PDA

View Full Version : Israel "Waarheid" of Leuen?



Luther
13th February 2008, 07:34
Hierdie pos van Knipmes maak vir my sin, ek sien dit so in, in die begin, met Adam se vorming het die Skepper Sy Gees in Adam geblaas, as ek dit so mag noem, die Adamiet het deelagtig van die Skepper geword

Ek stem ook saam dat daar ander "mense" op die aarde wandel wat nie Sy Gees ontvang het nie, dit ook nooit sal ontvang nie

Dit word verduidelik in Mattheus waar Sy Seun aan sekere mense se dat hulle addergeslag is, maw slangsaad, maw die duiwel se nageslag, moontlik gevalle engele wat destyds teen die Skepper gerebbeleer het( vergelyk Mat 20:16,

Indien julle dit anders insien se maar so, ek is bereid om te leer indien julle my kan onderrig in die regte weg

Verduidelik ook vir my Mat 10:5-6 asook Mat 15:24en 26 Mat 19:28

Sal dit waardeer

Dankie

Die Ou Man
14th February 2008, 08:33
Wonder.

Ons gebruik jou vrae as intree rede en ons vertrekpunt is die opdrag van die Christus in die gedeelte waarna jy verwys.


Matthéüs 10

1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;

4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Die Christus stuur sy dissipels na die verlore skape van die huis van Israel. Die vraag ontstaan dus nou. Waar woon hierdie verlore Israeliete? Hoe vêr sou die dissipels moes reis om hierdie verlore Israeliete te vind?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 11:26
As die ideologie van die "Israel Waarheid" (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism) korrek is, moet ons aanvaar dat die Christus die twaalf dissipels beveel het om na Wes-Europa, Skandinawië en Britanje te gaan. Dit is mos waar die IW hierdie verlore skape op daardie stadium plaas. Nou moet ons kyk of die dissipels dit ook so verstaan het.

Jakobus was teenwoordig toe die Christus die opdrag gegee het. Hy sal dus weet wat die Christus bedoel het. Die aanhef tot Die Algemene Brief van die Apostel Jakobus lui so:


1. Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

Dit is duidelik dat Jakobus die Christus se opdrag uitvoer. Hy skryf 'n brief aan die twaalf stamme in verstrooiing. Weereens, volgens die IW ideologie, is hierdie brief gerig aan die Europese volke noord van die Alpe. Dit is egter nie die waarheid nie.

Die siening van Jakobus, wat teenwoordig was tydens die Christus se opdrag, bots met die IW ideologie (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism).

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 11:43
Petrus was ook teenwoordig tydens die Christus se opdrag. Hy skryf ook 'n brief aan die verlore skape. Waar plaas hy die verstrooides?


Die Eerste Algemene Brief van die Apostel Petrus.

1 Petrus, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kapadócië, Asië en Bithínië,

Jakobus plaas al twaalf stamme in Klein Asië en Petrus plaas die verstrooides in in dieselfde landstreek deur die gebied by die naam te noem.

Wie moet ons nou glo? Vir Jakobus en Petrus, of die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" ideologie?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 12:02
Op die onderstaande kaart kan duidelik gesien word waar Petrus die verstrooides plaas.


http://img182.imageshack.us/img182/2314/paulromeuj3.gif

Danksy Petrus en Jakobus weet ons waar die verlore skape van die Huis van Israel in die tyd van die Christus gewoon het. In Klein Asië, suid van die Swartsee.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 14:08
Jy is te haastig om by 'n gevolgtrekking te kom. Kom skei eers die kaf van die koring en ontleed hierdie vers.


Matthéüs 10

5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

Die woord "heiden" verwys na die mense wat op die Heide (Heath in Engels gewoon het). Heide verwys na kort struikgewasse. Die Heide vind ons op die platteland van Europa en nie in die Midde-Ooste nie. Die Heidene was mense wat op die platteland van Europa (Heide) gewoon het. Hulle het nie geweet van die bestaan van 'n jaloerse Jahweh van die Midde-Ooste nie. Die woord "Heiden" is vir die eerste keer in teologiese terme deur die Katolieke Kerk in die Middeleeue gebruik toe hulle die Wyse Vroue (ons moeders) van die Heide op brandstapels verbrand het om die Semitiese God, Jahweh te aanvaar.

Die Christus kon dus nie die woord "heiden" gebruik het nie. Die King James Bible (http://bible.cc/matthew/10-5.htm) is nader aan die waarheid.


These twelve Jesus sent forth, and commanded them, saying, Go not into the way of the Gentiles, and into any city of the Samaritans enter ye not:

'n "Gentile" is 'n onbesnedene, Nie-Jood. Die Christus het die dissipels dus opdrag gegee om nie na die onbesnedenes te gaan nie.

Maar waarom sonder hy die Samaritane by naam uit. Want hulle was wel besnede, maar nie suiwer Joods.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 15:38
Jy is weer te haastig. Die Heidene van Europa het nie Bybels gehad nie. Hulle het ook nie aan Jahweh geglo nie. Hul heilige boek was die Edda.

Hierdie verbrandings duur al van die 11de eeu. Martin Luther se Protestante beweging het eers in 1517 begin. Hulle is ook vervolg, maar teen daardie tyd is reeds meer as 'n miljoen Wyse Vroue verbrand omdat hulle nie die Katolieke Kerk en sy God, Jahweh wou aanvaar nie.

