PDA

View Full Version : Haas hoort nie by 地 Christelike Paasfees



Die Ou Man
24th April 2011, 08:31
Haas hoort nie by 地 Christelike Paasfees
deur Anti-haas van Mokopane (Potgietersrus) skryf

2011-04-19

Wat op aarde het die haas met Paasfees te doen? Ek is nou al so moeg daarvoor om die vervloekte haas oral te sien.

Weet die mense ooit waaroor gaan Paasfees? Dis 地 Christelike fees oor die dood en opstanding van ons Verlosser. En Kersfees gaan oor die Verlosser se geboorte.

Ek hou nie fees op ander gelowiges se heilige dae nie, so vir wat moet ek my geloofsdag sosiaal aanvaarbaar maak sodat alle mense dit kan geniet?

As mense nie in die kruis wil vaskyk of van die opstanding hoor nie, moet hulle nie Paasfees vier nie.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Haas-hoort-nie-by-n-Christelike-Paasfees-20110419).

Die Ou Man
24th April 2011, 08:33
Vervolgens kommentaar op die artikel soos vervat in Beeld (http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Haas-hoort-nie-by-n-Christelike-Paasfees-20110419):

Die Ou Man
24th April 2011, 08:35
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=382&d=1272730410

Die Ou Man - April 20, 2011 om 06:54


Die paasfees (vrugbaarheidsfees / Ostara) en die paashaas is oorgeneem uit ons pragtige Germaanse geskiedenis.

Die Germaanse paashaas is eeue ouer as die christendom en gaan dit nog oorleef.

Lees meer daaroor by die onderstaande skakel.

http://www.wendag.com/forum/showthread.php/539-Die-Germane

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
24th April 2011, 08:41
Die Ou Man April 20, 2011 om 07:40


Voor ons kerstening was daar in Maart 創 baie belangrike vrugbaarheidsfees gewees (21 Maart, presies tussen die Europese Midwinter en Midsomer). Hierdie fees het ons Ostara, Ester, Ooster of Easter (Eng) genoem. Hierdie fees was aanvanklik opgedra aan die Godin Ostara. Later het 'n jonger Godin haar plek ingeneem. Haar naam was Freya. Sy het Ostara uiteindelik verdring. Die Germaanse Ostara is verder ook verwant aan Isjtar, Ishtar of Astarte.

Die kerk het eers baie hard geprobeer om die fees uit te roei, maar sonder sukses. Daarna is probeer om die fees te kersten deur Paasfees op dieselfde tydstip te vier as die Heidense Ostara en die Ostara te probeer verdring. Ook die verdringingsproses was nie suksesvol nie. Later is daar besluit om die tydstip van die fees effens te verskuif sodat dit met die Joodse viering daarvan sou saamval. Vandag ken ons Paasfees aan die Heidense vrugbaarheidsimbole, naamlik paashase en paaseiers en ook koekies en sjokoloade in hierdie vorms.

Die viering van die Heidense Ostara het nie noodwendig op 'n Vrydag geval nie. Die term Goeie Vrydag stam uit ons Germaanse religie. Goeie Vrydag = Godin Freya se dag. Ons huidige Paasfees is die resultaat van die versmelting tussen Europese en Semitiese feeste.

Liefde groete.

Die Ou Man

BlackPoison - April 20, 2011 om 07:58


Een iemand wat darem eers navorsing doen voordat hy kommentaar lewer. En dan kry jy 'n "Thumbs down", lmga, tipes. dankie vir jou objektiewe sienning.

Manie - April 20, 2011 om 10:23


Ek dink ek het jou kommentaar verkeerd verstaan. Uit dit wat jy geskryf het, het ek n verkeerde afgeleiding gemaak. Ek sien jou saak maar stem persoonlik hoegenaamd nie saam nie. Ek is klaar met heidense gewoontes insluitend enige mitologie veral uit die europese instellings.

Die Ou Man
24th April 2011, 08:41
stinkgogga - April 20, 2011 om 07:46


Paas eiers is die simbool van die hergeboorte van die aarde geduurende lente. Die Christendom het hierdie simbool oorgeneem by heidense godsdienste om die opstanding van Jesus te simboliseer.

Die haas en vol is simbole van vrugbaarheid omdat vol eiers l in die lente en hase geboorte gee aan hulle kleintjies. Christene het hierdie simbole ook oorgeneem van ander godsdienste.

Die opstanding van verskeie gode is deur verskeie godsdienste gevier geduurende die tyd van die jaar insluitende Dionysus, Bacchus, Osiris en so meer. Christene het die opstanding van Jesus en die maagdelike geboorte ook uit hierdie antieke godsdienste geleen.

