PDA

View Full Version : Wie was hulle nageslag?



Arend
12th March 2008, 17:44
Ek het hierdie draad op BV geplaas maar ek is nie tevrede met die antwoorde nie.


In die ou testament lees ek dat die seuns (demone) van Satan (seuns van God) gesien het dat die dogters van die mens mooi was en dat daar gemeenskap plaasgevind het en dus bevrugting ook.

Wie is die nageslag van hierdie dade? Help asb.


Volgens my was hierdie demonies, omdat die nageslag reuse was.

Stefanus
12th March 2008, 21:15
In die ou testament lees ek dat die seuns (demone) van Satan (seuns van God) gesien het dat die dogters van die mens mooi was en dat daar gemeenskap plaasgevind het en dus bevrugting ook.

Wie is die nageslag van hierdie dade? Help asb.

Toe die seuns en dogters van God (Adamiete) gemeenskap gehad het met die aardmense? Uit hierdie gemeenskap is basters gebore wat verstandelike boosheid betref reuse was, terwyl hulle geestelik onderontwikkel was (verstandloos).

Gen 6:4 In diť dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en diť vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
Wie beskryf die 'verstandloses' as "manne van naam"?
Daar word beweer dat die kinders van Enak ook reuse was, die wat Moses uit Kaanaan verdryf het.

Num 13:33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oŽ; so was ons ook in hulle oŽ.
Was die beweringe geregverdig? of was dit moedswillig?

Num 13:32 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sÍ: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.
Was dit om hierdie mense van Kaanaan gelyk te stel aan die basters van Gen 6:4, om hulle as "demone" voor te stel, om hul te vermoor en hul landgebied te af te vat?

Liefdegroete,
Stefanus

Luther
13th March 2008, 21:04
Ek vind hierdie baie interresant, ons weet regtig nie wat alles voorheen gebeur het nie
http://www.geocities.com/dominorus/oannes_2.html

Luther
13th March 2008, 21:30
Nog
http://www.officialdisclosure.com/giants.htm

Die Ou Man
13th March 2008, 22:46
Arend.

Stefanus se argument in die tweede pos beveel aan dat wanneer ons die Pentateug (http://af.wikipedia.org/wiki/Torah) (Boeke van Moses / eerste vyf Boeke van die Bybel) lees, ons moet onderskei tussen die skrywers en hul agenda.

Dit is nou gemenesaak dat die Pentateug (http://af.wikipedia.org/wiki/Torah) 'n sameflansing is van die verhale van twee opponerende priesterdomme wat twee verskillende Gode, die Elohim (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohim) en Jahweh (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) onderskeidelik aanbid het.

Ter illustrasie plaas ek weer 'n praktiese voorbeeld. Die voortsetting van die Elohim (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohim) (God) verhaal (Genesis 1) plaas twee van elke dier in die ark.


Genesis 6:19 en 20 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=GEN&chapter=6&version=0&GO=Wys)

En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet dit wees.

Van die voŽls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.

Die Elohim (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohim) verhaal (vanaf Genesis 1) maak slegs voorsiening vir twee diere van elke spesie om die voortbestaan te verseker. Die rede daarvoor is dat die die Elohim (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohim) nie offerande vereis nie. (Terloops, die Elohim (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohim) verhaal vereis ook nie die besnydenis nie.)

Die HERE/Jahweh/Allah (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) verhaal wat op bedrieglike wyse in Genesis 2:4 ingevoeg is, verskil dramaties met die Elohim verhaal. Anders as die Elohim, is die jaloerse HERE/Jahweh/Allah (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) 'n God wat hou van die reuk van gebrande vleis en offerande. Hoe nou gemaak as daar net twee van elke dier op die ark is en Noag genoodsaak is om na sy oorlewingstog 'n brandoffer te bring? Dit sou mos die spesies wat geoffer word tot onmiddelike uitwissing verdoem en daardeur die doel van sy sending verydel.

Die skrywers van die HERE/Jahweh/Allah (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) verhaal wat in Genesis 2:4 afskop kompenseer egter vir die drange van hul HERE (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) deur meer diere op die ark te plaas. Maar omdat die HERE/Jahweh/Allah (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) slegs gevlei word deur die verbranding van rein diere, maak die skrywers uit sy priesterdom slegs voorsiening vir vir meer "rein" diere. Daarom lees die Jahweh (http://en.wikipedia.org/wiki/Yahweh) priesterdom se verhaal soos volg:


Genesis 7:2 en 3. (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=GEN&chapter=7&version=0&GO=Wys)

Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe pare neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.

Ook van die voŽls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.

Ek plaas die bostaande om aan te dui dat die Pentateug (http://af.wikipedia.org/wiki/Torah) hoegenaamd nie die woord van God is nie maar die woord van skrywers van twee opponerende priesterdomme met hul eie agenda.

As ons dit as vertrekpunt aanvaar, kan ons poog om die Ou Testament, insluitende die Reuse, te verdiskonteer.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th March 2008, 00:26
Die skrywer van die Boek van Henog (Hoofstuk 6-8) skryf ook aangaande hierdie onderwerp.