Gaan lees weer hier (http://wendag.com/forum/showthread.php?t=23&page=3) vanaf pos 28.

Maar jy lei my nou weg van die onderwerp af.

Ons keer terug na ons soektog na die Israeliete in verstrooiing waarna die Christus verwys.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 15:51
Ons weet nou meer van die verlore skape van die Huis van Israel waarna die Christus verwys. Volgens die Christus se opdrag weet ons dat hulle nie "Gentiles" was nie. Hulle was dus besny ooreenkomstig die verbond met Abraham.

Volgens die briewe van twee getuies wat teenwoordig was tydens die Christus se opdrag, weet ons dat die verlore skape in Klein-Asië woonagtig was. Petrus dui die landstreke by die naam aan.

Al hierdie faktore sluit my Europese voorouers (wat op daardie stadium reeds langer as 2000 jaar in Europa was) uit as nageslag van die Twaalf stamme.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 16:04
Tydens die Christus se lewe op aarde, was dit ook bekend dat daar verstrooides in Griekeland gewoon het.


Johannes 7 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=JHN&chapter=7&version=0&GO=Wys)

33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.

34 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.

35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?

Paulus en sy geselskap het wel by hierdie verstrooides in Griekeland uitgekom. Maar eers het hy aan die verstrooide Israeliete in Antiochíë gepreek. Antiochíë lê juis binne een van die landstreke waarvan Petrus in sy brief melding maak.


Handelinge 13 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=ACT&chapter=13&version=0&GO=Wys)

14 Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

15 En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

16 Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!

Hierdie Israeliete voldoen aan al die vereistes van die Christus. Hulle is besny. Hulle is van die Huis van Israel en hulle is nie Samaritane nie. Hulle het selfs hul eie sinagoge daar in die vreemde.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
14th February 2008, 16:15
Die woord "Heiden" is vir die eerste keer in teologiese terme deur die Katolieke Kerk in die Middeleeue gebruik toe hulle die Wyse Vroue (ons moeders) van die Heide op brandstapels verbrand het om die Semitiese God, Jahweh te aanvaar.

Omdat Jahweh deel van die Israel waarheid is wil ek u vriendelik vra om eers hierdie deel af te handel, dalk is ek maar swak van begrip, maar ek sukkel om die kloutjie by die oor te kry

Volgens u is Jahweh die oosterse God, dus het slegs israel en omliggende gebiede die god Jahweh aanbid en Hom dus geken as God (u beweer dat Israel nooit in verstrooiing gegaan het nie)
Ons weet almal dat die katolieke kerk se middelpunt Rome was, vandaar het dit soos 'n kanker regoor die wereld versprei, maar u beweer en tereg ook dat die Wyse Vroue op brandstapels gesterf het in die Heide, duisende myle vanaf die ooste, hoe het die God van Israel Jahweh dan daar gekom, vanwaar kom die Semiete dan nou ewe op die toneel

Die Ou Man
14th February 2008, 16:28
(u beweer dat Israel nooit in verstrooiing gegaan het nie)


Die Israeliete was wel in verstrooiing, maar nie in Engeland, Wes-Europa en Skandinawië, soos die IW ideologie beweer nie.

Ons kan mos nou duidelik sien dat hulle in Klein-Asië en selfs in Griekeland verstrooi was en steeds hul godsdiens en die besnydenes beoefen het.

Paulus het hulle oral op sy reise teëgekom en op een stadium het hulle hom gestenig en vir dood agtergelaat. Hier besoek Paulus hulle in Antiochíë.


Handelinge 13


44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

45 Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.


50 Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.

En uiteindelik maak Paulus-hulle toe soos die Christus gesê het.


51 Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan.

Die Israeliete in verstrooiing verwerp ook die boodskap van Christus.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
14th February 2008, 16:31
Ou Man gee my net so 'n kansie, ek wilnou net gou iets opsoek, hierdie misverstand moet so gou moontlik opgeklaar word

Die Ou Man
14th February 2008, 16:36
In Ikónium (steeds in die gebied wat Petrus aandui as tuiste van die verstrooides) vind Paulus nog verstrooides met hul eie sinagoge.


Handelinge 14 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-3&book=ACT&chapter=14&version=0&GO=Wys)


1 EN op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.


19 Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

So word die opdrag van die Christus stiptelik uitgevoer deur sy boodskap aan al die verstrooides te bring. Enso word daardie boodskap telkens verwerp.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 16:49
So beland Paulus in Griekeland, waar hy nog verstrooide Israeliete teenkom. Hier verkla die verstrooides vir Paulus by die onbesnede goewerneur.

Die Christus opdrag is uitgevoer. Die boodskap is aan die verlore skape van die Huis van Israel in die verstrooiing gebring, maar hulle verwerp dit. Wat is die gevolg?


Handelinge 13

46 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie -- kyk, ons wend ons tot die heidene.

Die essensie van hierdie boodskap is dat die boodskap van die Christus eers aan die besnedenes gebring moes word. Die besnedes van Jerusalem, sowel as die besnedenes in verstrooiing. Dit is dan nou afgehandel.

