PDA

View Full Version : Kaal op 'n perd vir dominee se wyn



knipmes
28th March 2012, 20:43
Kaal op 'n perd vir dominee se wyn
2012-03-24 23:24

828

Me. Samantha Taylor het Donderdagaand poedelkaal op n perd die bekendstelling van ds. Bertus van Niekerk se nuwe wyn, Revelations 6:4, bygewoon. Foto: Selma Albasini


Johannes de Villliers
As n predikant in sy vrye tyd wyn maak, is daar seker niks omstrede daaromtrent nie, maar dan verwag n mens dalk dat hy di wyn op n sedige wyse sal bemark en verbruik.

n Paar gaste het waarskynlik in hul wynglas gestik toe ds. Bertus van Niekerk van Somerset-Wes Donderdagaand n wyn bekend stel wat hy self gemaak het.

Op di partytjie is die gaste verwelkom deur n poedelkaal vrou op die rug van n perd.

Die room van die Kaapse wynkenners was op di partytjie, waar Van Niekerk sy stylvolle wyn met n Bybelteks op die etiket en teen n verkoopprys van R200 per bottel bekend gestel het.

Maar selfs meer as oor die wyn het gaste die volgende oggend gegons oor die kaal vrou wat op die partytjie rondgegalop het.

Dit was die vreemdste wynbekendstelling waarop ek nog was, het een ges. Poedelkaal kom die meisie daar aan en bestyg die perd, min gepla. Ek dag ek yl.

Van Niekerk is in die Hervormde Kerk as predikant gelegitimeer en was lank herder by n Hervormde gemeente in Carleton*ville voordat hy Kaap toe getrek het om by die onafhanklike Renaissance-gemeente te werk.

Die laaste ruk maak hy in sy vrye tyd wyn. Lidmate vra hom gereeld oor Openbaring en die eindtyd uit, vertel hy, en dus het hy sy wyn Revelation 6:4 genoem.

Boonop is elk van sy vier kultivars op een van die vier ruiters van die Apokalips gegrond: die cinsaut op die rooie; cabernet die swarte; chardonnay die witte; en riesling die vale.

Vir die etikette het Van Niekerk se vrou, me. Selma Albasini, olieverfskilderye van rondborstige, kaal vroue op perde gemaak.

Toe dit tyd vir n bekendstelling word, was Van Niekerk so begeesterd deur die tema dat hy n kaal vrou gekry het om die partytjie op n perd by te woon as n voorstelling van Openbaring se skarlakenvrou.

N n gesukkel om n vrou te kry wat kaal sou perdry, het me. Samantha Taylor, eienaar van die luukse nudiste-oord Vasnat in die Helderberg-omgewing, ingestem. Die partytjie is ook op Vasnat se perseel gehou.

Dit was selfs moeiliker om n perd te vind.

Sodra ek die perde-eienaars vertel het waarvoor ons n perd soek, het hulle ges hulle stel nie belang nie. Mense het die verkeerde idee gekry. Die geleentheid was baie stylvol en beskaafd.

Onder die Kaapse wyn-adel wat die bekendstelling bygewoon het, was me. Cathy van Zyl, eggenote van Philip van Zyl, uitgewer van die John Platter-wyngids, mnr. Teddy Hall, n bekroonde wyn*maker, en Catherine Henderson, redakteur van Classic Wine Magazine.

Op die partytjie het Van Niekerk hulle ingelig dat sy wyn n poging is om die cinsaut-kultivar te laat herleef, n rooiwynsoort wat in Suid-Afrika baie gewild was, maar oor die laaste jare in die skaduwee van ander kultivars verdwyn het.

Van Niekerk het een vaatjie cinsaut gemaak en sal 230 handgenommerde bottels daarvan verkoop.

Vir Van Niekerk as n predikant is Openbaring die voor die hand liggende tema vir sy wyn se etikette en bemarkingsveldtog.

As ek my eie wynplaas gehad het, sou ek dalk n geweltjie kon gebruik. Maar dit is nie my agtergrond nie. Ek is n predikant en my agtergrond is die Bybel.





Rev 6:4 En n ander perd, n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en n groot swaard is aan hom gegee.




Smaak mos vir my, die Tyd van die Waterdraer wat voorhande is, kan dalkies die tyd van die WYNdraer worre... kaalgat en al...




groetnis
knipmes

knipmes
28th March 2012, 20:48
Rev 6:4 En n ander perd, n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en n groot swaard is aan hom gegee.



Nog 'n bewys van die verdraaide woorde deur die hervertaling en oorgeskrywery van die Mitologie...


Dis duidelik volgens hierdie Leraar dat die "hom" 'n kaalgat "haar" moes gewees het...

Nou is dit duidelik waaroor die vrede op aarde nooit gevind kan worre nie, vir die "girl" en haar "wyn" baklei ek wyd!!

