PDA

View Full Version : N-Korea vervolg Christene die ergste



knipmes
9th January 2012, 18:18
N-Korea vervolg Christene die ergste2012-01-08 21:18 Beeld




Leopold Scholtz

In Noord-Korea word Christene die ergste in die wÍreld vervolg.

Terselfdertyd het Christene se posisie in die Moslem-wÍreld die kwaaiste agteruitgegaan.

DŪt is die belangrikste gevolgtrekkings van die jaarlikse verslag van Geopende Deure, ín internasionale Christelike organisasie bemoeid met die probleem van Christen-vervolging.

Vir die tiende agtereenvolgende jaar word Noord-Korea in die verslag geÔdentifiseer as die land waar Christene die meeste onder vervolging ly.

ín Geskatte 50 000 tot 70 000 Christene word in konsentrasiekampe aangehou.

Die res van die sowat 200 000 tot 400 000 Christene kan slegs in die diepste geheim aanbid.

Terselfdertyd is nommers twee tot tien op die lys Islamitiese lande. Ironies genoeg staan Afganistan Ė die land waar die Christelike VSA ín bloedige oorlog ter verdediging van vryheid en demokrasie voer Ė tweede op die lys.

Daarna volg Saoedi-ArabiŽ (ook ín Amerikaanse bondgenoot), SomaliŽ, Iran en die Maledive-eilande in die Indiese Oseaan.

Pakistan, eweneens ín bondgenoot van die VSA, skuif vir die eerste keer in die toptien in.

Die meeste lande waar Christene se posisie versleg het, is Islamities.

Die Soedan het met 19 plekke tot nommer 16 opgeskuif, NigeriŽ met 10 plekke tot nommer 13 en Egipte met 4 plekke tot nommer 15.

NigeriŽ bly die land waar die ergste bloedvergieting onder Christene plaasvind. Tot 1 000 Christene is verlede jaar deur Moslems vermoor.

In China, waar die Christendom vinnig groei, het die situasie marginaal verbeter. Diť land het van nommer 16 tot 21 gedaal.












groetnis
knipmes