle geskryf was? Indien so, waar laat dit die res van ons?

Hoor graag van jou.

Tollie

UITLANDER.

Ek het onder die opskrif "Die Onbekende God (http://wendag.com/forum/showthread.php?t=23)" verduidelik hoe ek agtergekom het dat Genesis twee verhale misleidend as een aanbied. Ook dat hierdie twee verhale in baie gevalle teenstrydig is en dat dit die verhaal van twee Gode, naamlik Jahweh en die Elohim onderskeidelik is. Dit was egter die punt van die ysberg!

Ek het intussen vasgestel dat die Joodse priesters lank reeds bewus is van hierdie verskillende verhale en dat dit verweef is om een storie te vertel.

In teenstelling met my aanvanklike ontdekking dat daar twee teenstrydige verhale in die Pentateug/Torah voorkom, erken die Joodse priesterdom dat dit eintlik vier verskillende verhale (http://en.wikipedia.org/wiki/Torah) is.


As most popularly proposed by Julius Wellhausen (1844-1918), the Pentateuch is composed of four separate and identifiable texts, dating roughly from the period of Solomon up until exilic priests and scribes. These various texts were brought together as one document (the Pentateuch, or Torah) by scribes after the exile. The traditional names are:

The Jahwist (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) (or J) - written c 950 BCE.[2] The southern kingdom's (i.e. Judah) interpretation. It is named according to the prolific use of the name "Yahweh" (or Jaweh, in German, the divine name or Tetragrammaton) in its text.

The Elohist (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist) (or E) - written c 850 BCE.[2] The northern kingdom's (i.e. Israel) interpretation. As above, it is named because of its preferred use of "Elohim" (Generic name for "god" in Hebrew).

The Deuteronomist (http://en.wikipedia.org/wiki/Deuteronomist) (or D) - written c 621-650 BCE.[2] Dating specifically from the time of King Josiah of Judah and responsible for the book of Deuteronomy as well as Joshua and most of the subsequent books up to 2 Kings.

The Priestly (http://en.wikipedia.org/wiki/Priestly_source) source (or P) - written during or after the exile, c 550-400 BCE.[2] So named because of its focus on levitical laws.

There is debate amongst scholars as to exactly how many different documents compose the corpus of the Pentateuch, and as to what sections of text are included in the different documents.

Die Pentateug/Torah is dus 'n sameflansing van vier verskillende verhale. Die belangrikste vir my is die verhale van die Elohiste (Elohim) en die Jahwehiste (Jahweh).

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
8th February 2008, 15:08
Die Elohiste.

Die Elohiste se God was die meervoudige androgene Elohim.

Die Elohiste se priesterorde die Leviete, was in oposisie met die priesterorde van Jahweh.

Die Elohiste meld niks van die besnydenis nie.

Die Elohiste was die Noordryk, Israel.

Die Jahwehiste

Die Jahwehiste se God was die enige, jaloerse Jahweh.

Die Jahwehiste se priesterorde was die nasate van Aäron en in oposisie met die Leviete van die Elohim priesterorde.

Die Jahwehiste meld die besnydenis.

Die Jahwehiste was die Suidelike Ryk, naamlik Juda.


An anonymous (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist) scribe or scholar combined Elohist with the Jahwist c 750 BC into Jahweh Elohim. When Jahwist and Elohist each recounted a single story, the redactor included both, sometimes interweaving them. Approximately 400 BC, after the Babylonian exile, a priest or priests redacted Jahwist Elohim with Deuteronomy, plus other material (the Priestly source), to complete the Torah.

Die Israel Visie gee voor om afstammelinge van Israel te wees, maar aanbid die God van Juda, naamlik Jahweh. Dit opsigself is 'n teenstrydigheid.

Die priesterorde van die Elohim en die priesterorde van Jahweh was in oposisie met mekaar. Daarom is hul geskrifte nie in harmonie met mekaar nie. Dit is in Genesis 1 (Elohim, Priesterlik) en Genesis 2 (Jahwehiste) reeds duidelik.

Ten minste weet ons nou dat iemand teen ongeveer 750 vC die verskillende weergawes saamgeflans het. Vandaar die teenstrydighede, veral in Genesis.

Die Bybel is nie die woord van God nie. Dit is die woord van mense oor die Goddelikheid.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
25th May 2008, 17:23
http://img362.imageshack.us/img362/2251/jepdwu0.gif

Julius Wellhausen (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=97) het die tradisie dat die Pentateug (Torah) deur Moses geskryf is, verkeerd bewys. Volgens Wellhausen bestaan die pentateug uit 'n samestelling van die verhale van vier verskillende skrywers. Hy identifiseer skrywers soos volg:


Jahwehis: 'n Aanhanger van Jahweh uit die Suidryk.
Elohis: 'n Skrywer uit die Noordryk.
Priester: 'n Levitiese priester uit die Noordryk.
Deuteronomis: Die skrywer van Deuternómium, Joshua en ander verhale.

Wellhausen en ander historici voer aan dat die Jahweh verhaal die oudste is. Dit maak die tweede skeppingsverhaal die oudste verhaal in die Bybel omdat dit die Jahweh weergawe van die skepping vertel.


The earliest written source of the Torah is the Yahwist narrative (http://www.hope.edu/bandstra/RTOT/PART1/PT1_1B1.HTM). It got this name because it uses the divine name Yahweh to refer to God. Its story line formed the backbone of the Torah narrative, with the other sources building on it. The Yahwist is sometimes considered an epic because in rather sweeping and inclusive style it tells the story of how humanity developed and how one branch became the people of God. It frequently makes use of anthropomorphism; that is, it often describes God as having human characteristics, such as when he walked with Adam and Eve in the garden of Eden.
The Yahwist source is referred to as J in scholarly literature because German scholars first formulated this source analysis and Yahweh begins with a "J" in German.


The Yahwist narrative begins at Genesis 2:4 (http://www.hope.edu/bandstra/RTOT/PART1/PT1_TBA.HTM) and continues through the book of Numbers.

Liefde groete.

Die Ou Man