knipmes
1st April 2012, 18:23
Boek sê Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding
2012-03-31 22:28
Johannes de Villiers
http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1860/ef358b4d142841a29a8f86a842a4deca.jpg
Die voorblad van die omstrede boek
Terwyl Christene oor die wêreld heen hulle gereedmaak om volgende naweek Paasfees met geloofsywer en stigting te vier, staal die Britse skrywer Thomas de Wesselow hom om ’n ander rede vir dié naweek.
De Wesselow is die skrywer van The Sign: The Shroud of Turin and the Secret of the Resurrection, ’n boek oor die Bybelse Paasgebeure wat die komende week wêreldwyd gepubliseer word.
Hoewel dié omstrede boek nog nie eens gepubliseer is nie, het dit mense in verskeie lande reeds aan die gons met sy alternatiewe (en baie mense sal sê ketterse) interpretasie van die opstanding van Christus.
Ook plaaslik maak die uitgewer Penguin reeds wyd voorbrand vir die boek, al is dit nog nie eens te koop nie.
In die VSA en Brittanje waarsku godsdiensleiers klaar teen die boek. En in bekende internasionale koerante soos The Daily Telegraph het profiele daarvan reeds verskyn, al het omtrent niemand dit nog gelees nie.
In die boek beweer De Wesselow dat hy die opstanding kan verklaar sonder om na enige wonderwerke te verwys.
De Wesselow, wat lank ’n gesiene pos as kunshistorikus aan die Universiteit van Cambridge beklee het, grond sy verklaring op die Kleed van Turyn, ’n doek wat in die Middeleeue bekendheid verwerf het en steeds ’n groot aanhang het omdat baie mense glo dit is die kleed waarin Christus begrawe is.
Hoewel dié reliek, met die duidelike afdruk van ’n mansfiguur daarop, vir baie Katolieke eg is, maak talle wetenskaplikes dit as ’n namaaksel af omdat daar met koolstoftoetse bewys is dit kan nie ouer as omtrent 800 jaar wees nie.
De Wesselow meen egter hy kan bewys dié koolstoftoetse was verkeerd. In gedetailleerde hoofstukke verskaf hy heelwat bewyse van hoekom hy meen die kleed is eg, onder meer stuifmeelspore in die mate*riaal wat aandui dat dit wel in een of ander stadium in Palestina was en ’n ontleding van die figuur wat aandui dat dit ’n besonder akkurate afbeelding is van ’n man wat in die eerste eeu aan ’n kruis gesterf het.
Waarmee De Wesselow egter heelwat mense gaan omkrap, is sy bewering dat dié doek, indien dit eg is, ook ’n verklaring van Christus se opstanding kan bied.
Volgens hom sou die vroeë Christene dié kleed uit Jesus se graf verwyder het, en sou dié akkurate afbeelding van Jesus se lyk daarop mense sodanig beïndruk het dat hulle dit sou sien as ’n bewys dat Jesus se gees op die een of ander manier ná sy dood weer voortleef.
Die doek is volgens De Wesselow die “verheerlikte liggaam” van *Jesus wat deur baie gelowiges ná Paasfees gesien is.
Christelike publikasies soos The Christian Post en ’n paar Katolieke webwerwe oorsee het reeds teen dié teorie kapsie gemaak en sê dit is onversoenbaar met die Christelike leer.
Wetenskaplikes sê op hul beurt dit is hoogs onwaarskynlik dat die kleed regtig so oud kan wees soos De Wesselow beweer en inderdaad uit Jesus se graf kom.
Maar De Wesselow self, wat ’n agnostikus is, is nie te veel gepla oor die geestelike implikasies van sy bewerings nie.
Hy gee wel in die boek toe dat die feit dat hy oor die Turynse kleed geskryf het (’n onderwerp wat meestal deur pseudohistorici en samesweringsteoretici opgehaal word) hom buite die “intellektuele hoofstroom” plaas en sal spreek tot die soort mense wat boeke soos Dan Brown se The Da Vinci Code ernstig opneem.
bron (http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Boek-se-Turynse-kleed-eg-en-verklaar-glo-opstanding-20120331)
http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/368/976510b30156465a9903dde1dcfac077.jpg
groetnis