PDA

View Full Version : Wie is Ek?



Die Vrou
9th June 2011, 08:11
Wie is Ek?

Ek is die een wie geboorte geskenk het aan al my kinders,
Met groot pyn en smart het dit gepaard gegaan
En toe Ek hulle vir die eerste keer sien, het Ek met n stil
Blydskap binne my gejubel. Saam het ons toe n pad begin
stap
Oo ek onthou nog die angs in my hart dat as Hulle dalk sou seerkry
Of iets sou oorkom
Daarom het Ek ekstra versigtig na Hulle gekyk
Ek het toe begin om hulle te versorg en vertroetel hulle geleer
Alles wat reg is en alles wat verkeerd is
Baie het Ek saam met hulle gedeel, ons het saam gelag, saam gehuil
Ons was saam gelukkig en ook ongelukkig
Ons het saam voorspoed beleef en ook die swaarkry dae
Ons het ook saam gespeel en was dan ook weer ander kere ernstig
Ons het saam foute begaan saam het ons dit weer herstel ook
Maar soos my pad saam met julle gevorder het het ek julle baie
Liefgekry
My liefde sien oor al julle foute groot of klein, my liefde is altyd getrou
Waar die wreld julle veroordeel, doen ek dit nie, nooit nie
my liefde kraak nie af of kies part nie, my liefde maak ook nie seer nie
Dit beledig julle ook nie
Daardie spreek woorde soos sometimes youve got to be cruel to be
Kind pas ook nie in my liefde vir julle nie want Ek sal nooit wreed kan wees
Om julle te help nie!
Ja en intussen het julle gegroei julle het julle vlerkies begin sprei
Julle het gaan vlieg oor ho plekke en Ek het julle laat begaan
Wat kon ek anders doen julle wou so graag gaan
Hier het Ek gewag tot julle my dalk weer sou nodig kry
Ja, gewag en gehoop dat julle weer sou terug kom
En as julle te hoog gevlieg het en julle het seer gekry geval of iets
En na julle moeg en te seer gehad het eindelik terug na my toe
gekom het, het Ek julle in my arms geneem om julle weer gesond te gemaak
jul te vertroos en vertroetel soos van ouds af Ek het salfies gesmeer om
die groot oop wonde te genees en n dubbele dosis van my spesiale liefde
en sorg wat geen perke het nie, n liefde so groot dat geen een in die skepping
dit kan begryp nie, oor julle gesprinkel!
Daarom verstaan vandag my kinders een ding baie goed, Ek kan nie part kies nie
Glad nie onder geen omstandighede nie
Wanneer ek dan diegiene wat verwond en verwoes is wil help en versorg en ook
Dan hulle wil beskerm Teen baie seerkry sodat hulle kan genees beteken
dit dan nou nie dat ek daardie Een voortrek en die ander minder liefhet nie Nee dit
is nie so nie Ek kies nie part nie
Nee ek het julle ewe lief my kinders onthou dit altyd al probeer die ander julle anders
Bewys
Al wat ek doen is om hulle net daardie ekstra aandag te gee wat hulle nodig het om
Gesond te kan word
Ek voel geweldig baie hartseer as julle harte dit dan bedink dat ek die een voor
Die ander een trek want dit is nie so nie Ek gee die gebroke net bietjie meer
Omdat dit hulle genesing sal verspoedig, dis al. Ekt julle ewe lief onthou dit net tog!
Julle sal sien ons sal nog saam deur al hierdie seer en hel kom wag net nog n
Klein rukkie ... net nog n klein rukkie!!!

Silencio
14th June 2011, 20:14
Liewe vriendin, grypende woorde, dit is deel van die lewe, liefde, haat, hartseer, vreugde, jaloesie, afguns, geloof, twyfel, moed, hoop, seerkry, val en opstaan, leer, foute, ondervinding, pyn, plesier, wat sou die lewensondervinding wees sonder dit?

groetnis
Silencio:wink_2:

Die Vrou
16th June 2011, 08:00
Liewe vriendin, grypende woorde, dit is deel van die lewe, liefde, haat, hartseer, vreugde, jaloesie, afguns, geloof, twyfel, moed, hoop, seerkry, val en opstaan, leer, foute, ondervinding, pyn, plesier, wat sou die lewensondervinding wees sonder dit?

groetnis
Silencio:wink_2:

Silencio ... dit is deel van die lewe wat die satan vir die geestelike wesens beplan het. In sy persoonlikheid is al die lelike
dinge wat jy so mooi uitwys hierbo.

groete