PDA

View Full Version : Biddag vir ReŽn



Die Ou Man
13th March 2012, 08:16
Ek het groot geword in 'n wÍreld waar toestande van langdurige droogtes deel van die siklus van die lewe is.

Male sonder tal is die droogte beŽindig deur 'n vloed, wat dit wat deur die droogte ontsien is, meegesleur het.

Geen droogte gaan verby sonder 'n "Biddag vir ReŽn" nie.

Op daardie dag, wat gewoonlik plaasvind wanneer die vee al begin vrek, kom al wat manlike boer is by die kerk bymekaar om vir die HERE (Jahweh), die god van die Jode, te vra om reŽn te maak.

Tydens geleentheid vir gebed, word die een pleidooi na die ander gelewer om Jahweh oor te haal om reŽn te maak.

Ek het vele van hierdie bid dienste bygewoon en nog nooit het ek ervaar dat Jahweh reŽn maak wanneer die boere daarom smeek nie.

As kind het ek gewonder. As Jahweh in staat is om reŽn te maak, waarom is die land van sy uitverkore volk 'n woestyn?

Die waarheid is dat arme Jahweh nie reŽn kan maak nie. Hy moet ook maar wag soos ons tot wanneer die reŽn op sy tyd kom. En wanneer die reŽn wel kom, word 'n dankdag gehou vir Jahweh, die Joodse woestyngod wat nie reŽn kan maak nie om vir hom dankie te sÍ vir die reŽn (wat hy nie gemaak het nie).

Liefde groete.

Die Ou Man

knipmes
13th March 2012, 20:16
Biddag vir ...


Akkoord Die Ou Man,

Sonder om hierdie draad dalk in 'n ander rigting te stuur, wil ek my verstout om aan te las dat daar vele, maar vele "biddae" is; waar vir allerlei dinge gebid word... van gesond word tot lotto nommers... Die Here sal ons mos help!

Mens kan aanvoer dat sogenaamde "Geloof" of die voorgehoue gevoel van "glo net" dalk hier die wapen is wat gebruik word om algar so te mislei en opsweep, en as die gebid nie werk nie, dan ... is dit mos God se Wil! Verbeel jou, God moet mos vir alles die skuld kry, soos jy reken, van die reen weghou, tot dit nie bring nie...

Daar word gebid vir die Here [Yahweh] vir hulp... en as dit nie kom nie, dan is dit mos God se wil...

Die ironie van als is dat hier onwetend deur meeste aardlinge na verskille Gode verwys word, Een wat moet gee, en die Ander wat veroordeel word as nie-gewer, sonder om dit eers te besef...

Dis die tragiese hiervan...






groetnis
knipmes

Waarheid Soeker
18th March 2012, 13:33
Ons het self in ons klein dorpie 'n biddag gahad vir die reen wat nooit gekom het nie.

Hoe naief is ons om te dink dat ons moet bid vir reen? Ons stel ons self geen verkillend as die ou gelowe soos bv. in griekse metologie wat hulle gebid het vir Zeus/Iupiter Pluvius" = "Jupiter [sender] of the Rains", en tog het hierdie gode hulle gebede verhoor, want die reen het gekom nog deur al die eeue. So my punt is vir wie jy ookal sal bid, die reen sal kom.
Is ons god dan so 'n tiran dat hy hy eers 'n korum wil he, met 'n groot byeenkoms van mense voor hy reen sal voorsien? Dit klink my tot ons geloof het 'n demokratiese stelsel geword! As slegs een boer uit tien in die selfde omgewing gelowig is, sou 'n regverdige god dan nie behae oor hom he en vir hom reen stuur nie? Nee, almal sal kry of almal sal daar onder ly, want dit gaan oor natuuromstandighede of die topografie van hierdie boere.

Ek kry met baie boere te doen wat baie gelowige mense is en een dag se ek vir 'n boer: "Oom, dit gaan darem goed met jou, jou sukses loop jou voor uit!". "Ja" se die oom "die HERE is goed vir my". Daar is niks fout om nederig te wees nie, maar net daar dink ek aan verskeie boere in sy omgewing waarmee dit swaar gaan. Is god dan goed vir die man omdat sy geloof sterker is as die ander boere om hom, doen hy minder sonde as almal, of is die net eenvoudig 'n uistekende boer wat weet wanneer om te plant, watse kaltvar om te gebruik, hoe om sy lande te bewerk volgens die spesefieke jaar en moet nie vergeet dat hy sy plaas ge-erf het sonder of met min skuld?

