PDA

View Full Version : Ewolusie



Die Ou Man
19th April 2011, 07:51
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=645&d=1303192148

Die Ou Man
19th April 2011, 07:52
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=642&d=1303192144

Die Ou Man
19th April 2011, 07:53
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=644&d=1303192147

Die Ou Man
19th April 2011, 07:54
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=646&d=1303192151

Die Ou Man
19th April 2011, 07:55
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=647&d=1303192152

Die Ou Man
19th April 2011, 07:56
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=643&d=1303192145

Die Ou Man
19th April 2011, 19:34
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=648&d=1303234408

Stefanus
17th June 2011, 20:49
Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
Waldor (http://www.woes.co.za/bydraers/besonderhede/waldor)

Daar is intelligente ontwerp in die aarde se biologie, en hierin lê die teenspraak vir Darwin se ‘sistematiese biologiese veranderinge’ wat die gevolg was van lukrake genetiese mutasies, wat saamgewerk het met natuurlike seleksie... Ons moet glo dat visse amfibieë geword het, amfibieë het gaandeweg reptiele geword, reptiele verander toe na voëls, en voëls word toe diere. Oulike illustrasies oortuig kindertjies dat ‘n ry ape opeenvolgend van gebukkende volbloed primate af, later op twee bene en regop kon loop, en nog veel later verfyn het tot ‘n Einstein, of ‘n Beethofen wat musiek vir verskeie instrumente kon komponeer.

Dit is nou al meer as 100 jaar wat wetenskaplikes onverpoos soek na die vermiste skakel. Dit is in hierdie ‘skakel’ wat Darwin se doodsteek lê. Hy het goed geweet, die enigste manier om sy teorie te verifieer sou wees om daardie vermiste skakel te vind... Hoeveel paleontoloë, geoloë, uitgrawers, konstruksiewerkers, olie en waterboorders, argeoloë, antropoloë, studente en amateur fossiele soekers het tot nou toe, en met die beste en nuutste masjinerie en apparate gefaal om daardie noodsaaklike skakel vir die evolusie teorie te vind – miljoene! Alle paleontoloë weet dat die fossiele rekords absoluut geen bewyse vir die ‘tussenfase’ in evolusie het nie.
Darwin het nooit sou kon dink dat daar met die tyd meer en meer krake sou ontstaan wat sou vreet aan die wortel van sy teorie nie. In Darwin se tyd was biochemie nog ‘n embrio. Hy het nooit sou kon dink dat DNA in minder as 100 jaar nadat sy ‘Origin of Species’ gepubliseer is, ontdek sou word nie. Darwin het met spesies gewerk, nie met die strukture van selle en of mitochondria, nie. Michael Behe, ‘n vooraanstaande biologiese professor, het lank na Darwin, en met gevorderde instrumente en tegnologie tot sy beskikking; in sy boek: “The Biochemical Challange to Evolution” verwys na vyf verskynsels wat Darwin met sy primitiewe ‘vergrootglas’ misgekyk het. Hy wys daarop dat die vorming van bloedklonte, cilia, die menslike immuniteit sisteem, die vervoer van materiale tussen selle, en die sintesis van nukleotides te ingewikkelde verskynsels is vir die sistematiese stap vir stap veranderinge van die Darwin roete. Hierdie verskynsels spreek van ‘n “programmering” wat nooit as te nimmer deur natuurlike mutasies kon formeer nie. Eweneens neem die wetenskaplike joernalis Richard Milton in sy resensie “Shattering the Myth of Darwenism” die bobbejane bul by die horings. Met ‘n lewenslange skrywers ondervinding, ‘n passie vir geologie en paleontologie – en geen geloof om in sy pad te staan nie – was hy in die unieke posisie om Darwin se teorie skerp te analiseer en aan te vat. Milton wys daarop dat daar slegs na die vermiste skakel gesoek word omdat Darwin se teorie die noodsaak van die bestaan daarvan impliseer, maar dat niemand dit openlik waag om die teorie self openlik aan te vat nie. Maar, “hoe lank gaan daar nog gesoek word en ekspedisies gedoen word en hoeveel jare se navorsing gaan nog verdra word” voordat daar “finaal erken gaan word” dat geen fossiele van enige vermiste skakels bestaan nie?, vra Milton