Nou kom die boodskap na die onbesnedenes (heidene). Dit is my voorouers (Heidene) waarvan hier gepraat word.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
14th February 2008, 17:06
Israel is, volgens II Kon.17 deur die koning van Assirie, “in ballingskap weggevoer na Assirie en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medie.” Hierdie geografiese besonderhede dui daarop dat hulle in die Kaukasus-bergstreek hervestig is. Die ontsyferaar van die Assiriese kleitablette, George Smith, verkaar is sy boek “Ancient History From The Monuments: Assyria” dat die weggevoerde Israeliete onder ander volksname in onafhanklike koninkryke binne Assiriese gebied hervestig is en dat aanvallers van buite verslaan en verdryf is. Hulle het uiteindelik as Assiriese bondgenote die Mede en Perse en Babiloniers en ander opstandelinge teen die Assiriese Ryk in 626 v.M. verslaan. Die sekulere leuen dat die verstrooide Israel deur ander nasies opgeneem en fisies verdwyn het, word deur hierdie feite weerspreek. Profeties word die ewige voortbestaan van Israel deur Jer.31:35-37 & 33:25-26 gewaarborg. Tydens die Messias se aardse omwandeling, was die lokaliteit van die verstrooides steeds bekend, anders sou HY nie, volgens Matt.10:5-6 “die twaalf” na hulle uitgestuur het nie en sou Jakobus nie sy sendbrief in Jak.1:1 “aan die twaalf stamme van Israel in verstrooiing” opgedra het nie. Na die val van die Assiriese Ryk in 607 v. m, wat as bondgenoot van die verstrooides opgetee het, het die Westelike verstrooides, onder die benaming Krimmeriers deur die straat van Bosferus Europa binnegetrek. Die Sentrale verstrooides het via die Darielpas in die Kaukasusberge die Swart See aan die oostekant omarm en as Skithiers (vgl. Kol.3:11) hulle op die Russiese Steppe in die koninkryk van Skithie gevestig. Beide groepe vertrek later onder verskillende benaminge na die Baltiese kusgebiede en verdeel in die familie van Germaanse volke, waaruit alle Blanke Westerlinge, ook die Boervolk, stam. Na al hierdie volke word volkekundig verwys as Kaukasiers, omdat hulle uit die Kaukasiese berggebiede afkomstig is en spesifieke fisise kenmerke het, wat hulle onderskei van ander rasse.

Die Ou Man
14th February 2008, 17:37
Israel is, volgens II Kon.17 deur die koning van Assirie, “in ballingskap weggevoer na Assirie.

Ek stem saam. En dit vind plaas ongeveer 722 vC (http://en.wikipedia.org/wiki/Ten_Lost_Tribes).


In 722 BCE the Assyrians under Shalmaneser V and then under Sargon II conquered the northern Kingdom of Israel, destroyed its capital Samaria and sent the Israelites into exile and captivity in Khorason, now part of eastern Iran and western Afghanistan.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 17:42
Die Sentrale verstrooides het via die Darielpas in die Kaukasusberge die Swart See aan die oostekant omarm en as Skithiers (vgl. Kol.3:11) hulle op die Russiese Steppe in die koninkryk van Skithie gevestig. Beide groepe vertrek later onder verskillende benaminge na die Baltiese kusgebiede en verdeel in die familie van Germaanse volke, waaruit alle Blanke Westerlinge, ook die Boervolk, stam. Na al hierdie volke word volkekundig verwys as Kaukasiers, omdat hulle uit die Kaukasiese berggebiede afkomstig is en spesifieke fisise kenmerke het, wat hulle onderskei van ander rasse.

'n Duisend jaar voor die Israeliete weggevoer word, beleef my Nordiese voorouers die ekonomiese opbloei van die Nordiese Bronstydperk.


In 4000vC praat die Oer-Germaanse stamme reeds Proto-Germaans (Ursprache) op die vlaktes van Swede en Jutland.


In 2000 vC vestig die Kelte hulle in Danube.


Gedurende 1700 vC val die Germane Skandinawië binne.


Vanaf 900vC tot 700vC vind ons die Halstad kultuur in Noord-Europa.


En in 722 vC word 'n klomp Israeliete na Assirië weggevoer.


Kan jy die gekheid van die IW (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism) redenasie insien?

Daar het miskien 'n groep Israeliete deurgebreek en hulle onder die bestaande volke gaan vestig. Maar dat die Germaanse en Nordiese volke, wat reeds vir meer as 4000 jaar daar woon van die Israeliete afstam is lagwekkend.

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
14th February 2008, 17:52
Hier is 'n paar dingetjies wat nie klop nie, ek moet dit erken, verdra my tog nog so 'n bietjie, ek wil net doodseker maak

Praat more weer

Die Ou Man
14th February 2008, 19:07
Hier is 'n paar dingetjies wat nie klop nie

Praat more weer

Jy stel dit sagkens.

Die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" ideologie is 'n blatante verdraaiing van ons Germaans/Nordiese geskiedenis. Dit is die Israel Leuen.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 21:23
Miskien is dit tyd dat om 'n profeet te raadpleeg om te bepaal wat van die Israeliete geword het na die Assiriese ballingskap.

Die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" agiteer dat hulle deur 'n paar bergpasse gestap het na Noord-Europa en die voorgeslagte geword het van Germane wat reeds duisende jare voor hulle daar was. Bid jou dit aan!

Jeremia 50 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-4&book=JER&chapter=50&version=0&GO=Wys)


17 Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.

Volgens hierdie gedeelte het Israel beide ballingskappe deurloop. Assirië sowel as Babel. Maar volgens die IW het die Israeliete na die Assiriese ballingskap na Europa uitgewyk. Iemand lieg dus!


