PDA

View Full Version : Christendom nie meer ’n Europese geloof



knipmes
13th March 2012, 21:16
Christendom nie meer ’n Europese geloof2012-01-01 08:14




Johannes de Villiers

As Christene werklik die sout van die aarde is soos die Bybel sę, het daardie sout die afgelope 100 jaar baie deeglik deur die dis getrek.

In die eeu sedert 1910 het die Christendom so suksesvol węreldwyd versprei (en ook so vinnig in sy gebied van oorsprong verswak) dat daar nou nie meer ’n geografiese middelpunt vir dié geloof is nie.

Dit blyk duidelik uit die verslag Global Christianity, wat pas deur die Amerikaanse godsdiensnavorsingsinstituut Pew Forum gepubliseer is en waarskynlik die omvattendste bestaande meningspeiling oor die stand van die Christendom as węreldgeloof is.

Uit dié verslag blyk dit ’n derde van die węreldbevolking (2,18 miljard mense) is Christene, wat min of meer dieselfde proporsie as 100 jaar gelede is.

Dit beteken die Christendom is steeds die grootste węreldgeloof. (Islam, die naasgrootste, maak minder as ’n kwart van die węreldbevolking uit.)

Christene is egter veel wyer versprei as voorheen met die gevolg dat Europa, wat in 1910 die tuiste van twee derdes van die węreld se Christene was, nou net die tuiste van 26% van Christene is.

Die twee Amerikas het veel meer Christene as enige ander węreldstreek, terwyl die getal Christene in Afrika suid van die Sahara sedert 1910 sewevoudig toegeneem het van 9% tot 63% van die bevolking.

Die verslag lys van die eienaar*dige gevolge van dié węreldwye verspreiding van die Christendom oor die afgelope eeu:
* Die getal Protestante in Suid-Afrika (36 550 000) is vandag veel meer as die Protestante in Duitsland (28 640 000) waar die Protestantse revolusie begin het.
* Brasilië het twee keer soveel Katolieke as Italië, die tradisionele tuiste van die Rooms-Katolieke Kerk.
* Hoewel die Christendom in die Midde-Ooste begin het, is dit deesdae die streek met die kleinste hoeveelheid Christene (sowat 13 miljoen) en die laagste proporsie Christene (4% van die bevolking) van enige van die węreld se bewoonde gebiede.
* Die drie lande met die grootste Christelike bevolkings (die VSA, Mexiko en Brasilië) is al drie in die Amerikas.
* Die hoeveelheid Europeërs wat hulself Christene noem, het die afgelope 100 jaar van 95% tot 76% gedaal.

Afrika suid van die Sahara is die streek waar die Christendom die afgelope eeu die vinnigste gegroei het.

Wat veral oor die suide van Afrika opvallend is, is hoe sterk die evangelistiese Christendom hier is.

(Evangelistiese Christene is volgens die verslag dié wat ’n groot klem plaas op die ervaring van “wedergeboorte”, die gesag van die Bybel en gelowiges se plig om ongelowiges te bekeer.)

Afrika suid van die Sahara huisves 38% van die węreld se evangelistiese Christene – in totaal meer as enige ander węrelddeel.

Evangelistiese Christene vorm in dié streek 13% van die bevolking.




Die volledige verslag kan gelees word by pewforum.org.



Dis verskriklik interessant om die deel in rooi waar te neem... alles draai in die Christendom oor die woestyn...




groetnis
knipmes