Die reen raak ons almal, ek ly self daar onder, ons dorp het streng water beperkings en soms is daar vir twee dae nie water in ons krane, want ons dorps dam is leeg. Die rede hier voor is nie dat god nie reen gestuur het nie, maar dat die dam wal verlede jaar gebreek het a.g.v geen onderhoud of geld vir onderhoud (danksy ons ANC munisipaliteit). As die dam onderhou was, het ons die jaar water gehad, nie a.g.v. god of geloof nie, maar die menslike faktor wat hier ter sprake is.

My punt is, jou god is nie kwaad vir jou hierdie jaar nie, jou geloof is nie swakker nie, jy het nie meer sonde as vorige jare nie en 'n regverdige God het nie massas mense in 'n gebou nodig om sy aandag te trek nie! Ons het al baie droogtes erfaar en die kans is goed dat daar nog baie in die toekoms sal wees, net soos daar baie goeie nat jare ook sal wees. Dit is slegs 'n kringloop van natuuromstandighed en die menslike faktor moet baie meer krediet gegee word waar dit by maak of breek kom. So beplan en bestuur elke jaar op sy eie!

Die reen sal kom, al is dit nie die jaar nie!

knipmes
18th March 2012, 15:26
...So beplan en bestuur elke jaar op sy eie!

Die reen sal kom, al is dit nie die jaar nie!


Hallo Waarheid Soeker,

Baie interessante uitkykspunt. Ons gaan akkoord dat mens self die weg moet vind op eie stoom, deur EEN te wees met die wereld om jou.

Hierdie gebid vir reen... ? Dink nou net as ons almal die vermoens gehad het om deur gebed dit te laat sous... ons sou weens die menslike emosionele onstabiliteit soveel vloede veroorsaak het dat dit die einde van ons sou beteken. Dink net, ek dib vir reen, buurman bid vir droogte want dis te veel water, sy buurman dib vir hael want hy is kwaad vir sy buurman, die se buurman bid vir 'n orkaan om sy ander buurman te tref, want hy is kwaad vir hom, en saam is dit so 'n gemors dat die planeet nie sal weet waarheen en hoe nou nie!

Feit is dat dit die aardse mensekind nie beskore is om "God" te kan speel op aarde nie, want jy laat nie 'n kind jou motor bestuur, of 'n vliegtuig vol mense nie, of jou seuntjie met jou geweer of mes te laat speel nie... jy leer eers hoe, ervaar die manier van hoe, beleef die ervaring en metertyd kan jy die motor bestuur... Die Jesus Kind het ook nie van geboorte af die weer beheer nie, maar eers later.

Met die intree in die nuwe Millenium voorhande, gaan daar heelwat gebeur wat dalk hierdie vermoens gaan verander. Dink byvoorbeeld daaraan - hoekom het 'n aardling in hierdie liggaam 'n brein met 100% breinkrag, maar gebruik soos in 5 - 12% daarvan. Hoekom die res nie gebruik nie. Daar word gereken dat Albert Einstein so slim was dat hy kranksinnig verklaar was met brien vermoens wat blykbaar by 14% gedraai het. Die punt is, hoekom dit kry, en dit nie gebruik nie? Wat verhinder ons?

Die koms van Die Waterdraer gaan dit verander, waar hierdie vermoens dalkies opgeskerp gaan word tot waar mens berge kan versit soos Die Christus verduidelik het...

Dink so daaraan - 'n voertuig ry vinnig by jou verby op die teerpad terwyl jy langs die pad staan, of self in 'n motor stadiger ry langs hom as hy verby kom. Nes hy verby is, direk daarna, tref 'n walm van skokgolf jou wat jou en/of jou motor laat ruk. Wat is dit wat gebeur het? Die ander motor stoot as't ware die "lug" wat eintlik waterstof is as onsigabare stoom, wat vol suurstof is, voor hom uit, weens die spoed volg 'n lugleegte wat dadelik weer opvul, en dis die onsigbare waterstof wat ons oraloor rondstoot. Die vermoede is dat uiteindelik gaan ons die vermoens ontwikkel wat hierdie waterstof te kan vormeer in sigbare tasbare liggame soos Die Christus na Sy Opstanding. Wonderlike vooruitsig vir die nuwe Millenium van Die Waterdraer....







groetnis
knipmes