18 Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.

19 En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in Gílead versadig word.

En hier onderneem Jahweh om Israel na sy weiveld terug te bring. Besluit dus self wie lieg, Jahweh of die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)".


20 In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.

Ons sien dus dat die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" ideologie lynreg met die Bybel bots.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th February 2008, 22:46
Ter wille van duidelikheid plaas ek die oorspronklike Twaalf stamme (http://en.wikipedia.org/wiki/Ten_Lost_Tribes) van Israel. Terselfdertyd die seuns van Jakob (Israel).


1. Reuben
2. Simeon
3. Levi
4. Judah
5. Issachar
6. Zebulun
7. Dan
8. Naphtali
9. Gad
10. Asher
11. Joseph
12. Benjamin

Tydens die grondverdeling in Israel het die ooreenkomstige stamverdeling soos volg daaruitgesien.


1. Reuben
2. Simeon
3. Judah
4. Issachar
5. Zebulun
6. Dan
7. Naphtali
8. Gad
9. Asher
10. Benjamin
11. Ephraim (son of Joseph)
12. Manasseh (son of Joseph)
13. Levi (no territory; just the Temple area and 6 cities of refuge)

The Tribe of Judah, the Tribe of Simeon, and the Tribe of Benjamin joined together to form the Kingdom of Judah and are traditionally considered the ancestors of most of today's Jews

Die verlore tien stamme is in rooi gekleur. Dit sluit die stam van Levi in. Volgens die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" ideologie het die stam van Levi saam met die ander nege stamme deur die poort na Europa getrek.


Nehemia 11

1 EN die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om in die heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede.

2 En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.

3 En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.

Die Bybel beweer dat afstammelinge van Levi na die Babiloniese ballingskap in Judea gewoon het. Die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" weerspreek die Bybel.


20 En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel.

21 En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.

22 En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;

Hier vind ons dat Leviete en ander Israeliete wat veronderstel was om in Europa te wees (volgens die IW (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)), twee eeue later steeds in Judea is (volgens die Bybel).

Liefde groete.

Die Ou Man

Luther
15th February 2008, 06:18
[QUOTE=Die Ou Man;650]Jy stel dit sagkens.

Die "Israel Waarheid (http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism)" ideologie is 'n blatante verdraaiing van ons Germaans/Nordiese geskiedenis. Dit is die Israel Leuen.

Ou Man jy is nou 'n bietjie haastig, ek het dit nooit gese nie

Luther
15th February 2008, 07:12
Ou Man

Ek moet nou my kop bymekaarkry

Julle glo dat daar 2 Skeppingsverhale in die bybel opgeteken is, een 'n leuen en die ander die waarheid(ek het gaan kyk en ja dit is nogal so)

Julle glo die bybel grootendeels vir Israel geskryf is, hulle God Jahweh aan hulle sekere voorskrifte gegee het wat hulle letterlik moes uitvoer, soos opgeteken in die OT, verder glo julle dat die Wit nasie slegs in Europa was, hulle op daardie staduim 'n Onbekende God gehad het, hulle glad nie die bybel gehad het nie(dit kan 'n mens nog glo maar......)

Die God van die Witras stuur Sy Seun na die Israelliete volgens julle was hulle mos almal Jode, maw 'n swart nasie, en skelm ook nog daarby, Hy spandeer die hele tyd net in Israel, verkondig Sy Vader se wil net vir daardie volk, se by herhaling dat Hy net vir hulle gekom het, gee vir Sy dissipels opdrag om nie na die Witras te gaan nie, maar Sy Woord net in Israel en vir die Israelliete te bring (sjoe..)

Ek het al voorheen gese dat die bybel 'n geskiedenisboek en toekomsboek vir Israel is, behalwe natuurlik Genisis en Paulus, waar hy teenstrydig met die Messias se opdragte na die heidene gaan, dws, ek kan net Genisis en Paulus se boeke lees

Sekere goed wat jy se maak vir my sin Ou Man, maar daai stuk wat jy se dat die Satan ook tot bekering kan kom, dit is 'n bietjie dik vir 'n daaler

Soos ek se as ons bymekaarkom en hierdie goed kan uitklaar dan sal ek dit dalk insien, ek is seker te onnosel om die goed sommer so te aanvaar, daar is baie goed van die israelwaarheid wat ook nie sin maak nie ek erken dit

Tot tyd en wyl aanbid ek die Skepper, Sy Naam is vir my Skepper, ten minste kan ek nie daarmee verkeerd gaan nie

Stefanus
15th February 2008, 21:35
Tot tyd en wyl aanbid ek die Skepper, Sy Naam is vir my Skepper, ten minste kan ek nie daarmee verkeerd gaan nie

Wonder ja, die geskrifte beskryf Hom as die Skepper van hemel en Aarde. Hy word ook as God of Elohim in die geskrifte beskryf.


Aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Rev 14:7
In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
IN die begin het Elohim die Hemele en die Aarde geskape.
Gen 1:1

Liefdegroete,
Stefanus.

Die Ou Man
20th February 2008, 21:03
Ons gevolgtrekkings, gebaseer op die briewe van apostels wat persoonlik deur die Christus onderrig is, noop ons nou om te aanvaar dat die "Huis van Israel" geestelik verlore was. Indien die teendeel waar was, sou hulle nie die Christus vermoor het nie.

