PDA

View Full Version : Die swaard van ware liefde!



Die Vrou
1st April 2011, 09:45
Die swaard, sy skoonheid onaantasbaar, beeldskoon.
Niemand het hom al ooit opgeneem en gebruik nie
Nog nooit.
Ek bekyk hom al lankal, en verwonder my aan sy
Skoonheid, nog nooit het ek so iets wonderbaarliks
aanskou nie,
Skitterend wink hy na my, ek kan eenvoudig net nie
Weerstaan om hom net so daar in sy skede te los nie
Gehipnotiseerd staar ek na hom, en wonder hoe sal dit
voel om hom in my hande op te neem, want die verhaal
van die swaard vertel dat die een wat hom opneem en in
sy/haar hande vashou onuitstuitbaar sterk word
En kan enige mag van die duisternis met hom verslaan
Jy roep my swaard van ware liefde en ek smag om jou vas
te hou, ekke Rosella.
Want ek glo met hele hart jou verhaal, jou verhaal van ware
liefde En ek wil saam met jou, sy aan sy veg teen die
Meester van die duisternis,
Ek sal hom vernietig met jou aan my sy, swaard van ware liefde
Eindelik, waaragtig het ek jou in my hande na baie geswoeg
en gesweet om net so ver te kan kom om jou net vas te hou
en jou vlymskerp punt na my vyand die Meester van die duisternis te rig!
Ek sal jou sny veragtende Meester van die duisternis
Ek sal jou opkerf met hierdie swaard jy wat my grootste vyand is
Jy was onsigbaar vir my in die begin en jy het met my woer woer gespeel
Maar nie meer nie Meester van die duisternis
Ek kan jou oral sien, jyt nrens om meer vir my weg te kruip nie
Nie agter iemand nie, nie in iemand nie, nrens nie!
Jyt oral sigbaar vir my geword, HOOR JY MY!!!
En soos die verhaal vertel, gaan ek jou alleen verwoes net met die
swaard van liefde aan my sy,

EKKE ROSELLA!!!!

Want ware liefde het my groot moed gegee!!!!
En ek het nou die swaard opgeneem, en ek daag jou nou uit Meester
van die duisternis vir n geveg tot die bittereinde tot die dood toe!!!
Tot daar net een van ons oorbly !!!!! Net een uittree as oorwinnaar!!!