PDA

View Full Version : Die Swart bont kiewietjies



Die Vrou
19th October 2011, 09:58
Ons het al 'n hele paar jaar 1 paartjie swart bont kiewietjies hier op ons erf gehad. Aan ons diere se kant
het ons 'n dammetjie waarin ons water voŽls baljaar. Mens het die kiewietjies so gewoond geraak, altyd
luidkeels opgevlie as ons nader aan hulle gekom het. Maar onlang het hulle op tragiese manier aan hulle
einde gekom. Die enetjie het in ons dammetjie wat tog feitlik altyd vol is verdrink en net op die wal naby
die enetjie wat in die water gelÍ het, het die maatjie gelÍ ook dood. Hy het so inmekaar gesit met die koppie
skuins na die kant toe. Die toneel het my vreeslik hartseer gestem .. 'n bewys dat onder die voŽl familie
is daar ook liefde .. 'n groot liefde sodat wanneer die een doodgaan die ander een dan ook sommer beswyk!

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=741&d=1319010987

Hy/Sy het net nie kans gesien om alleen voort te gaan nie .. :-(

knipmes
24th October 2011, 21:07
Dis 'n pragtige, dog hartseer verhaal...

Tog is dit bewys dat "Sielsgenote" ook in die Diereryk voorkom. Daar is verskye diesulkes waar die een nie sonder die ander sal klaarkom nie...


Dankie hiervoor, Die Vrou.:smile::smile:





groetnis
knipmes