Dieselfde briewe dui ook daarop dat daar wel "skape" van die "Huis van Israel" was wat fisies in verstrooiing was. Petrus plaas hierdie verstrooides in die huidige Turkye.

Gegewe die bostaande. is dit nou tyd om terug te keer na die oorspronklike skrifgedeelte.


Matthéüs 10

1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;

4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

Die naam "Simon Kananítes" is 'n oënskynlik onbelangrike naam. Maar vir die ingeligte spreek dit boekdele.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
20th February 2008, 21:27
Matthéüs 10

4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

Die 1983 vertaling (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=MAT&chapter=10&version=1&GO=Wys) gee die bostaande vers soos volg weer.


4 Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.

Ek haal vervolgens aan uit die woorde van Isak J du Plessis, professor in Nuwe Testament, Fakulteit Teologie, Unisa in Die Bybel in Praktyk, dd 1993:


Kananeër is die Hebreeuse woord vir die Griekse "Seloot" wat fanatikus beteken. Die fanatici (Selote) was 'n radikale pollitieke groep wat die Romeinse oorheersing in Israel met geweld wou beëindig.

Hier is dus bewys van die feit dat minstens een van die Christus se dissipels 'n politieke vryheidsvegter was.

Hoe sou hierdie Seloot die Christus se opdrag, om die verlore skape bymekaar te maak, vertolk?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
23rd February 2008, 22:00
Die Israel Waarheid/Leuen ideologie verdien myns insiens nie verdere aandag nie. Ek vervolg onder die opskrif: Jesus Pasifis of Kryger (http://wendag.com/forum/showthread.php?p=671#post671).

Liefde groete.

Die Ou Man

witsybok
12th November 2008, 16:25
Ou Man

Ek moet nou my kop bymekaarkry

Julle glo dat daar 2 Skeppingsverhale in die bybel opgeteken is, een 'n leuen en die ander die waarheid(ek het gaan kyk en ja dit is nogal so)

Tot tyd en wyl aanbid ek die Skepper, Sy Naam is vir my Skepper, ten minste kan ek nie daarmee verkeerd gaan nie


Daar WAS twee skeppings. Die eerste in Genesis 1 is die skepping van die ander nasies; Genesis 2 is die skepping van die blanke mense - Adamiete. Die Hemelse VADER het SY asem in die Adamiete geblaas - nie in die ander nie. !!!!!!

knipmes
12th November 2008, 20:03
Daar WAS twee skeppings. Die eerste in Genesis 1 is die skepping van die ander nasies; Genesis 2 is die skepping van die blanke mense - Adamiete. Die Hemelse VADER het SY asem in die Adamiete geblaas - nie in die ander nie. !!!!!!

Witsybok, ek is 'n Adamiet, was al nege keer in fisiese vorm op hierdie planeet, glo my, niemand het die 'lewe" in my neus geblaas nie, ek is 'n ewig lewende wese (gees) wat as pleegouer saam met my pleegkind (aardse gees of dan siel) hierdie huis van klei bewoon in hierdie lewe wat deur die aardse voortplanting deur my aardse ouers bewerkstellig was. In elke lewe het ek die pleegkind se wysheid en foute (vrye wil) saam met my terug geneem Hemele toe, want dis hoe ek nader en nader aan volmaakte ewigheid beweeg deur groei, soos my Hemele Vader en Moeder van my verwag. Om 'n Adamiet te wees, het niks maar niks het hierdie huis van klei te doen nie, inteendeel.

Daar is oneindig baie huise van klei wat net bewoon word deur goeie aardse geeste tans op hierdie planeet, en ook oneindig baie wat buiten goeie geeste ook nie goeie geeste (demone) in die selfde huis van klei het, dink aan hoeveel geeste het Vader Jesus uitgedrywe uit aardse mensekinders. jy weet, dink ook aan die twee sogenaamde engeltjie en duiweltjie wat op die skouer sit en ons versoek... 'n voorbeeld miskien : as jou Adamiet owerspel pleeg, en glo my daar is derduisende van ons eie volk vasgevang in hierdie strik, en 'n kind word gebore... het ek en jy wat die owerspel gepleeg het, die krag en grootsheid om aan enige van ons vaders daar bo die opdrag te gee om 'n Hemelse Adamietiese Gees in daardie baba huis van klei in te blaas? Vader Jesus het nie kom praat met die Jode nie, hy het met die Hemelse Adamietiese Geeste kom praat wat deur terwyl binne hierdie huis van klei sedert Noag, met tyd van hul oorsprong vergeet het, en so behep geword het met materiele aardse denke en dinge en die vrees vir die dood, dat hulle herinner moes word dat die oorwinning oor die dood vir elkeen, hetsy Pleegouer (Adamietiese seun/dogter van God) en pleegkind (aangenome seun/dogter van God) beskore is, want het Vader Jesus nie mos tereg daarop gewys dat die Koningkryk van die Hemele is binne-in jou nie, meenende daardie Pleegouer wat reeds onsterflik is. Ek gaan beslis nie na hierdie dood in 'n gat le en wag om eendag op te staan nie.... in teendeel, ek is reeds onsterflik want as Adamiet kan ek nie sterf nie, net my huis van klei gaan stof tot stof wees, sal dit nie weer dra nie, want hierna beklee ek weer die Hemelse Verheerlikte Liggaam waarin ek soos beskryf in Genesis 1 geskape is na die gelykenis van my Vader in die Hoogste Hemele...

en o ja, aardse liggaamskleur en 'ander' nasies het ook niks met dit te doen nie, want daar is ware Adamiete in elke volk en nasie tans op hierdie planeet... nie net onder ons as BoereVolk nie.

