PDA

View Full Version : Pastoor trap oor tou met lidmate



knipmes
28th March 2012, 21:14
Pastoor trap oor tou met lidmate2011-07-23 21:09






Johannes de Villiers

n Gewilde Stellenbosse prediker is sy posisie in sy kerk kwyt omdat hy met meer as een vrou in sy gemeente onbehoorlike verhoudings gehad het.

Past. Jean-Claude Banza was tot verlede week nog pastoor van die gemeente Jean-Claude and Friends, wat Sondae op die spogwynlandgoed Clouds op die Helshoogtepas byeengekom het. Die gemeente het sowel professionele mense as Matie-studente onder sy lede.

Banza is ook n gewilde prediker wat al as gasprediker in die NG gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp opgetree het en vooraanstaande predikantvriende het.

Nou is bande met sy eie gemeente egter verbreek nadat dit aan die lig gekom het dat hy met van sy vroulike lidmate oor die tou getrap het.

Verlede maand het n 20-jarige lidmaat glo onthul dat hulle n seksuele verhouding gehad het. Banza het erken dit is waar.
Banza word ook daarvan beskuldig dat hy met n getroude vrou in die gemeente n onbehoorlike verhouding gehad het (hoewel hy in laasgenoemde geval beweer dat hulle net gesoen het, maar hy gee toe dit was sonde en is innig spyt).

Hy het ook vier jaar gelede n verhouding met n vrou in die gemeente gehad wat volgens hom te ver gegaan en onrein geword het.

Banza, wat van Kongolese oorsprong is maar nou in Tulbagh woon, was verlede maand in die buiteland toe die gerugte oor sy nuutste verhouding bekend geraak het. Die 20-jarige vrou het glo by haar ma daaroor gebieg en die gemeente is sedertdien in rep en roer.

Een voormalige lidmaat het selfs n webwerf begin waarop allerlei bewerings oor Banza se sekslewe gemaak word en mense aangemoedig word om hul dogters teen hom te beskerm.

Nadat Banza uit die buiteland teruggekeer het, het hy sy sonde aan die gemeenteleiers bely en ges hy sal hom aan die gemeente onttrek.

Banza het aan Rapport ges daar is geen ander woord as sonde vir sy oortredings nie. Hy s die feit dat hy n ongetroude jong man is, het daartoe bygedra dat hy gestruikel het en hy het besluit om uit die gemeente te tree totdat God aan hom n vrou en stabiliteit kan voorsien.

Hy het sy sonde reeds wyd bely, maar hy sou nog graag die man om verskoning wou vra met wie se vrou hy n soenverhouding gehad het.

Ek is deur genade gered en het nooit beweer dat ek volmaak is nie.

Hy gaan nou n DVD vervaardig om jong mense te waarsku sodat hulle nie dieselfde foute maak nie.

Die wynlandgoed Clouds, waar Banza se kerk in n kapel vergader het, het ges hulle het geen amptelike bande met hom nie en het bloot die lokaal aan hom beskikbaar gestel.

Ds. Pieter Fourie, voorheen van die NG gemeente Rant-en-Dal en self onlangs in die nuus oor sy omstrede duiweluitdrywing, het by navraag ges Banza is n wonder*like prediker en iemand wat naby aan die Here leef. Mens sukkel amper om di bewerings oor hom te glo.

Fourie se oudkollega, die predikant en joernalis ds. Jannie Pelser, s hulle het Banza soms genooi om in hul kerk op te tree omdat hy n begaafde prediker is. Ek is jammer as hy nou in n krisis is en ek hoop dat hy sy dinge gou weer agtermekaar kan kry.




Lyk mos of hierdie domenis dalkies wyn moet loop koop by sy eweknie met die kaalvrou op die perd...

bron (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Pastoor-trap-oor-tou-met-lidmate-20110723)



groetnis
knipmes

Die Ou Man
28th March 2012, 22:28
Dit is hoog tyd dat predikante hul geld op eerlike wyse verdien met 'n ordentlike werk en ophou teer op die tiendes van hardwerkende mense en arm ou mense in ouetehuise.