PDA

View Full Version : Die Bybel - Onveranderbare woordeliks gegewe woord van God?



Stefanus
22nd May 2011, 20:41
Bybel net sienings van die skrywers

Ek glo egter die Bybel is slegs ’n samestelling van mense se sienings en ondervindings en hul eie denke, hul kultuur en die godsbesef van die tydvak waarin hulle geskryf het.

Om die Bybel as meer as dit te beskou, gee aanleiding tot verwarring, verdeling en oordeel.
Die Bybelboeke is deur die eeue aangepas en aangevul om die teologie van die kerk van die oomblik te staaf.

Myns insiens is die Bybelboeke nie die onveranderbare woordeliks gegewe woord van God nie, maar is sodanig verklaar deur die kerk van die eerste millen*nium om sy gesag te vestig en sy dogma te regverdig.

En die “dogters” van die Katolieke Kerk, waaronder die kerke van die Hervorming, het die siening dat dit die onveranderlike en heilige woord van God is klakkeloos aanvaar.

Ongelukkig is die georganiseerde godsdiens steeds vasgevang in die teologie en dogma van die 16de eeu en weier om die werklikheid te aanvaar.

Willie Coetzee van Pretoria