PDA

View Full Version : Duiwel, Satan, Lucifer en die Slang



Die Ou Man
8th April 2011, 22:06
Duiwel, Satan, Lucifer en die Slang

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=624&d=1302292185Ou Gode wat al duisende jare met die mens saamkom, verval soms in onguns. Die woord Duiwel is herkenbaar in Vedies of antieke Sanskrit: Devah of Dyaus. Hierdie God was eens op ‘n tyd rasend gewild onder die Indo-Europese volkere. Vandag vind ons hom nog in die Hindoeďsme, naamlik die Godin Devi. Ook herken ons Devah in die woord teoloog en ook in Zeus, die Oppergod van die Grieke, maar ook die Griekse God van die Regte. Verder herken ons die naam ook in die Germaanse God Tiwas, Tyr, Thues of Ding, ook as Regsgod.

Die woord Dier is ook van hierdie God (Tyr) afgelei (ook as sinoniem vir Duiwel). Teen die begin van ons jaartelling was hierdie God nie meer so gewild onder die Germane nie. Die gewildste Godhede rondom ons jaartelling was: Odin, Thor en Freya. Die God Tiwas is na die agtergrond verskuif en sy gewildheid het begin getaan. Tiwas en Duiwel was in die verre verlede dieselfde entiteit. Die woord Duiwel het voor die kerstening van die Germane ongeveer die betekenis gehad van Ou God. Met die kerstening het die betekenis van die woord Duiwel verander na 'n sinoniem vir Satan. Dinsdag is na die God Tiwas vernoem.

Nou verwant aan die woord Duiwel is die woord Duif. Die verwantskap tussen duif en duiwel word groter wanneer 'n mens die volgende in ag neem: 'n Manlike duif is ook bekend as 'n doffer. Die r en l wissel in die Germaanse tale, byvoorbeeld wimpel, wimper en sukkel, sucker (Eng). Die wit duif is 5,000 v.C. al met die Semitiese Godin Astrate (http://en.wikipedia.org/wiki/Astarte) geassosieer. Wit duiwe was as 'n simbool beskou van die Hemelgodinne en ook 'n simbool van vroulikheid. In talle godsdienste word die (wit) duif as 'n spirituele figuur beskou. By die Hindoeďsme word duiwe beskou as die boodskappers van die Gode en Godinne. Vergelyk ook die boodskappersrol van die duif in Noag se ark. Die (wit) duif word vandag beskou as simbool van die siel en verskyn steeds op grafstene. Die duif was 'n geliefde offerdier en word volgens die Christendom ook beskou as simbool van die Heilige Gees. Vergelyk Mat 3:12-17, Mark 1:9-11, Lukas 3:21-22 en Joh 1:31-33.

Die woord Satan kom van Seth (http://nl.wikipedia.org/wiki/Seth_%28Egyptische_mythologie%29) of Set. Seth was duisende jare gelede ‘n baie gewilde God onder die Egiptenare. Farao’s en konings is na hom vernoem (en ook die derde seun van Adam en Eva). Die volgelinge van Seth was die Sethane of Satane. Met verloop van tyd het die God Seth in onguns verval. Hy het later die God geword van die woestyn, of die God van chaos of die God van wanorde.

Baie Gode het diere gehad wat spesiaal aan hulle geoffer is. Seth se offerdier was die vark. Met die afname van die gewildheid van Seth het daar ook ‘n afkeer gekom aan sy offerdier. Dit verklaar waarom Semitiese volkere vandag ‘n afkeer het aan die eet van varkvleis. In Duitsland is varkvleis die gewildste vleissoort omdat varke in die verlede aan Germaanse Gode geoffer is, veral aan die God Fro of Freyr. Varke tree ook op in die Germaanse volksverhale (byvoorbeeld: Die Drie Varkies).

Die Germaanse God Loki (Lodur (http://en.wikipedia.org/wiki/L%C3%B3%C3%B0urr)) is ook 'n God met 'n baie ou verlede. Die moderne Engelse woord Lord is immers afkomstig van Lodur (of Loki). Lodur of Loki was beskou as die God van die lig. Hy vorm saam met Hoenir en Odin 'n Goddelik drie-eenheid. Nog voor die begin van ons jaartelling het Loki se gewildheid begin taan. Alhoewel hy onder sommige Germaanse stamme steeds gewild gebly het, was hy onder ander stamme as 'n soort anti-God beskou of die God van die leuen. Loki is immers die moordenaar van die baie geliefde en gewilde God Balder (Balder was die witste en slimste God). Die Skandinawiese Saterdag (Lordag) is ook na na Loki of Lodur vernoem. Loki = Lucifer. Kyk hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/489-Germaanse-Religie-in-ons-Taal) vir nog meer woorde afkomstig van die God Loki. Tydens die Ragnarok (eindtyd) is Loki die enigste God wat teen alle ander Gode veg. Om hierdie rede word Loki soms nie as 'n God beskou nie, maar 'n Reus. Loki word gesteun deur sy twee ‘kinders’ Midgardslang en Fenrir (Bose Wolf), asook alle ander Reuse en demone.

Wat opval is die ‘kinders’ van Loki: Midgardslang en Fenrir. Die eens geliefde en beminde God van die lig en God van die Vuur, bring nou veragtelike en verwerplike ‘kinders’ voort. Beide sy ‘kinders’ word egter in ‘boeie geslaan’ en kom hulle eers vry tydens die Raganarok vir die verskriklike en fatale eindstryd. Hierdie metafoor sluit aan by die ingebonde Satan van die Christendom, wat ook in die eindtyd vrykom.

In die Klassieke Oudheid is die Slang as ’n God beskou. Hy woon in die paradys in die boom van kennis. In sy teenwoordigheid was altyd ’n Godin. Hierdie Godin gee aan die man die vrug van die (ewige) lewe. Die Slang heers as Oppergod in hierdie paradys oor die Godin en ook oor die mens. In die Joods-Christelike skeppingsverhaal verskyn hierdie Magtige Slang ook op die toneel. Op sy versoek gee Eva ’n ‘verbode’ vrug aan die man. Die Slang word nou ’n demoon in die Joods-Christelike skeppingsverhaal. Die Slang word nou gelyk gestel aan Satan.

Uit Heiligdom (http://www.heiligdom.com/satan.html).