Jou beredenering dat Genesis 1 se liggaamlike skepping vir ander nasies was, en net die Boere wit gemeenskap die huis van klei stof tot stof dra is heel vergesog en uiters beledigend vir my want dan beteken dit mos die nader nasies (Zulu's / Indiers ??) geskape was na die ewebeeld van die God wat ons aanbid, en ek en jy is die enigstes wat huise van klei dra? Kan mos nie wees nie, mensie???

groetnis
knipmes

witsybok
13th November 2008, 15:02
Jou beredenering dat Genesis 1 se liggaamlike skepping vir ander nasies was, en net die Boere wit gemeenskap die huis van klei stof tot stof dra is heel vergesog en uiters beledigend vir my want dan beteken dit mos die nader nasies (Zulu's / Indiers ??) geskape was na die ewebeeld van die God wat ons aanbid, en ek en jy is die enigstes wat huise van klei dra? Kan mos nie wees nie, mensie???

groetnis
knipmes

Ek dink jy verstaan nie wat ek se nie. Daar is geen twyfel - daar was twee skeppings.
Zulus, Indiers ens, lyk soos ons, praat soos ons - is dit nie so nie? Waarvandaan het Kain se vrou gekom toe hy uit die tuin gegooi was? Hy het 'n vrou vir hom gevat. Waar was hierdie mense, hoe het hulle daar gekom en hoekom was hulle daar? Die VADER het sy asem in ADAM geblaas, SY gees was binne hom. Adam was 'n hoë wesen, hy was daar om die tuin to werk en bewaak. Die ander was nie.

Bee777
17th November 2008, 15:29
Daar WAS twee skeppings. Die eerste in Genesis 1 is die skepping van die ander nasies; Genesis 2 is die skepping van die blanke mense - Adamiete. Die Hemelse VADER het SY asem in die Adamiete geblaas - nie in die ander nie. !!!!!!

Ek stem saam, The breath of life is only in the adamic race.

But in my findings Gen1;1 was a creation and destruction all on it's own and then God started again this time with us as He said " replenish" that is to put back what was once there.
We do not know for sure how many cycles this planet has had but Gen 1;1 clearly leads to a creation and total destruction of that lot.

That is also why we find in Ecclesiastes Ec 1:10
Is there any thing whereof it may be said, See, this is new? it hath been already of old time, which was before us.

So if you see a space ship or a transformer, don't say " see it is new" as it has been here before.!

When we first invented computers we also couldn't say " see it is new"
as it was from old time, which was before us!

This is called the Gap Theory.
Blessings
bee777

johann.mal
31st May 2009, 19:45
Omdat Jahweh deel van die Israel waarheid is wil ek u vriendelik vra om eers hierdie deel af te handel, dalk is ek maar swak van begrip, maar ek sukkel om die kloutjie by die oor te kry

Volgens u is Jahweh die oosterse God, dus het slegs israel en omliggende gebiede die god Jahweh aanbid en Hom dus geken as God (u beweer dat Israel nooit in verstrooiing gegaan het nie)
Ons weet almal dat die katolieke kerk se middelpunt Rome was, vandaar het dit soos 'n kanker regoor die wereld versprei, maar u beweer en tereg ook dat die Wyse Vroue op brandstapels gesterf het in die Heide, duisende myle vanaf die ooste, hoe het die God van Israel Jahweh dan daar gekom, vanwaar kom die Semiete dan nou ewe op die toneel

