PDA

View Full Version : Hartpilletjie wat ook help vir rassisme



knipmes
29th March 2012, 21:32
Hartpilletjie wat ook help vir rassisme2012-03-18 06:29





Christine van der Westhuizen

Medikasie wat eintlik vir hartlyers bedoel is, het blykbaar ook ’n uitwerking op hoe rassisties gebruikers daarvan optree.

Navorsers van die Oxford-universiteit in Brittanje het bevind die middel propranolol verlaag nie net die bloeddruk van hartlyers nie, maar dit kan ook “implisiete rassisme” verminder.

Dié bevindinge is vroeër vandeesmaand in die joernaal Psychopharmacology gepubliseer.

Altesame 36 wit mense het aan die studie deelgeneem waarvan die een helfte propranolol en die ander helfte ’n plasebo ingeneem het.

Die deelnemers het ’n uur of twee later ’n assosiasietoets afgelę waarin hulle foto’s van wit en swart gesigte in kategorieë moes verdeel en positiewe en negatiewe gedagtes soos “gelukkig” of “hartseer” daaraan toeken.

Daarna is hulle gevra hoe “warm” hulle voel jeens sekere groepe, insluitende swart mense en Moslems.

Die propranolol-deelnemers was skynbaar op ’n onbewuste vlak minder rassisties as diegene wat die plasebo geneem het.

Propranolol word ook gebruik om angs en paniek mee te behandel.

Die navorsers sę volgens The Telegraph dat dié medikasie wel nie rassisme genees nie, maar dat die studie wel die bevin-dinge onderskryf van navorsing in 2010 wat bewys dat rassisme op vrees gegrond is.

Die studie het op internet-webwerwe onder skoot gekom oor die “min” deelnemers en omdat net wit mense gebruik is.

Internetgebruikers se kommentaar het gewissel van “gooi propranolol in almal se drinkwater” en “dis nog nie 1 April nie!” tot “dagga het dieselfde uitwerking”.

Sommige kommentators het gereken die storie is geplant om sodoende die aandag weg te lei van die Amerikaanse presidentsverkiesing en pres. Barack Obama se “mislukte” ekonomiese beleid.




bron (http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Hartpilletjie-wat-ook-help-vir-rassisme-20120317)




Smaak my die hele ou wit volkie gaan eersdaags hierdie pilletjie gevoer word as deel van belasting afslag...
miskien tel dit ook vir BEE afslag









groetnis
knipmes