PDA

View Full Version : En God het gesÍ: 'Laat daar lig wees' en daar was lig.



76527829bt
21st March 2012, 18:44
En God het gesÍ: ' Laat daar lig wees.' en daar was lig.

Maar n aantal dae later is die Son, Maan en sterre gemaak.

Van watter 'Lig' word hier gepraat?

Verklaar asb.

Die Ou Man
21st March 2012, 22:22
En God het gesÍ: ' Laat daar lig wees.' en daar was lig.

Hoe weet die skrywer dit?

Was hy teenwoordig?

76527829bt
22nd March 2012, 08:09
Hoe weet die skrywer dit?

Was hy teenwoordig?

Logies was dit nie moontlik vir n mens om teenwoordig te wees nie, omdat (volgens die Bybel) mense nog nie gemaak was nie.

Dus moes dit ůf duimgesuigery gewees het of God het later mense gelei met die Heilige gees om die Bybel so te skryf.

Persoonlik glo ek laasgenoemde omdat ek so geleer is.

Die lig bly nog steeds n probleem vir my.

'Die aarde was woes en leeg'
Hoe kan iets wat woes is leeg wees?

Die Ou Man
22nd March 2012, 08:55
Kyk na Julius Wellhausen se ontleding van die Joodse fabels hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/97-Julius-Wellhausen).

Die teenstrydighede het te make daarmee dat die Joodse skrywers by ouer gelowe in die Midde-Ooste gaan leen het om hule eie stories te "cut & paste".

Dan kan jy kyk na die eerste skeppings verhaal. God (Elohim) maak alles wat leef en beef. Man en vrou is saam gemaak. Hulle kan van al die bome se vrugte eet.

Vergelyk dit met die tweede skeppings verhaal wat in Genesis 2:4 begin. Die HERE God (Jahweh) is nou die skepper.

Waarom sal dieselfde skrywer van Elohim oorgaan na Jahweh? Dit is die eerste "cut & paste job".

76527829bt
22nd March 2012, 09:41
Ek weet dat die Bybel en die Egiptiese Boek van die Dood grootliks ooreenstem.