PDA

View Full Version : Die regte voedsel



Die Vrou
5th October 2011, 07:36
So klein rukkie gelede het een van ons jong ooie haar eerste lammetjie gehad maar sy het hom verwerp. Alhoewel ek
geweet het dat hulle dit nie maak sonder moedersmelkies nie, het ek nogtans probeer om hom te voer. Hy't op die oog
af goed gelyk sterk niks was fout nie. Elke keer as ek hom gevoer het en 'n tydjie by hom gespandeer het, het die ou
stertjie geswaai van tevredenheid. Ek't gedog hierdie enetjie sal ek deurhaal. Maar hartseer na die derde dag gesien dat
hy dit toe nie gemaak het nie.

Ai, :-( , ek raak tog so gou geheg aan die goetertjies!

'n Baie belangrike les is ... dit geld ook vir die geestelike voedsel. Wanneer jy maar nog net 'n babatjie is kan vleeslike
voedsel jou glad nie deurhaal nie. Jy sal gou die pad byster raak en doodgaan.

Die feit is ek't die lammetjie tog gevoer maar omdat dit nie moedersmelkies was nie het hy tog doodgegaan. Selfde as
'n mens jou die geestelike voedsel ingee en die regte geestelike mamma is nie daar om jou die voedsel in te gee nie sal
jy doodgaan.

Liefde