Die Ou Man
24th April 2011, 08:46
Picasso - April 20, 2011 om 08:10


'n Goeie idee is kanselleer alle christen vakansie dae, as christene dit wil celebrate, moet hulle verlof in sit, dan is almal gelukkig. Anyway, hoekom word christene voorgetrek? Daar is nie openbare vakansiedae vir Moslems, Jode en Hindus nie.

Zebbie - April 20, 2011 om 21:17


Ja Picasso dan sal jy sien of hul dit sal doen ek bet jou nie meer as 50% sal dit doen nie vernaam as dit onbetaalde verlof is.

Zebbie - April 20, 2011 om 21:20


Picasso net so min soos a die geskeide christene hul mans of vrouens sal los want hul breek mos egbreek as hul met geskeide mense getrou het nie waar nie? Ek se jou nie een sal skei om nie te wil egbreek pleeg nie maar hul bekke loop oop hier oor paasfees, hul vader en verlosser.

Hoeveel christene dink jy sal al hul besittings verkoop soos jesus beveel het hul moet as hulle hom wil volg? Forget it nie een van hulle, dan vra hulle hoekom ons kommentaar op alles lewer want hul is sulke klomp two faces.

Picasso - April 21, 2011 om 08:31


Ja nee Zebbie, daar is baie rusbank christene daar buite. Alle geloof moet gelyk behandel word of geban word.

Die Ou Man
24th April 2011, 08:48
Anne-Marie - April 20, 2011 om 08:14


Ja, wat op deesaarde het die simpel paashaas te doen met Jesus se kruisiging en dood?? Ek is net so moeg vir "paasfees advertensies" en wil al die TV afsit. Hoekom word die regte rede van Paasfees nie liewerste op die tv geadverteer nie! Jesus is tog ons verlosser en as dit nie vir Hom was nie, so nie een van ons vandag hier gewees het nie. Ek glo dat God al lankal moeg is vir ons siek manier van lewe, maar Jesus pleit elke dag om genade vir elkeen van ons!! Ek glo dat Jesus vir my gesterf het en weer opgestaan het sodat ek die Ewige Lewe kan h

Gifgat - April 20, 2011 om 10:44


Anne - Marie. Dis dan nou juis julle simpel christene wat die pagans se fees kom kaap het met julle paasfees - fabel. En nou mag die oorspronklike pagan simbooltjies ook nie geduld word op "julle" feesdae nie? So tipies, tipies christen..

Die Ou Man
24th April 2011, 08:51
Manie - April 20, 2011 om 08:34


My kommentaar gaan aan hulle wat glo in die Verlosser wat vir ons sondes betaal het en homself as offer gegee het.Dit is tog immers waaroor Paas (Pesach)gaan. Ons moet regtig mooi dink oor die haas, datum en tye en alles wat daaraan verbind is wanneer hierdie fees gevier word. Dit het alles te doen met eeu-oue hedense gewoontes wat deur instansies ingewerk is en deel van ons kultuur en geloof geword het. Daar is baie goeie inligting daaroor beskikbaar en voordat ons blindelings begin oorlog voer om tradisie te beskerm moet hierdie saak eers goed oorweeg word. Kyk gerus na Ex.12 en Lev. 23 daar is kosbare inligting wat vrae sal laat ontsaan oor die wyse waarop die fees huidiglik gevier word. Ek stem saam met ANDRE en DIE OU maar veroordeel nie mense wat nog by die ou tradisie bly nie omdat ek vir n lang tyd met die dinge gestoei het. Die antwoorde wat ek gekry het was objektief en eenvoudig met die Skrif verbind en het vir my baie meer gemoedsrus gegee.

Die Ou Man - April 20, 2011 om 08:56


Ek verkies my volkseie Germaanse mitologie bo die volksvreemde Joodse mitologie waarmee ons niksvermoedende kinders van kleins af gendoktrineer word.

Lank lewe die paashaas!

Liefde groete.

Die Ou Man

Xavier - April 20, 2011 om 11:05


Manie, gaan lees biejie weer jou bybel, pesach oftewel paas het niks met christenskap te doen nie, dit is 'n joodse fees wat die uitog van die israeliete uit egipte vier en dis dateer lank voor jesus (dis nou as hy ooit bestaan het). die jodse pesach word hierdie jaar 2011 van 19/20 april tot 25/26 April gevier. Waar die christene se weergawe 22-24 April gevier word. Hoekom sal die jode pesach celebrate as hulle nie in jesus glo nie as volgense jou pesach te doen het met jesus se dood en opstanding. dalk omdat paas niks te doen het met jesus nie. christene wou/wil anders wees as jode en het dis 'n heidense fees gekaap. dit paas genoem en gese dit is om jesus se dood en opstanding te vier. sorry maar jou geloof is 'n klug

Die Ou Man
24th April 2011, 08:56
Glenda - April 20, 2011 om 11:27


Nie Kersfees of Paasfees het ENIGIETS te doen met die Christelike geloof nie... Doen bietjie navorsing daaroor.... Ja ons vier Jesus se geboorte en dood/opstanding.... Maar die dae het GEEN, MAAR GEEN Christelike oorsprong nie..... Dit opsigself is die begin van hele ander debat....

