PDA

View Full Version : Sondaars in disrespek



knipmes
23rd March 2012, 16:37
SONDAARS IN DISRESPEK

Die alledaagse lewe genoop mens om dag in en dag uit oorvloed van verwaande aardse mense tee te kom wat geen respek toon nie. Nie vir enigeen om hulle nie. Van voertuig drywers tot besigheidsmense, van toeskouers tot pas aangee'ers. Almal maar almal [wynig is niet so], is so behep met hulself, in alles dit wat hulle doen, dit wat hulle verwag as hul bestaansreg.

Van die ongetwyfelde opdringerigheid op dit wat meestal nie werklik hul toekom nie, tot die oue drang na selfverryking ten koste van andere met 'n ystere wil wat so sterk staan soos kokkerotte teen atoom krag. Mens kom dit tee op straathoeke met bedelaars tot bo by die rykstes onder die rykstes. Van indruk voor in 'n ry, of verkeerslane, so asof dit hul lewensreg is, tot vervelens toe, diefstal van mens se tyd tot suurstof en alles tussen-in met skynbaar geen oomblik se terugblik op die disrespekvolle self nie...

Mens sit in die verkeer, op kantoor, by die winkel, in winkelsentrums, in die straat en elkeen wat so disrespekvol optree kan 'n myl ver herken word, in elke vlak van die samelewing. Die eerste gedagte in verset wat opkom teen hierdie optrede is een van magtelose woede, want deesdae in hierdie wereld, ongeag kleur in ras, is almal skuldig hieraan.

Maar kla daaroor, en jy word skielik die vark in die verhaal. Wys die foute uit, en jy word geoordeel as die "probleem". Van "word wakker" tot "wake up" word voorgehou as die bewys dat die regverdige nie meer regverdig moet wees nie, want dis verkeerd!

Uiteindelik wanneer alle opsies oorweeg is om die buffel aan te tree, word die opsie teensinnig gekies van "laat maar gaan, want die oordeel kom ons nie toe nie". Dit word mos deur relegasie van kindsbeen af verkondig. Dit staan mos so in die Bybel! Toe loop slaan ek dit oop, en word gekonfronteer met die grootste sondaar van almal, Paulus wat Saulus was, en siedaar:


Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Smaak mos dat elke sleg moer daar buite... van 'n skelm dief, 'n moordenaar en 'n verkragter, tot disrespekvolle aardlinge kan doen wat hul dink, glo en aanvaar as reg nodig is, dan sterwe in Jesus Naam, en siedaar... Toe slaan ek terug in dieselfde hoofstuk...


Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Nou hoe nou?

Toe slaan ek die Joodse Mitologie weer oop, en verder terug in die verskiet, kom ek af op:


Exo 20:5 ...want Ek, die HERE jou God, is n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat

Mens is tog so geneig om hierdie aardlinge te haat vir die disrespekvolle neigings!! Mag hul re-inkarneer weer waar dit aan hulle gedoen gaan word! O ek wens... hier wel so 'n gevoel van regverdige oordeel waar tot nietig verklaar die voorwoord is op in mens se keel soos sooibrand...


Exo 21:23 Maar is daar n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,
Exo 21:24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,
Exo 21:25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.

Toe's ek weer die toekoms in...


Luk 6:37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Nou hoe nou weer? Waarheen nou? Wat nou gemaak?

Die haat wel op, dis soos iets wat Gaviscon nie gaan bedaar nie... tog, broeder, suster... tog...


Exo 21:26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.
Exo 21:27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.

Nou is die vraag?

As ons almal die ander so vryspreek oor die ongeregtighede wat daagliks as norm toegepas word, wat word van ons toekoms?
Ons kinders?






groetnis
knipmes

Die Ou Man
24th March 2012, 20:26
Nou is die vraag?

As ons almal die ander so vryspreek oor die ongeregtighede wat daagliks as norm toegepas word, wat word van ons toekoms?
Ons kinders?

Jy het die bedrogspul uit die Joodse Mitologie mooi opgesom.

As ons hierdie "vergeef en vergeet" tradisie eerlik wil uitleef, moet ons summier wegdoen met alle tronke, die stomme kriminele vergewe en hulle vrylaat.

En as hulle weer verval in misdaad moet ons hulle 70 x 7 vergewe. Ons behoort 'n reeksmoordenaar dan eers na die 490'ste moord tot vergelding te bring.

Die Joodse Mitologie het daarin geslaag om ons Germaans/Nordiese waardes om te keer.

'n Germaanse baba word onskuldig en sonder sonde gebore. By geboorte is hy inherent goed. Daarop word voortgebou en hy/sy word die deugde van die Germaan aangeleer. Eer bo alles of sterf.