Dit lyk vir my asof die “Israel Waarheid” teologie verwar word met die “Israel Visie” teologie wat uit “Brits-Israel” teologie ontstaan het. Die IW teologie wat ek ken, glo wel aan die verstrooiing van al 12 stamme.
Wat die stad van die Samaritane betref – nadat Hyrkanus die stad Samaria wat deur Kittiërs bevolk was (2Kon.17:24) vernietig het, het Herodes dit herbou en daar gaan woon saam met sommige van sy volgelinge omdat hy bang was dat hy in Jerusalem vermoor sou word. Die stad was egter te groot vir hom en sy volgelinge alleen, en hy het sommige van die arm Israeliete wat rondom die stad geboer het verplig om in die stad te woon.
Let ook op dat die woord “onbesnede” ook “onbevoeg” kan beteken, soos waar Moses sê hy is onbesnede van lippe (Ex.6:17,30, en Jeremia kla dat die volk onbesnede van hart en ore is, en dat fisiese besnydenis nie noodwendig bevoegdheid impliseer nie (Jer.6:10, 9:25,26).
Besnydenis word dikwels verkeerd verstaan. Die verbond met Abraham is ‘n verbond wat verwerf is deur vertroue op Jahweh se beloftes, en is in daardie sin op sy nageslag van toepassing.
Toe die Israeliete bv. gebrek aan vertroue getoon het, moes hulle vir 40 jaar in die woestyn deurbring tot al die wantrouiges dood was en was geen besnydenis toegelaat nie. Eers toe hulle nageslag die nodige vertroue toon deur oor die Jordaan te trek, het Jahweh beveel dat hulle besny word.
Op hierdie stadium is die 10 stamme Israel nog steeds in hul verworpe toestand (Hos.1) , en is dit nognie geoorloof om besnydenis eensydig toe te pas nie.
Ons moet ook kyk waar plaas die geskiedkundige Josephus, wat in die Messias se tyd skryf, die weggevoerdes: Jos.Bk.XI, Hfst.5:2: “there are but two tribes in Asia and Europe subject to the Romans, while the ten tribes are beyond Euphrates till now, and are an immense multitude, and not to be estimated by numbers.”
Die volgende vraag is, wie is die “heidene” in die Nuwe Testament?
Hand.13:45 “Maar toe die Jode (Judeërs) die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. Maar Paulus en Barnabas het vryuit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie – kyk, ons wend ons tot die heidene. Want so het die Elohim aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat u tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van Jahweh geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.”
Kom ons kyk dan wie verordineer was tot die ewige lewe:
Rom.8:29, 30:” Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die Eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.”
Die volgende stap is dus om vas te stel wie Hy vantevore geken het:
Amos 3:1,2 :”Hoor hierdie woord wat Jahweh oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik: Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.”
Dit is dus duidelik uit die getuienis dat die “heidene” in die Nuwe Testament Israeliete is, nie afstammelinge van Jafet nie.
Onder die “heidene” van Europa, was ook die sg. Waldense, wat hul eie Nuwe Testamentiese geskrifte gehad het, wat op sy beurt daartoe gelei het dat die Roomse Kerk hulle later vervolg het en al hul geskrifte verbrand het.
Dan is daar ook nog die “Skithe” in die Krim skiereiland, met hul oorsprong uit Dan se vlugtelinge.
Jahweh self het die rituele en gebruike soos die feeste vir die 10 stamme tot niet gemaak (Hos.2:10). Jahshua het egter deurgaans Homself ondergeskik gestel aan sy Vader. Dat Hy enige van sy Vader se instellings tot niet sou gemaak het, bestaan daar geen getuienis voor nie. Al wat tot niet geraak het, is die instellings wat Moses ingestel het vir praktiese doeleindes, o.a. om onderhoud van die priesters en Leviete te verseker. Jahweh se Wette staan nog steeds vas.
Ons kan aantoon dat al Paulus en die Apostels se briewe uitsluitlik aan Israeliete geskryf was.
Die woord “Adam”, waar dit nie direk na die man Adam verwys nie, is ongelukkig deurgaans met “mens” vertaal. In werklikheid verwys dit na ‘n besondere geslag. Ander woorde en voor- of agtervoegsels wat na die algemene mens verwys, is Enosh en –ish. Ek vermoed dat op sommige plekke in die Nuwe Testament, waar die woord “mens” of “mensdom” voorkom, die Adamiese geslag bedoel word. Ons moet deegliker na konteks kyk. Wanneer Hy praat van “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak…” vermoed ek dus dat Hy die Adamiese geslag bedoel. Dit is vir my duidelik dat alles op aarde wat ‘n spoor soos ‘n mens trap nie uit een bloed kom nie.
In die Nuwe Testament vind ons die Griekse woord “kosmos”, een van 4 woorde wat met “wêreld” vertaal is. "Kosmos" beteken nie "tydvak", of "aarde" wat op alle aardbewoners betrekking het nie. Ons kry die regte betekenis deur te kyk wat daaroor gesê is en binne konteks te vertolk:
Matt.13:34,35 "...sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; sodat vervul sou word wat gespreek is deur die profeet: Ek sal My mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld (Kosmos) af."

Die profeet is Asaf, 'n tydgenoot van Dawid, en die woord wat gespreek is, is Ps.78, 'n lang profesie wat begin met:
Ps.78:1-7 "My volk, luister na My onderrig...Ek wil My mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom...Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het - om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet...en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar Sy gebooie kan bewaar,"
'n Oorsig oor Israel se geskiedenis, herhaalde oortredings en Vader se herhaalde gerigte en genade, verlede en toekoms, volg.

Die Psalm se profetiese aard is duidelik:
Ps.78:58-62 "...En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek...Hy het Israel heeltemal verwerp...En Hy het Sy sterkte oorgegee in gevangenskap (dit het toe nognie gebeur nie, want Dawid regeer nog)...En Hy het Sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op Sy erfdeel."

Aan die einde word 'n keuse gemaak:
Ps.78:67-71 "En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie, maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet. En Hy het Sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde (Hebr.- Ha-Erets, wat ook "die land" kan beteken) wat Hy vir ewig gegrondves het. En Hy het Sy kneg Dawid uitverkies...om Jakob, Sy volk, op te pas, en Israel, Sy erfdeel." Wat sou u dan sê, in die lig van Mat.13:34,35, is die "Kosmos" wat gegrondves is?

Wie hul binne die "Kosmos" bevind, word duideliker wanneer Jahshua die gelykenis van die saailand uitlê:
Mat.13:38,39 "en die saailand is die wêreld (Gr.-Kosmos). Die goeie saad - dit is die kinders van die Koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld (Gr.-Aioon =tydvak), en die maaiers is die engele (Gr.-Angelos=Boodskapper, wat ook op dié wat die evangelie uitdra betrekking kan hê)."
Daar is noodwendig ook dié wat nie betrokke is nie, wat buite beide groepe, buite die "Kosmos" of "saailand" val.