Met die ontdekking van DNA, is daar deur die genetici vasgestel dat meeste mutasies nie neutraal of negatief is nie. Dit kom daarop neer dat mutasies eintlik foute is wanneer DNA vaal om informasie akkuraat te kopieer. Daarom is natuurlike seleksie uit die aard van die saak nie dinamies genoeg om die tipe spesie veranderinge teweeg te bring wat die evolusie teorie impliseer nie. In die veranderingsfase lê Darwin se ‘Achilles Heel’ Daar is oral fossiele van die mees antieke vorme en dan van die meer nuwer weergawes. Ons het byvoorbeeld fossiele van die vroeë uitgestorwe primate, hominiede, Neanderthals en Homo sapiens, maar geen fossiele van die oorgangwese tussen mens en aap nie! Hoe kan dit enigsins moontlik wees dat die antieke fases wat elk oor derduisende jare se sistematiese veranderinge plaasgevind het, fossiele agterlaat wat gevind word, maar die tussenfase wat ook duisende jare behels geen fossiele agterlaat nie. Dit is onmoontlik dat ‘n hele fase so in die niet kan verdwyn as enorme waterverplasings op die aarde vir ons ‘n onuitputlike biblioteek van fossiele dwarsoor die aarde gelos het. Nie ‘n tand of ‘n been wat die crux van die teorie bevestig nie! Die algemene publiek is gerieflik ingelig oor die stryd tussen evolusie en die skeppingsteorie, maar oor die wetenskaplike probleme word daar takties geswyg deur die ‘stigtings’ wat hul teorieë in geskrifte, tesisse, boeke en verhandelings vasgele het.

Asof die gebrek aan beendere nie genoeg is nie kom kla die logika in die planteryk die evolusieleer eintlik meer pertinent aan. Selfs by die plante is daar die vermiste skakel. Die skierlike verskyning van plante wat blom skiet die evolusieleer nog seerder in die voet. Die hoë graad van komplekse organisasie in die planteryk is baie sigbaar. Daar word gereeld verwys na die stelling: “Wat was eerste, die hoender of die eier?”, maar, wat die blomme betref kan daar tereg dan vir Darwiniste gevra word: “Wat was eerste, die blom of die by?” Hoe het die beweerde primitiewe gewone plant wat vir miljoene jare aseksueel voortgeplant het die strukture ontwikkel vir seksuele voortplanting? Volgens Darwin se teorie moes dit gebeur het toe ‘n gimnosperm muteer het en met die tyd verander het in ‘n plant wat blom. Kan dit moontlik wees? By blommende plante moet die oorplasing van stuifmeel van die manlike helmknoppie na die vroulike stigma plaasvind voordat saadplante seksueel kan voortplant. Die mutasie moes uit die aard van die saak met een plant iewers op een of ander stadium plaasgevind het. Maar daar was dan nie insekte of diere wat spesifiek aangepas was om voor daardie tyd plante bestuif nie! Hier is waar die probleem om mutasie, natuurlike seleksie en sistematiese verandering te probeer kombineer inkom. Wanneer die Darwiniste konfronteer word met die dilemma van gevorderde organisasie en strukture in plante, wesens en diere, en die sprong van aseksuele reproduksie na seksuele reproduksie; dan sal hulle verduidelik dat die veranderings doodeenvoudig te stadig en gaandeweg plaasgevind het vir die skakelings om duidelik sigbaar te wees. Maar, as dit dan ‘gaandeweg’ die geval was, sou daar mos ‘n oorvloed van fossiele gewees het om juis die ter sprake vermiste skakels te demonstreer. Hoe meer die logiese stappe in die Evolusie teorie geïsoleer word hoe meer raak hulle in die moeilikheid. Daar is verskeie voorbeelde van gimnosperme en angiosperme in die fossiele rekords, maar geen oorgangspesie om te demonstreer hoe mutasie en natuurlike seleksie opereer het om die blomme te skep nie!

Dit beteken natuurlik nie dat die aanhangers van die skeppingsteorie, die predikante, leke predikers en Sondagskoolonderwysers nou skierlik moet juig nie. Hulle het nog minder voet om op te staan. Waar die evolusie teorie arm gaan met die gebrek aan die vermiste skakel, diep die tegnologie op bykans ‘n daaglikse basis onbetwisbare bewyse op wat onomwonde bewys dat daar baie, baie lank voor Adam en Eva gevorderde mense op hierdie aarde was. Mense wat al ‘dinge gedoen het’ lank voordat Adam en Eva blare vir broeke gedra het. Al hoe meer konnotasies tussen hierdie wyd uitgespreide tasbare ontdekkings voer ons terug na wat die mikroskoop en die wetenskap uitspel – dat daar intelligente programmering en ontwerp is maar dat dit nie gebind kan word deur godsdienstige teorieë nie.

Dit is nie net kompetisie wat die dryfveer van oorlewing uitmaak nie, maar ‘n ‘samewerking’ wat intelligent ontwerp is om die vele voorbeelde van simbiose met ‘n ‘bedoeling’ te beklemtoon. Die natuur is oortrek daarmee. Blomme benodig bye en andersom, verskeie tipes fungi het bome nodig om aan te kleef en op te leef en daar is bakterieë wat stikstof aan plante voorsien. Die menslike liggaam is ‘n versameling selle en virusse wat ‘saamwerk’ om ‘n komplekse organisme te skep.