Die Ou Man - April 20, 2011 om 11:44


Die Christen geloof is in sy geheel half-heidens, half Judasties.

Haal al die heidense gebruike, feeste, insluitende die heidense konsep van 'n Drie-Eenheid uit die christen geloof en al wat oorbly, is suiwer Judasme.

Die Ou Man
24th April 2011, 08:59
xstoels - April 20, 2011 om 11:42


Die paashaas en paaseiers het hulle oorsprong in ons Europese Germaanse en Keltiese voorouers se seisoenale fees Ostara (waarvan die woord Easter afkomstig is) - die lentenagewing. In teendeel Anti-haas, die christelike godsdiens (van Semitiese oorsprong) het paasfees by ons voorouers gesteel en deel van hulle geloof gemaak. Dalk moet ons eerder vra: Wat het `n joodse christus met ons kulturele fees uit te waai?

Leerling - April 20, 2011 om 11:42


Kan nie verstaan dat mense sulke klomp snert kan skryf nie oor die paasfees nie, nee wag ek weet hoekom mense sulke snert skryf omdat "SATAN" julle leermeester julle verblind van die waarheid.Die paasfees kom ook nie enige godin Eostre (a.k.a. Eastre)AF NIE.Paasfees is afkomstig van Moses se dae wat die volk uit Egipte uitgelei.Die volk het die fees gevier,omdat God sy volk uit slawery bevry het wat die PASGA fees genoem was. Die lam moes op n seker manier geslag word sonder enige gebreekte bene ens. Saam met dit was suur sous en ongesuurde brood. Toe Jesus die laaste aand saam met sy dissipels die Pasga gevuur het-het hulle gedink dat HY weer gaan vertel oor die pasga soos die tradisie was vir die Jode om dit te vier,(die uittog uit Egipte)maar dit het nie gebeur nie. Die nagmaal was ingestel brood en wyn. Jesus het dis met sy dood aan die kruis en sy opstanding die "pasga" fees tot nuut gemaak en die nagmaal ingestel. Ons kan die pasga lam deur trek na JESUS toe wat die offer lam geword het vir mense se sondes. Net soos die pasga lam geen gebrekke gehaad het nie het JESUS ook geen gebrekke gehaad nie. Asook: toe JESUS aan die kruis gesterf het was die gebruik gewees om bene te breek om seker temaak dat die person dood is.Jesus was klaar dood en hulle het nie bene gebreek nie net die spies in die sy - sy gedruk en water het uitgeloop. Jesus het self gese Hy sal die tempel af breek en IN drie dae weer opbou.Vrydag, Saterdag en Sondag dit is mos IN drie dae? Wat belangrik is-is dat HY wel opgestaan het uit die dood dat HY leef.Daarom vier gelowiges wat in JESUS glo paasfees. Dis mos die evangelie wat verkondig moet word, nie paashaas of godine , en wat nog alles nie. Dis omdat mense nie Bybel lees en bid dat die soort snert gekryf word !!

Die Ou Man - April 20, 2011 om 11:51


Kinder offerande, waar 'n vader-god sy mensgod-seun laat vermoor om sy eie toorn te paai, is so tipies van die primtiewe gelowe van die Midde-Ooste.

Gee my eerder die paashaas.

xstoels - April 20, 2011 om 12:17


Leerling, ek het nie gese die woord "paas" kom van Ostara af nie, maar die haas en eiers kom wel. ek wil in elk geval boggerol met die joodse pasga of die valse nasarener uit te waai he.

Hoor hoor Die Ou Man!!!

Die Ou Man
24th April 2011, 09:02
Niekie - April 20, 2011 om 15:30


paasfees is inelkgeval bog! al dag wat jy MOET herdenk is die Sabbat. En party van ons Geloftedag.

Die Ou Man - April 20, 2011 om 18:27


Die Sabbat is net vir die Jode en Geloftedag net vir die Boere.

Zebbie - April 20, 2011 om 23:04


Nieke waar kry jy dit dat mens die SABBAT moet herdenk? Waar kom jy daaraan? Watter dag is die Sabbat ..... die 7de dag? Se my het god die romeinse kalender toe al gebruik want in die skepping het hy gese 1st dag 2de dag en daar was toe geen gregorian of romeinse kalender waarvolgens jy nou die 7de dag bepaal nie.