Hoe seg die ou gesegde:

"Wyd kyk... dis leeu wereld die!!!"



Nee jong, ek dink ons kan nou maar die eindtyd ingaan en afhandel...

groetnis
knipmes

knipmes
28th March 2012, 20:51
Rev 6:4 En n ander perd, n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en n groot swaard is aan hom gegee.


As die "haar" nou dan reg is, dan maak dit baie meer sin, want daar is mos geen skerper swaard as die tong van 'n listige vrou nie...




Jis, ek "like" hierdie domenis en sy se kaalgat wyn...


bron (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Kaal-op-n-perd-vir-dominee-se-wyn-20120324)

groetnis
knipmes

knipmes
28th March 2012, 21:23
Jis, ek "like" hierdie domenis en sy se kaalgat wyn...




Kyk, as mens dan moet toelaat vir 'n middelman om jou se "Ewige Lewe" as bemiddelaar hier te moet bemiddel... dan is hierdie een loshande... of is dit nou kaalhande... die voorloper in 'n welbeleuse keuse... of wat praat ek?







groetnis
knipmes

:wink_2::wink_2::wink_2:

Die Ou Man
28th March 2012, 22:32
Ou Knippe, is jy nie nou maar net onnodig beswaard omdat jy vir eenmaal in jou lewe 'n predikant met "insig" raakgeloop het nie? :w00t:

knipmes
29th March 2012, 20:39
Jy moet nie praat nie, ou Swaer... ek is sooo jaloers, ek voel soos 'n "wyn"vlieg wat net perde steek... ek dink ek moet my maar laat bekeer, vir minder of meer?

Ek hoor die eerste "nag"maal word sondagaand na 6 as die vliegtuig oor is, gevier met rooibloed wyn in die nudiste kroeg, onthou net die perde word buite vasgemaak... almal glo welkom, die HNP's ook...

hehehe








groetnis
knipmes

knipmes
29th March 2012, 21:17
"Kaal op perd vir dominee se wyn": Dominee wys onkunde
deur Dr. Elana Janson, Higgovale, Kaapstad
2012-03-28 10:36

Die berig "Kaal op perd vir dominee se wyn" dui duidelike onkunde oor die boek Openbaring in die Bybel aan. Omdat ek glo dat God aan my op 22 Aug 1996 insig gegee het in die verstaan van die boek Openbaring en ek reeds meer as vyftien jaar die betekenis daarvan uitl met betrekking tot alles wat in die wreld gebeur, kan ek dit nie sommer laat verbygaan dat ds. Bertus van Niekerk, n predikant, die simboliek van Openbaring aanpas in die bemarking van sy nuwe wyn.

Ds. Van Niekerk slaan nie ag nie op die woorde van Openbaring 22:18-19: Ek betuig aan almal wat die woorde van die profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Daar staan duidelik dat daar nie iets aan die woorde van Openbaring bygevoeg mag word nie. Ds. Van Niekerk plaas n vrou op die perd van Openbaring 6:4. Die ruiters van die Apokalips dui aan die mag van God om die boodskap van die Christendom uit te dra na die eindes van die aarde oor die afgelope twee duisend jaar. Die ruiter op die wit perd is simbolies van eienskappe van Christus self (Op 19:11), die ruiter op die rooi perd is simbolies van die Christendom wat verwikkeld raak in oorlo in die uitbreiding van die Christendom. Hoe kan hy dan simbolies op die etiket van die wyn (en letterlik met die kaal vrou op die perd by die funksie) die onsedelike skarlaken vrou (Op17:3) op die perd van Openbaring 6:4 plaas!

Openbaring is 'n boodskap oor die eindtyd en ons sien elke dag die tekens van wat in die simboliek van Openbaring vasgel is: aardbewings, uiterste weersomstandighede en oorlog. Ds. Van Niekerk het n waagstuk aangevang om as predikant die simboliek van Openbaring aan te pas vir 'n reklameveldtog veral in die stadium dat ek glo dat die boodskap van Openbaring bekend gemaak word.

Ds. Van Niekerk het die simboliek van die uitdra en kontrole van die boodskap van die Christendom oor die eeue, naamlik die ruiters van die Apokalips simbolies vermeng met die onsedelike vrou op die dier. Dit staan duidelik in Op 17:7 dat die dier wat die onsedelike vrou ry nie n perd is nie dit het sewe koppe en tien horings!




bron



g (http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Kaal-op-perd-vir-dominee-se-wyn-Dominee-wys-onkunde-20120328)roetnis
knipmes

Die Ou Man
29th March 2012, 22:33
Dit staan duidelik in Op 17:7 dat die dier wat die onsedelike vrou ry nie n perd is nie dit het sewe koppe en tien horings!

Waar sou die predikant nou 'n perd kry met sewe koppe en tien horings?