PDA

View Full Version : Hallo van Nommers



76527829bt
20th March 2012, 20:27
Ek was jare laas hier.
Ek observeer net as dit julle nie sal pla nie.

Die Ou Man
20th March 2012, 22:25
O my donder.

Kom jy nou uit die dal van doodskaduwee?

76527829bt
21st March 2012, 18:33
O my donder.

Kom jy nou uit die dal van doodskaduwee?

LOL!
n Goeie beskrywing.
Intelligente geselskap is skaars.

knipmes
23rd March 2012, 15:07
76527829bt

Welkom weer hier,

Met so 'n m...nommer moes jy 'n verskriklik vreesaanjaende skerp snor korporaaltjie gehad het in basies, om so 'n nommer sameflansing te kan onthou?

Die bt het gestaan vir "beste tyd" in jou se lewe...

:nono:




groetnis
knipmes

76527829bt
26th March 2012, 20:00
76527829bt

Welkom weer hier,

Met so 'n m...nommer moes jy 'n verskriklik vreesaanjaende skerp snor korporaaltjie gehad het in basies, om so 'n nommer sameflansing te kan onthou?

Die bt het gestaan vir "beste tyd" in jou se lewe...

:nono:




groetnis
knipmes

Ek is gestraf met n fotogeniese geheue.
Ek onthou die fynste detail jare na die gebeurtenis.
Net so onthou ek selfs die wagwoord wat ek 4 jaar gelede gebruik het om hier te registreer.
Elke forum waarop ek praat, het sy eie alias en wagwoord.
Dit is nie n seŽning nie.
Dit is n straf.

Die korporaal in basies was toe n sersant.
Sersant Howells.
6SAI Grahamstad.
Julie 79 inname.

Die Ou Man
26th March 2012, 21:06
Rundu was beter.

Ek was in 2004 en 2005 weer daar.

Ek het een van die 32 bevelvoerders van Bagani later in Kimberley raakgeloop en 'n ander se dogter in die Bergkwagga Park buite Cradock.

76527829bt
27th March 2012, 06:14
Kaokaland.
Etengua, Sodeliet, Opua
Marienfluss.
Van Zyl's pas.
Mooi wÍreld.
Ek moet n punt daarvan maak om tog weer eendag daar te gaan draai.

Die Ou Man
27th March 2012, 08:40
Ek het van Torrabaai gery tot so ver as Palmwag. Daarvandaan kan jy verder deur die Kaokoveld ry tot by Ruacana, maar ek het omgedraai omdat ek 'n karavaan gesleep het. (Nie die een op jou foto nie) Die pad daarvandaan is baie sleg en sny bande stukkend en ek wou deur die Waterberge en die Caprivi Zeipfel terugkom.

Palmwag was goed met 'n woestyn olifant wat 20m van my karavaan in die rivierlopie kom vreet het. Dit is afgesien van die ander wild.

Ek het toe by Aba Huab op Twyfelfontein afgepak.

76527829bt
31st March 2012, 21:41
Met die gehawende karavaan op die foto sou selfs ek dit nie oor Van Zyls pas gewaag het nie!
Teen die tyd wat jy onder of bo gekom het, het jy net die sleepstang en die wiele oor!

Ek kan nou nog nie glo dat ek 4 keer by Van Zyls pas op en af is, agter op n Buffel nie!

Al jou ingewande skud los, soveel so, dat jou lyf nog pyn n paar dae later.

Ek sou graag Etengua weer wou besoek net om te sien wat vandag nog oor is van ons tyd daar.

Veral die OP pos op die koppie daar naby.
Ek het 3 maande op daai koppie gesit.

Een van ons eie gunships het selfs op ons geskiet omdat hulle nie ons day-glow kon gesien het nie.

Somtyds was dit gevaarlik om nie n hoed te dra nie.

yeshurun
29th July 2012, 00:19
Ek was jare laas hier.Ek observeer net as dit julle nie sal pla nie. Is reg so ou maat want ek het nou eers hier aangekom shalom

yeshurun
29th July 2012, 00:23
O my donder.Kom jy nou uit die dal van doodskaduwee? Al kom jy uit die dal van doodskaduwee is dit ook goed so want die messiah was ook daar. Al wat belangrik is,is dat jy nou daar uit is. Die vraag is net~sien jy nou die lig?