Saterdag is ook na die planeet Saturn vernoem en die pagans het juis teen moses op Saturn se dag in opstand fees gevier deur hul die moses konsep en tien gebooie teen gestaan het.

Waar kom jy aan sabbat viering en dat dit belangrik is?

Die Ou Man
24th April 2011, 09:04
Jo - April 21, 2011 om 08:41


Dis vir my altyd snaaks hoe die ateiste ook steek probeer inkry by hierdie forums. Pla my nie, hulle is geregtig tot hul opinie. Is net eienaardig hoe hulle sulke forums "hijack" om die Christene by te kom.....

Die Ou Man - April 21, 2011 om 09:18


Jo.

Dit is christene wat hulself "bykom".

Hulle bou die helfte van hul geloof op heidense praktyke en feeste, net om 'n duisend jaar later oopbek verbaas te staan oor die omvang daarvan in die christen geloof.

Miskien is dit tyd dat ons die christendom suiwer deur ontslae te raak van die volksvreemde Midde-Oosterse invloed en gebruike.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
24th April 2011, 09:05
Katryn - April 21, 2011 om 16:37


Eksodus 20: 3, 4 笛y mag geen ander gode voor my aangesig h nie. 笛y mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Ek dink dis baie duidelik dat jy GEEN ANDER GODE MAG H NIE. Paasfees en Kersfees is heidense feeste en ons mag hulle nie vier nie (h nie). Dis nou die afgelope 2 jaar dat ons nie meer die feeste vier nie en ek moet by s my kind is 8 jaar oud en verstaan dit. Wat hartseer is, is dat volwassenes dit nie verstaan nie want dis iets wat ek my arme kind ontneem wat absoluut snert is. My kind kry aandag, liefde en wee twat respek vir ander is. Terloops het julle geweet dat kersfader redelik baie einskappe het wat Christus ook het? Hy is alomteenwoordig, hy weet wanneer kindertjies stout was en nie 創 present gaan kry nie, hy kom vanuit die Noorde en hy lewer geskenke af vir al die kindertjies in een nag. Wat s dit vir jou? Jou kinders het nie Paasfees en Kersfees nodig nie en dis nie ag shame nie want ag shame gaan hulle nie die Ewige Lewe laat berwe nie.

Die Ou Man - April 21, 2011 om 17:25


Katryn.

Met die woorde: "jy mag geen ander gode voor my aangesig h nie" erken Jahweh (stamgod van die Israeliete) die bestaan van ander gode. Let wel, nie afgode nie.

Jahweh se Tien Gebooie is ook nie gerig aan die Fillistyne, Egiptenaars, Kana舅iete en die res van die w靡eld nie. Dit is slegs van toepassing op die Israeliete.

Nie-Israeliete is dus geregtig om te aanbid wie ons wil, of glad nie.

Vergelyk die volgende erkenning in die Bybel.

"Want al die volke van die aarde MAG wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die naam van die Here onse God vir ewig en altoos." (Miga 4:5)

Nou kan julle gerus ophou om 'n Midde-Oosterse stamgod en sy Duiwel op die res van die mensdom af te dwing.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
24th April 2011, 09:07
boewevanger - April 22, 2011 om 00:58


Vriende Die sogenaamde paas haas het netsoveel met die paasfees te doen soos kersvader met Christus se geboorte. Dis heidense dinge wat by die Christen geloof ingesluip het. As Christinne behoort ons ondersoek in te stel na die herkoms van hierdie soogenaamde alom aanvaarde "rituele" en dan besluit of dit pas by vat ons voorhou om tr glo. So ook ander voefie dae soos valentyns dag.

Die Ou Man - April 22, 2011 om 10:35


Die "heidense dinge" het nie by die christen geloof ingesluip nie. Dit is doelbewus gekaap om die primitiewe Joodse mitologie, soos vervat in die Ou Testament, aanvaarbaar te maak vir die skone heidendom.

Andre - April 22, 2011 om 13:38


Al weer anti semitisme. Snaaks dat die anti joodse mense ook anti rasisme is

Die Ou Man - April 22, 2011 om 15:48


Andre.

Ek is nie anti-enigiets nie.

Ek vind dit bloot vervelig en belaglik wanneer mense (soos jy) my wil oortuig dat my saligheid in 'n ander volk se geskiedenis en sy gode te vinde is.

My saligheid is net so min opgesluit in die Israeliete se geskiedenis as wat dit te vinde is in die Inka of Eskimo geskiedenis.

Liefde groete.

Die Ou Man