PDA

View Full Version : Wat is IPv6



Stefanus
7th June 2011, 15:55
IPv6 (Internet protokol weergawe 6) is 'n weergawe van die Internet Protokol (IP) wat ontwerp is om IPv4 te vervang.


http://zapp5.staticworld.net/news/graphics/218403-ipv4_death_original.jpg

'N Internet protokol of IP-adres is 'n nommer wat elke sender of ontvanger identifiseer wat inligting oor die internet stuur. Sedert die produk ontwikkel was gebruik die rekenaar bedryf die IPv4 Internet Protokol vir die adresse. Die tegnologie het nou sy tegniese perke bereik vir die ondersteuning van die unieke internet adresse. Met IPv4 loop die adresse hierdie jaar uit, en moet die hele Internet bedryf oorgaan na 'n nuwe protokol (IPv6) wat baie meer adresse steun. Die IPv4-adres tekort is het tot gevolg gehad dat 'n nuwe protokol (IPv6) ontwikkel moes word om die tekorte aan te spreek. IPv6 is die antwoord en sal die Internet 'n hupstoot gee met 'n veel groter hoeveelheid van IP-adresse wat vir gebruikers beskikbaar sal wees, 2128 meer as 340,000,000,000,000 wat sal toelaat dat daar baie meer toestelle en gebruikers op die Internet toegang het. Die huidige hoeveelheid onder IPv4 is maar 'n skamele 232 of (4,294,967,296).

Sowat 200 maatskappye, insluitend Facebook, Yahoo en Google sal die oorgang na IPv6 tydens die Węreld IPv6 Dag vir 'n 24 uur toetslopie op 8 Junie 2011 waag. Die toets is daar gestel om te sien hoe gereed die maatskappye is om die IPv6 adresse te hanteer asook wat om te verwag wanneer internet maatskappye verplig is om na IPv6 oor te skakel in die toekoms. Daar kan probleme op Woensdag verwag word, maar die Internet Society (ISOC) skat dat 99,95 persent van alle gebruikers in die węreld nie enigiets hierdie Woensdag sal agterkom nie aangesien die oorskakeling 99% te doen het met internet verskaffers en nie die gebruiker nie.


http://2.bp.blogspot.com/-yqAi-VvKWf4/TevhQsCmNKI/AAAAAAAAwro/H-LjYdbCUp8/s640/google-ipv6.png