"And it came to pass when the children of men had multiplied that in those days were born unto them beautiful and comely daughters. And the angels, the children of heaven, saw and lusted after them, and said to one another: 'Come, let us choose us wives from among the children of men and beget us children.'They were in all two hundred[They] took unto themselves wives, and each chose for himself one, and they began to go in unto them and to defile themselves with them, and they taught them charms and enchantments.... And they became pregnant, and they bare great giants, whose height was three thousand ells.... And there arose much godlessness, and they committed fornication, and they were led astray, and became corrupt in all their ways"

Indien jy bereid is om die Henog weergawe woordeliks te aanvaar moet jy ook bereid wees om te aanvaar dat die reuse 3000 el lank was.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th March 2008, 21:19
Ek plaas die betrokke skrifgedeelte so na as moontlik aan die oorspronklike vertaling.

World English Bible (http://worldebible.com/genesis/6.htm)


Genesis 6

1 It happened, when men began to multiply on the surface of the ground, and daughters were born to them,

2 that God's sons saw that men's daughters were beautiful, and they took for themselves wives of all that they chose.

3 Yahweh said, "My Spirit will not strive with man forever, because he also is flesh; yet will his days be one hundred twenty years."

4 The Nephilim (http://en.wikipedia.org/wiki/Nephilim) were in the earth in those days, and also after that, when God's sons came in to men's daughters. They bore children to them. Those were the mighty men who were of old, men of renown.

Vers 1, 2 en 4 is aangehaal uit die verhaal van die Elohiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist) en vers 3 uit die verhaal van die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist).

Vers 3 is deur die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) ingevoeg en hou nie verband met die verhaal nie. Dit is die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) se manier om aan te dui dat daar 'n beperking op die tydsduur van die vleeslike lewe is.

Ons sien dus nou dat daar ook met hierdie verhaal gepeuter is. Dit is dan ook reeds bekend dat die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) se verhale voorrang geniet het toe die geskrifte van die Elohiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist) en die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) op bedrieglike wyse vervleg is om as een verhaal te lees.

In die proses het groot dele van die oorspronklike verhale van die Elohiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist) onherroeplik verlore geraak.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
14th March 2008, 21:34
Ek plaas dieselfde gedeelte ook soos vertaal deur Boere-Jahwehiste. (http://siener.co.za/bvh_display.php?chapterid=6&bookid=26)


Genesis 6.

1 : TOE die adamiete op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,

2 : sien die [B]Seuns van die Elohim dat die dogters van die adamiete suiwer was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.

3 : Toe sÍ [B]JaHWeH: My Gees sal nie vir ewig in die adamiet heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.

4 : In diť dae was die [B]Nefilim in die Aarde, en ook daarna [sal dit so wees], toe die Seuns van die Elohim by die dogters van die adamiete ingegaan en diť vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldadiges uit die ou tyd, die manne van naam. [Boekrol van Henog 7:2; 86:3]

Hierdie gedeelte help ons om verder te onderskei. Ons kan nou aanvaar dat die "seuns van God", waarna verwys word, nie seuns van Jahweh (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) was nie, maar seuns van Elohim (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist). Ons het dus te make met 'n verhaal van die Elohiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Elohist) uit die Noordryk wat eweneens deur die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) van die Suidryk gekorrupteer is.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
15th March 2008, 09:31
Kom ons beskou eers na die huidige. Jou wese bestaan uit siel, vlees en gees. (Die gees ontbreek by diere.)

Jou vleeslike liggaam is dierlik, geslagtelik en sterflik. Dit is die sondige liggaam van skaamte en die gevolg van die sondeval en Satan se rebellie. Die vlees kan dus nie kind van God wees nie.

Jou gees is van bo (uit God) gebore en daarom kind van God.

Jou wese op aarde verteenwoordig dus 'n "troue" tussen jou gees (seun van die Elohim) en jou vlees (kind van Satan se sondeval). Hierdie "troue" geld tot die dag van jou dood, wanneer jou gees (kind van God) uit sy gevangeskap bevry word en die dierlike liggaam agterlaat om te verrot. Vergelyk dit met die Christus se oorwinning oor die dood.

Ons kan dus nou sien waarom die stryd op aarde beskryf word as 'n stryd tussen die vlees en die gees.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
15th March 2008, 09:53
Ons keer terug na die verhaal van die Jahwehiste (http://en.wikipedia.org/wiki/Jahwist) in Genesis 4 (http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-2&book=GEN&chapter=4&version=0&GO=Wys)

By hierdie punt in die verhaal is Adam en Eva reeds geskep en Kain en Abel gebore. Set is later gebore. Daar is dus vier mense op die aarde. Of was daar?


13 Daarop sÍ Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra.

14 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.

15 Maar die HERE sÍ vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

Hier vind ons dat daar gemenesaak tussen Kain en die HERE/JAHWEH is met betrekking daarop dat daar reeds ander mense op aarde was.

Wie was hierdie mense vir wie Kain bang was?

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Ou Man
15th March 2008, 13:01
Gen 6:4
In diť dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en diť vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

Volgens Genesis 6:4 het die reuse die vloed oorleef.

Liefde groete.

Die Ou Man