PDA

View Full Version : 'n Hartseer storie :(



Die Vrou
14th April 2011, 10:33
Ek sit vandag en my gedagtes dwaal terug na 7 maande gelede.
Die telefoon lui:
"More my skat, ek wou net hoor of dit goed gaan met jou?"
"Ja dankie, maar mammie moet my verskoon ek is baie besig"
"Jammer ek wil ..Reg so my kind, ek verstaan, ons praat dan weer later, wil
net gou-gou byvoeg, ek is lief vir jou en verlang na jou"
"Ja dankie, ek ook", hoor ek myself s net om so gou moontlik van haar
ontslae te raak.
Die assistente in kantoor lig 'n wenkbrou en kyk na my: "Is alles reg met
jou moeder?"
"Ja wat, sy is maar net verveeld, soos elke ander keer, dit is waarom sy
skakel. En met 'n haastige " Ek gaan gou uit om vir my iets te ete te koop!"
was sy vergete.
Moeder het nooit weer geskakel nie!
Met pyn en verlange in my hart, hunker ek om net een keer weer haar stem
hoor wat my tot 7 maande gelede so geirriteer het, of om net een keer weer
'n drukkie wat ek so afstootlik gevind het, van haar te kry.
Trane rol oor my wange as ek kyk na die Checkers strokie waarvan die ink al
plek, plek verdwyn het, met R17.00 daarop geplaas. Ek onthou, ek moes vir
haar brood en melk bring van die dorp en was uiters verontwaardig dat ek my
kosbare tyd moes inspan vir haar.
Kon sy dit dan nie self doen nie, besef sy dan nie ek het my eie lewe nie?
Nee wat haar vermetelheid staan my nie aan nie, het ek onvergenoegd gedink.
Ek het haar geskakel met die bedrag en nors versoek dat sy buite in die
straat moes wag. Ek het slegs die pakkie deur die motorvenster voor die deur
in haar hand gestop en die R17.00 wat sy na my uitgehou het, by die venster
laat uitval in my haas om weg te kom voor sy my dalk iets wou aanbied om te
eet of te drink.
In die tru-spieltjie het dit my opgeval hoe pateties sy gelyk het toe sy
die geld in die pad opgetel het en my agterna gestaar het. Ek het my sommer
opnuut weer vir haar vererg.
Nee wat regtig my ma is darem baie selfsugtig om te verwag ek moet my vrye
tyd so vir haar opoffer. Sy moet besef ek werk ses dae van die week en ek is
ook moeg.
Terwyl ek nou terugdink,.. ek moet erken, sy het nogal daardie dag baie
bleek gelyk.
Toe haar buurvrou my skakel en vra ek moet dadelik na Mammie se huis kom,
want sy voel nie lekker nie, moes sy eers die simptome aan my verduidelik
en ek sou besluit of dit ernstig genoeg klink.
Nee regtig, was ek dan nie net 8 maande of is dit nou 9 maande gelede daar
nie! Dink sy ek het niks beter om te doen met my tyd nie? Hulle kan wag tot
die naweek en as ek lus voel sal ek daar om ry.
Maar helaas, die naweek was te laat. Die 10 minute se ry na Mammie se huis
het vir my soos 'n leeftyd gevoel.
Op haar kombuis kas langs die Checkers strokie met die R17.00, was 'n bruin
koevert aan my gerig. Ek het dit oopgemaak en die volgende gelees:
My liefste kind,
Hiermee 'n faktuur vir jou:
1.Vir tye wat ek dit kon regkry om jou om te koop met petrol geld, sodat
ek jou kan sien vir miskien 15 minute NO CHARGE
2. Vir tye wat ek verneder was voor ander personeel by my werk, wanneer ek
foute begaan as gevolg van moegheid, omrede ek wakker gebly het deur die
nag wanneer jy siek was NO CHARGE
3. Vir nagte wat ek wakker gel met jou op my bors, omrede dit al was waar
jy wou slaap as jy siek was NO CHARGE
3. Vir tye wat ek deur die nag aan jou skoolprojek gewerk het dat jy goeie
punte kon behaal NO CHARGE
4. Vir 18 jaar plus wat ek jou moes rondry na skool aktiwiteite of net om
jou giere te bevredig, terwyl ek soms siek was NO CHARGE
5. Vir al die kere wat ek my kos geldjie vir die werk gebruik het om jou
gelukkig te maak met 'n geskenkie NO CHARGE
6. Vir tye wat ek in my kamer gehuil het as ek na jou snikke moes luister
na jou pakslae en ek mag jou nie getroos het nie NO CHARGE
7. Vir tye wat jy my beskuldig het dat ek die oorsaak van rusie in ons huis
was, terwyl ek slegs tussenbeide getree het om jou te beskerm as jy stout
was NO CHARGE
8. Die kere wat ek saam met jou gehuil het as jou hartjie gebreek was NO
CHARGE
9. Al die jare wat ek jou hare uitgeborsel het en jou net die beste gegee
het en net die mooiste aangetrek het NO CHARGE
10. Al die nagte wat ek op jou klein bedjie by jou geslaap het, koud gekry
het en vir jou deur die nag gesing het as jy bang was NO CHARGE
11. Al die jare wat ek jou buie moes verduur het as iemand in die huis jou
ongelukkig gemaak het-NO CHARGE
11. En wanneer jy terugdink aan nog ander insidente wanneer jy jou eie
kindjie het NO CHARGE
Jammer ek het nie genoeg papier om verder te skrywe, .dusdie finale
bedrag:
Die voorreg om jou in my lewe te kon h, dit was my betaling!
Al my liefde,
Mamma.xxxxxxx
NB. My ontelbare, onmeetbare liefde vir jou wat jy nie meer van my wil h
nie -NO CHARGE!