In die Joodse Mitologie word 'n baba as sleg gebore. (In sonde ontvang en gebore.) Dan word hy geleer dat hy 70 x 7 maal kan wegkom met slegtheid en op 'n dag as hy in die moeilikheid is, berou kan toon en beloon sal word met die ewige lewe.

Liefde groete.

Die Ou Man

knipmes
29th March 2012, 21:42
Rykes is skelmer, meer geneig tot varkerigheid2012-03-10 22:33
Johannes de Villiers

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1834/e44dce56bb9f42338eb255ca4783162a.png


Mense verdink dikwels arm mense daarvan dat hulle skelmer en meer wetteloos as rykes is. As jou maag leeg is, het jy immers meer rede om te steel.

Nou is die teendeel egter in n nuwe wetenskaplike studie bewys.

Ryk mense is skelmer, minder eerlik en meer geneig om die wet te oortree, blyk dit.

In die studie, wat talle wetenskap*nuusnetwerke aan die gons het en in die Amerikaanse vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is, is bevind hoe ryker jy is:
* hoe sterker is die moontlikheid dat jy klein kindertjies se lekkers sal afvat;
* hoe meer neig jy om te glo gierigheid is n deug; en
* hoe sterker is die moontlikheid dat jy met jou deftige motor oor voetgangeroorgange sal jaag, selfs al wag mense op die sypaadjie om oor te stap.

In die eerste van n reeks toetse het prof. Paul Piff en sy kollegas aan die Universiteit van Kaliforni mense in hul laboratorium onthaal terwyl n bak lekkers op n tafel naby hulle gesit is. Mense is terloops ingelig hulle mag van die lekkers neem, maar nie te veel nie omdat die lekkers wat aan die einde van die dag oorbly aan honger kinders geskenk sal word.

Ryk mense het uiteindelik twee keer soveel lekkers geneem as mense uit die werkersklas.

In n ander toets is mense gevra of gierigheid n karakterdeug is.

Rykes meen meestal ja.

In n derde toets het navorsers langs n voetgangeroorgang weggekruip. n Voetganger het langs die sebrastrepe gewag asof hy oor die pad wou stap.

Bestuurders van duur motors was drie keer meer geneig as skedonk-bestuurders om oor die voetgangeroorgang te jaag sonder om die voetganger n oorstapgeleentheid te gee.

Die bevindinge is in vaktaal weergegee, maar in alledaagse terme beteken dit ryk mense is statisties meer geneig om soos varke op te tree.

Rapport het Piff oor die bevindings uitgevra.

Maak selfsug mense ryk, of maak rykdom mense selfsugtig?

Albei is waar, s Piff. Mense wat meer mededingend is en eiebelang voorop plaas, vind dit makliker om na hor range van die samelewing en sakewreld te vorder. Maar ons vind ook dat ordentlike mense wat ryk word meer oneties begin optree sodra hulle belangrik geword het.

Hulle het byvoorbeeld sommige arm mense gebreinspoel om te dink hulle is ryk en belangrik en die gevolg was dat daardie mense, wat voorheen heel mededeelsaam was, meteens net so selfsugtig soos ander rykes opgetree het.

Ons vermoede is dat die mag wat danksy welvaart en n belangrike posisie kom mense se egos opblaas. Studies toon ryk en belangrike mense voel fisiek groter as armes.

In ander toetse het hulle rykes en armes saam in laboratoriums dopgehou. Mense met minder geld maak meer oogkontak, glimlag meer, knik hul kop as hulle met ander gesels. Die rykes kyk gedurig na hul horlosies en maak minder oogkontak. Dit alles gebeur onbewustelik. Ons dink die vryheid en sekuriteit wat rykdom meebring, laat rykes voel hulle het nie ander mense nodig nie en dus word hulle minder sensitief vir ander se behoeftes.

In lande soos die VSA en Suid-Afrika, met erg ongelyke welvaartverdelings, maak neo-liberale ekonome heelwat staat op ekonomiese beleid wat die rykes bevoordeel in die geloof dat daardie welvaart uiteindelik na die armes sal deursyfer.

Di studie toon volgens Piff die teendeel. As een groep ryker word, sal hulle ook meer grypsugtig word en minder na ander omsien, met die gevolg dat n ongelyke verdeling van welvaart n selfaangedrewe siklus word.



bron




Mar 10:25 Dit is makliker vir n kameel om deur die oog van n naald te gaan as vir n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
(http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Rykes-is-skelmer-meer-geneig-tot-varkerigheid-20120310)









groetnis
knipmes