Terwyl die skeppings aanhangers hul verknog met verhale in ‘n Midde Oosterse paradys waarin hulle die mens vasbind in ‘n ontstaan en uiteindelike vernietiging, en die Darwiniste nog steeds soek na die vermiste skakel word die ou paradigmas vervang met die ontdekkings van werklike bewyse voor oë... Ons moet die oogklappe afhaal en objektief en oopkop uit die ou argument van die Bybel versus Darwin tree, sodat ons kan sien wat die tasbare monumente op die aarde en die opgrawings uit die buik van die aarde vir ons uitspel. Ons moet ook begin besef dat daar met die politiek, die wetenskap, die biologie en die geloof, stigtings is wat die mens se denke en die beskikbaarstelling van inligting domineer en bepaal – ‘n tipe kennis filter, wat die feite selekteer voordat dit na die mense deurgelaat word. Daar is vooropgesette vooroordele omdat ‘n vroeë elite prematuur toekennings gekry het vir hulle teorieë wat nou ten alle koste bewaar moet word. Hoe sal dinge lyk as die basis van etlike mense wat Nobel pryswenners was deur nuwe ontdekkings onder hulle uitgepluk word. ‘n 1996 NBC dokumentêr: The Mysterious Origins of Man” het dit duidelik uitgestippel dat wetenskaplikes wat die gevestigde dogmas teenstaan, baie subtiel uitgeskuif word en selfs hul werk verloor.

Nuutste ontdekkings toon dat die mensdom baie ouer is as wat konvensioneel voorgehou word. Richard Thompson en Michael Cremo wys ook baie duidelik en oortuigend in hulle boek “Forbidden Archeology” en die later “The Hidden History of the Human Race” met onomkeerbare bewyse dat die bestaan van die moderne mens nog “miljoene jare” voor die sogenaamde 100,000 jaar gelede in die Suide van Afrika uitstrek. In hul oorgretige vergryp om die vermiste skakel te soek en die ‘paradys dilemma’ in die mensdom in te skryf, het die wetenskaplikes, teoloë en navorsers stiksienig booor duidelike teenstellings gestrompel.

Ons moet wyer gaan soek as in Darwin se “Origin of Species” en Moses se “Genesis” indien ons meer wil weet oor wie en wat ons werklik is of veronderstel is om te wees. Buite die konvensionele is die verlore stukke van ‘n legkaart versteek op ‘ander plekke’ as in die algemene biblioteke en klaskamers. Daar is lank vergane beskawings wat konnotasies gehad het met die buitenste ruim. Soos wat werklike ontdekkings en artefakte uit die dieptes van die Aarde gehaal word, ontvou daar ‘n versameling materiale wat eens kontroversiële teorieë al meer en meer onderskraag. Nou begin die werke van Zecharia Sitchin, Paul La Violette, John Mitchell, Graham Hancock en John Anthony West al meer sin maak. Die wetenskap het nou geen ander keuse as om die beginsel van ‘n inherent intelligente heelal in te sluit nie. Die antieke Sanskrit tekste verwys nie verniet na die aard van Purusha – die Allerhoogste Bewustheid, en Chittam - die gedagtegang wat fundamenteel is vir realiteit nie. Die minerale, plante en diereryk bestaan in grade van die Allerhoogste bewustheid, en die mens wat uit die aard van die saak die hoogste van hierdie grade uitstraal, neem meer prakties deel aan hierdie subtiele bewustheid.

Indien daar uit die lug na die posisies van die piramides in Egipte, die megaliete in Engeland soos die Stonehenge, die antieke piramides in Suid Amerika en die geboue in Peru en elders gekyk word, dan loop daardeur ‘n ander draad as wat ons van die grond af kan sien. Die uitleg van hierdie monumente is so rangskik dat dit gedetailleerde en presiese lyne vorm tussen die aardse en hemel liggame saam met raaiselagtige antieke geometrie; wat ‘n intelligentsia met ‘n boodskap uitspel. Dit spel verder uit dat daar ‘n oeroue wêreldwye orde is wat tot ons spreek maar wat ons miskyk. Indien ons met ‘n ingesteldheid tot die regte hoogtes kan styg, sal ons die meesterlike ontwerp kan sien wat ‘n boodskap voor ons sal laat ontvou. Daar loop ‘n lyn wat wyer strek as die ontstaan van dinge deur ‘n Joodse owerspel nou die dag in die paradys of ‘n lyn wat strek van ‘n skreeuende sjimpansee na ‘n digter of filosoof. Die lyn loop deur die heelal van die sterre na ons en van ons na die sterre!
Plato het geskryf oor ‘n skere kanonieke reg waaroor die antieke Egiptenare beskik het waarin sekere numeriese proporsies en musikale harmonieë vervat was waardeur die gemeenskap van die tyd domineer en gerig was, en wat hulle in staat gestel het om vir duisende jare op dieselfde vlak te funksioneer. Dat die gemeenskappe baseer was op ‘n begrip van die harmonieë waarop die heelal neergelê is.

Ons moet hierdie harmonieë weer opsoek en die legkaarte daarvoor en daartoe, is onder ons voete en voor ons oë