Verskeie dinge kom na vore:

a) Die onderrig is slegs tot Israel, "Sy volk", gerig.

b) Uit Israel word 'n verdere uitverkiesing gedoen, nl. die stam Juda, wat terselfdertyd geëtiketeer is as "die berg Sion" en miskien die uitverkiesing verder vernou na die geslag van Dawid, want Sion is die stad van Dawid (1 Kon.8:1) omdat hy dit oorspronklik verower het (2 Sam.5:7).

c) Sover dit die grondlegging van die wêreld (Kosmos) betref, is die uitverkiesing binne hierdie ruimte, die "Kosmos" "wat Hy vir ewig gegrondves het", waaruit Jahweh Sy "hemelhoogtes" (Sy Koninkryk?) bou.

d) Die "Kosmos" saailand, bevat beide goeie- en ingesmokkelde slegte saad.

Nadat die skape van die bokke geskei is, sê Jahshua:
Matt.25:34 "Dan sal die Koning vir die wat aan Sy regterhand is, sê: Kom julle geseëndes van My Vader, beërf die Koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld (Kosmos) af."

Wie hierdie erfgename van Jahweh is, is maklik om vas te stel:
Jes.65:9 "En Ek sal 'n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van My berge (volke); en My uitverkorenes (Israel) sal dit erflik in besit neem en My knegte daar woon...vir My volk wat My gesoek het."

Jer.12:14,15 "So sê Jahweh: Aangaande al My goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek My volk Israel laat erf het - kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk. Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land."

Ps.149:4 "Want Jahweh het 'n welbehae in Sy volk....Laat die gunsgenote juig in heerlikheid...Lofverheffings van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand; om wraak uit te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al Sy gunsgenote! Halleluja!" (Heb.4:12; Open.1:16) Jahweh het net Israel ooit "My volk" genoem.

Rom.4:13-16 "Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld (Kosmos) sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof...waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie. Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens die genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die (nageslag) wat uit die wet is nie, maar ook vir die (nageslag) wat uit die geloof van Abraham (in Jahweh) is, die vader van ons almal."
Wanneer Paulus skryf van "ons almal", moet ons onthou dat hy in dieselfde brief, vir dieselfde gemeente in Rome skryf as in Rom.4:1, waar hy sê: "...Abraham, ons vader na die vlees..."

Let ook op dat hy aan die Israeliete wat in 1Kor.10:1 uitgeken is, in I Kor.12:2 sê "Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode...” sodat ons weet dat Paulus met "heidene" verstrooide en afgedwaalde Israeliete bedoel.

Die uitverkore erfgename uit Israel, sal as priesterkonings oor die "Kosmos" heers (I Pet.2:9; Deut.26:19). Ook Petrus praat hier met niemand anders as verstrooide Israel nie, soos ons in die brief se adres in I Pet.1:1 duidelik lees:
"...aan die (uitverkore - uitgelaat met vertaling na Afrikaans) vreemdelinge van die verstrooiing..."
As ons dit alles begryp en aanneem, sal ons ook Rom.8:17, Gal.3:29, Efe.3:6 en Jak.2:5 verstaan.

Waar die grondlegging van die "Kosmos" begin, kan ons vasstel:
Luk.11:50,51 "sodat van hierdie geslag (Joodse Fariseërs) afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld (Kosmos) af, van die bloed van Abel af..." D.w.s. van die Adamiese geslag se vestiging af, vanaf die oprigting van 'n geordende Adamiese skepping met haar sending, veel jonger as die wanorde wat in die bykans 1-miljoen jaar voor Adam ongeveer 6000jr. gelede geheers het. Dit sluit duidelik nie alle aardbewoners in nie.

Nou kan ons beter verstaan wat die Kerk se geliefkoosde Joh.3:15,16 beteken: "sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het God die wêreld (Kosmos) gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen (in hierdie Kosmos) wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."

Jahshua onderskei egter skerp:
Joh.17:9 "Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die (hele) wêreld (Kosmos) nie, maar vir die wat U My gegee het (Uitverkore Israel), omdat hulle aan U behoort."
Klaarblyklik is daar ook verwarring oor wie Sem of Jafet verteenwoordig, ‘n onderwerp wat ek nie hier sal behandel nie.
Dit pla my ook wanneer Jahweh en sy Seun se Name verloën word. (Open.3:8)

Die Ou Man
31st May 2009, 21:03
Die volgende vraag is, wie is die “heidene” in die Nuwe Testament?
Hand.13:45 “Maar toe die Jode (Judeërs) die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. Maar Paulus en Barnabas het vryuit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie – kyk, ons wend ons tot die heidene.

........Dit is dus duidelik uit die getuienis dat die “heidene” in die Nuwe Testament Israeliete is, nie afstammelinge van Jafet nie.


johann.mal.

Die heidene van die Nuwe Testament was die onbesnedenes. Hulle was nie deel van die Israeliete in verstrooiing nie. As jy die onderstaande aanhaling van die Christus se woorde oorweeg, kan jy nie tot 'n ander gevolgtrekking kom nie.

Matthéüs 10


1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;

4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Die Christus onderskei tussen die heidene en die verlore skape van die huis van Israel. Die heidene kan dus nie Israeliete wees nie. Die een sluit die ander uit.

Liefde groete.

Die Ou Man